Kameeldrift loop steeds deur

Die Kameeldrift-omgewing noordoos van Pretoria loop steeds onder gereelde aanvalle deur, ten spyte van politici se vrome verkiesingsbeloftes.

Renier Lamprecht is Dinsdag oorlede nadat hy vir die tweede keer in ’n huisrooftog geskiet is. Hy het sy uiteindelik noodlottige beserings met uitroepe van ongeloof begroet.

Die middeljarige Lamprecht is in die bolyf geskiet deur een van vier mans wat sy huis op sy kleinhoewe binnegedring het.

Lamprecht het voorheen op ’n kleinhoewe buite Rustenburg skietwonde opgedoen in ‘n roofaanval sowat drie jaar gelede.

Die diewe het met sy bakkie, drie selfone, ’n skootrekenaar en sy vriendin se handsak gevlug.

Die oorledene se bakkie is ure ná die moord in Mamelodi, oos van Pretoria, gekry. Die polisie ondersoek die saak.

 

вертолёты на радио управленииФільчаков прокурор