Zuma waarsku teen derde mag wat ANC wil destabiliseer

President Jacob Zuma het gister gewaarsku dat ANC-lede waaksaam moet wees na “wrede sluipmoorde” van partyleiers wat, sê hy, ‘n poging is om die organisasie te verdeel en te destabiliseer.

Zuma het gepraat by die begrafnis van die ANC-raadslid en hoofsweep van die Hibiscus-kus Munisipaliteit, Wandile Mkhize.

Mkhize is doodgeskiet toe hy by die huis aangekom het na die ANC-beleidskonferensie verlede week in Midrand.

“As ANC, ons is altyd hartseer wanneer ons lede verloor, ongeag van hul posisie in die organisasie, maar ons is nog meer bekommerd wanneer hierdie sterftes gerig is teen ANC-leiers,” het Zuma gesê.

Hy het gesê die feit dat Mkhize die derde ANC-leier is om vermoor te word in ‘n soortgelyke styl – doodgeskiet met hul aankoms tuis – in KwaZulu-Natal, is rede tot ernstige kommer.

ANC se eThekwini-streek sekretaris, Sbu Sibiya, en ANC-raadslid Wiseman Mshibe is verlede jaar op dieselfde manier gedood.

“Dit word meer algemeen in KwaZulu-Natal en dit moet ondersoek word, KwaZulu-Natal kom uit ‘n geskiedenis van geweld en ons het gedink dat dit verby is.

“Die groot vraag wat ons onsself moet vra is wie trek voordeel uit hierdie moorde? Ek doen ‘n beroep op alle lede van die ANC om waaksaam te wees want dit blyk daar is donker, onvoorsiene magte los wat onenigheid en onsekerheid binne die organisasie wil loslaat.

“Sulke aanvalle moet deeglik ondersoek word en oortreders moet aangekla word,” het Zuma gesê.

Zuma het Mkhize as toegewyd en waaksaam en gedissiplineerd beskryf.

Hy het gesê hy het laas gepraat met Mkhize by die ANC se “suksesvolle beleidskonferensie” oor die term “tweede oorgang”.

Zuma het gesê Mkhize en twee ander lede wou sy verduideliking van die term hoor.

“Hulle wou nie argumenteer oor die inhoud van ons beleidsdokument nie, maar oor een kwessie en die term.

“Nadat ek aan hulle verduidelik het wat ons bedoel met ‘tweede oorgang’, het hy gesê dat hy nie sien waarom kamerade debat oor die term voer en nie die eenheid van die organisasie vooropstel nie, want dit was vir hom uiters belangrik.”

Mkhize het sy kommer oor hoe die ANC leierskap benader aan Zuma oorgedra.

Die president het gesê Mkhize was die soort leier wat gedissiplineerd was en gereed om die besluite van die organisasie te aanvaar, maak nie saak hoe seer dit was nie.

“As jy by hom betrokke was, het jy nie iets van wat hy gesê het betwyfel nie, omdat jy geweet het dat hy geen versteekte motief gehad het nie. Sy ontydige dood het ‘n gapende wond in die ANC gelaat,” het Zuma gesê.

KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gewaarsku dat, terwyl hulle nie die motief vir die moord ken nie, die ANC die invloed van sakebelange op die politiek moet dophou.

“Dit is een gebied wat die organisasie sal vernietig. Dit gebeur op nasionale [vlak] en ons het dit gesien by eThekwini sowel.”

Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê Mkhize was radikaal en militant maar het respek vir senior leiers gehad.

 

Александр Фильчаков

Pastoor, toordokter met kop in emmer verbind

‘n Toordokter en ‘n pastoor se seun is deel van ‘n groep van drie mense wat verlede week in hegtenis geneem is nadat ‘n menslike kop uit ‘n graf in Makwassie in die Noordwes gesteel is, het die Sowetan Maandag berig.

Volgens die familielede van Ezekiel Motloung, wat op 1 Julie begrawe is, is die drie, wat ná ‘n wenk in hegtenis geneem is, bekend aan hulle. Hulle het Motloung se begrafnis bygewoon en was glo baie behulpsaam tydens die begrafnis.

Twee dae nadat Motloung begrawe is, het ‘n munisipale werker die familie in kennis gestel dat hy onraad vermoed by die graf. Met hul aankoms saam met die polisie daar, was die kop van Motloung vermis.

Die polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, het gesê die lyk was steeds in die kis, maar die kop was is afgekap.

Ngubane het aan die Sowetan gesê hulle het ‘n kop, wat in plastiek toegedraai is, in ‘n emmer op die tradisionele geneser se dak gevind.

Die drie sal na verwagting Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

topcargo кидалы

‘Iets is vrot in Brittanje’

Die arme prinses! Dit is skaars ‘n paar maande, of sy word vir die wolwe gegooi. Nie net haar tande nie, maar ook die land wat sy verteenwoordig, is onder die soeklig.

Die jongste voorblad van die Amerikaanse konserwatiewe tydskrif, The New Republic, bevat ‘n aantal artikels oor die einde van die Britse Ryk, met die troonopvolger se vrou, Kate Middleton, wat ‘n vrot stel geel tande op die voorblad flits om die tema van die tydskrif te belig.

Tuis in die VK het die arme eggenoot van William ook nie rus gehad nie. Die Britse Daily Mail het haar hele ongelukkige tandheelkundige geskiedenis blootgelê in antwoord op die Amerikaanse voorblad.

Haar gebit is blykbaar “reggemaak” deur ‘n Franse tandarts in Londen, wat nie hou van tande wat te egalig is nie. Volgens een van sy medewerkers, is dit ‘n Amerikaanse voorliefde: Tande wat té perfek is. Die Franse tandarts, Didier Fillion, praktiseer in Wimpole Street in Londen, en het kamers in Parys en Geneve.

Hy het verlede jaar ‘n versteekte harnas gebruik om mikroverstellings aan die hertogin van Cambridge se tande te maak, sodat dit nie te perfek lyk nie. Die werk aan Kate se tande het glo duisende ponde gekos.

Haar tande is ook met ‘n baie duur, spesiale proses witter gemaak.

Фильчаков прокурор харьков

Rapport berig oor wrede wit boer

‘n Boer van Carletonville en twee van sy vriende word daarvan beskuldig dat hulle ‘n plaaswerker oor ‘n periode van drie dae aangerand het, het Rapport Sondag berig.

Die Carletonville-landdroshof het Vrydag die saak van Jacques Gouws en sy medebeskuldigdes, Willem Meyer en Susan Janse van Rensburg, tot 20 Julie uitgestel.

Die drie is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding en ontvoering.

Puseletso Sibeko, 26, ‘n voormalige werknemer van Gouws, beweer die aanranding het op 1 Junie begin, toe Gouws hom gekonfronteer het oor harde musiek en geraas by die werkers se wonings op sy plaas.

Luidens Sibeko se verklaring het Gouws hom beledig, gedreig om hom te vermoor, en hom in die gesig geslaan met ‘n vuurwapen. Gouws het Sibeko die volgende dag glo met die vuis bygedam omdat hy weggebly het van die werk, en het hom toe in sy regtergewrig geskiet toe hy probeer het om weg te hardloop.

Gouws en Meyer het hom daarna na bewering vasgebind en ‘n lap in sy mond gedruk, waarna hy glo met elektriese skokke gemartel is. Die beweerde aanranding het glo tot 3 Junie voortgeduur.

данильченко юрій Харків

China, VSA belê groot in SA

Plaaslike direkte buitelandse beleggings het die US5.9 miljard-merk bereik in 2011, aangehelp deur veral Amerikaanse en Chinese beleggings, volgens ‘n VN-verslag wat Donderdag vrygestel is.

Die wêreld se Investeringsverslag van 2012 is opgestel deur die Verenigde Nasies se Handel en Ontwikkeling (UNTAD) en is aangebied aan plaaslike joernaliste deur die IDC, die plaaslike Industrial Development Corporation, wat eers bekend gestaan het as die NOK.

Dit was ‘n skerp toename in vergelyking met 2010, toe die land net US1.2 miljard getrek het, en die tweede grootste in Afrika na Nigerië.

Suid-Afrika se investeringstrome in 2011 verteenwoordig 13,6 persent van Afrika se totaal vir die afgelope jaar.

Belegging verlede jaar is aangehelp deur drie groot beleggings, sê Jorge Maia, die IDC-hoof van navorsing.

Dit was die Amerikaanse kleinhandelgroep Walmart wat ‘n 51%-belang in Massmart vir US2.4 miljard gekoop het.

China se Jinchuan groep het die onedele metalemaatskappy Meterex vir US1.3 miljard aangeskaf en gedenoteer.

Ten slotte, het die Chinese Investment Corporation 25 persent van die gediversifiseerde groep Shanduka vir R2 miljard opgeraap.

“Met die uitsondering van Suid-Afrika, is Afrika se voorste ontvangers van beleggings in 2011 olie en / of gas produsente,” sê Maia.

Dit was grootliks te wyte aan ‘n afname in beleggingsvloei na Noord-Afrika, as ‘n gevolg van onstabiliteit in Egipte en Libië.

Suid-Afrika is 14de op ‘n lys van die top 20 beleggingsbestemmings vir transnasionale korporasies, selfs voor die Republiek van Korea.

лобановский обыск

Weermag slaan glo korrupsie heeltemal hok by binnelandse sake, sê minister

Drastiese maatreëls het glo gehelp om korrupsie hok te slaan by OR Tambo Internasionale Lughawe, sê die minister van binnelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma.

“Daar was baie korrupsie. Mense kom in [Suid-Afrika] sonder visums, wat visums moet hê, en daar is selfs dinge soos die spook-reisigers,” het sy Vrydag gesê by ‘n sakegeleentheid in Sandton.

“Mense wat na Suid-Afrika gekom het en wanneer dit tyd is vir hulle om die land te verlaat, neem die immigrasiebeampte hul paspoort en skandeer dit deur die masjien, maar hulle verlaat nie die land nie.”

Dlamini-Zuma het gesê haar departement het die ou binnelandse sake-span opdrag gegee om hulle by die lughawe uit die voete te maak en hulle is vervang het met ‘n nuwe een van die weermag.

“Nie almal van hulle was korrup nie, maar genoeg van hulle was korrup … Die mense wat nog oorgebly het, is deur ‘n kursus vir ‘n jaar,” het sy gesê.

Dlamini-Zuma het gesê die verskil is duidelik in die statistiek oor die aantal mense wat weggewys word terwyl hulle probeer om die land te betree.

“Sommige van hulle dink nog steeds dit is die ou stelsel. Hulle kom met die hoop dat hulle sal deurkom en hulle kan nie.”

Die nuwe stelsel sal uitgebrei word na ander lughawens en hawens, het sy gesê.

Dlamini-Zuma het gesê daar is geen plek vir korrupsie in haar departement nie.

“Waar daar korrupsie is, probeer ons dit so vinnig hanteer dat die mense weet, daar is geen plek vir korrupsie nie,” het sy gesê.

“Maar wat het ons baie gehelp het, is dat ons met die publiek gewerk het. Selfs in terme van die verbetering van dienslewering … As gevolg daarvan het ons baie sukses selfs met korrupsie.”

Олександр Васильович Фільчаков

Andile Mngxitama sê wat ANC agteraf dink

Andile MngxitamaDie swart intellektueel Andile Mngxitama het gisteraand op SABC1 se Sunday Live-program alle blankes in die land as “setlaars” beskryf en gesê dat alle grond “gesteel” is en van blankes teruggeneem behoort te word. Mngxitama is ‘n rubriekskrywer van die Nasperskoerant City Press, asook die Mail & Guardian.

Vir Mngxitama is die ANC nog lank nie radikaal genoeg nie. Hy beskryf gereeld die regerende party as ‘n “lyfwag vir witheid”.

 In ‘n twiet aan dr. Dan Roodt van PRAAG laat gisteraand het Mngxitama die volgende kwyt geraak: “@danroodt dan roodt, fuck u! I’m not nelson mandela, mbeki or zuma!” Hierop het Roodt geantwoord: “@Mngxitama Logic might be a Graeco-settler thing, but where are we supposed to vamoose to? We carry the passport with ugly badge & no Afrik.”

Tydens die TV-program het Mngxitama heelwat steun van swart kykers ontvang wat sms’e ingestuur het soos: “Ons moet net al die grond vat, dit behoort aan ons”. ‘n Spesifieke sms het ook gelui: “White people still tell their kids we are useless baboons every day.”

In reaksie het Roodt gesê: “Ek hou Mngxitama al lankal dop. Uit sy geskrifte en bewondering vir die swart Amerikaanse regisseur Spike Lee blyk dit dat hy sterk onder die invloed van die radikale swartbewussynsdenke vanuit die VSA verkeer. Soortgelyk aan die situasie wat Tom Wolfe destyds in sy boek “Radical chic” beskryf het, word Mngxitama op die hande gedra deur mnr. Koos Bekker van Naspers, die Mail & Guardian en selfs die digteres Antjie Krog. Gisteraand op die TV was dit helder dat Mngxitama ook deur Sandile Memela van die departement van kuns en kultuur gebruik word om sy radikale uitsprake te maak, terwyl Memela kastig ‘n meer gematigde ‘versoenende’ houding inslaan. Maar Memela het in die verlede al soortgelyke anti-wit stellings gemaak, wat ‘n mens laat vermoed dat die twee eintlik kop in een mus is.”

