Barclays-skandaal gaan elkeen raak

‘n Strafregtelike ondersoek na die rentekoers-skandaal by Barclays Bank het begin, berig RSG.

Die bank is reeds deur finansiële reguleerders met meer as R4 miljard beboet vir die oortreding.

Die voorval het intussen gelei tot die bedanking van die bank se bestuurshoof en bedryfshoof. Dit is tans die fokus van hewige politieke debat in Brittanje.

Die Britse eerste minister, David Cameron, het vroeër ook ‘n nuwe ondersoek na regulering in die banksektor, deur ‘n parlementêre komitee, aangekondig. Die meeste verhore sal in die openbaar gehou word.

Kliënte van ABSA het hul kommer oor die ongerymdhede by Barclays uitgespreek, aangesien die Suid-Afrikaanse takke winsgewend is en waarskynlik deur die moedermaatskappy in Brittanje gemelk gaan word om die boetes te betaal.

‘n Oud-tesourier van een van die Suid-Afrikaanse banke het ABSA-kliënte daaraan herinner dat Barclays nie net sal moet instaan vir die stywe boetes nie, maar ook reuse-eise in  die gesig staar wat van iewers af verhaal sal moet word.

Hy het gesê hy sou kliënte aanraai om sou gou as moontlik van bank te verander.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae