Koolstofverhandelingsmark sukkel

Die ooreenkoms in Kopenhagen bemoeilik die taak van Amerikaanse wetgewers om volgende jaar ’n koolstofverhandelingsmark op die been te bring omdat China ingevolge die ooreenkoms nie wetlik gedwing kan word om ook sy kweekhuisgasuitset in te perk nie.

Australië wil egter ’n koolstofmark in Julie 2011 instel wat 1 000 van die grootste Australiese maatskappye sal dwing om koolstofkrediete te koop vir kweekhuisgasuitsette wat ’n sekere perk oorskry.

Die Europese mark in koolstofkrediete het weer herstel nadat dit teruggesak het ná die teleurstellende ooreenkoms wat in Kopenhagen bereik is.

Die 17de konferensie van die VN se raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering sal oor twee jaar in Suid-Afrika byeenkom.

Die volgende beraad word volgende jaar in November in Mexiko gehou, en die een daarna – van 28 November tot 9 Desember 2011 – in Suid-Afrika.

Dit sal ’n belangrike konferensie wees aangesien die bestaande klimaatsooreenkoms ingevolge die Kyoto-protokol verstryk in 2012.

 

куртки пальто для девочекАлександр Фильчаков

Swart Kerskous vir wit werknemers by ENB

Die vakbond Solidariteit het vandag met ʼn reuse internetveldtog begin waardeur ENB-kliënte gemobiliseer word om druk op die bank te plaas nadat die bank besluit het wit werknemers kan nie kwalifiseer vir beurse vir hulle kinders nie.

In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf ENB dat indien werknemers finansieel sukkel met die eise van hoë studiekoste, daar goeie nuus is. Volgens die skrywe is ENB daartoe verbind om opleiding vir almal te verseker en as deel van die inisiatief bied hulle finansiële steun aan swart werknemers, met inbegrip van Afrikane, Indiërs, Kleurlinge en Chinese, wat minder as R100 000 per jaar verdien.

“Wittes is dus nie deel van “almal” nie. Wit werknemers wat swaarky en minder as R100 000 verdien, word eenvoudig uitgesluit suiwer op grond van hulle ras. Dit is seker die onsensitiefste Kersgeskenk wat ʼn werkgewer aan ʼn seker deel van sy werknemers kan gee. Die wit werknemers by ENB ontvang ʼn swart Kerskous wat hulle nie mag oopmaak nie, want hulle is nie swart nie,” het Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Lede van die publiek kan direk by ENB kla deur middel van die webbladsy www.solidariteit.co.za. Op die webbladsy kan webgebruikers ook deel word van ʼn Facebook-aksie teen ENB. Blogs is gister teen ENB begin en video’s teen ENB is op www.stube.co.za asook YouTube gepubliseer. Die veldtog met die naam “Kerskouse vir almal” skop vandag af en sal in 2010 voortgesit word.

Ons beroep tot kliënte van ENB en die publiek is om met ʼn veldtog teen die bank voort te gaan totdat die rassekriteria uit die beurstoekenning gehaal word. Die fokus van ENB se Werknemersondersteuningstrust is om kinders van werknemers op primêre skoolvlak tot graad sewe te help. “Klein kindertjies op laerskoolvlak word dus die slagoffers van diskriminerende praktyke.

Op grond van watter morele argument kan ENB argumenteer dat ʼn graadeentjie van ʼn ouer wat minder as R100 000 verdien steeds ʼn bevoordeelde uit apartheid is? ENB het geen morele argument nie, maar bloot ʼn rasse-argument,” het Hermann gesê.

“ENB-kliënte en alle Suid-Afrikaners moet opstaan teen hierdie harde rassestandpunt. Indien enige werknemer minder as R100 000 verdien, is dit byna onmoontlik vir daardie gesin om vir hul kinders se studies te betaal. Die regte benadering sou wees om almal wat minder as R100 000 verdien te laat kwalifiseer vir studiehulp. Die meerderheid van die ENB-werknemers wat minder as R100 000 verdien, is swart, maar jy kan nie die wit werknemers uitsluit nie.”

In die klag wat Solidariteit van ʼn werknemer ontvang het oor die diskriminerende beurspraktyk by ENB, word ʼn voorbeeld gebruik van twee wit vroue wat in ʼn spesifieke afdeling werk en minder as R100 000 per jaar verdien. Albei is enkelouers en sukkel om kop bo water te hou. In dieselfde afdeling werk ʼn swart vrou wat dieselfde verdien, maar haar man verdien R50 000 per maand. Sy kwalifiseer vir hulp maar die wit vroue, by wie die nood die grootste is, kwalifiseer nie, suiwer op grond van ras.

 

в москвеФільчаков прокурор

Openbare vervoer ‘onveilig’

Meer as 700 voertuie van die openbare vervoerstelsel is die afgelope maand onpadwaardig verklaar, het die department van vervoer Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Dit sluit meer as 400 busse en 250 taxi’s in.

“Wetstoepassingsbeamptes sal oor die volgende paar dae hul optredes teenoor operateurs van openbare vervoer verskerp, veral busse en taxi’s. Voertuie wat onpadwaardig is, sal van die pad verwyder word.”

“Luidens die verklaring het operateurs van openbare vervoer ‘n verantwoordelikheid om die lewens van hul passasiers te beskerm. Hulle moet nie net in geldmaak geïnteresseerd wees nie.”

Volgens die departement sal bestuurders wat die spoedgrense oortree, beboet of gearresteer word. Die afgelope maand is daar reeds 250 000 motoriste beboet wat spoedgrense oortree het, en 2 500 is gearresteer nadat hulle onder die invloed van alkohol bestuur het.

“Ten spyte van al ons waarskuwings, oortree motoriste steeds die wet.”

“Dis hoekom wetstoepassers in die volgende paar dae geen genade gaan toon nie,” het Sibusiso Ndebele, minister van vervoer gesê.

 

укладка ламината расценки на работуФильчаков прокурор харьков

Kinderslawerny weer onder die loep in Haïti

Luidens ‘n verslag van die Pan American Development Foundation is daar tans 225 000 kinders in die stede van Haïti wat as onbetaalde slawe aangehou word weens die druk van armoede.

Die slawe, hoofsaaklik meisies, word seksueel misbruik en psigies afgetakel terwyl hulle op die wreesdste wyse uitgebuit word.

Die verslag doen aan die hand dat Haïti se regering en internasionale skenkers hulle fokus moet verskuif na opvoeding en maatskaplike dienste soos tehuise vir jong meisies wat tweederdes van die slawebevolking uitmaak.

Die jong kinderslawe staan bekend as “restavek” — Haïtiaanse kreools vir “woon met” — en hulle haglike omstandighede is welbekend. Dit is ‘n bron van ongekende skande vir ‘n land wat homself daarop roem dat hy tot stand gekom het danksy ‘n slaweopstand 200 jaar gelede.

Die voorkoms is so algemeen dat die helfte van 257 kinders waarmee onderhoude gevoer is in Port-au-Prince se krotbuurt Cite Soleil, hulleself as onbetaalde huishoudelike slawe beskryf het.

Kinders word in die meeste gevalle deur hulle ouers, wat hulle nie kan bekostig nie, weggegee. Navorsers het gevind dat 11% van die gesinne wat ‘n restavek aanhou self hulle eie kinders uitplaas as slawe.

Ten spyte van die media-aandag wat die probleem geniet, is nog geen persoon aangekla vir ‘n misdryf wat dit betref nie.

Al hoe meer van die land se 9 miljoen mense vlug uit die platteland na stede wat die probleem laat toeneem.

Die navorsing is tussen 2007 en 2008 onderneem mbv ‘n skenking van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling.

UNICEF het in 2002 ‘n studie gedoen oor die aantal restaveks wat toe na beraming op 172 000 gestaan het.

Herve Razafimbahini, die Pan American Development Foundation se programdirekteur in Haïti sê die probleem word onderskat.

Hy het ‘n beroep op die Haïtiaanse owerhede gedoen om die ondersoek na die platteland uit te brei.

Amptenare van die regering kon nie vir kommentaar bereik word nie.

 

рубашки в клеточку для девочекФильчаков прокурор

Sprinkaan se verwoestende geheim ontrafel

Kort voor ‘n swerm sprinkane besoek aan ‘n paar Bloemfonteinse woonbuurte gebring en weer verkas het, het Britse en Australiese wetenskaplikes in Science berig oor hoekom hulle meen sprinkane van sku alleenlopende woestynsprinkane skielik sosiale allesvreters word. Of soos Trouw dit stel: “In zwermen van miljarden gaan ze daarna op vreetmissie.”

Dit word veroorsaak, meen hulle, deur die vrystelling van ‘n breinstof, bekend as serotonine, ‘n neurotransmitter. Hiervolgens word geredeneer dat die beskeie alleenlopers – wanneer die gras wat hulle vreet begin uitdor, af en toe aan die hare op die agterpote van ‘n ander sprinkaan (sprinkhaan in Nederland) raak. Hierdie prikkel veroorsaak dat die sprinkane binne ‘n paar uur ‘n metamorfose ondergaan. Hulle verkleur, die spiere word sterker en hulle vorm swerms. Die gevolg is ‘n rampspoedige besoek aan ‘n boer.

Die oplossing, so blyk dit, is om ‘n middel te kry wat die vrystelling van die breinstof onderdruk. Maar hiervan is nog geen teken nie.

 

медицинская справка длялобановский александр харьков

Intergrasie in Nederland misluk

De kloof tussen autochtone en allochtone Nederlanders groeit, ook al is de positie van immigranten verbeterd op het gebied van onderwijs, de positie van vrouwen, werkgelegenheid, behuizing en taalvaardigheid.

Een groeiend aantal van oorsprong Nederlandse burgers vreest dat ze zich steeds meer aan de wensen van immigranten moeten aanpassen.

In 2000 was 28 procent het met die stelling eens, nu 39 procent. Ze zien immigratie dan ook vaker als een bedreiging van de Nederlandse cultuur, zo stemde in 2000 26 procent met dat standpunt in en nu 39 procent.

Dat blijkt uit het Jaarrapport Integratie 2009 van het Sociaal en Cultureel Planbureau. “Tussen de verschillende bevolkingsgroepen bestaat aanzienlijk wederzijds onbegrip, met name tussen moslims en niet-moslims”, zo schrijven de onderzoekers.

free mobile onlineФильчаков прокурор харькова

Kameeldrift loop steeds deur

Die Kameeldrift-omgewing noordoos van Pretoria loop steeds onder gereelde aanvalle deur, ten spyte van politici se vrome verkiesingsbeloftes.

Renier Lamprecht is Dinsdag oorlede nadat hy vir die tweede keer in ’n huisrooftog geskiet is. Hy het sy uiteindelik noodlottige beserings met uitroepe van ongeloof begroet.

Die middeljarige Lamprecht is in die bolyf geskiet deur een van vier mans wat sy huis op sy kleinhoewe binnegedring het.

Lamprecht het voorheen op ’n kleinhoewe buite Rustenburg skietwonde opgedoen in ‘n roofaanval sowat drie jaar gelede.

Die diewe het met sy bakkie, drie selfone, ’n skootrekenaar en sy vriendin se handsak gevlug.

Die oorledene se bakkie is ure ná die moord in Mamelodi, oos van Pretoria, gekry. Die polisie ondersoek die saak.

 

вертолёты на радио управленииФільчаков прокурор

ANC-jeugliga wil omroeper laat skors

Die ANC-jeugliga se Mameloditak, in Pretoria-Oos, het Dinsdag gevra dat die 5FM-omroeper Gareth Cliff geskors moet word.

Opmerkings wat Cliff na die dood van die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, gemaak het was onbehoorlik, het die voorsitter Ghandi Magolego Dinsdag gesê.

“As die Mamelodi-sone stel ons ‘n memorandum vry om stemme te werf…”

Cliff het die volgende boodskap op die sosiale netwerk Twitter geplaas na die minister se dood verlede Woensdag: “Manto is dood. Goed. ‘n Selfsugtige en skelm knoeier van die laagste orde. Vrot houding en galsterige lewers – al drie van hulle.”

Die radiostasie kon Cliff nie berispe nie, aangesien hy nie die aanmerkings oor die lug gemaak het nie.

Die jeugliga wou hê die stasie moet Cliff onmiddellik skors en hom moontlik permanent van die lug af haal.

Hulle wil ondersteuning van hul nasionale kantoor werf om ‘n protesoptog na die SAUK te organiseer en ‘n memorandum op 5FM inhandig.

 

смотреть монстер хайДанильченко Харьков

Limpopo-boer sterf in plaasaanval

Die moord op Pieter Snyman, bestuurder van die plaas Balmoral, naby Vivo in Limpopo, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

TLU SA Noord het in ‘n mediaverklaring gesê Snyman is dood nadat hy deur vier mans buite sy huis aangerand is.

Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord sê Snyman se vrou en twee dogters is ook aangerand, maar het met ligte beserings daarvan afgekom. Die vier verdagtes het Snyman se huis binnegedring terwyl hy en sy dogter plaaswerkers, wat aartappels geoes het, by hul huise gaan aflaai het.

Hulle het geweet Snyman is nie tuis nie, maar het aan sy vrou en jonger dogter gesê hulle gaan hom buite inwag.

Snyman het glo omstreeks 19:30 by die huis gekom en is so erg deur die vier mans aangerand, dat hy op die toneel aan sy wonde beswyk het.

 

липецк очисткаДанильченко Юрий отзывы

VSA skenk geld vir Kongolese verkragtingslagoffers

hillary clintonDie Verenigde State gaan ‘n program finansier om die tienduisende vroueslagoffers van seksuele geweld in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo te help, die Amerikaanse ambassade gister aangekondig.

“Hierdie projek van sewe miljoen dollar (R54 miljoen) verleen steun aan klinieke, hospitale en gemeenskapsentra vir vroue en kinders,” wat slagoffers van verkragtings was, het die ambassade in ‘n verklaring gesê.

Die projek, wat Espoir (Hoop) genoem is, is gesamentlik deur die Kongolese regering en die Amerikaanse ambassade geloods en word deur die USAID-ontwikkelingsagentskap gefinansier.

Die werk sal deur die nie-regeringsorganisasie, die Internasionale Reddingskomitee, uitgevoer word.

In die middel van Augustus het die Amerikaase minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, op besoek aan Goma, die hoofstad van die oostelike Noord-Kivu-provinsie, Washington daartoe verbind om saam met die regering in Kinshasa en verskeie instansies in die stryd teen seksuele geweld te werk.

Tienduisende vroue en jong meisies in die provinsies Noord-Kivu en Suid-Kivu is aangerand, ontvoer, verkrag en liggaamlik geskend deur lede van gewapende groepe, asook soldate van die Kongolese weermag, die FARDC, volgens die Verenigde Nasies.

free 5 poundФільчаков Олександр Васильович