Verlede jaar op 3 September tydens die Mail & Guardian se letterkundefees, het Mngxitama verklaar dat hy ‘n samelewing verlang “waar witheid totaal irrelevant is” en dat radikale grondhervorming die manier was om dit te bereik. “Dink u nie dit sou lekker wees as ons nie soveel blanke mans gehad het wat rondhardloop met soveel slawe op hul grond nie? Behoort dit nie die eerste vraag te wees nie?”

Antjie Krog was dit volkome met hom eens en het gemeen dat die SA grondwet vir radikale grondhervorming en die afneem van blanke grond voorsiening maak. “Waarom neem dit so lank?” het Krog gevra. “Die hele landboubedryf het nog nie uitgewerk watse soort plase mense wil hê nie.”

Sowel Andile Mngxitama as Antjie Krog het gemeen die ANC het nog nie “die perke van die grondwet getoets om grond te herversprei nie”, in weerwil van hul politieke mag.

Ook gisteraand op SABC1 was Mngxitama van mening dat die ANC nie sy swartmag gebruik om teen blankes oftewel “setlaars” op te tree en hulle eenvoudig van die grond te verdryf nie.

Dr. Dan Roodt dink dat “Suid-Afrika reeds in die greep van ‘n swart rassebewussyn verkeer. Veral die SABC-TV en -radio word vir propaganda-uitsendings gebruik om swart kykers en luisteraars teen blankes aan te hits. Selfs tydens advertensie-flitse word beeldmateriaal van Sharpeville en die Soweto-gebeure van 1976 uitgesaai om swart rassegevoelens te stook.”

Hy het Afrikaners aangemoedig “om baie meer oor swart Amerikaanse denke en hul radikale anti-blanke standpunte uit te vind. Tegnologie, Engels en die globale samelewing het plaaslike swart leiers en intellektuele in kontak met hul Amerikaanse eweknieë geplaas. Terwyl die blanke meerderheid in die VSA nog poog om die swart rassebewussyn in toom te hou, is SA blankes blote toeskouers by die proses van aanhitsing en bewuswording wat tans plaasvind. Mnr. FW de Klerk het nie net al die wapens in die land aan die ANC oorhandig nie, maar ook beheer oor die staat se massamedia.”

Roodt het blanke Suid-Afrikaners aangemoedig om ‘n Amerikaanse boek deur Jared Taylor, White Identity – racial consciousness in the 21st century te lees. Die boek is onlangs deur PRAAG in ‘n plaaslike uitgawe gepubliseer. “Ons mense sal op hul rug val as hulle sien wat die sogenaamde Afro-Amerikaners dink en wat hulle in hul rap-liedjies sing. Vanweë die Amerikaanse invloed in ons land, is dit egter net ‘n kwessie van tyd voor ons hele swart bevolking insgelyks onder die invloed van ‘n radikale en revolusionêre swart bewussyn verkeer. Dan gaan die poppe dans.”

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Barclays-skandaal gaan elkeen raak

‘n Strafregtelike ondersoek na die rentekoers-skandaal by Barclays Bank het begin, berig RSG.

Die bank is reeds deur finansiële reguleerders met meer as R4 miljard beboet vir die oortreding.

Die voorval het intussen gelei tot die bedanking van die bank se bestuurshoof en bedryfshoof. Dit is tans die fokus van hewige politieke debat in Brittanje.

Die Britse eerste minister, David Cameron, het vroeër ook ‘n nuwe ondersoek na regulering in die banksektor, deur ‘n parlementêre komitee, aangekondig. Die meeste verhore sal in die openbaar gehou word.

Kliënte van ABSA het hul kommer oor die ongerymdhede by Barclays uitgespreek, aangesien die Suid-Afrikaanse takke winsgewend is en waarskynlik deur die moedermaatskappy in Brittanje gemelk gaan word om die boetes te betaal.

‘n Oud-tesourier van een van die Suid-Afrikaanse banke het ABSA-kliënte daaraan herinner dat Barclays nie net sal moet instaan vir die stywe boetes nie, maar ook reuse-eise in  die gesig staar wat van iewers af verhaal sal moet word.

Hy het gesê hy sou kliënte aanraai om sou gou as moontlik van bank te verander.

Фільчаков Олександр Васильович

Ekonomie moet verswart, sê Zuma

Die regering se infrastruktuur-ontwikkelingsprogramme moet ‘n bydrae lewer tot transformasie, het pres. Jacob Zuma Vrydagaand in Johannesburg gesê.

“Ons wil hê swart mense moet meer word as net die houers van 3% aandele in dié maatskappy, of 5% in daardie maatskappy. Ons wil fabrieke sien wat deur swart entrepreneurs besit word.”

Zuma het ‘n toespraak gelewer by ‘n dinee van die Swart Bestuursforum (SB) in Sandton, ‘n glansryke geleentheid wat deur verskeie sakeleiers bygewoon is.

Die infrastruktuur-ontwikkelingsprogram is van stapel gestuur om te reageer op “onaanvaarbare hoë vlakke van werkloosheid en ‘n middelmatige koers van ekonomiese groei en ontwikkeling”.

Suid-Afrika is glo gedurende apartheid gekenmerk deur onderontwikkeling en die doelbewuste uitsluiting van die meerderheid by ekonomiese aktiwiteite.

“Ten spyte van 18 jaar se demokrasie is dié nalatenskap steeds duidelik sigbaar en dit verg meer moeite deur alle belanghebbendes om te verander,” het Zuma gesê.

“Ons het ‘n plig om transformasie toe te pas en om nie net as regering daaroor te praat nie.”

Данильченко

Dlamini-Zuma wil swart AU dryf namens VSA

Verandering in die Afrika-Unie se leierskap kan ‘n geleentheid skep om die organisasie meer doeltreffend te raak. “Ek sal gaan en diens lewer daar so goed as wat ek kan,” het Minister Nkosazana Dlamini-Zuma by ‘n sakegeleentheid in Sandton gesê.

Dlamini-Zuma, wat Afrikaners onlangs uitgesonder het as ‘n wit minderheid wat te voorbarig is en moet verdwyn, is die VSA se gunsteling om die pos as voorsitter van die AU te beklee.

“Ek dink dit sal goed wees om ‘n verandering in die AU te kry om te probeer om die administrasie te verbeter daar … Ons kan dit probeer en dit ‘n meer doeltreffende en effektiewe organisasie maak.”

Dlamini-Zuma, wat voorbrand maak vir haar kandidaatskap as voorsitter van die AU, het gesê dit sal nie moeilik wees om die Unie te verenig nie, ten spyte van verskille tussen Engelssprekende en Franssprekende lande.

Onderliggend aan Dlamini-Zuma se diskoers is dat daar reeds ‘n rassesolidariteit tussen die twee taalgroepe in Afrika heers wat wittes uitsluit.

“Jy het programme wat reeds ooreengekom is deur almal [swartes], sodat jy nie die Engelssprekendes en die Franssprekendes hoef te gaan raadpleeg om dit te implementeer nie,” het sy gesê.

“Jy sal neem wat hulle gesamentlik besluit het en implementeer sonder vrees of voorkeur… Ek dink ook dit [die taalverskille] is iets waarop ons uiteindelik ons rug sal draai. Ek is nie Engelssprekend nie, ek is Zoeloe,” het sy sonder ‘n sweem van ongemak in Engels verklaar.

As sy verkies word, sê Dlamini-Zuma, sal sy die AU en Suid-Afrika as deel van die AU, lei.

“Ek dink nie dit sal ‘n direkte impak hê nie, maar as die AU glad en doeltreffend funksioneer, is dit ‘n voordeel vir ons almal.”

Sy het gesê dit is belangrik dat die lande van Afrika  bepaal wat hulle op ‘n kontinentale vlak verenig omdat daar baie verskille tussen hulle is. Haar voorstel is ooglopend gegrond die ou pan-Afrikanistiese swart rasse-ideaal.

Die AU se verkiesings in Januarie het in ‘n dooiepunt geëindig omdat nie AU-kommissie voorsitter Jean Ping van Gaboen, of Dlamini-Zuma in staat was om die vereiste twee-derde meerderheid in te palm nie, ten spyte van verskeie rondtes van stemmery.

Ping beklee die posisie sedert September 2008.

Die verkiesing sal na verwagting volgende week by die AU se beraad in Addis Abeba plaasvind.

лобановский александр харьков