M-Net beboet oor geweld

Die Uitsaaiklagtekommissie van SA (UKKSA) het Woensdag ‘n boete teen M-Net uitgereik vir die uitsaai van grafiese tonele van geweld en angs gedurende gesinskyktyd.

“Die Registrateur het klagtes ontvang oor die uitsending van ‘n promosie-video vir ‘n grufilmfees op M-Net,” het UKKSA in ‘n verklaring gesê.

Die verhoor is Maandag gehou en M-Net is met R5 000 vir die oortreding van klousule 12 van die subskripsiekode beboet.

Die klousule bepaal dat ‘n uitsaaidienslisensiehouer materiaal wat ongeskik is vir kinders en/of naaktheid, eksplisiete seksuele gedrag, geweld of beledigende taal bevat, moet vermy.

Die UKKSA het klagtes ontvang van drie afsonderlike partye.

Een klaer het gesê “tydens ‘n advertensiepouse op 13 Oktober omstreeks 18:00 het M-Net ‘n grufilmfees adverteer met die mees verskriklike snitte” uit die verskillende flieks.

M-Net het om verskoning gevra vir die uitsaai van die advertensie tydens daardie tydgleuf, en gesê die skuif was as gevolg van ‘n interne fout.

“Die promo bevat tonele van verskeie horror titels. Na die lees van die promo, het ons interne klassifikasie span ‘n riglyn uitgereik dat die promo alleen geskeduleer moet word na 21:30.

“Die uitsending van die promo om 18:00 op 13 Oktober was ‘n gevolg van ‘n fout.”

Die UKKSA het beslis dat die advertensie grafiese tonele van geweld en verskrikking “en ander onverklaarbare tonele van verskrikking” bevat.

Hulle het bygevoeg dat kinders negatief beïnvloed sal word deur sulke beelde.

“Die meeste kinders sal, soos beweer word, ernstig versteur word deur sulke beelde, aangesien hulle nie oor die kognitiewe vermoë beskik om dit te verwerk nie, en ook nie ‘n verwysingsraamwerk waarbinne hulle dalk sin kan maak van wat hulle sien het nie.”

“Die negatiewe emosionele en sielkundige effek van sulke beelde sal dus vererger word, en sodanige effekte kan selfs permanent wees,” het die UKKSA gesê.

купить палаткуФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae