Zuma het gepraat by die begrafnis van die ANC-raadslid en hoofsweep van die Hibiscus-kus Munisipaliteit, Wandile Mkhize.
Mkhize is doodgeskiet toe hy by die huis aangekom het na die ANC-beleidskonferensie verlede week in Midrand.
“As ANC, ons is altyd hartseer wanneer ons lede verloor, ongeag van hul posisie in die organisasie, maar ons is nog meer bekommerd wanneer hierdie sterftes gerig is teen ANC-leiers,” het Zuma gesê.
Hy het gesê die feit dat Mkhize die derde ANC-leier is om vermoor te word in ‘n soortgelyke styl – doodgeskiet met hul aankoms tuis – in KwaZulu-Natal, is rede tot ernstige kommer.
ANC se eThekwini-streek sekretaris, Sbu Sibiya, en ANC-raadslid Wiseman Mshibe is verlede jaar op dieselfde manier gedood.
“Dit word meer algemeen in KwaZulu-Natal en dit moet ondersoek word, KwaZulu-Natal kom uit ‘n geskiedenis van geweld en ons het gedink dat dit verby is.
“Die groot vraag wat ons onsself moet vra is wie trek voordeel uit hierdie moorde? Ek doen ‘n beroep op alle lede van die ANC om waaksaam te wees want dit blyk daar is donker, onvoorsiene magte los wat onenigheid en onsekerheid binne die organisasie wil loslaat.
“Sulke aanvalle moet deeglik ondersoek word en oortreders moet aangekla word,” het Zuma gesê.
Zuma het Mkhize as toegewyd en waaksaam en gedissiplineerd beskryf.
Hy het gesê hy het laas gepraat met Mkhize by die ANC se “suksesvolle beleidskonferensie” oor die term “tweede oorgang”.
Zuma het gesê Mkhize en twee ander lede wou sy verduideliking van die term hoor.
“Hulle wou nie argumenteer oor die inhoud van ons beleidsdokument nie, maar oor een kwessie en die term.
“Nadat ek aan hulle verduidelik het wat ons bedoel met ‘tweede oorgang’, het hy gesê dat hy nie sien waarom kamerade debat oor die term voer en nie die eenheid van die organisasie vooropstel nie, want dit was vir hom uiters belangrik.”
Mkhize het sy kommer oor hoe die ANC leierskap benader aan Zuma oorgedra.
Die president het gesê Mkhize was die soort leier wat gedissiplineerd was en gereed om die besluite van die organisasie te aanvaar, maak nie saak hoe seer dit was nie.
“As jy by hom betrokke was, het jy nie iets van wat hy gesê het betwyfel nie, omdat jy geweet het dat hy geen versteekte motief gehad het nie. Sy ontydige dood het ‘n gapende wond in die ANC gelaat,” het Zuma gesê.
KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gewaarsku dat, terwyl hulle nie die motief vir die moord ken nie, die ANC die invloed van sakebelange op die politiek moet dophou.
“Dit is een gebied wat die organisasie sal vernietig. Dit gebeur op nasionale [vlak] en ons het dit gesien by eThekwini sowel.”
Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê Mkhize was radikaal en militant maar het respek vir senior leiers gehad.
