Amerikaanse verbruikersvertroue daal tot historiese laagtepunt

Amerikaanse verbruikersvertroue het 'n historiese laagtepunt bereik in Desember, en verder gedaal vanweë die vooruitsig van stygende werksverliese, Die daling verteenwoordig nog 'n teken dat verbruikersbesteding waarskynlik nie daarin sal slaag om Amerika vinnig uit die jaarlange resessie te help nie.

Verbruikers was maande lank senuweeagtig om groot bedrae geld te bestee; mense het nuwe klere vermy en het eerder winkelhandelsname aangekoop by die kruidenierswinkels, wat alles daartoe bygedra het dat dit vir handelaars die ergste vakansieseisoen in dekades kan wees.

Die verbruikersvertroue-indeks wat deur die konferensieraad ('n private navorsingsgroep) gemeet is,  het tot 38 gedaal in Desember van 'n hersiene 44,7 in November. Dit is die laagste punt sedert die groep begin het om die indeks in 1967 saam te stel en is onderkant die vorige laagtepunt van 38,8 in Oktober.

Ekonome wat deur Thomson Reuters ondervra is, het verwag dat die indeks inkrementeel sou styg tot 45.

"Dalende vertroue ten opsigte van die behoud van poste en dalende pryse van bates werk teen die optimisme wat mag ontstaan het as gevolg van dalende brandstofpryse," het Dana Saporta, 'n Amerikaanse ekonoom by die beleggingsbank Dresdner Kleinwort, gesê.

Die werkloosheid het 'n 15-jaarrekordvlak bereik in November en ekonome verwag addisionele verliese aan poste in die eerste helfte van 2009. Die mense wat in die konferensieraadondersoek gesê het dat dit moeilik is om werk te kry het in Desember toegeneem tot 42% teenoor 37,1% in November, toe werkloosheid op 6,7% gestaan het.

детямтопкарго

Taxibestuurder doodgeskiet in taxigeweld

Image'n Taxibestuurder is Dinsdag doodgeskiet in Primrose, Germiston in wat polisie glo 'n voorval voortslepende taxigeweld was.

'n Polisiewoordvoerder, kaptein Owen Mlumbi, het gesê gewapende mans het in 'n voertuig langs die taxi ingetrek en die bestuurder (50) doodgeskiet en twee passasiers gewond.

Die passasiers is in die hospitaal opgeneem.

Mlumbi het gevra dat enige iemand wat inligting het omtrent die skietvoorval met die naaste polisiestasie in verbinding tree.

липецк воротки,Олександр Васильович Фільчаков

Oegandese rebelle maak 400 in Kongo dood, volgens liefdadigheidsorganisasie

Oegandese LRA-rebelle het meer as 400 mense doodgemaak tydens Kersdagslagtings in die noordooste van die DRK, het die Caritas-liefdadigheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Die rebelle het dit ontken en soldate van de DRK, Oeganda en suidelike Soedan daarvan beskuldig dat hulle die slagoffers "gebom" het.

Die LRA het 'n dorp geteiken waar 'n Kersdagkonsert gehou is, en ook waar 'n Katolieke kerk was, en aanvalle gaan steeds voort langs die Soendanese grens, het die Katolieke organisasie in 'n verklaring gesê.

Caritas-werkers het gesê dat "meer as 400 mense doodgemaak is in die aanvalle in 'n gebied in die noorde van Kongo, wat insluit Faradje, Duru, Gurba, Doruma en Province Orientale," het die verklaring verder gelui.

Die aartsbiskop van Dungu-Doruma, Monsignor Richard Domba, het aan AFP gesê dat ten minste 150 mense doodgemaak is by 'n Kersdiens in Faradje, 80 in Duru en ten minste nog 200 in Doruma en in die omliggende dorpies.

"Dit is 'n dramatiese situasie waarin ons hier lewe," het hy gesê. "Hulle (die rebelle) is onbeskryflik barbaars en wreed. Hulle maak mense dood met kapmesse en knuppels. Hulle verbrand mense lewendig in hulle huise saam met hulle eiendom."

Die LRA neem ook jong seuns en dogters gevange en dwing hulle om in die lande te werk, het hy gesê.

детские игрушки одессаtopcargo кидалы

SA handelstekort vergroot in November

Suid-Afrika se handelstekort het in November vergroot tot R12,1 miljard – grootliks te wyte aan hoër voertuiginvoere en laer edelmetaaluitvoere – het amptelike data Dinsdag getoon.

Die Suid-Afrikaanse inkomstediens het gesê die gaping het toegeneem van R9,8 miljard in Oktober, ten spyte van 'n skerp afname in olie-invoere.

Ekonome wat verlede week deur Reuters ondervra is, het 'n tekort van  R6 miljard voorspel, maar die handelsyfers is tradisioneel moeilik om te voorspel.

Uitvoere het met 17,93% gedaal terwyl invoere met 12,59% toegeneem het. Edelmetale, wat die grootste deel van die uitvoere opmaak, het met 30% gedaal vanweë die swak globale ekonomie.

"Dit is baie meer as wat ons verwag het… en dit is nie 'n goeie syfer nie. Dit toon voortslepende strukturele probleme in ons handelsrekening," het Russel Lamberti, 'n ekonoom by die markontleders ETM gesê.

Die SAID het gesê die saamgestelde handelstekort vir die eerste 11 maande van die jaar was R84,2 miljard, teenoor R68,1 miljard verlede jaar gedurende dieselfde tyd, wat druk plaas op 'n ongesonde lopende rekening.

Die tekort op die lopende rekening, wat met 7,9% van die bruto binnelandse produk toegeneem het in die derde kwartaal van 2008, het op 'n 36-jaar-hoogtepunt van 7,3% vir 2007 verkeer en sal na verwagting toeneem tot 8,9% van BBP in 2010.

Lamberti het gesê die handelstekort mag dalk afneem in die komende paar maande terwyl invoerders en uitvoerders aanpas ná 'n skerp daling in die rand.

Die rand het vanjaar omtrent 27% teen die dollar verloor. Terwyl dit herstel het van 'n ses-en-'n-half-jaarlaagtepunt van 11,88 in Oktober, is meeste ontleders maar negatief omtrent die mediumtermynvooruitsig, deels as gevolg van die hoë lopenderekeningtekort.

дівчачі ігри онлайнФильчаков прокуратура харьков

Belgi? kry weer ‘n regering

Image

Herman van Rompuy

België het vir derde keer in een jaar ’n nuwe regering gekry. Hierdie keer is die premier Herman van Rompuy, ’n christen-demokraat soos sy voorganger Yves Leterme. Van Rompuy is opgelei in die filosofie en ekonomie. Hy is iemand wat ’n optimis beskou as ’n “sleg ingeligte pessimis”, aldus ’n artikel in die NRC Hamdelsblad.

Leterme het byna twee weke gelede sy bedanking ingedien. Die koalisie van Vlaamse en Franstalige christen-demokrate en liberale, asook Franstalige sosialiste, word voortgesit. Leterme se regering is beskuldig van inmenging in ’n regsproses wat verband gehou het met die huidige kredietkrisis en die bankrotskap van die Belgies-Nederlandse bank Fortis.

Een van die christen-demokratiese ministers het bedank omdat sy ongelukkig is oor die vervanging van Leterme en ’n ander minister, en omdat die party gewoonweg wil voort regeer tot in 2011.

Van Rompuy is met moeite oorgehaal om premier te word. Die 61-jarige politikus is ook bekend as ’n skrywer van haikoes, rymlose Japanse gedigte van drie reëls wat ’n vaste getal lettergrepe bevat. Die NRC Handelsblad plaas ’n hele paar daarvan op sy webwerf.

online gamesДанильченко

Vier aangekeer vir dwelmhandel in Alexandra

Vier mans is in Alexandra aangekeer vir dwelmhandel en die besit van dwelms en vermoedelik gesteelde goedere, het die Johannesburgse polisie Dinsdag gesê.

Hulle is gearresteer in die vroeë oggendure in 7de Laan ná 'n wenk van 'n plaaslike inwoner, het konstabel Neria Malafetse gesê.

Die polisie het 'n skootrekenaar, twee selfone, 'n MP4-speler, 'n groot digitale kamera en kontant gekonfiskeer. Malafetse het gesê hulle het ook 'n groot plastieksak vol pille en dagga gevind. Polisie was steeds besig om vas te stel watter tipe dwelm dit was en om die waarde daarvan te bepaal.

Hulle sal na verwagting binnekort in Wynberg se landdroshof verskyn.

In 'n aparte voorval het die polisie 'n 31-jarige man gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en 'n 42-jarige man vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen.

магазины детских товаровлобановский депутат

Swarte vermoor ma met assegaai

Image'n 45-jarige man het na bewering sy ma met 'n assegaai vermoor in Willowvale, Queenstown, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Kaptein Lingisile Magame het gesê die man, wat vermoedelik sielkundige afwykings het, het Maandag by die huis aangekom en was met 'n spies bewapen. Hy het aan sy ma gesê dat hy op soek is na sy suster, en na bewering het hy gesê dat hy haar wou doodmaak.

Nadat sy ma aan hom gesê het dat sy suster nie huis toe gekom het van die werk af nie, het hy na 'n nabygeleë bushalte gegaan om vir haar te wag. Die ma het hom gevolg en probeer om met hom te redeneer, maar hy wou nie na haar luister nie.

Sy het hom uiteindelik gevra om haar dan dood te maak in die plek van haar dogter, wat hy toe gedoen het.

Die man is in hegtenis geneem en is van moord aangekla. Hy sal Vrydag in die landdroshof in Willowvale verskyn. 

3d одежда купитьОлександр Васильович Фільчаков

Matriekslaagpunt stagneer op 62,5%

Tydens 'n nuuskonferensie wat regstreeks uitgesaai is, het die ANC-minister van onderwys, Naledi Pandor, bekendgemaak dat 62,5% van matriekkandidate geslaag het.

Die voormalige minister van onderwys in Gauteng, Mary Metcalfe, het ook verklaar dat "die rassepatrone (van skoolprestasie in Suid-Afrika) baie weerstand bied teen enige verandering". Dit was veral pronvinsies met heelwat blanke leerlinge en onderwysers soos Gauteng en die Wes-Kaap wat beter as landelike provinsies met massas swart leerlinge gepresteer het.

Vanjaar se groep matrieks was die eerste wat volledig die resultaat is van Uitkomsgebaseerder Onderwys, 'n stelsel wat elders ter wêreld klaaglik misluk het, maar wat op aandrang van die vorige onderwysminister, Kader Asmal, in Suid-Afrika ingevoer is.

Volgens Pandor kon 56 810 kandidate se uitslae nie bekendgemaak word nie weens onvolledige uitslae. Dit was te wyte aan "interne punte, asook mondelinge of praktiese vereistes" wat nie deur skole ingestuur is nie.

Volgens Pandor, "is die mislukking om vir alle kandidate uitslae aan te kondig, uiters kommerwekkend".

 

play real slots online win real moneyФильчаков Александр Васильевич

Japanse aandelebeurs sluit ergste jaar ooit af

Japannese aandeelpryse het Dinsdag gesluit teen 42,12% laer as in 2007, wat dit die ergste jaarlike persentasiedaling ooit gemaak het om die Nikkei-indeks te tref terwyl die globale ekonomiese krisis gewoed het.

Ontleders voorspel dat die markte steeds meer probleme in die nuwe jaar kan ervaar terwyl die wêreld steier onder die ergste finansiële krisis sedert die Groot Depressie.

Die Nikkei het geëindig op 8,859.56 punte toe dit die jaar met 'n halfdagsessie afgesluit het. Die Japannese aandelemarkte heropen op 5 Januarie.

Vanjaar se dalingwas die ergste in persentasie uitgedruk sedert die indeks begin is in 1949.

"Dit was 'n jaar wat ons ons nooit kon voorstel nie," het Kazyhiro Takahashi, 'n ontleder by Daiwa-sekuriteite SMBC gesê.

пескоструйный аппаратtopcargo отзывы

Palestyne vuur steeds vuurpyle

Image

Skade aan Israelse huis deur ‘n Hamas-vuurpyl

Palestyne het Maandag weer 'n dodelike vlaag vuurpyle diep in Israel se gebied in gevuur, wat getoon het dat Hamas steeds slaankrag het drie dae ná Israel se verwoestende lugaanvalle in Gasa.

Vier Israeli's, waaronder 'n soldaat is dood en agt is gewond.

Palestynse gesondheidsbeamptes het gesê die dodetal ná drie dae in Gasa is 364; die VN het gesê die totaal sluit ten minste 62 burgerlikes in.

шприцы иФильчаков прокурор харькова