Weermag moet ingryp sê Zille

Wes-Kaapse Premier Helen Zille, het gister ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedoen om in te gryp in die onlangse vlaag van “oorlog” wat woed tussen bendes in die provinsie.

Zille het gister gesê dat dwelmverwante bendes “buite die vermoë van die Suid-Afrikaanse Polisiediens val om te beheer” en dat die weermag ingeroep moet word vir ondersteuning.

“[Die polisie het die ondersteuning van die weermag nodig] orde te herstel,” het sy gesê.

Maar sy het gesê dat ‘n weermagingryping net tydelik moet wees.

“Hoewel ons die vergeldende geweld tussen bendes as “oorlogvoering” beskryf, is ons nie in ‘n burgeroorlog nie. Dit beteken dat die rol van die weermag bloot is om die ruimte te skep vir die polisie om hul werk doeltreffend te doen.”

Maar Zweli Mnisi, polisiewoordvoerder, het gesê geen besluit is gemaak ten opsigte van die betrokkenheid van die weermag nie.

“In die Wes-Kaap, ons het een van die mees ervare provinsiale polisie kommissarisse naamlik luitenant-generaal [Arno] Lamoer en as polisieleierskap, ons bly vol vertroue dat, saam met sy span, hy [Lamoer] meer as in staat is om die stryd teen misdaad in die provinsie aan te pak.”

Wes-Kaapse polisie woordvoerder ao. November Filander het gesê dit was nog onbekend of die onlangse skietery by die begrafnis van die bekende bendelid Peter Meyer in Ottery op die Kaapse Vlakte bende-verwant is.

Zille het gesê meer as 130 bendes met ‘n gesamentlike ledetal van ongeveer 100,000 bestaan in die armste gemeenskappe van die Wes-Kaap.

Sy het bygevoeg dat tik die omvang van bendebedrywighede in die provinsie verhoog.

In ‘n meningspeiling op timeslive.co.za het 77% gestem dat die Wes-Kaap eerder die bobbjaneplaag sal oorkom as bendes. Net 23% dink dat Zille sal slaag om bendebedrywighede te beheer.

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae