Konsternasie heers in Kaboel

Twee NAVO-beamptes is in die ministerie van binnelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kaboel vermoor, het amptenare gesê.

NAVO het gesê ‘n “individu” het sy geweer op die offisiere gerig, maar vroeëre berigte ontken dat hy ‘n Westerling was.

Afghaanse veiligheidsmagte het gesê die dooies is ‘n Amerikaanse kolonel en majoor. Plaaslike berigte in die media noem die voorval ‘n “verbale skermutseling”.

NAVO-bevelvoerder genl. John Allen het gesê al die NAVO-personeel is van Afghaanse ministeries om sekuriteitsredes teruggeroep.

‘n Britse ambassadewoordvoerder het vroeër gesê alle Britse burgerlikes is uit die ministeries onttrek en die hoop uitgespreek dat dit ‘n tydelike maatreël sal wees.

Die skietery kom te midde van vyf dae van dodelike protes oor die verbranding van afskrifte van die Koran deur Amerikaanse soldate.

Die ministerie van binnelandse sake verkeer in totale afsluiting [lock-down] ná die skietery, het amptenare gesê.

Die BBC se Orla Guerin in Kaboel, sê agt skote is binne-in die gebou gehoor, wat een van die veiligste in die hoofstad moet wees, en dat ‘n Afghaanse burger wat die aanval uitgevoer het, die hoogste veiligheidsklaring sou moes gehad het.

Plaaslike berigte in die media sê die aanvaller was ‘n Afghaanse polisieman, maar dit is nog nie bevestig nie.

Genl. Allen het gesê dat hy die aanval veroordeel en bygevoeg: “Ons het al die leidrade en sal streef om die aanvaller, ‘n lafaard, wie se optrede nie onbeantwoord sal bly nie, aan die kaak te stel.”

Vroeë verslae dui daarop dat die twee beamptes midde-in die ministerie se bevel-en-beheer-sentrum geskiet is.

Bilal Sarwary van die BBC in Kaboel, sê dit is waar verteenwoordigers van 34 provinsies ontmoet om veiligheid te beplan.

Hy haal bronne aan wat meen dat die minister van binnelandse sake Bismullah Khan besig was om ‘n vergadering met senior Westerse amptenare elders in die gebou te hou toe die skietery plaasgevind het.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’

Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Newt Gingrich, het Donderdag gesê dat president Obama “oorgegee” het toe hy om verskoning gevra het aan die Afghaanse regering vir die verbranding van verskeie Korans by ‘n Amerikaanse militêre basis naby Kaboel.

Met verwysing na die brand van “radikale Islamitiese materiaal” wat die Korans insluit, het die voormalige Huisspeaker gesê die voorval is “in ‘n groot gebeurtenis deur verskeie fanatici in Afghanistan opgeblaas.”

Hy het gesê terwyl die president om verskoning gevra het vir die verbranding, het hy nie gevra dat die Afghaanse regering ‘n verskoning uitreik vir die dood van twee Navo-soldate nie. Hulle is deur ‘n man met ‘n Afghaanse weermaguniform gedood tydens die toenemend gewelddadige betogings oor die “ontheiliging” van die Moslem-boek.

“Daar blyk niks te wees wat radikale Islamiste kan doen om Barack Obama se aandag op ‘n negatiewe manier te trek nie,” het Gingrich gesê, “en hy is voortdurend besig om om verskoning te vra vir mense wat nie die verskoning van die president van die Verenigde State verdien nie, punt.”

Obama het ‘n brief aan die Afghaanse president Hamid Karzai gestuur waarin hy skryf, “ek wil my diepe spyt uitspreek oor die gerapporteerde voorval. Ek bied aan u en die Afghaanse mense my opregte verskoning aan.” Volgens die New York Times, kom dié aanhaling uit Karzai se perskantoor. Obama wil glo nie die volledige teks vrystel wat ‘n brief van drie bladsye beslaan nie. Die koerant beweer die brief bevat verskeie kwessies “tussen die twee lande, en slegs ‘n paar sinne wat met hierdie saak verband hou”.

Alhoewel presidensiële verskonings skaars is, is dit nie ongehoord nie. President George W. Bush het al ‘n verskoning aangebied en gesê hy is “jammer vir die vernedering wat deur die Irakse gevangenes en deur hul families gely is”, na aanleiding van die Abu Ghraib-skandaal.

Maar Gingrich, wat Obama konsekwent beskuldig dat hy die radikale Islamitiese terroristebedreiging minag, beskuldig nou die president van die “(weiering om) die integriteit en die lewens van die mense wat onder hom dien, te verdedig”.

“As die president van Afghanistan, Hamid Karzai, nie lus voel om om verskoning te vra nie, dan moet ons sê, ’totsiens en beste wense, ons het nie nodig om hier te wees en gevaar te trotseer, ons lewens en ons geld te mors op iemand wat nie omgee nie’.”

Gingrich het ook die president oor sy energiebeleid gekritiseer, en noem dit “so snaaks dat dit op Saturday Night Live as grap behoort te wees”. Die kandidaat het toenemend gefokus op die hoë prys van petrol, en gesê alle vorme van energie moet ontgin word.

Sy plan sluit in ‘n uitbreiding van olie-ontginning op die Amerikaanse kuslyn, volgehoue ​​ondersteuning vir alternatiewe energiebronne en die gebruik van nuwe tegnologie in skalie-eksplorasie.

Obama voel die druk van Gingrich en die ander GOP-presidensiële kandidate oor die kwessie. Hy het Donderdag gesê hy sal op meer plaaslike olieproduksie, die ontwikkeling van alternatiewe energie en strenger brandstofdoeltreffendheid fokus.

данильченко юрій броніславович

Geloftevolk roskam Zuma

Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp.

“Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê.

“Hulle klag wat poog om ons historiese erfenis sleg te praat en dit as ‘n bron van haat te probeer voorstel, sal nie onbetwis bly nie, want ons geskiedenis kan nie anders verduidelik word op ‘n ander wyse of wat voldoen aan diegene se weergawe wat dit wil wegwens nie.”

Die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg het Vrydag bevestig dat die Geloftevolk en sy leier, André Visagie, ‘n reeks amptelike klagtes ingedien het.

Die eerste klag van die groep is teen die haatspraak wat pres. Zuma gebesig het. Hy het glo die ANC-liedjie met die woorde “skiet die Boer” vroeër vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gesing.

Die groep het ook ‘n klag teen die minister van polisie gelê omdat die polisie nie ingegryp het toe swartes by die moordverhoor van die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’blanche plakkate omhoog gehou het met die woorde “Boere word gebleksem” (sic) nie.

Die derde klag hou verband met die ANC-regering se “mislukking” om ‘n spesiale taakmag aan te wys om boere na die ontbinding van die kommandostelsel te beskerm.

Mthembu het ontken dat Zuma die lied “Bubul’ ibhunu” by die ANC se eeufees gesing het, maar bevestig dat die ANC gekant is teen die verbod en hulle dit sal beveg.

“Ons wil die feit weer stel dat president Zuma tydens die eeufees in Mangaung nie die lied gesing het wat deur die Gautengse hooggeregshof verbied word nie… en wat ons tans teenstaan nie.”

Hy het gewaarsku teen die “polarisering” van die Suid-Afrikaanse samelewing wat deur die klagtes aangemoedig kan word.

“Ons vind hul bewering dat President Zuma is nie hul president is nie en dat hy anti-wit is, absurd en jammer,” het hy gesê.

“Die ANC het en sal voortgaan om ‘n voorstander van nie-rassigheid in hierdie land te wees en sal nie afgeskrik word deur enige persoon of organisasie [wa]t hierdie land na die koloniale en apartheidsbewind wil terugneem nie.”

Visagie het gesê hy hoop die saak sal die internasionale media se aandag trek, want “ons word in hierdie land vermoor, net omdat ons wit velle het”.

Die Geloftevolk is deur Visagie, voormalige sekretaris-generaal van die AWB, gestig.

[Praag wil lesers se aandag daarop vestig dat hierdie SAPA-berig, soos talle ander, ‘n volledige vertaling van die oorspronklike berig verteenwoodig wat in Media24 slegs in ‘n “aangepaste” vorm verskyn. Red.]

данильченко юрій броніславович компромат

Bosma se besoek ontketen herrie in SA

Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld.

Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname).

Sy party, die Partij voor de Vrijheid (PVV), is krities oor die omskepping van die Nederlandse samelewing tot ‘n multi-kulturele een. Tradisioneel is die Nederlande hoofsaaklik bewoon deur taalsprekers wat algemeen beskaafde Nederlands (ABN) as gemeenskaplike omgangstaal gebruik het en die Christelike geloofsrigting gevolg het.

Die werklike rede waarom Bosma nie hier met ope arms ontvang word nie, is polities van aard en handel oor die Moslemvraagstuk in Europa in die algemeen en in Nederland in die besonder.

Om enigsins te begryp waaroor die standpunte van die PVV gaan moet iets van die Nederlandse situasie as konteks verstaan word. Nederland is histories ‘n land waar mense van dieselfde beskawing (die Christelike) met min of meer ‘n uniforme kultuur van mense woon, met hier en daar ander aksente, soos in Friesland. Onder die invloed van die liberalisme en materialisme is die grense van Nederland vir vreemdes (waaronder Moslems) oopgegooi. Die materialisme het die protestantse werksetiek dusdanig ondergrawe, dat Nederlanders mense moes invoer om handearbeid, of dan die vuilwerk, te kom doen. Insgelyks het die liberalistiese antropologie verwag dat immigrante as leë doppe na Nederland sou kom en binne een geslag die Nederlandse lewens- en wêreldbeskouing sou aanvaar. Wel, dit het nie gebeur nie! Immigrante het gewoon hulle taal en kultuur asook hulle godsdiens behou.

Terwyl Nederlanders al minder en minder kinders verwek en al meer en meer gesekulariseerd geword het, en ‘n volstrekte skeiding tussen staat en kerk en politiek en godsdiens gemaak is, het die Moslems veral (a) hulle kultuur behou, en ook (b) hulle godsdiens beoefen. Hiervolgens is daar in die Moslemgeloof geen skeiding te maak tussen godsdiens en politiek nie en is dit die hoogste strewe van Moslemgelowiges om die koninkryk van Allah op aarde te vestig – dus ook in die Nederlande.

Daar kan dus op redelike gronde gekonstateer word dat as die demografiese tendense ontwikkel soos tans blyk die geval te wees, die Nederland binne ‘n honderd jaar en minder ‘n Moslemland sal wees.

Daar is ander, miskien belangriker faktore, as die verdwyning van die Westerse beskawing in Nederland. Op die korter termyn is daar (a) die Iranese kernkragwedloop en (b) die Iranese oogmerk om Israel met die grond gelyk te maak, asook die wêreldwye onstabiele ekonomiese omstandighede wat in die verlede onvermydelik tot oorlog gelei het.

Die veiligheid en sekerheid van Israel word in die laaste instansie deur Christelik-Westerse lande gewaarborg. As en indien die voorsiende godsdiensoorlog tussen Judaïsme en Islam uitbreek en Europese lande tot die beskerming van Israel toetree, sit Europese lande met ‘n groot Moslembevolking en ‘n enorme interne veiligheidskrisis.

Binne die konteks van Suid-Afrika is Bosma ewe onwelkom, want sien, agter elke kabinetsminister is een of ander Indiër te vinde.

Dit is duidelik dat die buitelandse beleid van Suid-Afrika uit en uit pro-Palestyns is, pro-Gadaffi was en sekerlik nou pro-Iran sal wees. Dink bv. aan die Universiteit van Johannesburg wat onlangs bande met ‘n Israeliese universiteit verbreek het. Die gevaar is dat indien ‘n Derde Wêreldoorlog uitbreek, hierdie regering se simpatie nie by Israel of selfs by die Weste sal lê nie, maar duidelik by die Islamiste en hulle bondgenote.

Teen hierdie agtergrond is Bosma uiteraard nie welkom in SA nie en sing die Afrikaanstalige joernaliste hartlik in dieselfde koor as die regering saam. G’n wonder hierdie land en sy mense gaan weens gebrekkige kennis onder nie.

лобановский класс

‘Occupy’ die kleinhuisie!

’n  Sjinese student hoop om ’n  heldin vir vroue regoor die wêreld te word deur ’n ‘Occupy’ of besettingsbeweging van haar eie te loods – in die mans se toilette.

Lie Tiengtieng het opskrifte gemaak toe sy en 20 ander vroue in ’n  manstoilet in die suidelike stad van Ghoeangzjoe ingemarsjeer het met kleurvolle plakkate wat aandring vir ewe lang wagtye vir albei geslagte.

Nou is sy van plan om haar protesoptrede na die hoofstad, Beijing, waar Sjina se leiers volgende maand sal vergader vir die land se jaarlikse vergadering van die rubberstempelparlement, te neem.

“Ons wil hê senior amptenare moet kennis neem van die vraagstuk,” het sy vir AFP gesê. “Dit is ’n  gewigtige kwessie vir baie vroue. Gedurende die protes in Ghoeangzjoe het ons lukrake peilings gedoen en gevind die meeste mense ondersteun ons.”

Plaaslike media het na die protes berig dat provinsiale owerhede in Ghoeangzjoe gereageer het deur in te stem om die getal vrouetoilette met 50 persent te verhoog – ’n onderneming, sê Lie, wat landswyd geneem moet word.

Die vraagstuk het ’n  debat op die internet ontketen, hoewel nie almal ewe beïndruk is deur die protes nie.

“Die  Amerikaners beset Wallstraat, die Sjinese beset toilette. Dit is ’n  groot verskil,” het een woernaler onder die naam Hoeasjoe Zian geskryf.

топкарго

Praag se middagnuusbulletin

In die Hooftrekke:

Studenteverkragter gearresteer.

Bylmoordenaar geskik om verhoor te word

Nog geweld by Implats

VSA trek renosterhoringsmokkelring vas

Die eerste Super Rugby-wedstryde

Die jongste markaanwysers

’n  Jongman is in hegtenis geneem vir die verkragting en roof van drie studente van die Universiteit van Limpopo in Mankweng, het Limpopo-polisie gesê.

Dit blyk dat die man in die vroue se kamers van die kampus af ingebreek en hulle verkrag het tussen Woensdag 22h00 en 03h00 Donderdag, het konstabel Moses Molepo in ’n  verklaring gesê. Selfone en skootrekenaars is ook gesteel. Die arres volg na ’n  wenk van die publiek.

Bylmoordenaar geskik om verhoor te word.

Die voormalige Blou Bul-flank Phindile Ntshongwana is geestelik bevoeg om vir die moord op drie mense met ’n  byl in die hof te verskyn, het die Durbanse Hooggeregshof gehoor.

Regter Kate Pillay het gesê die beskuldigde is geskik om verhoor te word.

Ntshongwana staan ook tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en verkragting.

Hy het na bewering twee van sy slagoffers met ’n  byl doodgekap. Een is onthoof.

Dr Soobian Moodley het in Januarie getuig dat Ntshongwana nie enige tekens van geestelike onstabiliteit tydens mediese ondersoeke getoon het nie.

Nog geweld het vanoggend by Impala Platinum

’n  Amptenaar van Implats, Johan Theron, het gesê dat daar nog ernstige voorvalle van geweld vanoggend plaasgevind het. Dit is deur die Noordwes polisiesegsman, Brigadier Thulani Ngubane, bevestig.

Implats-werkers is al vir ’n  maand lank op ’n  onwettige staking wat die ontslag van 17,200 werkers tot gevolg gehad het.

Dit het tot gewelddadige oproere en die dood van ten minste twee mense gelei.

 

Afghanistan: Die land hou asem op vir vierde dag van geweld na verbranding van Korans

Afghaanse owerhede het hulleself gestaal vir ’n  vierde dag van gewelddadige protes na Vrydag-bidure oor die verbranding van eksemplare van die Koran deur die Amerikaanse weermag, ten spyte van ’n verskoning wat deur die VSA se president, Barack Obama, aangebied is.

Die segsman vir die Binnelandse Ministerie, Sediq Seddiqi het gesê hulle sal ekstra waaksaam wees.

Volgens amptenare het onlusbeheerpolisie in Kaboel ontplooi.

Dit Taliban het Donderdag ’n  oproep op Afghaanse Moslems gedoen om vreemdelinge “te slaan en dood te maak” om die Koran-verbranding te wreek.

Onluste het regoor die land na die insident uitgebreek en ten minste 17 mense, insluitende twee Amerikaanse soldate is gedood.

 

Sewe mense is in hegtenis vir die smokkel van bedreigde renosterhorings in Los Angeles, New Jersey en New York oor die afgelope week vasgetrap, het federale beamptes gister gesê.

Vier van die verdagtes is in Los Angeles betrap. Die mees onlangse arres het Woensdagnag by die Los Angeles Internasionale Lughawe aangekeer, het Thom Mrozek, ’n  segsman vir die VSA se aanklaerskantoor gesê.

Dzjin Zjao Feng, ’n  Sjinese burger, is by die lughawe in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy die vervoer van dosyne renosterhorings van die VSA na Sjina toegesien het.

Die arrestasies was die gevolg van ’n  18-maandelange ondersoek genaamd “Operasie Crash.”

Markaanwysers:

Goud verkoop teen $1,799-65 per fynons en Platinum teen $1,717-25.

Jy kan ’n  dollar koop vir R7-56.

Brent Ruolie verkoop teen ’n  pynigende $125-38 ’n  vat.

Sport

Die Super Rugby-toernooi het vanoggend met twee wedstryde weggespring.In Australië het die Brumbies onder Jake White die Western Force 19-17 geklop. Jesse Mogg en Robbie Coleman het drieë vir die Brumbies aangeteken en James Stannard het die Force se enigste drie behaal.

Vroeër het die Crusaders hulle landgenote, die Blues, net-net met 19-18 getroef. Chris Lowrey en David Raikuna het drieë vir die Blues gedruk en die Crusaders kon net een behaal – deur Robbie Fruean. Tyler Bleyendaal het die res van die punte met skoppe aangeteken.

Sri Lanka het die Australiese krieketspan geskud toe hulle die eendagwedstryd met twee paaltjies geklop het. Australië het eerste gekolf en in ’n  groot mate danksy ’n  honderdtal deur Forrest 280 lopies na 50 beurte behaal.

Vir Sri Lanka het Jayawardene met 85 en Chandimal met 80 uitgeblink. Die wenlopies is in met vier balle oor in die laaste boulbeurt behaal.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Oud-Noor met warm yster doodgeslaan

‘n Vrou is gemartel en doodgeslaan met ‘n warm yster in haar huis in Dullstroom, Mpumalanga, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het.

Johanna Moore (78) is in ‘n plas bloed Donderdagoggend gevind waarin sy gelê het. Sy het ernstige brandwonde oor haar gesig en arms gehad, het Beeld berig. Sy is vermoedelik Woensdagaand aangeval.

Sy was ‘n Suid-Afrikaner van Noorse afkoms. Moore het die afgelope 22 jaar in Dullstroom gewoon en daar ‘n blomkwekery bedryf.

Hy lyk gevind is deur haar tuinier, Andre Mlwazu, wat vir haar gewerk het vir 21 jaar lank.

Sersant Johannes Maseko het gesê die motief vir die moord was waarskynlik roof, omdat Moore se huis geplunder is en haar beursie weg is.

Die plaaslike polisie het gevra dat enigiemand met inligting oor die saak na vore sal kom.

‘n Geskokte inwoner van Dullstroom Anita Minnaar, en ‘n goeie vriendin van Moore, beskryf haar as “die dierbaarste persoon denkbaar, iemand wat nie in staat was om iemand anders te benadeel nie”.

Фільчаков прокурор

Regimeverandering in Sirië ‘geen opsie’

Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag in ‘n onderhoud met die BBC verklaar dat buitelandse militêre ingryping in Sirië nie ‘n opsie is nie.

Dié aankondiging is deur ontleders verwag, na die pas afgelope fiasko in Libië, waar Britse, Franse en Amerikaanse inmenging tot ‘n burgeroorlog gelei het na die afsetting van en moord op kol. Gadaffi.

Hague het gister met sy Amerikaanse eweknie, Hillary Clinton, die opsie van ekonomiese en diplomatieke sanksies bespreek vóór die beplande konferensie in Tunis oor Sirië.

Die EU-ministers van buitelandse sake sal volgende week tydens ‘n spitsberaad in Brussel, onder meer strenger maatreëls teen Sirië bespreek. Dié houding word ook vertolk as ‘n manier van die EU om nie by die probleem betrokke te raak nie en die stryd daar sy gang te laat gaan.

Die Angelsaksers sal deur druk op die Arabiese Bond intree om die kwessie te probeer besleg. Hague het Brittanje se onmag om groter invloed te kan monster, as “uiters frustrerend” beskryf.

Militêre optrede is nie die antwoord nie, sê Hague. Hy sê die situasie is “baie ingewikkelder en vereis groter ingryping as in Libië”.

Pres. Basjar al-Assad, lid van die Alewitiese moslemminderheid, geniet die steun van China en Rusland wat albei ten gunste van ‘n diplomatieke oplossing in Sirië is. Albei lande het militêre ingryping reeds by die Veiligheidsraadsitting uitgesluit deur hul vetoreg uit te oefen.

Die situasie in Sirië is ook meer kompleks as die Angelsaksiese voorstelling van ‘n regime wat sy eie burgers dood. Al-Assad se teenstanders is lede van die Sjiïtiese minderheid, wat deur Iran gesteun word.

Iran steun laasgenoemde en Brittanje en die VSA is tans bekommerd dat Iran sy invloed sal uitbrei indien Al-Assad val.

александр лобановский супермаркет класс

Twee Metropolisielede vas

Twee Johannesburgse metropolisiebeamptes is Donderdag in hegtenis geneem vir bedrog, afpersing en dwarsboming van die gereg.

Die departement se interne eenheid het hulle in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n uitkenningsparade uitgewys is, het sup. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.

Die beamptes het na bewering die bestuurder van ‘n maatskappy onder valse voorwendsels in hegtenis geneem. Die twee het beweer die maatskappymotor se spesiale permit is vervals. Hulle het ‘n handgeskrewe kaartjie uitgeskryf, met vals name en vals polisienommers, vir ‘n boete van R300.

Volgens Minnaar word die beamptes aangehou by die Johannesburg Sentraal-polisiekantoor en hulle sal waarskynlik Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Vavi tree in om onbeskermde staking te red

Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie, Zwelinzima Vavi, het stakende mynwerkers by Impala Platinum se Rustenburg-myn gevra om terug te gaan werk toe. Hy het mynwerkers op die dorp toegespreek.

Vavi sê ‘n verhoging wat aan werkers by die Impala Platinummyn se aanleg op Rustenburg in Noordwes aangebied is, behoort vir al sy werkers te geld. Hy het gevra dat alle afgedankte werkers heraangestel word met dieselfde voordele as wat hulle geniet het voor die staking.

Vavi sê ‘n vergadering is vir vandag tussen Cosatu en Implats belê om die staking te bespreek. Werkers by Implats is die afgelope vyf weke op ‘n onbeskermde staking. Die myn het reeds ingestem om al 17-duisend werkers weer aan te stel.

Afgedankte mynwerkers van die Impala platinnummyn naby Rustenburg het opnuut geweier om terug te keer werk toe. Vavi het gister tussenbeide getree in ‘n poging om die staking van 5-weke te beëindig.

Die werkers wat ‘n aanbod gekry het om weer aansoek vir werk by die myn te doen, eis ‘n salaris van R9 000 ná aftrekkings. Hulle sê hulle sal slegs terugkeer as daar aan hul eise voldoen word.

Данильченко Юрий Брониславович