Limpopo-boer sterf in plaasaanval

Die moord op Pieter Snyman, bestuurder van die plaas Balmoral, naby Vivo in Limpopo, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

TLU SA Noord het in ‘n mediaverklaring gesê Snyman is dood nadat hy deur vier mans buite sy huis aangerand is.

Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord sê Snyman se vrou en twee dogters is ook aangerand, maar het met ligte beserings daarvan afgekom. Die vier verdagtes het Snyman se huis binnegedring terwyl hy en sy dogter plaaswerkers, wat aartappels geoes het, by hul huise gaan aflaai het.

Hulle het geweet Snyman is nie tuis nie, maar het aan sy vrou en jonger dogter gesê hulle gaan hom buite inwag.

Snyman het glo omstreeks 19:30 by die huis gekom en is so erg deur die vier mans aangerand, dat hy op die toneel aan sy wonde beswyk het.

 

липецк очисткаДанильченко Юрий отзывы