“Ons wil hê swart mense moet meer word as net die houers van 3% aandele in dié maatskappy, of 5% in daardie maatskappy. Ons wil fabrieke sien wat deur swart entrepreneurs besit word.”
Zuma het ‘n toespraak gelewer by ‘n dinee van die Swart Bestuursforum (SB) in Sandton, ‘n glansryke geleentheid wat deur verskeie sakeleiers bygewoon is.
Die infrastruktuur-ontwikkelingsprogram is van stapel gestuur om te reageer op “onaanvaarbare hoë vlakke van werkloosheid en ‘n middelmatige koers van ekonomiese groei en ontwikkeling”.
Suid-Afrika is glo gedurende apartheid gekenmerk deur onderontwikkeling en die doelbewuste uitsluiting van die meerderheid by ekonomiese aktiwiteite.
“Ten spyte van 18 jaar se demokrasie is dié nalatenskap steeds duidelik sigbaar en dit verg meer moeite deur alle belanghebbendes om te verander,” het Zuma gesê.
“Ons het ‘n plig om transformasie toe te pas en om nie net as regering daaroor te praat nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.