Andile Mngxitama sê wat ANC agteraf dink

Andile Mngxitama

Andile MngxitamaDie swart intellektueel Andile Mngxitama het gisteraand op SABC1 se Sunday Live-program alle blankes in die land as “setlaars” beskryf en gesê dat alle grond “gesteel” is en van blankes teruggeneem behoort te word. Mngxitama is ‘n rubriekskrywer van die Nasperskoerant City Press, asook die Mail & Guardian.

Vir Mngxitama is die ANC nog lank nie radikaal genoeg nie. Hy beskryf gereeld die regerende party as ‘n “lyfwag vir witheid”.

 In ‘n twiet aan dr. Dan Roodt van PRAAG laat gisteraand het Mngxitama die volgende kwyt geraak: “@danroodt dan roodt, fuck u! I’m not nelson mandela, mbeki or zuma!” Hierop het Roodt geantwoord: “@Mngxitama Logic might be a Graeco-settler thing, but where are we supposed to vamoose to? We carry the passport with ugly badge & no Afrik.”

Tydens die TV-program het Mngxitama heelwat steun van swart kykers ontvang wat sms’e ingestuur het soos: “Ons moet net al die grond vat, dit behoort aan ons”. ‘n Spesifieke sms het ook gelui: “White people still tell their kids we are useless baboons every day.”

In reaksie het Roodt gesê: “Ek hou Mngxitama al lankal dop. Uit sy geskrifte en bewondering vir die swart Amerikaanse regisseur Spike Lee blyk dit dat hy sterk onder die invloed van die radikale swartbewussynsdenke vanuit die VSA verkeer. Soortgelyk aan die situasie wat Tom Wolfe destyds in sy boek “Radical chic” beskryf het, word Mngxitama op die hande gedra deur mnr. Koos Bekker van Naspers, die Mail & Guardian en selfs die digteres Antjie Krog. Gisteraand op die TV was dit helder dat Mngxitama ook deur Sandile Memela van die departement van kuns en kultuur gebruik word om sy radikale uitsprake te maak, terwyl Memela kastig ‘n meer gematigde ‘versoenende’ houding inslaan. Maar Memela het in die verlede al soortgelyke anti-wit stellings gemaak, wat ‘n mens laat vermoed dat die twee eintlik kop in een mus is.”

Verlede jaar op 3 September tydens die Mail & Guardian se letterkundefees, het Mngxitama verklaar dat hy ‘n samelewing verlang “waar witheid totaal irrelevant is” en dat radikale grondhervorming die manier was om dit te bereik. “Dink u nie dit sou lekker wees as ons nie soveel blanke mans gehad het wat rondhardloop met soveel slawe op hul grond nie? Behoort dit nie die eerste vraag te wees nie?”

Antjie Krog was dit volkome met hom eens en het gemeen dat die SA grondwet vir radikale grondhervorming en die afneem van blanke grond voorsiening maak. “Waarom neem dit so lank?” het Krog gevra. “Die hele landboubedryf het nog nie uitgewerk watse soort plase mense wil hê nie.”

Sowel Andile Mngxitama as Antjie Krog het gemeen die ANC het nog nie “die perke van die grondwet getoets om grond te herversprei nie”, in weerwil van hul politieke mag.

Ook gisteraand op SABC1 was Mngxitama van mening dat die ANC nie sy swartmag gebruik om teen blankes oftewel “setlaars” op te tree en hulle eenvoudig van die grond te verdryf nie.

Dr. Dan Roodt dink dat “Suid-Afrika reeds in die greep van ‘n swart rassebewussyn verkeer. Veral die SABC-TV en -radio word vir propaganda-uitsendings gebruik om swart kykers en luisteraars teen blankes aan te hits. Selfs tydens advertensie-flitse word beeldmateriaal van Sharpeville en die Soweto-gebeure van 1976 uitgesaai om swart rassegevoelens te stook.”

Hy het Afrikaners aangemoedig “om baie meer oor swart Amerikaanse denke en hul radikale anti-blanke standpunte uit te vind. Tegnologie, Engels en die globale samelewing het plaaslike swart leiers en intellektuele in kontak met hul Amerikaanse eweknieë geplaas. Terwyl die blanke meerderheid in die VSA nog poog om die swart rassebewussyn in toom te hou, is SA blankes blote toeskouers by die proses van aanhitsing en bewuswording wat tans plaasvind. Mnr. FW de Klerk het nie net al die wapens in die land aan die ANC oorhandig nie, maar ook beheer oor die staat se massamedia.”

Roodt het blanke Suid-Afrikaners aangemoedig om ‘n Amerikaanse boek deur Jared Taylor, White Identity – racial consciousness in the 21st century te lees. Die boek is onlangs deur PRAAG in ‘n plaaslike uitgawe gepubliseer. “Ons mense sal op hul rug val as hulle sien wat die sogenaamde Afro-Amerikaners dink en wat hulle in hul rap-liedjies sing. Vanweë die Amerikaanse invloed in ons land, is dit egter net ‘n kwessie van tyd voor ons hele swart bevolking insgelyks onder die invloed van ‘n radikale en revolusionêre swart bewussyn verkeer. Dan gaan die poppe dans.”

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae