Skietery by prokureur eis vier

Die Gautengse polisie ondersoek die omstandighede rondom die skietdood van vier mense gister in Centurion, suid van Pretoria, ná ‘n kliënt ‘n vergadering by Hepple-prokureurs ontwrig het, het RSG berig.

Die skietery het by Du Randt en Richards-prokureurs in Zwartkop, Centurion, uitgebreek.

Daar word beweer dat ‘n 64-jarige man die vergadering onderbreek het en skote op drie mense geskiet het, waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

‘n Polisiewoordvoerder, Annabelle Middleton sê twee mense wat ook die vergadering bygewoon het is ongedeerd.

‘n Regstryd oor geld het glo tot die skietery aanleiding gegee, berig EWN.

Данильченко Юрий отзывы

Basson-verhoor verdaag nadat aanklaer deurmekaar raak

Die verhoor van dr Wouter Basson het Woensdag uitgerafel en moes verdaag word toe die pro forma aanklaer Salie Joubert aantygings “sonder feitelike basis” tydens kruisondervraging gemaak het.

Basson se regshulp, Jaap Cilliers het dit aan die komitee gestel dat Joubert  verkeerde stellings maak en dat dit nie toegelaat word nie, aangesien dit ‘n beslissing wat vroeër deur die professionele gedrag komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geneem is, oortree.

Die komitee moet uiteindelik besluit of Basson, ‘n praktiserende kardioloog, onprofessioneel en oneties opgetree het toe hy ‘n chemiese wapennavorsingseenheid bestuur het. Indien skuldig bevind word, sal Basson sy mediese lisensie verloor.

Dinsdag, het Joubert Basson gevra oor die Suid-Afrikaanse Weermag se ontwikkeling van onnaspeurbare mortiere wat CR-traangas bevat. Dit is aan Angolese rebellemagte onder Jonas Savimbi in die 1980’s verskaf.

Hy het dit toe aan Basson gestel dat hierdie wapens ook gebruik is vir oproerbeheer in Suid-Afrika, en gesê: “Dit is die soort van chemiese oorlog op die bevolking van hierdie land wat jy as ‘n dokter ondersteun het.”

Basson het dit ontken.

Cilliers het geëis dat die verklaring teruggetrek moet word, want “dit is nie in die feite voor die komitee nie”.

“Hy het nie ‘n feitelike grondslag vir daardie stelling nie, en dit is in elk geval irrelevant tot die klagstaat voor hom,” het Cilliers gesê.

Een van die aanklagte hangende teen Basson sluit die verskaffing van mortiere aan Savimbi in, maar hy is nie aangekla van die gebruik van hierdie mortiere op die algemene bevolking in Suid-Afrika nie.

Cilliers het gesê sedert die nuus van hierdie kommentaar die publiek bereik het, het beide die weermag en voormalige geneesheer-generaal Neil Knobel – wat later getuienis sal gee tydens die ondersoek – hul “ernstige kommer” oor hierdie bewerings uitgespreek.

Hy het ook gekla dat, na aanleiding van berigte oor die ondersoek, is Twitterbladsye geskep wat beweer dat Basson en die weermag chemiese oorlogvoering teen die voorheen benadeelde mense van Suid-Afrika ingespan het.

Cilliers het aangevoer dat Joubert verwys na stellings wat Basson tydens die Waarheids-en Versoeningskommissie (WVK) gemaak het in ‘n poging om “atmosfeer te skep”.

Dinsdag, het Joubert aan die komitee gesê Basson het in die verlede gesê die WVK was ‘n gebrekkige proses en “nie die papier werd waarop dit gedruk is nie”. Basson het gesê hy staan ​​by daardie steling.

Volgens Cilliers het ‘n hofbevel die gebruik van enigiets wat Basson gesê het tydens die WVK verbied en dat, ongeag, die kommentaar irrelevant tot die aanklagte bly.

Hy het gesê Joubert se optrede was “heeltemal onvanpas” en het gevra dat hy die stellings terugtrek.

Maar Joubert het geweier en gesê Cilliers se bewerings is ongegrond. Joubert het daarna volgehou maar deurmekaar geraak met wat beweer is en wat nie. Die gesprek het uitgerafel, en onsamehangend geraak en die sitting is verdaag.

Данильченко Юрий Харьков

Antraks tref glo Namibiese plaas

‘n Plaas in Namibië is onder kwarantyn geplaas nadat vier plaaswerkers siek geword het toe hulle glo vleis geëet het van ‘n koei wat op die plaas gevrek het.

Twee van die plaaswerkers is intussen dood, terwyl die ander twee steeds in die staatshospitaal op die dorp behandel word.

Hulle het vermoedelik miltsiekte (antraks) op die plaas Kroonster van die bekende suiwel- en vleisprodusent, mnr. Japie Engelbrecht, opgedoen.

Dr. John Shoopala, adjunkhoof: dieresiektebeheer in die direktoraat Veeartsenydienste, sê “geen tekens van antraks is sover gevind nie.” Hulle wil egter verdere probleme voorkom en het daarom opgetree, sê hy.

Mnr. Bennie Venter, Engelbrecht se prokureur, sê ondanks briewe aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, kon hy nog nie daarin slaag om die verslag te kry wat daarop dui dat die plaaswerkers miltsiekte opgedoen het nie.

Miltsiekte is ‘n akute, dodelike siekte en die voorkoms of vermoedelike voorkoms daarvan moet onmiddellik aangemeld word.

Miltsiekte word veroorsaak deur ‘n bakteriese organisme, Bacillus anthracis. Wanneer diere aan die siekte vrek en veral as hulle oopgesny word, kom groot getalle van die kiem, wat in die bloed en organe aanwesig is met die lug in aanraking en produseer spore wat baie sterk weerstand kan bied. Die sogenaamde spore kan baie jare lank in die grond oorleef.

Die bloederige uitloopsels by die natuurlike openinge van die liggaam sowel as die velIe, bene en vleis vorm besmettingsbronne en speel ‘n belangrike rol by die verspreiding van die siekte.

Behalwe die mens, kan gewone en bytende vlieë, aasvoëls, jakkalse en ander kleiner aasdiere as vername verspreiders van die siekte optree. Die spore, wat uiters bestand is teen ongunstige klimaatstoestande, kan ook deur reën weggespoel word en in vlak panne en damme versamel, wat dan mettertyd, veral as dit begin opdroog, gekonsentreerde bronne van besmetting word.

Diere kry gewoonlik die besmetting deur die bek in wanneer hulle besmette water drink, op besmette veld wei of aan besmette velle, bene, bloed of karkasse lek of vreet.

Mense is ook vatbaar en kan die besmetting opdoen deur wonde, of deur spore per mond in te neem of in te asem. Besmette velle kan tydens hantering dikwels as bronne van besmetting vir die mens dien.

 

Фильчаков

Arabiese Lente bring geweld na Libië, Egipte

Ná twee dae van geweld in die suide van Libië is 37 mense dood, het die nuusagentskap Al Jazeera berig.

Sowat 120 mense is beseer toe gevegte tussen lede van die Afrika-Tabu-etniese groep en twee Arabiese etniese groepe uitgebreek het

Die staatsbeheerde Libiese nuusagentskap het vroeër berig dat gevegte uitgebreek het ná die dood van ‘n regeringswerknemer wat tydens ‘n rooftog ontvoer is.

Mohamed Abu Saif, veiligheidshoof in die stad, het Dinsdag gesê ‘n afvaardiging van etniese leiers in die gebied is besig om die struweling te probeer bylê.

Intussen is een persoon doodgeskiet en minstens 65 ander beseer nadat veiligheidsmagte met woedende sokkeraanhangers in Egipte se Port Said gebots het.

Dit is maar twee van die jongste voorvalle van geweld wat die Midde-Ooste teister.

“Bevry” van Gadaffi se diktatorskap van 42 jaar, is Libië se Sufi-Moslems onder hernieude druk van ander gewelddadige Islamiste wat hulle geloof as kettery bestempel.

Grafte wat aan Sufi’s en heiliges behoort, is in die afgelope maande deur mededingers geskend.

“Ek is bekommerd, maar ek is nie bang nie,” sê Al-Hadad, wie se Salafiskool in Tripoli deur gewapende mans binnegeval is wat sy biblioteek verbrand het, kantoortoerusting vernietig het en die grafte van heiliges wat daar begrawe is, omgedolwe het.

Op 13 Januarie, het ekstremiste met ‘n stootskraper deur die mure van die ou begraafplaas in die oostelike stad van Benghazi gery, grafte platgestoot asook ‘n nabygeleë Sufiskool gesloop.

Libië se Sufi’s is ook bekommerd dat hulle uitgestoot word polities. Baie nuwe godsdienstige amptenare het Salafi-neigings, sê hulle, en die aanstelling van Salafi-imams na moskees wat deur pro-Gaddafi predikers ontruim is, bekommer hulle. Salafi-preke is nou algemeen op die Libiese televisie en radio, sê hulle.

Nuwe politieke partye is besig om opgang te maak, met inbegrip van die Moslem-broederskap wat sterk vertoon. Libiese Salafis het nog nie bekend gemaak of hulle van plan is om ‘n party en verkiesings, soos in Egipte te begin nie.

топкарго отзывы

Taxi-geweld vat vlam in Noordwes

In die jongste voorval van openbare geweld is ses busse en ‘n aantal minibustaxi’s aan die brand gesteek in ‘n struweling wat tussen taxi-bestuurders in Marikana naby Rustenburg, uitgebreek het, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê. 

Ao. Sam Tselanyane sê ses busse wat aan die Midbank-busmaatskappy behoort het, is Dinsdagoggend aan die brand gesteek.

Die busse was by die Middlekraal-stasie in die Lonmin-gebied van Wonderkop geparkeer.

Tselanyane sê die brandstigting kom ná taxi-geweld Saterdag wat tussen lede van twee taxi-verenigings in Marikana uitgebreek het.

‘n Geveg het tussen die groepe ontstaan en vyf taxi’s is aan die brand gesteek.

Die skade in die twee voorvalle beloop nagenoeg R17,5 miljoen.

Фильчаков

PVV: Beatrixstraat en Wilhelmina-laan moet bly

De Partij voor de Vrijheid wil actie van het Nederlandse kabinet voor behoud van de Afrikaanstalige straatnamen in Pretoria. De Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, zou moeten weigeren een nieuwe naam te gebruiken. De PVV stelt dit vandaag in Kamervragen aan staatssecretaris (onderminister) Halbe Zijlstra.

Het ANC wil 27 straten in Pretoria herdopen, waaronder de Beatrixstraat en de Koningin Wilhelmina-laan.

De 27 straatnamen herinneren veelal aan de anti-koloniale strijd van de onafhankelijke Boerenrepublieken tegen de Engelsen. PVV-Kamerlid Martin Bosma “De naam Koningin Wilhelmina-laan is een ode aan de jonge koningin die in 1900 het pantserschip Gelderland stuurde om president Paul Kruger te ontzetten. De Voortrekkersstraat herinnert aan de afstammelingen van onder andere Nederlandse immigranten die Pretoria hebben gesticht. Hetzelfde geldt voor straten vernoemd naar Louis Botha en Potgieter. De gedeelde Nederlands-Afrikaner geschiedenis dreigt weer verder te worden uitgewist. In het kader van internationaal cultuurbeleid moet Nederland hier iets tegen doen.”

Vragen aan staatssecretaris Zijlstra van Onderwijs, Cultuur en Wetenschap van het lid Bosma, Partij voor de Vrijheid

28 maart 2012

1) Heeft kennisgenomen van het bericht ‘Beatrixstraat Pretoria op de wip‘?

2) Deelt u de mening dat de plannen van het ANC om de namen Beatrixstraat en Wilhelmina-laan te schrappen een klap zijn in het gezicht van de Majesteit, onze Koninklijke familie en van Nederland?

3) Deelt u de mening dat de Afrikaanstalige straatnamen herinneren aan de anti-koloniale strijd van de Afrikaner boeren tegen het Engelse invasie-troepen?

4) Deelt u de mening dat de culturele erfenis van onafhankelijke Boerenrepublieken Transvaal en de Oranje Vrijstaat, waar het Nederlands de officiële taal was, verdedigd dient te worden door de Nederlandse ambassadeur te Pretoria? Zo ja, welke actie kunnen wij van onze ambassadeur verwachten?

5) Deelt u de mening dat de Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, moet weigeren gebruik te maken van een eventuele nieuwe naam?

лобановский класс

DA en ANC probeer Pretoria-name kaap

Die VF Plus het bewerings deur die burgemeester van die Tshwane-metroraad, mnr. Kgosientso Ramokgopa, dat daar konsensus rondom die verandering van 27 straatname in Pretoria bestaan, ontken.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, wat self by van die veelparty-gesprekke en ander onderhandelinge betrokke was, lyk dit asof die ANC en DA hierdie veelparty-forum misbruik om die skyn te wek dat daar konsensus bestaan rondom die naamsveranderinge – terwyl dit geensins die geval is nie. Die VF Plus sal dit ernstig oorweeg om hom te onttrek van die forum indien die burgemeester voortgaan om misbruik te maak van die forum en onwaarhede te gebruik om verkeerde persepsies by die publiek oor die naamsverandering te skep.

“Die VF Plus het dit pertinent by vergaderings gestel dat daar eers met party-strukture gekonsulteer sal word voordat die VF Plus deel van enige ooreenkoms sal word,” het Dr. Beyers gesê.

“Die DA was deurgaans in gesprekke entoesiasties oor die ANC se lys van straatname wat moet verander – die DA verander tans ook talle Afrikaansse straatname in Kaapstad. Die ANC en DA mag moontlik saamstem oor die verandering van die straatname, maar die VF Plus het op geen stadium ingestem tot die verandering van die straatname nie”, het Beyers bygevoeg.

Die VF Plus het dit weereens benadruk dat die party sal voortgaan met gesprekke rakende ‘n oplossing vir die naamdispuut in Pretoria. Die party het ook gesê dat die gebrekkige openbare konsultasieproses die naamsveranderingsproses oopmaak vir hof-aksie en die VF Plus hou alle opsies oop in die verband.

Фильчаков прокурор отзывы

Kaptein raak beserk op vlug

‘n Passasiersvliegtuig moes ‘n noodlanding in Texas uitvoer nadat passasiers die kaptein in bedwang gebring het. Die kaptein wat uit die stuurkajuit gesluit is het dinge begin skree oor Al-Kaïda en bomdreigemente.

Die vlug van die JetBlue-redery van New York na Las Vegas moes Dinsdagaand in Amarillo in Texas land ná die voorval wat volgens die redery die gevolg was van ‘n “mediese situasie”.

Volgens die Amarillo Globe-News het die kaptein net buite die stuurkajuit getree na die badkamer en toe hy terugkom, begin skree: “Irak, Al-Kaïda, terrorisme, ons gaan almal val [we’re all going down!]”.

“Manlike passasiers het na die voorkant van die vliegtuig gehardloop om die kaptein in bedwang te bring,” het me. Heidi Karg, wat ook op die vlug was, gesê.

Die Amerikaanse lugvaartowerheid het gesê die medevlieënier het besorg geraak omdat die kaptein vreemd begin optree het.

Nadat hy die stuurkajuit verlaat het, het die mede-vlieënier die deur gesluit om beheer oor die vlug oor te neem.

Nadat die vliegtuig veilig geland het, is die kaptein deur wetstoepassers in ‘n ambulans vir mediese evaluering in ‘n ambulanse weggeneem.

Фільчаков Олександр Васильович

Soldate in staatsdiens aangestel

Reeds byna ‘n duisend soldate is in die staatsdiens aangestel en nog 12 000 sal binne die volgende vyf jaar deur Transnet in diens geneem word, berig Beeld.

Die meeste sal in veiligheidsposte by Suid-Afrika se grensposte diens doen.

Lt.genl. Themba Michael Nkabinde, personeelhoof van die weermag, het gister in Pretoria gesê swart werklose jeugdiges word by 3 SA Infanteriebataljon in Kimberley opgelei.

Nkabinde het dié vrywillige diensplig van twee jaar en indiensneming deur staatsdepartemente as ‘n groot sukses bestempel.

Transnet en die departement van binnelandse sake is by uitstek die twee staatsdepartemente wat dié jong soldate van werk voorsien.

