Swart toeloop ontstig Israeli’s

Swart immigrante of asielsoekers raak al hoe meer ongewild in Israel.

Wat as ‘n druppel van swart vlugtelinge oor die grens begin het, het verander in ‘n vloedgolf na Israel en die land is tans besig om maatreëls te oorweeg om swartes te weerhou van ‘n soeke na ‘n beter lewe aldaar.

Die skielike toeloop van vlugtelinge is te wyte aan toestande in die oorloggeteisterde Soedan en die gruweldade waaronder Darfoer gebuk gaan, asook die diktatuur in Eritrea.

Israeli’s kla toenemend van die toestroming van swartes uit dié gebiede wat hulle as vreemd, dreigend en ongewens ervaar.

“Ek wens hulle verlaat Israel. Jy kan jou nie so gedra soos hulle nie,” het ‘n Joodse tiener aan AFP gesê, terwyl sy vertel hoe groepe jong swart mans buite die Sing Sing-krotbuurt waar hulle woon ongewenste seksuele kommentaar lewer oor verbygangers.

“Ek is bang om huis toe te kom.”

Sy sê die swartes het reeds hulle woonopset verander in ‘n vullishoop, besaai met bierblikkies, vuil doeke, ou klere en ander rommel.

“Hulle moet verstaan dat hulle nie hierheen kan kom en ons land besoedel nie,” het sy bygevoeg.

Dié wrok weerspieël Israel se ambivalensie teenoor die instroming van swartes. Hulle getalle het gegroei tot oor die 35 000 sedert die eerste klein groepies begin inkom het oor die Egiptiese grens net vier jaar gelede.

Israeli’s glo hierdie nuwelinge kan die delikate status quo in Israel verander, en die staat se Joodse karakter en sy maatskaplike dienste oorstroom.

“In die begin het ons dit gesien as ‘n humanitêre sending, maar ons het ‘n fout gemaak.. Van 500, ons het nou sowat 10 000 hier in Eilat,” sê Nahum Seri, oor ‘n stad belas met die hantering van die toestroming.

Seri sê Eilat, met sy 60 000 inwoners, verkeer onder ‘n geweldige las as gevolg van sy nabyheid aan die Egiptiese grens en die beskikbaarheid van werksgeleenthede in die toerisme-industrie wat swartes inlok.

“Die regering moet besluit – as hulle vlugtelinge is, moet hulle hanteer word as vlugtelinge, maar as hulle infiltreerders is, dan moet hulle hanteer word soos infiltreerders,” sê Seri.

Onlangs het die Israeliese regering besluit om hulle toegangsvereistes te verskerp.

“Van ondersoeke wat uitgevoer is, blyk dit dat talle nie vlugtelinge is nie, maar werksoekende migrante,” het die regering gesê in ‘n verklaring en daarop gewys dat van 5 000 mense wat onlangs ondersoek is, slegs aan twee die status van vlugtelinge verleen is.

“Hierdie golf groei aan en dit dreig om die werk van die Israeli’s in gevaar te stel. Dit verander die gesig van die staat en ons moet dit stop,” sê eerste minister Benjamin Netanyahu. Hy het planne vir ‘n kamp waar swartes gehuisves sal word sonder die geleentheid om te werk, aangekondig.

Konstruksie het ook begin om ‘n groot 250km versperring langs die Egiptiese grens op te rig wat daarop gemik is om die invloei te keer.

Menseregtegroepe sê egter hulle moet die reg hê op die status van vlugtelinge soos in die internasionale reg vervat.

“Die meeste van dié is van Eritrea en Soedan en hulle is geregtig op kollektiewe beskerming onder die internasionale reg; Israel het ‘n verantwoordelikheid teenoor hulle,” sê Nirit Moskovich, woordvoerder van die Vereniging vir Burgerregte in Israel.

how to promote clothes on instagramФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae