Afrikaanse skole is ‘rassistiese kastele’

Image

Fikile Mbalula

Volgens die ANC-jeugliga verteenwoordig Afrikaanse skole “rassistiese kastele… waarin ouers daarna streef om ‘n rassismeduiwel te bestendig”. Die organisasie meen dat ouers van Afrikaner-kinders “wat vaskleef aan die rampspoedige apartheidsvisie” nie toegelaat moet word om hul “biologiese kinders op skool te vergiftig nie”. Die organisasie doen dus op ‘n manier aan die hand dat die staat soos in die voormalige Sowjetunie beheer sal neem oor Afrikanerkinders om hulle in staatswaardes te “skool” of te indoktrineer.

Die ANC-jeugliga beskou “die lawaai oor eksklusiewe Afrikaner-skole as bloot die top van die ysberg wat rassisme betref. Nie in ons leeftyd nie, en ook nie in ‘n miljard jaar sal ons rassisme toelaat nie!” het die leier van die beweging, Fikile Mbalula, gesê.

Die beweging se standpunt volg op die veldtog wat die ANC-onderwysminister teen Ermelo, die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal, voer. Die hoofregter van die Transvaalse Hooggeregshof, Bernard Ngoepe, het verlede week in ‘n verrassende ommekeer uitspraak gegee teen die skool se reg om in Afrikaans voort te gaan.

Volgens die ANC-jeugliga wil Afrikaners hul “eie mense vanaf ‘n jong ouderdom die beketenis van eksklusiewe Afrikanerskap leer. Met ander woorde, hulle fantaseer nog daaroor om die beginsels van apartheid in ons demokratiese bedeling te beoefen”. Uiteindelik is hierdie begeerte verwant aan Afrikaners se strewe om nie ondertrou met diegene wat hulle as ‘n “minderwaardige ras” beskou nie.

Nietemin meen Mbalula dat nie alle Afrikaners die “Volkstaat”-droom of Afrikaanse skole wil hê nie. “Vele van hulle is demokrate wat besef dat hulle die werklikheid van ons reënboognasie moet aanvaar.”

циркуляционные насосы дляпрокурор Фильчаков

Buurman skiet aanvaller dood

’n 63-jarige man is gewond in ‘n skietery met gewapende aanvallers op sy plaas in Renosterspruit naby Pretoria op Vrydag 16 Februarie, het Netcare 911 gesê.

“Die man is in ’n hinderlaag gelei en in sy regterbeen geskiet…,” het segsman Tervor Putterill verklaar.

Een van die rowers is deur ’n buurman doodgeskiet.

“Die man is in ’n stabiele toestand na die Olivedale-kliniek geneem.”

как заполнять медицинскую справкуОлександр Васильович Фільчаков

Pandor ‘nie teen Afrikaans’

Die minister van onderwys, Naledi Pandor, het gister gesê dat sy die gebruik van Afrikaans en ander inheemse tale as onderrigmedium in skole ondersteun. Sy was besig om te reageer op ‘n verklaring van die Demokratiese Alliansie dat “sy besig was om ‘n ideologiese veldtog teen Afrikaans te voer”.

Image

Naledi Pandor

Die DA-verklaring het gevolg in reaksie op ‘n uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof wat Ermelo-hoërskool beveel het om 113 graadagtleerlinge in te neem wat in Engels onderrig wil word. Hiermee is die voorheen Afrikaanstalige skool in ‘n parallelmediumskool verander.

Die party het Pandor Woensdag daarvan beskuldig dat sy die skool- en regstelsel uitbuit. Désirée van der Walt, die DA se segsvrou oor opvoeding, het gesê dat die hofoorwinning vir die minister dreig om die opvoedingstelsel in chaos te dompel en dat die lewe vir sommige sukkelende skole nóg moeiliker gaan word.

Maar, sê Pandor, dit sal nie gebeur nie. “Die waarheid is dat dié nie ‘n taalkwessie is nie, maar suiwer een van toegang tot opvoeding. Meer as 100 leerders is toegang tot ‘n skool geweier wat te min inskrywings ontvang het."

"Waar ‘n skool te min inskrywings het, moet ons toelaat dat plekke deur kinders ingeneem word wat onderrig wil word in die medium van hul keuse.”

Pandor is ook Dinsdag deur die hof toestemming verleen om tussenbeide te tree in ‘n hersieningsaansoek deur die skool teen die hoof van die Oos-Transvaalse onderwysdepartement (tans Mpumalanga) se besluit om die skool se beheerraad met ‘n komitee te vervang wat deur die departement aangestel is.

Die Vryheidsfront Plus het teruggekap na die minister deur te sê dat “dit duidelik is dat die minister die beheer van elke enkele skool in Suid-Afrika wil oorneem”.

"Die VF Plus gee duidelik nie om vir alle kinders indien hulle 113 leerlinge toegang tot die skool wil ontsê nie," het Pandor geantwoord.

"Die regering is onder ‘n verpligting om ruimte in skole vir leerders te verskaf. Hoërskool Ermelo is half vol en taal kan nie gebruik word om kinders toegang tot onderwys te ontsê nie," het Pandor voortgegaan.

“Die waarheid is dat daar oor die afgelope vyf jaar ‘n neiging onder meer en meer Afrikaners is om te verkies dat hul kinders in Engels onderrig word.”

купить школьные брюки для мальчика синиетопкарго отзывы

Afrikaanse skole: ‘Die revolusie venietig die kultuur van die verlede’

ImageTot dusver het die ANC-jeugliga, die Jong Kommunisteliga en die SA Demokratiese Onderwysersunie hul tevredenheid uitgespreek met regter Bernard Ngoepe en ander se uitspraak teen Ermelo-hoërskool se taalmedium, Afrikaans.

Volgens Zizi Kodwa van die ANC-jeugliga moet Afrikaners aanvaar dat “’n revolusie die simbole en kultuur van die verlede vernietig. Dit beteken ook dat alle straat- en plekname verander moet word. ‘n Mens kan nie ‘n revolusie met die simbole van die verlede hê nie.”

Die Jong Kommunisteliga het insgelyks sy tevredenheid met die Hoërskool Ermelo se neerlaag in die hof uitgespreek en die “Bantoe-onderwystaktiek van Afrikaanse openbare skole” verdoem. Die Jong Kommuniste het die woorde van kameraad Chris Hani aangehaal: "Ons stryd was nie om die nasionale vlag en die personeel in die Uniegebou te verander nie”. Pogings van Ermelo-hoërskool om moedertaalonderrig te verseker, is deur die beweging beskryf as ‘n manier om “die nasionale opvoedkundige transformasieprojek” teen te staan.

Ook die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU) het gemeen dat “die reg op moedertaalonderrig nie gebruik kan word om sekere leerders toegang tot opvoeding te ontsê nie. Tydens ‘n vergadering in Johannesburg het die unie verklaar dat hy die uitspraak van Ngoepe ondersteun, asook die onderwysdepartement se besluit om die skool in ‘n dubbelmediuminstelling te omskep.

Volgens SADOU is die skool ‘n “openbare bate en kan nie as die privaatbesit van enige taalgroep beskou word nie”.

Die ANC-jeugliga se Zizi Kodwa het gevra: “Wat is so belangrik aan Afrikaans? Ons is deur die Engelse gekoloniseer en daarom is Engels die meerderheidstaal.”

Omdat Afrikaners ‘n minderheid is, moet hulle inval by die wense van die meerderheid. “Die meerderheid se siening geniet voorrang. Dit is die pynlike aspek van demokrasie,” het Kodwa voortgegaan.

Op ‘n vraag of dit sou beteken dat die tagtig miljoen Duitsers in Europa die reg het om vyf miljoen Dene te regeer, het Kodwa instemmend geantwoord.

Volgens Kodwa moet die slagspreuk van die ANC-jeugliga wat veral onder voorsitterskap van Peter Mokaba beroemd geraak het, “kill a Boer, kill a farmer” nie letterlik opgeneem word nie. Aan die ander kant het boere ook mense in die verlede doodgemaak en kan hulle dus verwag om geteiken te word.

освобождение от физкультуры купитьпрокурор Фильчаков

Angela Merkel se beroep op Suider-Afrika

Image

Angela Merkel

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ‘n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om die “lyding” wat deur Robert Mugabe se beleid veroorsaak word, te beëindig.

Duitsland beklee tans die Europese Unie se voorsitterstoel. Die kanselier se beroep is vroeër vandag in Cannes by die Afrika-Frankrykberaad gemaak. Volgens Merkel is daar “groot kommer” oor die verslegtende ekonomiese en politieke situasie in Zimbabwe. “Die intimidasie van politieke opponente, die swaarkry, die dreigemente teenoor boere, die vernietiging van woonbuurte waar die armes lewe; daar is geen regverdiging hiervoor nie,” het sy gesê. “Dit is waarom ek ‘n beroep doen op Zimbabwe se buurstate om by ons aan te sluit en hulle invloed te gebruik om mans en vroue te help wat ly.”

Frankryk het nie vanjaar vir Mugabe genooi om die beraad by te woon nie. Net gister het Mosiuoa Lekota, die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, in ‘n verklaring gesê dat Suid-Afrika nie in Zimbabwe se sake wil inmeng nie. Volgens hom is die situasie in Zimbabwe een wat die hele Suider-Afrika raak en sal dit verkeerd wees as Suid-Afrika alleen optree. Suid-Afrika wil voorts nie aan Zimbabwe “dikteer” wat om te doen nie. Volgens Lekota voer Suid-Afrika en Zimbabwe steeds gesprek op ‘n gereelde basis, maar is die inhoud daarvan konfidensieel.

 

деревянные потолочныеФильчаков прокурор отзывы

Madame Butterfly “rassisties”

‘n Vooraanstaande Britse operakenner, prof Roger Parker van King’s College, het Puccini se Madame Butterfly as  “rassisties”  bestempel. Dié uitspraak kom op die vooraand van ‘n nuwe produksie van die opera in Londen.
 

Volgens ‘n berig wat in The Daily Telegraph gepubliseer is, stel prof Parker voor dat ‘n moderne weergawe van die opera geskryf moet word. “’n Outentieke produksie is ‘n rassistiese produksie,” meen hy. “Dit bevat ‘n klomp idees wat in enige ander konteks as rassisties beskou sal word. Dit gaan nie net oor die woorde nie, maar ook oor Puccini se musiek.”

Madame Butterfly handel oor ‘n 15-jarige Japannese geisja wat op ‘n Amerikaanse vlootoffisier verlief raak. Hy trou dan met die meisie, wat haar tot die Christendom bekeer, voordat hy haar met ‘n baba agterlaat en na die VSA terugkeer. Die opera speel af in Japan, aan die begin van die twintigste eeu. Volgens die Royal Opera House is Madame Butterfly “’n produk van die tydperk toe dit geskryf is.” Die Japannese ambassade in Londen het ook laat weet dat hulle nie aanstoot neem nie en die opera nie as rassisties beskou nie.

раскруткатопкарго отзывы

Gee jou hart vir die DRK

Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, het vanoggend ‘n beroep op Suid-Afrikaanse besigheidslui gedoen om die ekonomie van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te help opbou.

Deur in die DRK te belê, kan Suid-Afrikaanse maatskappye werk skep en Kongolese bannelinge na die land teruglok. Infrastruktuur en paaie bied vele geleenthede aan die Suid-Afrikaanse sakesektor. Lekota het onderneem dat die Suid-Afrikaanse troepe in die DRK sal bly tot vrede en stabiliteit bereik is. Daar is dus nie sprake van ‘n onttrekking nie.

Hy het egter ontken dat Suid-Afrika beplan om militêr in Somalië betrokke te raak. Volgens hom sal dit te veel druk op die Suid-Afrikaanse weermag plaas. Suid-Afrika sal wel bereid wees om Somaliese weermagpersoneel op te lei.

 

расширительный бак отопления ценаДанильченко Юрий отзывы

Geweld teister Kenia

Nairobi loop deesdae onder ’n ongekende vlaag geweld deur. In die laaste tyd is ’n bejaarde Amerikaanse sendeling en haar dogter met outomatiese masjiengewere afgemaai. In nog ’n insident het onbekendes onverwags op motoriste begin vuur en ’n vigs-wetenskaplike, asook nog twee persone (waarvan een op krukke), is dood.

Die stad staan al lankal as Nairobbery bekend, as gevolg van die groot aantal diefstalle en kapings wat daar plaasvind, maar gewelddadige gebeure helder oordag, soos onlangs beleef, was tot dusver skaars.

’n Sekuriteitsfirma bemark nou ten volle gepantserde viertrekvoertuie wat masjiengeweervuur en landmyne kan weerstaan. Hulle leuse is “Time to fight back.” Hierdie voertuie word vir 275 000 dollar elk verkoop.

Volgens die hoof van die regering se menseregtekommissie, het dinge verander. “Kapers het vroeër die motor geneem en jou gelos; nou neem hulle egter die motor én skiet jou.” Hy het verder opgemerk dat die staat gefaal het. “Die regering kan nie veiligheid verseker nie.”

Plaaslike koerante beskuldig onbekwame polisiemanne en regeringsleiers wat nie omgee nie.

Ná die moord op die bejaarde sendeling en haar dogter, het die VSA hulle burgers teen die gevare in Kenia gewaarsku: “Gewelddadige misdaad kan enige tyd op enige plek plaasvind en word meer algemeen, arrogant, brutaal van aard en dikwels fataal…Keniaanse owerhede beskik oor beperkte mag om sulke dade te beëindig en te ondersoek.”

Aan die einde van die jaar vind ’n verkiesing in die land plaas en president Mwai Kibaki se regering mag dalk die onderspit delf weens hulle onvermoë om die misdaad en geweld te bekamp. Die regering blameer die onlangse gewelddadige misdaad op die wapens wat die land vanaf Soedan en Somalië binnekom. Waar misdadigers vroeër van pistole gebruik gemaak het, is meer gesofistikeerde wapens nou geredelik beskikbaar.

Sowat 60% van Nairobi se bevolking leef in armoede. Bendes regeer hierdie plakkerskampe. Polisiekorrupsie, onbekwaamheid, asook ’n swak regstelsel, dra tot die huidige misdaadprobleem by. Polisie leen glo ook hulle wapens aan misdadigers. “Die meeste van ons is te bang om met die polisie saam te werk,” aldus die voorsitter van die menseregtekommissie.

 

дизайн интерьерФільчаков Олександр Васильович прокурор

Eerste plaas onteien

Die heel eerste plaas in Suid-Afrika is amptelik op 26 Januarie vanjaar onteien. Die nuus is gister bekendgemaak. Die plaas is in die Noord-Kaap en het aan die Evangeliese Lutherse Kerk behoort. Die kerk het R35.5 miljoen vir die eiendom ontvang, nadat hulle die markwaarde daarvan dubbel so hoog geskat het. Die regering wou egter nie die R70 miljoen betaal nie. Die plaas is nou aan die Pniel-gemeenskap oorgedra.

Volgens beplanning moet 30% van grond in Suid-Afrika teen 2015 aan swartmense oorhandig word. Tot dusver kon die regering egter nog net 4% van hierdie teiken bereik. Die meeste grondeise is in die Limpopo-provinsie, waar ongeveer 70% van plase tans aan eise onderworpe is.

Volgens Tozi Gwanya, wat aan die hoof van die grondeisekommissie staan, stem meer boere deesdae in om hul plase te verkoop nadat die regering besluit het dat onteiening sal plaasvind indien die onderhandelingsproses tussen boer en regering meer as ses maande duur.

 

поршневой компрессор безмасляныйДанильченко Юрий Харьков

Guinee in ‘n gemors

Lansana Conté, president van Guinee, het Maandagaand ’n noodtoestand in sy land afgekondig. Meer as ’n honderd mense is al sedert die begin van Januarie dood in gevegte tussen betogers en soldate.

Conté is tans 72 jaar oud en vir die afgelope 23 jaar reeds aan bewind ná ’n militêre staatsgreep in 1984. Hy het die weermag beveel om “alle nodige stappe te doen” om ’n burgeroorlog te verhoed.  Die opposisie (bestaande uit veertien politieke partye) het verlede week ’n staking uitgeroep om teen die aanstelling van Eugene Camara as die nuwe eerste minister te protesteer (hy is een van Conté se vertrouelinge). Die geweld in die strate het egter hand uitgeruk en jeugdiges met kapmesse het begin om winkels te plunder en ampswonings van politici aan te val. “Ons is honger, ons is honger, ons soek verandering,  hy (Conté) moet waai!” het hulle geskreeu.

Hierdie arm Wes-Afrikaland het 9.4 miljoen inwoners. Op 12 Februarie is agtien mense in onluste dood. Op dieselfde dag het die eerste onmin in die weermag, op wie Conté soveel staatmaak, kop uitgesteek. Van die jonger soldate is ontevrede oor die onlangse aankoms van gewapende soldate uit Liberië en die feit dat hulle nie onlangs bevorder is soos verwag nie. Air France en ander lugrederye het intussen hulle vlugte na Conakry opgeskort. Soldate van die presidensiële wag het gister die kantore van ’n privaat radiostasie, wat krities teen die regering staan, verwoes. Ander radiostasies het anonieme dreigemente ontvang.

Tot dusver is Guinee die geweld gespaar wat sy buurlande (Ivoorkus, Liberië en Sierra-Leone) getref het. Die land beskik oor twee derdes van die wêreld se bouksiet, maar net ’n klein groepie, na aan die president, trek hieruit voordeel. In 2006 het inflasie die prys van die land se stapelvoedsel, ’n sak rys, laat styg tot twee maal die gemiddelde salaris van ‘n Guinese amptenaar.

thunderstruck full movie online freeлобановский обыск