ANC-jeugliga wil omroeper laat skors

Die ANC-jeugliga se Mameloditak, in Pretoria-Oos, het Dinsdag gevra dat die 5FM-omroeper Gareth Cliff geskors moet word.

Opmerkings wat Cliff na die dood van die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, gemaak het was onbehoorlik, het die voorsitter Ghandi Magolego Dinsdag gesê.

“As die Mamelodi-sone stel ons ‘n memorandum vry om stemme te werf…”

Cliff het die volgende boodskap op die sosiale netwerk Twitter geplaas na die minister se dood verlede Woensdag: “Manto is dood. Goed. ‘n Selfsugtige en skelm knoeier van die laagste orde. Vrot houding en galsterige lewers – al drie van hulle.”

Die radiostasie kon Cliff nie berispe nie, aangesien hy nie die aanmerkings oor die lug gemaak het nie.

Die jeugliga wou hê die stasie moet Cliff onmiddellik skors en hom moontlik permanent van die lug af haal.

Hulle wil ondersteuning van hul nasionale kantoor werf om ‘n protesoptog na die SAUK te organiseer en ‘n memorandum op 5FM inhandig.

 

смотреть монстер хайДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae