Sprinkaan se verwoestende geheim ontrafel

Kort voor ‘n swerm sprinkane besoek aan ‘n paar Bloemfonteinse woonbuurte gebring en weer verkas het, het Britse en Australiese wetenskaplikes in Science berig oor hoekom hulle meen sprinkane van sku alleenlopende woestynsprinkane skielik sosiale allesvreters word. Of soos Trouw dit stel: “In zwermen van miljarden gaan ze daarna op vreetmissie.”

Dit word veroorsaak, meen hulle, deur die vrystelling van ‘n breinstof, bekend as serotonine, ‘n neurotransmitter. Hiervolgens word geredeneer dat die beskeie alleenlopers – wanneer die gras wat hulle vreet begin uitdor, af en toe aan die hare op die agterpote van ‘n ander sprinkaan (sprinkhaan in Nederland) raak. Hierdie prikkel veroorsaak dat die sprinkane binne ‘n paar uur ‘n metamorfose ondergaan. Hulle verkleur, die spiere word sterker en hulle vorm swerms. Die gevolg is ‘n rampspoedige besoek aan ‘n boer.

Die oplossing, so blyk dit, is om ‘n middel te kry wat die vrystelling van die breinstof onderdruk. Maar hiervan is nog geen teken nie.

 

медицинская справка длялобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae