Rapport berig oor wrede wit boer

‘n Boer van Carletonville en twee van sy vriende word daarvan beskuldig dat hulle ‘n plaaswerker oor ‘n periode van drie dae aangerand het, het Rapport Sondag berig.

Die Carletonville-landdroshof het Vrydag die saak van Jacques Gouws en sy medebeskuldigdes, Willem Meyer en Susan Janse van Rensburg, tot 20 Julie uitgestel.

Die drie is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding en ontvoering.

Puseletso Sibeko, 26, ‘n voormalige werknemer van Gouws, beweer die aanranding het op 1 Junie begin, toe Gouws hom gekonfronteer het oor harde musiek en geraas by die werkers se wonings op sy plaas.

Luidens Sibeko se verklaring het Gouws hom beledig, gedreig om hom te vermoor, en hom in die gesig geslaan met ‘n vuurwapen. Gouws het Sibeko die volgende dag glo met die vuis bygedam omdat hy weggebly het van die werk, en het hom toe in sy regtergewrig geskiet toe hy probeer het om weg te hardloop.

Gouws en Meyer het hom daarna na bewering vasgebind en ‘n lap in sy mond gedruk, waarna hy glo met elektriese skokke gemartel is. Die beweerde aanranding het glo tot 3 Junie voortgeduur.

данильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae