Die SAUK het verslag gedoen dat Mbeki gesê het dat die toekomstige regering in Zimbabwe die gevolg van 'n dialoogproses moet wees.
Mbeki het gesê dat Mugabe nie beswaar het teen die magsdelingresolusie wat by die Afrika-Uniespitsberaad in Egipte aanvaar is nie.
Die EU het 'n verklaring na die spitsberaad uitgereik waarin gesê word dat die unie slegs 'n Zimbabwe-regering onder Tsvangirai se leierskap sal aanvaar.
Maar Mbeki het verskil en gesê dat die AU en SAOG nie die uitkoms van onderhandelinge tussen Zimbabwe se politieke partye kan voorskryf nie.


Mugabe se biograaf Heidi Holland waarsku dat die Zimbabwiese president ongelooflik gevaarlik is.
Tradisionele Afrika-reënmakers is stadig besig om erkenning van die wetenskapsgemeenskap in Kenia te ontvang.