Pastoor, toordokter met kop in emmer verbind

‘n Toordokter en ‘n pastoor se seun is deel van ‘n groep van drie mense wat verlede week in hegtenis geneem is nadat ‘n menslike kop uit ‘n graf in Makwassie in die Noordwes gesteel is, het die Sowetan Maandag berig.

Volgens die familielede van Ezekiel Motloung, wat op 1 Julie begrawe is, is die drie, wat ná ‘n wenk in hegtenis geneem is, bekend aan hulle. Hulle het Motloung se begrafnis bygewoon en was glo baie behulpsaam tydens die begrafnis.

Twee dae nadat Motloung begrawe is, het ‘n munisipale werker die familie in kennis gestel dat hy onraad vermoed by die graf. Met hul aankoms saam met die polisie daar, was die kop van Motloung vermis.

Die polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, het gesê die lyk was steeds in die kis, maar die kop was is afgekap.

Ngubane het aan die Sowetan gesê hulle het ‘n kop, wat in plastiek toegedraai is, in ‘n emmer op die tradisionele geneser se dak gevind.

Die drie sal na verwagting Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae