praag.co.za

Twee Franse verwerp internasionale inmenging in die Ivoorkus

Gbagbo met Dumas en Verges

Gbagbo met Dumas en VergesIn ‘n interessante verwikkeling het twee bekende Franse advokate, waarvan een ‘n voormalige minister van buitelandse sake is, die Franse en internasionale inmenging in die Ivoorkus verwerp. Oor die afgelope weke poog die internasionale gemeenskap om die land se huidige president, Laurent Gbagbo te laat afsit nadat hy ‘n verkiesing teen sy mededinger, Alassane Ouattara verloor het.

Roland Dumas, die voormalige Franse minister van buitelandse sake en Jacques Vergès het albei Donderdag in die hoofstad Abidjan aangekom om die uitgaande president Laurent Gbagbo te ondersteun en van raad te bedien. “Wie gee die Franse regering die reg om in ‘n verkiesingsonderonsie in die Ivoorkus in te meng? Die tyd van kolonialisme en vrederegters van bedenklike bekwaamheid is verby,”  het Jacques Vergès (85) teenoor die TV-kanaal i-Télé verklaar. Vergès is bekend vir sy simpatie met die derde wêreld en omstrede verdediging van “onverdedigbare” kliënte soos byvoorbeeld die Nazi Klaus Barbie wat in Frankryk verhoor is.

“Ek beskik oor inligting om te kan sê dat almal in die internasionale gemeenskap nie saamstem nie. Die internasionale gemeenskap bestaan tans uit enkele persoonlikhede wat hulle by alles inmeng en wat ons behoort te ondersoek,” het die 88-jarige Roland Dumas, die voormalige buitelandse minister onder president François Mitterand gesê.

Die verklarings deur die twee Franse advokate geskied in teenstelling met die eenparige mening van die Verenigde Nasies, die Europese Unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State (EGWAS) wat een en almal ‘n beroep op Laurent Gbagbo gedoen het om sy plek aan Alassante Ouattara af te staan en waarvan hulle die oorwinning tydens die presidentsverkiesing van 28 November erken het.

Die náverkiesingsgeweld het intussen ten minste 173 sterftes veroorsaak, hoofsaaklik in die geledere van Ouattara se ondersteuners, volgens die Verenigde Nasies, terwyl Laurent Gbagbo se ondersteuners gedreig het om die kantore van Ouattara in Abidjan stormenderhand te verower.

настенные светильники дляtopcargo

Comments

Leave a Reply