“Die Registrateur het klagtes ontvang oor die uitsending van ‘n promosie-video vir ‘n grufilmfees op M-Net,” het UKKSA in ‘n verklaring gesê.
Die verhoor is Maandag gehou en M-Net is met R5 000 vir die oortreding van klousule 12 van die subskripsiekode beboet.
Die klousule bepaal dat ‘n uitsaaidienslisensiehouer materiaal wat ongeskik is vir kinders en/of naaktheid, eksplisiete seksuele gedrag, geweld of beledigende taal bevat, moet vermy.
Die UKKSA het klagtes ontvang van drie afsonderlike partye.
Een klaer het gesê “tydens ‘n advertensiepouse op 13 Oktober omstreeks 18:00 het M-Net ‘n grufilmfees adverteer met die mees verskriklike snitte” uit die verskillende flieks.
M-Net het om verskoning gevra vir die uitsaai van die advertensie tydens daardie tydgleuf, en gesê die skuif was as gevolg van ‘n interne fout.
“Die promo bevat tonele van verskeie horror titels. Na die lees van die promo, het ons interne klassifikasie span ‘n riglyn uitgereik dat die promo alleen geskeduleer moet word na 21:30.
“Die uitsending van die promo om 18:00 op 13 Oktober was ‘n gevolg van ‘n fout.”
Die UKKSA het beslis dat die advertensie grafiese tonele van geweld en verskrikking “en ander onverklaarbare tonele van verskrikking” bevat.
Hulle het bygevoeg dat kinders negatief beïnvloed sal word deur sulke beelde.
“Die meeste kinders sal, soos beweer word, ernstig versteur word deur sulke beelde, aangesien hulle nie oor die kognitiewe vermoë beskik om dit te verwerk nie, en ook nie ‘n verwysingsraamwerk waarbinne hulle dalk sin kan maak van wat hulle sien het nie.”
“Die negatiewe emosionele en sielkundige effek van sulke beelde sal dus vererger word, en sodanige effekte kan selfs permanent wees,” het die UKKSA gesê.

Die korpulente minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, geklee in ‘n styf spannende wit pakkie, het haarself op die skouer geklop oor vanjaar se matriekuitslae. Op ‘n vraag deur ‘n joernalis van etv oor die punt wat sy aan haarself sou toeken, het Motshekga met ‘n breë glimlag geantwoord: “’n A plus!”
‘n Skouspelagtige betoging onder leiding van mnr. Avigdor Eskin, ‘n PRAAG-ondersteuner, het gistermiddag laat in Tel Aviv, Israel plaasgevind. ‘n Groep van ongeveer 30 betogers het voor die fontein op die Dizengoff-plein in wit gewade betoog teen die volksmoord en geweld wat daar tans teen die Afrikanervolk in Suid-Afrika gepleeg word.
In ‘n interessante verwikkeling het twee bekende Franse advokate, waarvan een ‘n voormalige minister van buitelandse sake is, die Franse en internasionale inmenging in die Ivoorkus verwerp. Oor die afgelope weke poog die internasionale gemeenskap om die land se huidige president, Laurent Gbagbo te laat afsit nadat hy ‘n verkiesing teen sy mededinger, Alassane Ouattara verloor het.
Die kans is skraal dat die omstrede sakeman, Sandile Majali, selfmoord gepleeg het, het sy prokureur, John Ngcebetsha, Maandagaand gesê.