Die soldate is werksaam by die O.R. Tambo-lughawe en met die registrasie van Zimbabwiërs in Suid-Afrika.

 

 

лобановский александр биография

Wit twieter sit, swart twieters baljaar

‘n Britse student wat rassistiese kommentaar op Twitter uitgestuur het oor die swart sokkerspeler Fabrice Muamba se hartstilstand op die veld, is tronk toe gestuur vir 56 dae.

Liam Stacey, 21,  se twiet “LOL, **** Muamba. Hy is dood! # Haha ” is glo opgevolg met verdere rassistiese kommentaar nadat mense hom gekritiseer het.

Stacey het skuldig gepleit op die aanklag. Hy is tronkstraf opgelê weens “die openbare verontwaardiging” wat sy kommentaar veroorsaak het.

Stacey staar ook ‘n skorsing uit Swansea-universiteit waar hy studeer, in die gesig. Die derde-jaar biologiestudent het gehoop om ‘n forensiese wetenskaplike te word.

Stacey van Pontypridd, Suid-Wallis, het aan die polisie gesê ná sy arrestasie by sy huis in Swansea: “Ek was by die kroeg toe ek hoor wat gebeur het met Muamba.

“Ek weet nie hoekom ek dit opgelaai het nie [die kommentaar]. Ek is nie ‘n rassis nie en ‘n paar van my vriende is uit verskillende kulturele agtergronde.” Hy sê hy was aangeklam toe hy dit gedoen het en agterna spyt.

Gareth Jones, sy regsverteenwoordiger het gesê: “Vir ‘n oomblik van waansin, is sy loopbaan nou verby.”

Stacey se pa Neale, 49, en ma Hayley, 46, was sigbaar geskok oor sy kommentaar.

Intussen het swart skoliere van North Miami Beach Senior High School ‘n winkel geplunder tydens ‘n optog vir Trayvon Martin in die VSA.

North Miami Beach se polisie het gesê ‘n video vertoon die swart hoërskoolleerlinge waar hulle Vrydag ‘n Walgreenswinkel se rakke in puin lê.

Die voorval het plaasgevind tydens ‘n optog ter ondersteuning van Martin, 17, wat doodgeskiet is in Sanford.

Betogers het gevra vir die arrestasie van George Zimmerman, 28, wat nog nie aangekla is nie omdat hy beweer dat hy uit self-verdediging geskiet het, volgens die polisie.

Video toon tussen 80 en 100 swart tieners wat deur die winkel hardloop en die rakke vernietig, voor die skool se adjunkhoof.

Hulle optrede is deur simpatiseerders geregverdig omdat hulle “kwaad” voel oor die swart tiener se dood.

Intussen het Obama se herverkiesingsveldtog op dreef gekom met “hoodies”, sweetpakbostukke met kraaghoede, ter herinnering van Trayvon Martin. Martin het só ‘n sweetpakbostuk gedra toe hy geskiet is en sedertdien word dit by al die optogte vir Martin gedra.

Konserwatiewe kommentators het gevra dat pres. Obama die “vlamme blus” van rassewoede wat hy aanmoedig deur sy ondersteuning van Martin se volgers.

Die swart Moslemprediker Louis Farrakhan het getwiet: “Waar daar geen reg is nie, sal daar geen vrede wees nie. Gou, en baie gou, kan … die wet van vergelding toegepas word.”

Die Black Pantherleier het gewaarsku: “As die regering nie die werk doen nie, sal ons dit doen.”

Spike Lee, die swart rolprentregisseur was hulpvaardig genoeg om Zimmerman se huisadres aan miljoene mense te twiet.

Vriende sê Zimmerman vrees vir sy lewe. Een man is intussen in hegtenis geneem omdat hy gedreig het om Bill Lee, die uitgetrede Sanfordpolisiehoof dood te maak. Lee het reeds die ondersoek aan die staat, die Amerikaanse Departement van Justisie, die FBI en ‘n spesiale aanklaer oorgedra.

Volgens Jesse Jackson is “Swart mense is onder beleg. … Teistering, arrestasie, skuldigbevinding van swartes en uiteindelik maak hulle ons ​​dood. Dis soos ‘n groot besigheid.”

topcargo кидалы