Parys-aanval wel ‘terreur’

‘n Verdagte wat Woensdag in hegtenis geneem is, het erken dat hy Saterdag ‘n Franse soldaat in Parys met ‘n mes aangeval het.

Xavier Molins, ‘n staatsaanklaer, het ook bevestig dat die man die soldaat as gevolg van sy godsdiensoortuiginge aangeval het.

Die man, wat net as Alexandre geïdentifiseer is, sal Donderdag 22 jaar oud word.

Volgens bronne het hy hom “drie of vier jaar gelede” tot Islam bekeer en is bekend aan die polisie ná hulle hom in 2007 ondersoek het omdat hy op straat gebid het.

Hy het Saterdag die Franse soldaat Cedric Cordiez in sy nek met ‘n mes gesteek terwyl Cordiez op patrollie saam met twee kollegas was.

Die aanval is soortgelyk aan die aanval in Woolwich, Londen verlede week, toe die soldaat Lee Rigby helder oordag deur twee ekstremiste vermoor is.

Amptenare kon nog nie vasstel of die aanvalle met mekaar verband hou nie.

Cordiez is intussen uit die hospitaal ontslaan en het weer by sy eenheid aangesluit.

Vyf vas wat Suid-Afrikaners in Jemen ontvoer

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van twee Suid-Afrikaners in Taiz in Jemen.

Dit is egter nog nie bekend waar die twee hul bevind wat Maandag ontvoer is nie. Hulle is klaarblyklik betrokke by die ontwikkeling van ‘n hotel.

‘n Parlementslid van Jemen wat betrokke is by die ontwikkeling en midde in ‘n grondgeskil met die regering is, het egter ontken dat hy iets met die ontvoering te doen het.

Abdel-Hamid el-Batra sê die regering pak die skuld op hom omdat hulle daarin misluk om buitelanders te beskerm.

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge het vroeër aan SAPA gesê ‘n vergadering sal binnekort gehou word om die vrylating van die Suid-Afrikaners te bespreek.

Die departement kon egter geen inligting oor die man en vrou bekendmaak nie. Die woordvoerder sê die twee se gesinne het gevra dat geen besonderhede aan die media gegee word nie.

Grondeise weer heropen

Die grondeisproses gaan ná 14 jaar weer heropen word, berig The Star.

Volgens die Wetsontwerp op die Herstel van Grondregte wat verlede week gepubliseer is, is die nuwe sperdatum vir eise 31 Desember 2018.

Die vorige sperdatum was 31 Desember 1998.

Indien die wetsontwerp bekragtig word, kan diegene wat die eerste sperdatum gemis het, eis, asook diegene, insluitend witmense, wie se grond deur verbeteringskemas afgeneem is.

Mense wie se eise voorheen afgekeur is, sal ook weer hul eise kan in dien.

Die grondeisproses is vir diegene wie se grond ná 13 Junie 1913 afgeneem is.

Volgens ‘n aangehegsel by die wetsontwerp het die vorige restitusie-program “verskeie probleme” gehad en mense in sekere kategorieë wat hul regte weens koloniale en apartheidswette verloor het, is nie ingesluit nie.

Dit is mense wat nie voor Desember 1998 eise kon in dien nie en diegene wie se grond voor 1913 afgeneem is.

Twee Amerikaanse diplomate in Venezuela geskiet

Twee werknemers van die Amerikaanse ambassade in Venezuela is geskiet en gewond vroeg Dinsdag in die hoofstad Caracas, in ‘n donker voorval. Die plaaslike media en ‘n polisie-bron het gesê die skietery het plaasgevind by ‘n ontkleeklub.

“Ons kan bevestig dat twee lede van die Amerikaanse ambassade in Caracas beseer is tydens ‘n voorval vroeg in die oggend,” het ‘n Amerikaanse woordvoerder Patrick Ventrell aan verslaggewers gesê in Washington.

“Mediese personeel meen hul beserings is nie lewensgevaarlik nie,” het hy bygevoeg en daarop gewys dat hulle beseer is by ‘n soort van ‘n sosiale geleentheid”, maar sonder om die ontkleeklub of die aard van hul beserings te noem.

Amerikaanse diplomatieke bronne later bevestig aan AFP dat die twee mans geskiet is.

Die Venezolaanse media het die twee mans as Roberto Ezequiel Vázquez en Paul Marwin geïdentifiseer, en het gesê hulle is militêre personeel by die ambassade.

Venezuela televisiekanaal Globovision op hul webwerf berig dat die voorval plaasgevind het by die Antonellaklub geleë in ‘n winkelsentrum in die Chacao-distrik van Caracas, ná ‘n woordewisseling met ander gaste.

Die skietvoorval het net buite die Antonellaklub plaasgevind, met drie Amerikaners wat betrokke was.

In die voorportaal van die klub, daar is foto’s van die vroulike ontkleedanseresse.

Venezuela het die hoogste moordsyfer in Suid-Amerika, met 54 moorde per 100,000 inwoners. In die eerste kwartaal van 2013 alleen, was daar 3400 moorde, volgens die regeringstatistiek.

Verskeie diplomate is aangerand in die afgelope maande in die land.

Ten spyte van die gereelde spanning tussen die twee lande, verkoop Venezuela aan die Verenigde State van Amerika 900,000 vate olie per dag.

Diamantraad skors SAR

Die Wêreld Diamantraad het die tydelike skorsing van die Sentraal Afrikaanse Republiek uit die Kimberley Proses Sertifiseringskema verwelkom.

Die president van die raad, Eli Izhakoff sê dit is ‘n strawwe, maar gepaste maatreël om die integriteit van die diamantbedryf én die welstand van mense in die SAR te beskerm.

Die doel van die Kimberley Proses Sertifiseringskema is om te verhoed dat geld afkomstig van die verkope van ongeslypte diamante gebruik word vir die finansiering van rebellegroepe.

Intussen het die Suid-Afrikaanse dodetal van die staatsgreep in die SAR tot 15 gestyg, nadat nog ‘n Suid-Afrikaanse soldaat wat teen die Seleka magte geveg het aan sy beserings beswyk het.

China toets digitale militêre slaankrag

Die Chinese weermag wil volgende maand sy eerste groot militêre oefening hou om sy digitale tegnologie op die proef te stel, het die staatsmedia Woensdag berig.

Die oefening by die Zhurihe-opleidingsbasis in die noorde van Binne-Mongolië sal “gedigitaliseerde eenhede,” eenhede van die spesiale magte, lugmageenhede en “elektroniese reaksiemagte” insluit, het die regering se Xinhua-nuusagentskap berig.

Die oefening, wat laat in Junie sal plaasvind, is deel van China se pogings om “aan te pas by die inligtingsoorlog,” het die nuusagentskap berig.

Die Chinese weermag, wat 2,3 miljoen man sterk is, het in onlangse jare ‘n sterk fokus geplaas op die gebruik van digitale tegnologie om die leër te moderniseer.

Owerhede het in November gesê daar is planne om teen 2020 “groot vooruitgang te maak in volle militêre IT-toepassings”.

China se verdedigingsbegroting het vanjaar met 10,7% gestyg.

PRASA blaas R3 miljoen op New Age

Die Passasierspooragentskap van SA (Prasa) het meer as R3 miljoen spandeer op Die New Age koerant, het die minister van vervoer, Ben Martins, Dinsdag gesê.

“Prasa het ‘n subskripsie-ooreenkoms met The New Age mediamaatskappy, wat Prasa met 3200 kopieë van die koerant op ‘n daaglikse basis van Maandag tot Vrydag sal voorsien,” het Martins gesê in ‘n skriftelike antwoord op ‘n vraag in die parlement.

Volgens die betalingskedule vir die tydperk van Augustus 2012 tot Augustus 2013, sal die spoor maatskappy ‘n dekkingsprys van R3.50 insluitend BTW vir 256 dae en 3200 kopieë opdok, teen ‘n koste van R2, 867200.

Prasa betaal ‘n verdere 50 sent vir 256 dae en 3200 kopieë teen ‘n koste van R409, 600. Dit beloop R3, 276800.

Martins het geantwoord op ‘n vraag van COPE se LP Dirk Feldman, wat gevra het of Prasa het ‘n subskripsie op The New Age uitgeneem het.

Boewe terroriseer egpaar met gif op babaklere

Misdadigers het op 15 Mei Anton en Maria Hattingh van Secunda se pekinees vergiftig en hul kat op die pallisades opgehang. Hulle babaseun se klere is ook vergiftig.

“Dit was vir ons baie traumaties,” het me. Hattingh gesê.

Sy het omstreeks 3.30vm opgestaan om vir haar vyf-maande oue baba ‘n bottel te gee, toe sy die honde hoor blaf.

“Ek het by die venster uitgekyk en gesien ons pekineesteef, Tinki, staan by die reun Snuffels.

“Snuffels het op die gras gelê en ek het my man wakker gemaak en vir hom gesê ek dink Snuffels is dood,” het me. Hattingh gesê.

Die egpaar het uitgegaan om ondersoek in te stel en gesien bloed kom by Tinki se mond uitkom.

“Ons het om die huis geloop en gekyk of ons nog gif sien rondlê, want ons was bang die ander hond kry dit in.

“Ons het toe gesien ons kat is op die pallisade gehang,” het mnr. Du Plessis gesê.

Hulle het die polisie geskakel wat later opgedaag het en gesê het hulle moet ‘n verklaring maak en toe weer gery het.

“Hulle het nie eers in die erf ingekyk nie,” het mnr. Du Plessis gesê.

Hy het self die kat en hond verwyder.

Die egpaar het met ‘n flits om die huis geloop om seker te maak daar lê nie nog gif in hul erf rond nie

Hulle het ‘n paar stukkies gif in die erf gekry, asook op hul babatjie se klere wat op die wasgoeddraad gehang het.

“Dit lyk of hulle die gif geneem en op sy klere gesmeer het,” het mnr.Du Plessis gesê.

“Ons het nie geweet wat om met die dooie diere te maak nie, want nie die polisie of die brandweer wou hulle verwyder nie.

“Ek het die veearts geskakel wat gesê het ek kon hulle daarheen neem.

“Ons wou hulle nie begrawe of op die ashoop gaan gooi nie omdat die gif gevaarlik vir mens en dier is,” het mnr. Du Plessis gesê.

Die egpaar het die volgende dag na die polisiestasie gegaan om ‘n verklaring af te lê, waarna die polisieman in die aanklagkantoor hulle meegedeel het dat dit nie sou help om ‘n saak te maak nie en blykbaar traag was om hulle te help.

“Ons het egter daarop aangedring om ‘n saak te maak.

“Die polisieman het kwaad geword, op ons geskree en geweier om sy naam vir ons te gee,” het mnr. Du Plessis gesê.

Hy die week voor die vergiftiging gereeld merkers soos sigaretboksies, 500ml-koeldrankbotteltjies en leë skyfie-pakkies op die sypaadjie buite hul erf gekry.

Me. Du Plessis het na die voorval twee keer misdadigers in hul erf gesien.

“Ek het twee mans by ons voertuig gesien en ons het die sektorpolisie geskakel om ons te kom help.

“Hulle was vinnig op die toneel en het gesoek, maar niks gekry nie,” het me. Du Plessis gesê.

Die egpaar gaan nou ‘n alarmsisteem laat insit.

“Ons is te bang om met vakansie te gaan, want dan kan hulle by ons huis inbreek,” het mnr. Du Plessis gesê.

Regering veroordeel aanvalle op wettige buitelanders

Die regering het Dinsdag die aanvalle op buitelanders in sekere gebiede in Gauteng en die Vaal veroordeel.

“Die regering het met kommer kennis geneem van die sogenaamde xenofobiese aanvalle op buitelanders. Ons veroordeel die geweld teen buitelanders sowel as Suid-Afrikaners ten sterkste,” het Phumla Williams, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Suid-Afrika is ‘n demokratiese land wat buitelanders wat wettig in die land is, akkommodeer.”

Williams het die regering geprys vir die inhegtenisneming van sowat 100 mense wat verbind word met die “onlangse wetteloosheid”.

Geweld het die naweek uitgebreek nadat twee mans van Zimbabwe in die gebied doodgeskiet is.

‘n Somaliese winkelier is sedertdien in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Eyewitness News het vroeër berig die winkelier beweer die oorledenes het sy spaza-winkel probeer beroof.

‘n Ooggetuie het aan die radiostasie verduidelik dat inwoners ná die skietery hul woede op buitelanders gerig het. Inwoners het ook na bewering gedreig om hul winkels af te brand.

Diepsloot se inwoners sê die naweek se moorde, en die grootskaalse plundering van buitelanders se winkels, is as gevolg van frustrasie oor werkloosheid en armoede.

Verlede week is meer as 90 mense in hegtenis geneem vir misdade wat verband hou met betogings in Evaton, Orange Farm en Sebokeng, suid van Johannesburg.

Williams het ‘n beroep op Suid-Afrikaners en buitelanders gedoen om “in harmonie te leef”.

“Kriminele aktiwiteite teen mekaar sal nie geduld word nie, omdat dit ‘n negatiewe uitwerking het op die land se beeld en ekonomie.”