Mesopotami? – die regskode van Hammurabi

Image

Hammurabi se kode

Tydskaal van die wêreld se oudste wette

  • 2350 v.C. Urukagina se wette
  • 2050 v.C. Ur-Nammu se wette
  • 1700 v.C. Hammurabi se wette
  • 1300 v.C. Die Tien Gebooie

Voorwoord byHammurabi se regskode

Wanneer Anoe1 die Verhewene, Koning van die Anoennaki, en Bel2, die heer van Hemel en aarde, wat die lot van die land bepaal, wys Mardoek3, die oppermagtige seun van Ea4, God van regverdigheid, heerser oor aardse mense, en verhoog hom onder die Igigi5, hulle het Babilon op sy roemryke naam geroep, dit groot gemaak op aarde, en 'n ewige koninkryk daar vestig, waarvan die onderbou so stewig soos dié van die hemel en aarde gelê is; daarna het Anoe en Bel my, Hammurabi op die naam geroep, die verhewe prins, wat God gevrees het, om 'n bewind van regverdigheid in die land tot stand te bring, om die goddelose en die kwaaddoeners te vernietig; sodat die sterke nie die swakke skade kon berokken nie; sodat ek oor die swartkopmense kon heers soos Sjamasj6, en die land verlig, om die welstand van die mensdom te bevorder.

Ek is Hammurabi, die prins, geroepene van Bel, sonder weerga verryk ek en verhoog die vrugbaarheid van Nippoer7 en Dur-ilu, verhewe beskermheer van E-kur8; wat Eridoe9 weer opgerig het en die aanbidding te E-apsoe10 gereinig het; wat die vier windrigtings van die wêreld oorwin het, die naam van Babilon verhoog het, die hart van Mardoek verheug het, sy heer wat daagliks sy wyding na Saggil bring; die koninklike spruit wat Sin11 gemaak het; wat Ur verryk het; die nederige, die eerbiedige, wat rykdom na Gish-shir-gal bring; die wit koning, kry berig van Sjamasj, die magtige, wat weer die fondasies van Sippara12 gelê het; wat die grafstene van Malkat groen geklee het; wat E-babbar13 groot gemaak het, wat soos die hemel lyk, die kryger wat Larsa14 beskerm en E-babbar hernu het, met Sjamasj as sy helper; die heer wat nuwe lewe aan Uruk15 gegee het, en wat baie water na sy inwoners gebring het, die borsbeeld van E-anna16 opgerig het, en die skoonheid van Anoe en Nana en vervolmaak het; skild van die land, wat die verstrooide inwoners van Isin herenig; wat E-gal-mach ryklik begaaf; die beskermkoning van die stad, broer van die god Zamama; wat die plase van Kish17 stewig grondves, E-me-te-ursag met glorie bekroon, die groot heilige skatte van Nana verdubbel, die tempel van Harsag-kalama beheer; die graf van die vyand, wie se hulp die oorwinning teweeg gebring het; wat die krag van Cutha18 vermeerder het; in E-shidlam, die swart stier roemryk gemaak het, wat die vyand gestoot het; geliefde van die god Nebo19, wat die inwoners van Borsippa verheug, die Verhewe; wat onfeilbaar vir E-zida is; die goddelike koning van die stad; die Wit, Wyse; wat die lande van Dilbat verbreed, wat die oeste vir Urash opgaar; die Magtige, die heer aan wie septer en kroon toekom, waarmee hy homself beklee; die Uitverkorene van Ma-ma; wat die tempel grense van Kesh20 vasgestel het, wat die heilige feeste van Nin-tu verryk het; die sorgende, besorgde, wat kos en drank vir Lagasj21 en Girsoe22 voorsien het, wat groot offergawes vir die tempel van Ningirsoe23 voorsien het; wat die vyand gevang het, die Uitverkorene van die godspraak wat die profesie van Hallab vervul het, wat die hart van Anunit verheug het; die suiwer prins, wie se gebed deur Adad24 verhoor is; wat die hart van Adad bevredig het, die kryger, te Karkar, wat die bote vir aanbidding te E-ud-gal-gal herstel het; die koning wat lewe geskenk het aan die stad van Adab25; die raadgewer van E-mach; die luisterryke koning van die stad, die bekoorlike kryger, wat lewe geskenk het aan die inwoners van Mashkanshabri, en oorvloed na die tempel van Shidlam gebring het; die Wit, Magtige, wat die geheime grot van die struikrowers binnegedring het, die inwoners van Malka van ongeluk gered het, en hul huis vinnig in rykdom herstel het; wat suiwer offergawes vir Ea en Dam-gal-nun-na gevestig het, wat sy koninkryk ewig groot gemaak het; die luisterryke koning van die stad, wat die distrikte op die Ud-kib-nun-na Kanaal onder die heerskappy van Dagon26, sy Skepper geplaas het; wat die inwoners van Mera en Tutul gespaar het; die verhewe prins, wie die gesig van Ninni laat skyn; wat heilige maaltye aan die godheid van Nin-a-zu skenk, wat vir sy inwoners in hulle nood sorg, 'n deel vir hulle in Babilon in vrede voorsien; die herder van die onderdruktes en van die slawe; wie se dade guns vind voor Anunit, wie vir Anunit in die tempel van Dumash in die voordorpie van Agade gesorg het; wie die reg erken, wie deur wet regeer; wie aan die stad van Ashur sy beskerm god teruggegee het; wie die naam van Isjtar27, van Nineve in E-mish-mish laat bly het; die Verhewe, wat homself voor die groot gode verneder; opvolger van Sumula-il; die magtige seun van Sin-muballit; die koninklike spruit van Ewigheid; die magtige monarg, die son van Babilon, wie se strale lig uitstraal oor die land van Sumer en Akkad; die koning, wat deur die vier windrigtings van die wêreld gehoorsaam word; Geliefde van Ninni, is ek.

Toe Mardoek my gestuur het om oor die mense te regeer, om die beskerming van reg aan die land te gee, ek het reg gedoen en regverdigheid in . . . , en die welstand van die onderdruktes teweeg gebring.

_______________________

1 Anoe, die Sumeriese hemel-god An
2 Bel, 'n Akkadiese woord wat “heer” of “meester” beteken”
3 Mardoek, die stadsgod van Babilon. Mardoek se naam beteken “seun van die son.”, Bel-Mardoek (Heer Mardoek: die Bybelse Meródag/Marduk wat in Jeremia 50:2 veroordeel word),
4 Ea, die Akkadiese god wie se ryk in die varswatersee Apsoe geleë is. Sy Sumeriese eweknie is Enki, wat SUHURMASU (‘Bok-vis’) die Steenbok Capricornus verpersoonlik. Aanvanklik die godheid van die mees suidelike stad Eridu.
5 Igigi, die Anoennaki van die Hemel
6 Sjamasj, die Akkadiese songod – die Semietiese woord Sjamasj beteken son. Sy Sumeriese eweknie is Utu die god van die son – die seun van die maangod Sin
7 Nippoer, die moderne Niffer of Nuffar – tuiste van Enlil “heer van wind”
8 E-kur, 'n zikkoerat – 'n piramidevormige traptempel – te Nippoer – dit bereken berghuis.
9 Eridoe, ou Sumeriese stad suid van Ur – waarvan Enki of Ea beskermheer was.
10 E-apsoe, die tempel waar Enki (Ea) vereer is
11 Sin, die maangod, sy Sumeriese eweknie is Nanna en sy hoofsentrums is Ur en Harran
12 Sippara, ou stad van Babilon die moderne Abu- Habbah, een van die twee hoofsentrums met 'n tempel (genoem Withuis) waar  Sjamasj vereer is.
13 E-babbar, 'n zikkoerat wat skitterende huis beteken
14 Larsa, die moderne Tall al-Uhaimer, die ander hoofsentrum met 'n tempel (genoem Withuis) waar  Sjamasj vereer is
15 Uruk, Grieks Orchoë , moderne Tall al-Warka-’, waar Isjtar, Sumeries: Inanna, die godin wat die Morester en Aandster  Venus verpersoonlik, vereer is.
16 E-anna, die zikkoerat of tempel van An
17 Kish, die moderne Tall al-Uhaimer
18 Cutha, die moderne Tall Ibra-hi-m, waar die god Nergal vereer is. Nergal versinnebeeld Mars hy is die heerser van die doderyk. Sy gade is Ereshkigal, dame van die onderwêreld
19 Nebo, die Akkadiese god van wysheid en skryfkuns. Sy kenmerk is die skryfstif, en Merkurius is sy planeet. Nebo is die god van Borsippa, die moderne Birs , of Birs Nimrud wat in Jesaja 46:1 veroordeel word
20 Kesh, die moderne Tall al-Uhaimer
21 Lagasj, die huidige Telloh in Irak
22 Girsoe, Tal?ah of Telloh
23 Ningirsoe, seun van die oppergod Enlil, hy is die heer van landerye
24 Adad, die seun van die oppergod Anoe – Sommige meen hy is 'n goeie god wat met sy reën vrugbaarheid bring, maar vir ander is hy die een wie se storms die landerye verwoes. Sy bynaam is Ramman of Rimmon (donderaar). Sy simbooldier is die bul (Taurus)
25 Adab, die moderne Bisma-yah
26 Dagon, 'n Ou Semitiese god van reën en vrugbaarheid. Die vader van die god Baal. Die uitvinder van die ploeg en sy naam beteken graan.
27 Isjtar, Sumeries: Inanna, die godin wat die Morester en Aandster Venus verpersoonlik


Die wetboek

1.    As enigeen 'n ander verlei, en 'n ban op hom plaas, maar hy kan dit nie bewys nie, dan moet die verleier gedood word.

2.    As enigeen 'n aanklag teen 'n man aanhangig maak, en die beskuldigde gaan na die rivier en spring in die rivier, as hy in die rivier sink, sal sy aanklaer besit neem van sy besittings en sy huis. Maar as die rivier bewys dat die beskuldigde nie skuldig is, en hy ontkom ongedeerd, dan sal hy wat die aanklag gelê het gedood word, terwyl hy wat in die rivier gespring het besit neem van die huis wat aan sy aanklaer behoort het.

3.    As enigeen 'n aanklag van enige misdaad voor die oudstes lê, en nie sy aantygings bewys nie, sal hy, as dit 'n halsmisdaadaantyging is, gedood word.

4.    As hy die oudstes oortuig om 'n boete van graan of geld op te lê, sal hy die boete ontvang wat die daad voorskryf.

5.    As 'n regter 'n saak aanhoor, 'n besluit bereik, en sy vonnis in skrif uitreik; as 'n fout later in sy besluit sou voorkom, en dit is weens sy eie fout, dan sal hy twaalf keer die boete, deur hom bepaal in die saak, betaal, en hy sal in die openbaar van die regbank verwyder word, en hy sal nooit weer daar sit om regspraak te lewer.

6.    As enigeen die eiendom van 'n tempel of van die hof steel, sal hy gedood word, asook die een wat die gesteelde goedere van hom ontvang het sal gedood word.

7.    As enigeen van die seun of die slaaf of 'n ander man, sonder getuies of 'n kontrak, silwer of goud, 'n manlike of vroulike slaaf, 'n os of 'n skaap, 'n esel of enigiets koop, of as hy dit in besit neem, sal hy as 'n dief beskou word en gedood word.

8.    As enigeen bees of skaap, of 'n esel, of 'n vark of 'n bok steel, as dit aan 'n god aan die hof behoort, sal die dief dertigvoudig betaal; as dit aan 'n vry man van die koning behoort sal hy tienvoudig betaal; as die dief niks het om te betaal sal hy gedood word.

9.    As enigeen 'n artikel verloor, en vind dit in die besit van 'n ander: as die persoon in wie se besit die ding gevind is sê; "'n Handelaar het dit aan my verkoop, ek het voor getuies daarvoor betaal," en as die eienaar van die goedere sê, "Ek sal getuies bring wat my eiendom ken," dan sal die aankoper die handelaar wat dit aan hom verkoop het bring, en die getuies voor wie hy dit gekoop het, en die eienaar sal getuies bring wat dit as sy eiendom kan identifiseer. Die regter sal hul getuienis ondersoek – beide die getuies voor wie die prys betaal is, en die getuies wat die verlore artikel onder eed geïdentifiseer het. As die handelaar dan as 'n dief uitgewys sal hy gedood word. Die eienaar van die verlore artikel ontvang sy eiendom, en hy wie dit gekoop het ontvang die geld wat hy daarvoor betaal het uit die boedel van die handelaar.


10.    As die aankoper nie die handelaar en die getuies voor wie hy die artikel gekoop het bring nie, maar sy eienaar bring getuies wat dit identifiseer, dan is die koper die dief en moet gedood word, en die eienaar ontvang die verlore artikel.
11.    As die eienaar nie getuies bring om die verlore artikel te identifiseer nie, is hy 'n boosdoener, hy het belaster, en sal gedood word.
12.    As die getuies nie beskikbaar is nie, dan sal die regter 'n vervaltyd stel, wat na ses maande verstryk. As sy getuies nie binne ses maande na vore kom nie, is hy 'n boosdoener, en sal die boete van die hangende saak deurstaan.
13.    ?
14.    As enigeen die minderjarige seun van 'n ander steel, sal hy gedood word.
15.    As enigeen 'n manlike of vroulike slaaf van die hof, of 'n manlike of vroulike slaaf van 'n vryman, na buite die stadpoorte neem, sal hy gedood word.
16.    As enigeen in sy huis 'n droster- manlike of vroulike slaaf van die hof, of van 'n vryman ontvang, en bring hom/haar nie na die openbare aankondiging van die hoofhuis nie, sal die heer van die huis gedood word.
17.    As enigeen droster- manlike of vroulike slawe in die oop veld vind en bring hulle na hul meesters, sal die meester van die slawe hom twee silwer sikkels28 betaal.
18.    As die slaaf nie die naam van die meester wil verstrek nie, moet die vinder hom na die paleis neem; 'n verdere ondersoek moet volg, en die slaaf moet terugkeer na sy meester.
19.    As hy die slawe in sy huis hou, en hulle word daar gevang, sal hy gedood word.
20.    As die slaaf wat hy gevang het van hom af weghardloop, dan sal hy voor die eienaars van die slaaf sweer, en hy is vry van alle blaam.
21.    As enigeen 'n gat in 'n huis breek29, sal hy voor dié gat gedood word en begrawe word..
22.    As enigeen 'n roof uitvoer en gevang word, dan sal hy gedood word.
23.    As die rower nie gevang word nie, dan sal hy wat geroof was die bedrag van sy verlies onder eed eis; dan sal die gemeenskap, en . . . en wie se grond en gebied en in wie se gebied dit was hom vir die goedere gesteel vergoed.
24.    As persone gesteel word, dan sal die gemeenskap en . . . een silwer mina30 aan hul verwante betaal.
25.    As vuur in 'n huis uitbreek, en iemand wat kom om dit te blus, en lê sy oog op die eiendom van die eienaar van die huis, en neem die eiendom van die meester van die huis, moet hy in dieselfde vuur gegooi word.
26.    As 'n opperhoof of 'n man31, wat beveel is om die koning se weg na oorlog te volg, maar gaan nie en huur 'n huursoldaat, as hy die vergoeding weerhou, dan sal hierdie offisier of man gedood word, en hy wat hom verteenwoordig het sal besit neem van sy huis.

________________________

28 silwer sikkel = ongeveer 11,4 gram
29 breek – inbreek om te steel
30 silwer mina ='n mina weeg tussen 640 en 978 gram
31 man – gewone soldaat


27.    As 'n opperhoof of man in die ongeluk van die koning32 gevang word, en as sy lande en tuin vir 'n ander gegee word en hy neem besit, as hy sou terugkom en sy tuiste bereik, sal sy land en tuin aan hom teruggegee word, hy sal weer besit neem.

28.    As 'n opperhoof of 'n man in die ongeluk van die koning gevang word, as sy seun bevoeg is om die besittings te aanvaar, dan sal die land en tuin aan hom gegee word, hy sal die vee van sy vader oorneem.

29.    As sy seun nog te jonk is, en kan nie besit neem nie, sal 'n derde van die land en tuin aan sy moeder gegee word, en sy sal hom opvoed.

30.    As 'n opperhoof of 'n man sy huis, tuin, en land verlaat en verhuur dit, en iemand anders neem besit van sy huis, tuin, en land en gebruik dit vir drie jaar: as die eerste eienaar terugkeer en eis sy huis, tuin, en land, sal dit nie aan hom teruggegee word nie, maar hy wat besit daarvan geneem het en dit benut het sal voortgaan om dit te gebruik.

31.    As hy dit vir een jaar verhuur en dan terugkeer, sal die huis, tuin, en land aan hom teruggegee word, en hy sal dit weer oorneem.

32.    As 'n opperhoof of 'n man gevang word op die "Weë van die Koning"33, en 'n handelaar koop hom vry, en bring hom terug na sy plek; as hy die middele in sy huis het om sy vryheid te koop, sal hy homself vrykoop: as hy niks in sy huis het waarmee hy homself vry kan koop, sal hy deur die tempel van sy gemeenskap vrygekoop word; as daar niks in die tempel is nie om hom vry te koop, sal die hof sy vryheid koop. Sy land, tuin, en huis sal nie vir die aankoop van sy vryheid gegee word nie.

33.    As 'n . . . of 'n . . . homself aansluit as onttrekking van die "Weë van die Koning," en stuur 'n huursoldaat as plaasvervanger, maar onttrek hom, dan die . . . of . . . sal gedood word.

34.    As 'n . . . of 'n . . . die eiendom van 'n kaptein beskadig, die kaptein beseer, of die kaptein ontneem van 'n gif aan hom geskenk deur die koning, dan sal die . . . of . . . gedood word.

35.    As enigeen die bees of skaap wat die koning aan opperhoofde gegee het van hom koop, verloor hy sy geld.

36.    Die land, tuin, en huis van 'n opperhoof, of 'n man, of 'n onderdaan wat verlaat-verhuur, kan nie verkoop word nie.

37.    As enigeen die land, tuin, en huis van 'n opperhoof, man, of 'n onderdaan wat verlaat-verhuur koop, sal sy verkoopkontrak tablet gebreek word34 en hy verloor sy geld. Die land, tuin, en huis gaan terug na hulle eienaars.

_________________________

32 ongeluk van die koning – oorlog
33 "Weë van die Koning" – tydens oorlog
34 sal sy verkoopkontrak tablet gebreek word – ongeldig verklaar word


38.    'n Opperhoof, man, of 'n onderdaan wat verlaat-verhuur kan nie sy bruikhuur van land, huis, en tuin aan sy vrou of dogter oordra nie, nóg kan hy dit oordra vir skuld.

39.    Hy mag, egter, 'n land, tuin, of huis wat hy gekoop het, en as eiendom besit, oordra, aan sy vrou of dogter of dit vir skuld gee.

40.    Hy mag land, tuin, en huis aan 'n handelaar35 of aan enige ander staatsamptenaar verkoop, die koper hou die eiendom land, huis, en tuin vir die vruggebruik.

41.    As enigeen die land, tuin, en huis van 'n opperhoof, man, of 'n onderdaan wat verlaat-verhuur omhein, die paalheinings daarvoor verskaf; as die opperhoof, man, of 'n onderdaan wat verlaat-verhuur het terugkeer na land, tuin, en huis, sal die paalheinings wat gebruik is sy eiendom word.

42.    As enigeen 'n land oorneem om dit te bewerk, en behaal geen oes daarop nie, as daar bewys word dat hy geen werk op die land verrig het nie, moet hy netsoveel graan, as sy buurman, aan die eienaar van die land lewer.

43.    As hy nie die land bewerk nie, maar laat dit braak lê, sal hy netsoos sy buurman graan aan die eienaar van die land voorsien, en die land wat hy laat braak lê het moet hy ploeg en saai en teruggee aan die eienaar.

44.    As enigeen 'n onbewerkte grond oorneem om dit bewerkbaar te maak, maar is lui, en maak dit nie bewerkbaar nie, sal hy die braak veld in die vierde jaar ploeg, dit eg en dit bewerk, en dit teruggee aan sy eienaar, en vir elke tien gan36 tien gur37 graan sal betaalbaar wees.

45.    As 'n man sy land vir bewerking teen 'n vasgestelde huur verhuur, en ontvang die huur van sy grond, maar swak weer kom en vernietig die oes, kom die skade die bewerker van die grond toe.

46.    As hy nie 'n vasgestelde huur vir sy grond ontvang nie, maar verhuur dit vir 'n halwe of derde deel van die oes, sal die graan op die land eweredig tussen die bewerker en die eienaar verdeel word.

47.    As die bewerker, omdat hy nie in die eerste jaar suksesvol was nie, die grond deur andere laat bewerk, mag die eienaar mag nie beswaar opper nie; die veld word bewerk en hy ontvang die oes ooreenkomstig die ooreenkoms.

48.    As enigeen 'n lening verskuldig is, en 'n storm verwoes die graan, of die oes faal, of die graan groei nie weens 'n tekort aan water; vir dié jaar het hy nie nodig om sy skuldeiser enige graan te gee nie, hy was sy skuld-tablet in water en betaal nie huur vir die jaar nie.

49.    As enigeen geld van 'n handelaar neem, en gee die handelaar 'n bewerkbare land vir koring of sesam en beveel hom om koring of sesam op die land te plant, en om die gesaaides oes; as die verbouer koring of sesam op die land plant, by die oes sal die koring of sesam wat op die land is aan die eienaar van die land behoort en hy sal koring as huur betaal, vir die geld wat hy van die handelaar ontvang het, en die bestaansmiddele van die verbouer sal hy aan die handelaar gee.
_______________________
35 handelaar – koninklike agente
36 gan – 'n maateenheid van oppervlak
37 gur = ongeveer 303 liter


50.    As hy 'n bewerkte koringland of 'n bewerkte sesamland gee, sal die koring of sesam op die land aan die eienaar van die land, en hy sal die geld aan die handelaar teruggee as huur.
51.    As hy nie geld het nie om mee te betaal, dan sal hy met koring of sesam betaal in pleks van geld as huur vir wat hy van die handelaar ontvang het, ooreenkomstig die koninklike tarief.
52.    As die verbouer nie koring of sesam op die land plant nie, verswak die skuldenaar se kontrak nie.
53.    As enigeen te lui is om sy dam behoorlik te onderhou; as die dam dan breek en al die lande oorstroom, dan sal hy in wie se dam die breek voorgekom het vir geld verkoop word, en die geld sal die koring vervang wat hy veroorsaak het om geruïneer te word.
54.    As hy nie die koring kan vervang nie, dan sal hy en sy besittings onder die boere wie se koring oorstroom is, verdeel word.
55.    As enigeen sy leivore oopmaak om sy gesaaides nat te lei, maar is nalatig, en die water oorstroom die land van sy buurman, dan sal hy sy buurman koring betaal vir sy verlies.
56.    As 'n man die water inlaat, en die water oorstroom die plante van sy buurman, sal hy tien gur koring betaal vir elke tien gan land.
57.    As 'n herder, sonder die verlof van die eienaar van die land, en sonder die medewete van die eienaar van die skaap, die skaap in 'n land lei om te wei, dan sal die eienaar van die land sy gesaaides oes, en die herder, wie sy kudde daar laat wei het sonder verlof van die eienaar van die land, sal aan die eienaar twintig gur koring vir elke tien gan betaal.
58.    As na die kuddes die weiding verlaat het en in die gewone skaapkraal by die stadspoort gejaag is, enige herder hulle na 'n land lei en hulle wei daar, sal die herder besit neem van die land waarop hy toegelaat het gewei word, en by die oes moet hy sestig gur koring vir elke tien gan betaal.
59.    As enige man, sonder die medewete van die eienaar van 'n tuin, 'n boom in 'n tuin kap sal hy 'n halwe mina in geld betaal.
60.    As enigeen 'n land aan 'n tuinier oorhandig, om dit vir hom as 'n tuin te beplant, as hy dit bewerk, en vir vier jaar daarna omsien, in die vyfde jaar sal die eienaar en die tuinier dit verdeel, die eienaar neem sy deel in besit.
61.    As die tuinier nie die aanplanting van die land voltooi nie, maar los 'n gedeelte onbenut, sal dit aan hom as syne toegesê word.
62.    As hy nie die land wat aan hom oorgegee is as 'n tuin beplant nie, as dit bewerkbare land38 sal die tuinier die eienaar die opbrengs van die land vir die jare wat hy dit laat braak lê het betaal, ooreenkomstig die opbrengs van aangrensende lande, die land in bewerkbare toestand bring en dit teruggee aan sy eienaar.
___________________
38 land – vir koring of sesam


63.    As hy onbewerkte grond in bewerkbare lande omskep en dit teruggee aan sy eienaar, sal die laasgenoemde hom vir een jaar tien gur vir tien gan betaal.
64.    As enigeen sy tuin aan 'n tuinier oorhandig om te bewerk, sal die tuinier aan sy eienaar twee-derdes van die opbrengs van die tuin betaal, vir solank as hy dit in besit het, en die ander derde sal hy hou.
65.    As die tuinier nie werk in die tuin verrig nie en die opbrengs daal, sal die tuinier eweredig aan ander aangrensende tuine betaal.
66.    [Hier is 'n gedeelte van die teks weg, bestaan klaarblyklik uit vier-en-dertig paragrawe.]
100.    . . . rente vir die geld, soveel as hy ontvang het, hy sal 'n nota daarvoor gee, en op die dag, wanneer hulle afreken, aan die handelaar betaal.
101.    As daar geen verkoopooreenkoms in die plek waarheen hy gaan is nie, sal hy die totale bedrag geld wat hy ontvang by die makelaar laat om aan die handelaar te gee.
102.    As 'n handelaar geld aan 'n agent39 toevertrou vir een of ander belegging, en die makelaar ly 'n verlies op die plek waarheen hy gaan, sal hy die kapitaal aan die handelaar vergoed.
103.    As, terwyl op die reis, 'n vyand hom enigiets wat hy het ontneem, sal die makelaar voor God sweer en vry wees van enige verpligting.
104.    As 'n handelaar 'n agent koring, wol, olie, of enige ander goedere gee om te vervoer, sal die agent 'n voldaan vir die bedrag gee, en die handelaar daarvoor vergoed. Dan sal hy van die handelaar 'n voldaan vir die geld wat hy aan die handelaar gegee het kry.
105.    As die agent agterlosig is, en nie 'n voldaan neem vir die geld wat hy die handelaar gegee het, kan hy nie die onvoldane geld as sy eie beskou nie.
106.    As die agent geld van die handelaar geneem het, maar 'n vete met die handelaar het40, dan sal die handelaar voor God en getuies sweer dat hy die geld aan die agent gegee het, en sal die agent hom drie keer die som betaal.
107.    As die handelaar die agent verkul, in soverre dat as die laasgenoemde na hom terugkeer het alles wat hom gegee is, teruggegee het, maar die handelaar ontken die ontvangs van wat aan hom teruggegee is, dan sal die agent die handelaar voor God en die regters aankla, en as hy steeds ontvangs ontken wat die agent hom gegee het sal hy ses keer die som aan die agent betaal.
108.    As 'n kantienjuf nie koring ooreenkomstig die bruto gewig as betaling vir drank aanvaar nie, maar geld neem, en die prys van die drank is minder as die van die koring, sal sy veroordeel word en in die water gegooi word.
109.    As samesweerders in die huis van 'n kantienhouer ontmoet, en die same-sweerders word nie gevang nie en aan die hof oorgelewer, sal die kantienhouer gedood word.
110.    ?
111.    ?
_____________________
39 agent – makelaar
40 maar 'n vete met die handelaar het – ontken die ontvangs


112.    As enigeen op 'n reis is en silwer, goud, edel stene, of enige beweegbare eiendom aan 'n ander toevertrou, en verlang om dit van hom terugkry; as die laasgenoemde nie al die eiendom na die aangewese plek bring nie, maar dit vir sy eie gebruik inpalm, dan sal die man, wat nie die eiendom bring om dit te oorhandig, gevonnis word, en sal hy vyfvoudig betaal vir alles wat aan hom toevertrou is.
113.    As enigeen 'n besending van koring of geld het, en hy het dit geneem van die graanskuur of kis sonder die medewete van die eienaar, dan sal hy wat koring sonder die medewete van die eienaar uit die graanskuur of geld uit die kis geneem het regmatig gevonnis word, en die koring wat hy geneem het terugbetaal. Sal hy die kommissie wat ook al aan hom betaal of verskuldig is, verloor.
114.    As 'n man nie aanspraak het op 'n ander vir koring en geld nie, en poog om dit met geweld te eis, sal hy een-derde silwer mina41 in elke saak betaal.
115.    As enigeen 'n eis vir koring of geld van 'n ander het en sluit hom op; as die gevangene in tronk 'n natuurlike dood sterf, sal die saak nie verder gaan nie.
116.    As die gevangene in die tronk van slae of mishandeling sterf, sal die meester van die gevangene die handelaar voor die regter aankla. As hy 'n vrygebore man was, sal die seun van die handelaar gedood word; as dit 'n slaaf is, sal hy een-derde goue mina betaal, en alles wat die meester van die gevangene gegee het sal hy verbeur.
117.    As enigeen faal om aan 'n eis vir skuld te voldoen, en verkoop homself, sy vrou, sy seun, en dogter vir geld of gee hulle weg vir dwangarbeid: sal hulle vir drie jaar in die huis van die man wat hulle gekoop werk, of die eienaar, en in die vierde jaar sal hulle vrygelaat word.
118.    As hy 'n manlike of vroulike slaaf vir dwangarbeid weggee, en die handelaar onderverhuur hulle, of verkoop hulle vir geld, kan geen beswaar geopper word nie.
119.    As enigeen faal om aan 'n eis vir skuld te voldoen, en hy verkoop die vroulike bediende wat vir hom kinders gebaar het, vir geld, sal die geld wat die handelaar betaal het aan hom deur die eienaar van die slaaf terugbetaal word en sy sal vrygestel word.
120.    As enigeen koring stoor vir veilige bewaring in 'n ander persoon se huis, en enige skade gebeur met die gestoorde koring, of as die eienaar van die huis die graanskuur opmaak en neem van die koring, of in besonder as hy ontken dat die koring in sy huis gestoor was: dan sal die eienaar van die koring sy koring voor God42 opeis, en die eienaar van die huis sal die koring eienaar vir al die koring wat hy geneem het betaal.
121.    As enigeen koring in 'n ander man se huis stoor sal hy hom stoorkoste betaal teen die tarief van een gur vir elke vyf ka koring per jaar.
________________________
41 'n mina weeg tussen 640 en 978 gram
42 voor God – onder eed


122.    As enigeen 'n ander silwer, goud, of enigiets anders gee om te bewaar, sal hy elke ding aan getuies toon, 'n kontrak optrek, en dan dit vir veilige bewaring oorhandig.
123.    As hy dit vir veilige bewaring oorhandig sonder getuies of kontrak, en as hy aan wie dit gegee is, dit ontken, dan het hy geen wettige eis nie.
124.    As enigeen silwer, goud, of enigiets anders aan 'n ander, voor 'n getuie gee, vir veilige bewaring, maar hy ontken dit, sal hy voor 'n regter gebring word, en alles wat hy ontken het, sal hy ten volle betaal.
125.    As enigeen sy eiendom by 'n ander plaas vir veilige bewaring, en daar, gaan deur diewe of rowers, sy eiendom en die eiendom van die ander man verlore, sal die eienaar van die huis, deur wie se nalatigheid die verlies plaasgevind het, die eienaar vergoed vir alles wat aan hom in bevel gegee was. Maar die eienaar van die huis sal poog om dit op te spoor en sy eiendom terug te win, en dit weg te neem van die dief.
126.     As enigeen wat nie sy goedere verloor nie te kenne gee dat dit verlore is, en stel vals eise in: as hy sy goedere en bedrag van skade voor God eis42, selfs al het hy dit nie verloor nie, sal hy ten volle vergoed word vir al sy verliese geëis43.
127.    As enigeen 'die vingerwys'44 na 'n suster van 'n god of die vrou van enige een, en kan dit nie bewys nie, dié man sal voor die regters verskyn en sy winkbrou sal gemerk45 word.
128.    As 'n man 'n vrou tot vrou neem, maar het nie gemeenskap met haar nie, is dié vrou nie vrou vir hom nie.
129.    As 'n man se vrou betrap46 word met 'n ander man, sal beide vasgebind word en in die water gegooi word, maar die man mag sy vrou en die koning sy slawe kwytskel.
130.    As 'n man die vrou47 of 'n ander man onteer, wat nooit deur 'n man beken is nie, en woon nog in haar vader se huis, en slaap by haar en word betrap, sal dié man gedood word, maar die vrou is onskuldig.
131.    As 'n man 'n klag inbring teen een se vrou, maar sy is nie met 'n ander man betrap nie, moet sy 'n eed neem en mag dan terugkeer na haar huis.
132.    As die "vingerwys" na 'n man se vrou met 'n ander man, maar sy is nie gevang waar sy by die ander man slaap, sal sy in die rivier spring vir haar man.
133.    As 'n man gevangene geneem is in oorlog, en daar is voedsel in sy huis, maar sy vrou verlaat huis en binneplaas, en gaan na 'n ander huis: omdat dié vrou nie haar binneplaas onderhou nie, en gaan na 'n ander huis, sal sy regterlik skuldig verklaar word en in die water gegooi word.
134.    As enigeen in oorlog gevang word en daar is nie voedsel in sy huis nie, as sy vrou dan na 'n ander huis gaan sal die vrou nie skuld dra nie.
_______________________________
43 die eed is al wat nodig is
44 die vingerwys – belaster
45 deur die sny van vel, of dalk hare
46 betrap, in flagrante delicto
47 verloofde of kind-vrou


 (word vervolg – die tweede helfte word nog opgelaai)

free downloadалександр лобановский харьков

Kaap kry sy eerste weekblad

Image

Waalstraat, Kaapstad, in die vroe? 1800s

Tot 1800 het die Kaap geen eie koerant of tydskrif gehad nie. Nuus oor die Amerikaanse vryheidsoorlog of die Franse Revolusie moes die Kapenaars kry uit oorsese nuusblaaie of briewe, of verneem van mense wat met die skepe gekom het.

Die Kompanjie het gemeen dat 'n pers aan die Kaap 'n instrument van revolusie kon word. Die owerheid was onthuts oor die strewes van die Kaapse "patriotte" wat in 1779 'n drukpers aan die Kaap gevra het sodat wette, regulasies en ander regeringskennisgewings makliker versprei kon word. Die Here XVII het dit verwerp. Die bewindhebbers het amptelike dokumente in Nederland laat druk en met die seilskepe teruggebring. Aan die Kaap moes dokumente met die hand geskryf word. Eers in 1794 het die Here XVII ingesien dat 'n drukpers koste kon bespaar en toestemming gegee dat die Kaap een kon kry.

Die eerste Afrikaner wat koerantredakteur geword het, was in Nederland redakteur van die Nationale Courant en later die felle Jakobynse Oprechte Bataafsche Courant van Amsterdam. Hy was Johannes Henricus Redelinghuijs (1756 – 1802), wat as 'n verteenwoordiger van die klaende Kaapse burgers na Nederland gegaan het. Hy het homself 'n "Afrikaan" genoem en die Kaap as sy "vaderland" beskou, maar moes noodgedwonge sy ideë oor "vrijheid, gelijkheid en broederschap" in Nederland verkondig. In Nederlandse koerante het hy die Kapenaars teen die Engelse gewaarsku en 'n beroep op hulle gedoen om deur middel van 'n revolusie 'n volksregering tot stand te bring.

Ná die eerste Britse besetting het die eerste drukpersbedywighede aan die Kaap begin. Goewerneur sir George Yonge het in Julie 1800 die Kaapse handelshuis van Alexander Walker en John Robertson gemagtig om 'n drukpers op te rig en 'n weeklikse nuusblad te publiseer. Op Saterdag 16 Augustus 1800 het die eerste nommer van die tweetalige blad The Cape Town Gazette and African Advertiser/ Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter verskyn.

Die regering het die blad in 1801 gekoop. Daarna kon niks gedruk word wat nie die volle goedkeuring van die owerheid geniet nie. Die blad het die jongste oorsese nuus aangebied, maar dié was reeds 'n paar maande oud.

Die eerste jaargang bevat, behalwe handelsnuus en die soort amptelike berigte wat gewoonlik in 'n staatskoerant verskyn, ook binne- en buitelandse nuus: oor die komende perdewedrenne, 'n waaghalsige inbraak, deur die dak, van ene mnr. Van den Berg se huis regoor die Parade, die Franse Revolusie wat op 4 Oktober beskryf word as een van die verskriklikste gebeurtenisse in die geskiedenis.

Op 16 Augustus 1802 verneem die Kapenaars van die vrede van Amiens met Napoleon. Vroeg in 1803 is die blad nog tweetalig gepubliseer, maar op 26 Maart 1803 is aangekondig dat dit van April af net in Hollands sou verskyn, hoewel kennisgewings in Engels, Duits en Frans toegelaat sou word. Hierdie aankondiging was aanduiding van 'n verandering van regering aan die Kaap.

гидробак джилексФильчаков прокурор отзывы

1 September in die geskiedenis

1 September 1900 word die ZAR deur Engeland geannekseer. Lord Roberts was van mening dat wanneer hy in besit van Pretoria, die Transvaalse hoofstad, sou wees die Republikeinse magte hulle aan die Britse gesag sou onderwerp. Op 3 September het die Transvaalse regering n teenproklamasie uitgevaardig wat lui dat die volk van die ZAR 'n vrye en onafhanklike volk is wat weier om hom aan die Britse gesag te onderwerp.

Die Anglo-Boereoorlog was een van die skrikwekkendste oorloë van die negentiende eeu. Die verklaarde doel van Groot-Brittanje, volgens die verteenwoordiger van die imperiale moondheid in Suid-Afrika, sir Alfred Milner, was immers die vernietiging van die Afrikanerdom van die twee Boererepublieke. Kort en bondig was sy standpunt: "I want to crush Afrikanerdom." Vir daardie doel is 'n leërmag van bykans 300 000 man van oral in die wêreld aangevoer om die twee klein Boererepublieke te vernietig. Benewens Engelse, Skotte, Iere, Walliesers en Britte uit ander dele van die wêreld, was daar ook 'n beduidende aantal omgehaalde Afrikaners ('handsuppers' en 'joiners') asook swartes en bruinmense wat die Britse aanslag teen die Boererepublieke ondersteun het. Teen 'n meerderheid van bykans tien teen een, het die Boererepublieke weerstand teen Britse aggressie gebied wat die wêreld verstom het. Die onderliggende motivering daarvoor het die Engelse skrywer Conan Doyle soos volg uitgedruk: "Neem 'n samelewing van Hollandse Afrikaners van die tipe wat hulle vir tagtig jaar teen die mag van Spanje verdedig het, in die tyd toe Spanje die grootste moondheid op aarde was. Voeg by hulle geledere 'n aansienlike getal van die onverskrokke Hugenote, wat huis en haard en alles prysgegee het tydens die herroeping van die Edik van Nantes. Die resultaat moet klaarblyklik een van die gehardste, onoorwinlikste nasies ter wêreld wees."

Dit was teen hierdie volk en sy vroue wat Brittanje sy uitdelgingsbeleid van verskroeide aarde van stapel gestuur het. Mettertyd stroom die berigte van gruweldade teen Boerevroue en kinders in. Op die plaas van ene Nyske is drie vrouens en hul kinders deur swartmans weggevoer, ontklee en gedwing om vir hulle voedsel te berei. Daarna is hulle vir 'n afstand van vyf-en-dertig myl te voet na die Engelse kamp aangejaag.

Dokter Wilhelm Valetin se verslag lui: "Vrouens en meisies is volkome uitgelewer aan die willekeur van Engeland se moordbendes en hul swart bondgenote. Misdade van alle soorte, gedwonge omgang met vrouens, skending van die meisies, skande en ellende is die beoogde resultate. Afwisselend word hulle in klein groepies na Pretoria gebring vir ontugtige doeleindes. Alle vrouens van 12 jaar en ouer word gebruik. Hulle hou die ongelukkige meisies solank daar, dat hulle werklik onbruikbaar (useless) is. Selfs Kitchener weet daarvan. Dikwels het enkele meisies daarin geslaag om weer by ons uit te kom, meisies van 16 jaar met sneeuwit hare, asof hulle 'n lewe van honderd jaar agter die rug het.

Feit is dat ongeveer 35% van alle Boerevroue en -meisies in Transvaal en die Vrystaat deur Britse offisiere, soldate, en swart soldate verkrag is, onder andere dogters van 10 jaar. Dit is ook so dat die Engelse leër statisties gesproke die hoogste persentasie geslagsiektes het… Wat die gevolge van hierdie gedwonge geslagsverkeer met die gesonde, kragtige  Boerevroue en -meisies vir die toekoms van die land inhou, kan aan die fantasie van elke onbevooroordeelde persoon oorgelaat word." (AWG Raath 2002)

free slotstopcargo