Burgemeester en veiligheidshoof ignoreer inisiatief

SafetyNet, ’n gemeen­ skapspolisiërings­- inisiatief, wil binne ’n jaar van "Tshwane" ’n veilige gebied maak.

Dié inisiatief, wat op 1 Januarie van stapel laat loop word, is gister by die Universiteit van Pretoria bekendgestel.

Die geleentheid is spesiaal gereël vir dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, maar sy was afwesig.

игры для деочекДанильченко

Anti-misdaadvergadering in Pretoria

’n Dertigtal mense het gisteraand ’n vergadering van Inwonersteenmisdaad (ITM) in Menlopark bygewoon. Agtien buurte van Pretoria was hier verteenwoordig. Die belangrikste besprekingspunt op die agenda was die onlangse hofoorwinning van die inwoners in Lynnwood Manor, en die implikasies daarvan vir ander woonbuurte in Pretoria wat ook hulle gebiede wil afsper ten einde misdaad te bekamp.

Nico Hager het die konteks van die Lynnwood Manor-saak verduidelik. Aan die einde van 2005 het die stadsraad die buurt se aansoek om hulle gebied af te sper, afgekeur. Op dieselfde dag is twaalf ander Pretoria-woonbuurte se aansoeke ook afgekeur. Hulle appèl teen die besluit is geïgnoreer en tot vandag toe is geen verdere aandag aan die saak verleen nie. Dit is die rede waarom Lynnwood Manor nie hulle woonbuurt kon afsper nie. Die area was onlangs in die nuus weens ’n vlaag gewelddadige aanvalle en die verkragting en moord op ’n vrou.

 
Die hof het egter ten gunste van die inwoners se onlangse dringende hofaansoek beslis en die buurt word tans afgesluit. Daar is nog geen sekerheid oor wanneer die inwoners se hoofaansoek in hierdie verband egter aangehoor gaan word nie.

Volgens Hager is die hofbesluit van kardinale belang vir ander woonbuurte in die groter "Tshwane"-metro. Die hof het naamlik erken dat veiligheidskomplekse en versperrings doeltreffende middele is om misdaad te bekamp. Diegene wie se aansoeke in hierdie verband dus deur die metro afgekeur is, behoort nou weer aansoek te doen.  ITM sal spesifiek die twaalf buurte, wie se aansoeke in 2005 verwerp is, in hierdie verband bystaan.

Barry Puttergill, wat een van die leidende figure is in Lynnwood Manor se aansoek, het verduidelik dat Lynnwood Manor Estate al in 2001 met pogings begin het om hulle woonbuurt te laat afsper. Hy het verduidelik hoe die agt komiteelede van die buurt nou onlangs net ná die wreedaardige moord op mev Kathy Odendaal van Farhamstraat byeengekom het. Elkeen het dadelik R20 000 op die tafel geplaas. Sodoende kon hulle die dringende hofaansoek finansier. Tot dusver is sowat R400 000 van die 110 huishoudings in die area al ingesamel.

Jan Malan het die kompleksiteit van woonbuurtafsperrings verduidelik. Hy het ’n lys met riglyne in hierdie verband aan die aanwesiges voorgehou. Dit is ’n lang, duur proses. Verder moet bewyse gelewer kan word dat ten minste 67% van inwoners in ’n spesifieke buurt ten gunste van die afsluiting is. Indien die aansoek goedgekeur word, is dit bloot vir twee jaar geldig, waarna die inwoners weer ’n aansoek moet indien.

 
Daar is tans 43 areas in Pretoria wat afgesper is en 67 aansoeke moet nog aangehoor word. Malan het verder voorgestel dat ’n nasionale fonds gestig moet word waartoe mense kan bydra indien hulle buurtafsperring in Pretoria ’n hupstoot wil gee. Hy meen ook dat dit nodig is dat navorsing gedoen moet word oor die voordele van afsluitings, sodat die empiriese resultate aan die stadsraad voorgelê kan word. Daarom is dit van kardinale belang dat misdaadstatistiek vir elke woonbuurt noukeurig bygehou moet word, voor en ná afsperring.

Kallie Kriel van Afriforum het ’n beroep op die wyksverteenwoordigers gedoen om elk R10 000 te skenk vir ’n fonds in hierdie verband. Hy het onderneem dat Afriforum self R10 000 sal bydra. Sy organisasie het die Instituut vir Veiligheidstudies vroeër vanjaar getaak om ’n studie te onderneem oor die diskrepansies tussen regeringsbeleid en die uitvoering daarvan. Die studie behoort teen die einde van die jaar afgehandel te wees. Afriforum se regspan sal dan ’n hofsaak teen die regering aanhangig gemaak, gebaseer op hierdie “gapings” in beleidstoepassing.

Vir meer inligting kan belangstellendes na die volgende webwerwe gaan kyk:

http://www.streetsafe.co.za
http://www.inwonersteenmisdaad.co.za

сауны вданильченко юрій броніславович компромат

Wie gaan betaal?

ImageDie ANC sal skynbaar nie finansieel voordeel trek uit die besigheidskamer wat ten duurste opgerig gaan word met die oog op die party se nasionale konferensie wat in Desember in Pietersburg plaasvind nie. “Ons, as ’n privaat maatskappy, sal besluit wat ons met die geld wil maak,” meen Nic Wolpe, die projekbestuurder vir die Network Lounge, die maatskappy wat die fasiliteit gaan oprig.

Volgens Business Day het 30 maatskappye reeds aansoek gedoen om stalletjies by die konferensie te bedryf teen R5 miljoen elk. Hierdie stalletjies sal almal in die sakekamer gebaseer wees, in ’n luukse tent net meters weg van die ANC se vergadersaal. Daar sal onder andere alkohol en sigare beskikbaar wees.

Volgens Wolpe sal die koste verbonde aan die stalletjies na sy maatskappy gaan, en nie na die ANC nie. Wolpe het ’n soortgelyke fasiliteit bedryf tydens die ANC se nasionale konferensie wat in 2002 in Stellenbosch plaasgevind het. Die ANC het bevestig dat Wolpe toestemming gegee is om die sakekamer tydens die Desember-konferensie in Pietersburg te bedryf. Die party het egter ontken dat hulle enige van die fondse gaan ontvang wat Wolpe insamel. Sy vader, Harold Wolpe, was ’n anti-apartheidsaktivis en prominente leier binne die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP).

Op 5 November het Donald Lee namens die Demokratiese Alliansie (DA) sy kommer uitgespreek oor die koste van die ANC se naderende konferensie. Volgens hom kan dit die Suid-Afrikaanse belastingbetalers tot R40 miljoen uit die sak jaag. By die ANC se konferensie in Stellenbosch was 11 van die 29 organisasies wat destyds betaal het om uit te stal naamlik regeringsdepartmente.

вакуумный насос вихревой купитьФильчаков прокурор харькова

‘Ekonomie gaan agteruit terwyl elite welvaart beleef’

Moeletsi Mbeki, politieke analis en broer van president Thabo Mbeki, het gewaarsku teen Suid-Afrika se industriële agteruitgang en die feit dat daar bloot ryk eilandjies in ’n see van armoede gevorm word. Mbeki het gisteraand die Kamer van Mynwese toegespreek. Hy is ook die adjunk-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede. Hy meen die ekonomie is nou in “’n fase van stadige, langtermyn agteruitgang.”

Volgens hom is die kern van die probleem die feit dat die sektore van die ekonomie wat die vinnigste groei (finansiële dienste, eiendom, sakedienste, die boubedryf, vervoerwese en kommunikasie) nie uitvoer nie en die minste arbeid verbruik. Aan die ander kant is die uitvoersektor (vervaardiging en mynwese), wat weer oor die grootste arbeidsmag beskik, besig om agteruit te gaan ten opsigte van hulle bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP). Vervaardiging se bydrae tot die BBP het van 25% in die vroeë tagtigerjare gedaal tot 16% in 2007. Hy het die skoenbedryf as voorbeeld genoem. “Twintig jaar gelede is 80% van skoene wat in Suid-Afrika verkoop is, hier vervaardig. Vandag word 80% van skoene egter van Asië ingevoer.”

Die magsverskuiwing van 1994 het baie hiermee te doen, meen Mbeki. “Die treffendste aspek van 1994 is dat aan die swart kant die swakste party – die bevrydingsbewegings – weggestap het met die meeste mag terwyl die sterkste faksie – die massas – grootliks verswak uit die stryd getree het.” Groot besigheid en die Weste het hulle mag onveranderd behou en selfs uitgebrei danksy demokrasie. Dit het tot gevolg gehad dat ’n model tot stand gekom het wat die uitbuiting van Suid-Afrika se minerale rykdom moontlik maak deur die aanwending van goedkoop swart arbeid, gekombineer met oordrewe salarisse vir diegene met vaardighede en wat tegniese of toesighoudende poste beklee. ’n Ekonomie wat stadig agteruitgaan, wat bloot grondstowwe uitvoer, nie genoeg poste kan skep nie en wat buitensporige salarisse aan die nuwe swart elite bied, is onvolhoubaar.

Die boodskap moet duidelik wees, het Mbeki gewaarsku. “As Suid-Afrika in die een-en-twintigste eeu wil ontwikkel en ontslae raak van armoede en hoë werkloosheid, kan die elite in hierdie land nie aanhou om die lewenstandaard van die middelklas in die Weste te handhaaf sonder dienooreenkomstige produktiwiteit nie.”

траверсы Александр Фильчаков Васильевич

Die outeur wat sy moedertaal versaak het

Image

Milan Kundera

Milan Kundera bly ‘n omstrede figuur in sy land van herkoms. Twee-en-dertig jaar ná sy vertrek uit die eertydse Tsjeggo-Slowakye en agtien jaar ná die val van kommunisme in Praag, is die Tsjeggiese Nasionale Prys vir Letterkunde, 2007, verlede week aan hom toegeken.

"Die volk tree soos ‘n stiefmoeder op. Om Kundera agtien jaar ná die rewolusie (van 1989) te vereer, is, dink ek, ‘n bietjie laat," sê bekende Tsjeggiese akteur Jiri Bartoska. Dit is vir hom ‘n bewys van die "minder goeie karaktertrek van die Tsjegge". Omdat Kundera sy Tsjeggiese burgerskap vir ‘n Franse paspoort verruil het en sy moedertaal versaak het om in Frans te skryf, het die Tsjegge hulle rug op hom gekeer, verduidelik Bartoska.

Vir die kulturele weekblad Kulturni tydenik, "sou dit beter gewees het om aan hom die prys vir onkunde oor sy Tsjeggiese lesers te oorhandig". Verder skryf die blad "dit was hy wat besluit het om sy werk net sporadies in ons land te laat publiseer […] Alle Tsjegge wat nie Frans, Engels of Chinees praat nie moes maar sien kom klaar."

Vir Kundera se blitsverkoper L’insoutenable légèreté de l’être [In Engels vertaal as The unbearable lightness of being] het die Tsjeggiese leserspubliek weliswaar 21 jaar lank gewag. Sy onlangse werke La Lenteur, L’ignorance en Le Rideau is steeds nie in Tsjeggies beskikbaar nie. Van Kundera se vertrouelinge beweer dat hy dit weens leksikale perfeksionime nie wil oorweeg nie.

Kundera is bekend vir sy standpunte oor hervormde kommunisme. Ná Mei 1968 met die Russiese besetting is hy uit die openbare lewe verdryf en het hy na Frankryk uitgewyk in 1975. Hy reis deesdae weer na sy geboorteland, maar altyd anoniem. Hy was ook nie teenwoordig by die toekenningsgeleentheid nie, maar het ‘n boodskap gestuur waarin hy sê dat hy "geroer" is deur die Nasionale Prys.

Vir die groot dagblad, Dnes, het Kundera "beslis ‘n rede gehad om nie op te daag nie". Volgens die blad sou dit ‘n spottery en bitsigheid afgegee het, om nie van kadrovani te vergeet nie. Laasgenoemde was algemene praktyk onder kommunisme waar persoonlikhede se "kwaliteite" onder die loep geneem is. Die Tsjegge het blykbaar nog nie daarvan afgesien nie.

Kundera se kritici haal sy drie onuitwisbare foute op: Sy kommunistiese jeuggedigte, sy onverskillige houding teenoor Tsjeggiese uitgewekenes en sy volharding om nie om verskoning te vra daarvoor nie, bevestig Dnes.

Die Eerste Minister Mirek Topolanek was ook nie teenwoordig nie, alhoewel hy genooi was. Hy het te velde getrek teen die "agterlike provinsionalisme" van sy mede-burgers in sy boodskap wat voorgelees is en mense daaraan herinner dat Kundera wel kritiek teen Stalinisme gelewer het.
 
Nog opvallend afwesig was president Vaclav Klaus en minister van kultuur Vaclav Jehlicka. Hulle het verkies om ‘n bronsplaat opgedra aan Pavel Tigrid te onthul. Hy word as die groot literêre ballingfiguur onder kommunisme beskou. Vir die Praagse koerant Hospodarske Noviny bly dit ‘n ope vraag of die Nasioanle Prys die afgrond tussen Kundera en sy "oorspronklike taalruimte" ooit sal kan oorbrug.

Die digter Jiri Dedecek wat die seremoniemeester by die oorhandiging in absentia was, het by die geleentheid gesê dat die Prys al lankal aan Kundera toegeken sou gewees het as dit nie was dat almal bang was dat die skrywer dit sou weier nie.

фасадная шпаклевкалобановский александр жена

Swart mans hou die motorbedryf aan die gang

Volgens statistiek wat Vrydag deur die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika bekendgemaak is, het motorverkope in Oktober vanjaar met amper 7% toegeneem in vergelyking met September-verkope. Brian Riley, hoof uitvoerende beampte van Wesbank, meen dat dit meesal toegeskryf kan word aan ’n toename in swart manlike kopers. Helfte van al die aansoeke wat Wesbank deesdae vir voertuigfinansiering ontvang, is van swart mans afkomstig.

“Die persentasie swart mans wat hul motors deur hierdie bank finansier, het met 22,9% toegeneem teenoor verlede jaar, terwyl die persentasie vir blanke mans afgeneem het,” het Riley gesê. Die swart groei vind hoofsaaklik in die ouderdomsgroep van 26-36 plaas. Ook die tweedehandsemark word geraak. Volgens Riley het swart mans se aankope van tweedehandse motors oor die afgelope jaar met ’n ongelooflike 73,8% toegeneem.

лего магазиныОлександр Васильович Фільчаков

Chinese skrikkerig vir Suid-Afrika

Chinese maatskappye staan tou om in Afrika te belê. Hulle is op soek na grondstowwe om die Chinese ekonomie, wat met sowat 9% per jaar groei, aan die gang te hou. Belangstelling in Suid-Afrika is egter nie so groot nie, hoofsaaklik weens die hoë misdaadsyfer en die gesukkel met visums. Meer as 800 Chinese regeringsmaatskappye is tans in Afrika bedrywig, maar slegs ’n fraksie van hierdie firmas is in Suid-Afrika aanwesig. Van die $11,7 miljard wat teen die einde van verlede jaar deur China in Afrika belê is, is slegs $200 miljoen in Suid-Afrika belê.

Volgens Yabin Zhou, direkteur-generaal van Wes-Asië en Afrika in China se handelsministerie, is die Chinese bekommerd oor misdaad in Suid-Afrika. Verskeie Chinese is naamlik al in die land vermoor. Hierdie nuus het telkens prominente aandag in die Chinese pers geniet. “Hulle is nie bereid om hulle lewens te waag om in Suid-Afrika te belê nie,” meen Zhou. Ten spyte van die vrese oor geweldsmisdaad, bemark China tog Suid-Afrika as ’n toerismebestemming vir sy burgers.

Verlede week het die prentjie ten opsigte van Chinese belegging dramaties verander toe die Nywerheids-en Handelsbank van China aangekondig het dat hulle beplan om ’n 20% aandeel in Standardbank te koop. Dit sal neerkom op die grootste enkel buitelandse aankoop deur ’n Chinese maatskappy.

In die res van Afrika word Chinese beleggers gekortwiek deur swak kommunikasie en logistieke probleme, maar dit demp skynbaar nie die Chinese se entoesiasme nie. China het in 1978 begin om sy ekonomie te herstruktureer. Spesiale ekonomiese sones is geskep om buitelandse maatskappye te trek. Hierdie model word nou in Afrika gebruik, met soortgelyke sones wat deur die Chinese in Zambië, Mauritius en Nigerië geskep is.

In sy antwoord op kritiek dat China bloot in Afrika betrokke is om grondstowwe te bekom, het Zhou gesê dat die Chinese die afgelope 50 jaar al by 900 opheffingsprojekte op die vasteland betrokke was. Dit sluit die bou van gesondheidsfasiliteite, stadions en skole in. Hy het verder beklemtoon dat die regering dit nie goedkeur as sekere Chinese firmas nie die plaaslike Afrika-wetgewing respekteer nie. “Sommige mense bestempel Chinese belegging in Afrika as ’n nuwe soort kolonialisme. Dit is egter oppervlakkig en dui op ’n gebrek aan insig.” Dit is wel waar dat Chinese firmas dikwels huiwerig is om plaaslike burgers aan te stel, het hy bygevoeg. Hulle beskik nie altyd oor die nodige vaardighede nie, kom nie getrou werk toe nie en dan is daar ook taalprobleme.

Zhou het verder daarop gewys dat China self nog ’n ontwikkelende land is, met 130 miljoen mense wat in armoede leef. Beijing, met sy 14 miljoen mense en Shanghai, met sowat 18 miljoen inwoners, is weliswaar welvarende stede, maar op die platteland leef miljoene mense in armoede. Die land se bruto binnelandse produk per capita was laas jaar maar $1 200. Suid-Afrika se BBP word in vergelyking hiermee op $13 300 per kop gereken.

Alhoewel Suid-Afrika dalk nie die Chinese se voorkeur geniet as dit by vaste beleggings kom nie, is Suid-Afrika China se grootste handelsvennoot in Afrika. Suid-Afrika het verlede jaar goedere ter waarde van R46,7 miljard uit China ingevoer en sowat R14 miljard se goedere na daardie land uitgevoer.скейт детский купить в харьковеФільчаков прокурор

‘Dik, verstikkende groen rook’

Image

Olieryke Angola

Vyf mense is dood en ‘n honderdtal gehospitaliseer in Luanda as gevolg van ‘n "ongeïdentifiseerde siekte" wat in Angola uitgebreek het. Die slagoffers kom almal uit dieselfde woonbuurt volgens ‘n verklaring wat in die hoofstad uitgereik is deur dié land se gesondheidsowerhede.

"Ons weet nie wat die oorsaak is op hierdie stadium nie," het die gesondheidshoof van Luanda, dr. Vita Vemba, oor die staatsradio gesê. Hy het ook aangekondig dat ‘n kommissie saamgestel sal word wat uit spesialiste, omgewingskenners en plaaslike leiers sal bestaan om ondersoek in te stel na die oorsake.

Hy wou nie na enige spesifieke kwessies verwys nie en het verklaar dat hy sal wag tot ná die kommissie se verslag om verdere kommentaar te lewer. ‘n Onafhanklike finansiële blad was minder skugter as dr. Vemba. Wat A Capital betref is die skielike uitbraak van die onbekende "siekte" te wyte aan besoedeling in die Cacuaco-buurt.

Twee weke gelede het inwoners van Cacuaco begin kla oor "dik, verstikkende groen rook" wat by die skoorsteen van ‘n klein petrochemiese fabriek in die omgewing uitborrel. Die direkteur van A Capital, Tandala Francisco, het dit aan Franse joernaliste bevestig. Die rook het intussen opgehou.
 
Pasiënte kla oor simptome soos moegheid en dat hulle aan die slaap wil raak, asook moeilik praat, word in die tydskrifartikel berig. Dr. Vemba het ‘n nuwe cholera-epidemie en die ebola-virus as moontlike oorsake vir die sterftes uitgesluit.

Die enigste olieraffinadery in olieryke Angola is in Cacuaco, maar die petrochemiese fabriek ter sprake is nie deel daarvan nie. Die fabriek behoort aan ‘n subkontrakteur van die nasionale oliemaatskappy Sonangol.

 

подоконник пластиковый купитьФільчаков Олександр Васильович

Byna te veel mense by PRAAG-dinee

Image

Indringende gesprek

Hoewel daar net sestig plekke beskikbaar was by Vrydagaand 2 November se PRAAG-dinee, het daar uiteindelik meer as sestig mense opgedaag van so ver as Clarens in die Vrystaat, Essen in Duitsland en Atlanta in die VSA.

Image

Tydens vraetyd

Ná dr. Dan Roodt se toespraak waarin hy gewys het op internasionale voorbeelde van minderheidsvolke wat teen alle verwagtinge in hul vryheid verkry het, het ʼn indringende vraag-en-antwoordsessie gevolg, waarna daar tot laat in die nag gekuier is.

дизельные компрессорыАлександр Фильчаков прокурор

‘n Katolieke inval in Afrika?

Image

Juan Carlos en Mohammed VI,2005

Wie sê "dis geskiedenis" in die sin van iets vergeetliks, het dit mis. Vir die meeste mense, staatshoofde ingesluit, bly die geskiedenis steeds ‘n brandende kwessie en die voorgenome besoek van koning Juan Carlos van Spanje aan Sebta (Ceuta in Arabies) en Melilla het gemoedere in Marokko gaande.

Die Spaanse koning beplan om die twee enklawes in Afrika wat aan Spanje behoort op 5 en 6 November te besoek. Die twee kolletjies Spaanse grondgebied het internasionale nuuskommentare gehaal vanweë die toestroming van swart immigrante wat poog om Europa ten alle koste binne te dring deur Sebta en Melilla.

Die beplande besoek het egter gesorg daarvoor dat Rabat sy ambassadeur in Spanje teruggeroep het "vir konsultasie" en diplomatieke verhoudinge tussen die twee lande is tans delikaat. Marokko het ook te kenne gegee dat die reis "betreurenswaardig" is en het "volstrekte teenkanting" daarteen uitgespreek.

Vir Marokko sal die Spaanse koning se teenwoordigheid die voortsetting van die "herowering" van die Katolieke konings oor die More wees. Die twee enklawes is onderskeidelik sedert 1580 en 1496 ‘n verdelende kwessie tussen Spanje en Marokko. Marokko voel dat die twee stede nie aan die besetter behoort nie. In Sebta woon daar 74 000 Spaanse burgers en in Melilla 57 000.

Juan Carlos het nog nooit die stede besoek ná 1975 vandat hy as koning dien nie. Ook lede van die onderskeie Spaanse regerings het nog altyd ‘n verskoning gevind om nie daar aan te doen nie, maar die immigrantestormloop in 2005 het José Luis Rodriguez Zapatero genoop om in Februarie 2006 ‘n besoek aan die enklawes te bring.

Marokko het tydens sy besoek met uiterste beheersing gereageer omdat die twee lande se onlangse verhoudinge veral op gemeenskaplike kwessies betreffende immigrasie en anti-terreurmaatreëls gebou is. Die Spaanse minister van buitelandse sake het gister die huidige reaksie van Marokko probeer dedramatiseer en gesê dat die reis nie "goeie verhoudinge en hul strategiese dimensie sal aantas nie".

Sover dit Marokko aangaan, het ‘n segsman van buitelandse aangeleenthede egter daarna herhaal dat die besoek "jammer, onvanpas en ontydig" is. Verskeie groepe het aangedui dat hulle Maandag die voor die Spaanse ambassade sal betoog om druk op Spanje te verhoog asook sy "koloniale verlede" op te haal.

to advertiseФильчаков прокурор отзывы