Die betoging is gehou ná ‘n polisie-klopjag op ‘n gay klub in ‘n werkersklas-distrik van Beiroet verlede maand toe 36 mans in hegtenis geneem en gedwing is om ‘n ondersoek te ondergaan om hul seksuele oriëntasie te bepaal.
Die Arabiese wêreld se voorste lesbiese, gay, biseksuele en transgender-groep, het die betoging gereël onder die slagspreuk: “Staan op teen die toetse van skaamte”.
Die groep het ook solidariteit met vroue getoon wat blootgestel word aan maagdelikheidstoetse.
“Ons is hier omdat ons ‘n duidelike boodskap aan die ministerie van Justisie wil stuur, dat hierdie soort toetse heeltemal afgeskaf moet word en gestraf word deur die wet,” sê deelnemer George Azzi.
“Die sindikaat van dokters het hierdie toetse as wetenskaplik irrelevant verklaar en dit is onwettig vir dokters om hierdie toetse te doen, maar dit beteken nie dat die polisie dit nie steeds kan versoek nie,” het hy gesê.
Tuisgemaakte plakkate met ‘n sarkastiese toon is ook opgehou: “Edele Minister, voor jy my anus toets, neem my ten minste uit vir ete.”
‘n Ander plakkaat het gelees: “Die koste van forensiese verkragting: 125,000 Libanese lira” (ongeveer $ 85). Gays wat onderwerp word aan die ondersoek, moet self betaal vir die prosedure.
Kragtens artikel 534 op die Libanese Wetboek, weerspreek sulke seksuele verhoudings “die wette van die natuur” en oortreders kan tot een jaar in die tronk deurbring daarvoor.

Die Pick ‘n Pay op Brits is besig om af te brand, word op Twitter berig. Blykbaar “het boemelaars van die los kartondose aan die brand gesteek en toe begin die winkel brand”. Dus het die koue temperature in die noorde indirek tot die brand aanleiding gegee.
Charlize Theron se verteenwoordiger het bevestig dat die rede vir haar transformasie met ‘n kaalgeskeerde kop haar rol as Furiosa in Mad Max: Fury Road, die vierde rolprent in die post-apokaliptiese reeks is.