Die hart van outisme

“Hoekom ek slaap?”

Hoe verduidelik ‘n mens aan jou outistiese kind hy het nie sommer maar so staande aan die slaap geraak nie? Dat hy flou geword en omgekap het?

Ons ry huis toe na sy eerste bergfietswedsren.

Soos gebruiklik moes pa – dis ek – saam ry want verstaan is nie altyd maklik nie en ‘n mens wil nie diskwalifikasies en daardie teleurstelling hê nie. Die deelnemersmedaljes is vir hom baie werd – dit inspireer hom om iets te vermag -te presteer.

In baie opsigte is ons jongste nie tipies outisties nie. Hy is dol oor sekere mense, hy is ouervas. Hy is nou amper 17, en baie langer as sy pa en ma.

Kort voor die naweek was dit sulke tyd – sy ma se jarelange skaduwee, Snoetie, het ‘n laaste rusplek in die agterplaas gekry. Snoetie het net een mens geduld – vir vroulief. Ons ander het gereeld onder die tandjies deurgeloop.

Tog was dit ons jongste wat sedertdien kort-kort sorg dat daar blommetjies op Snoetie se laaste rusplek is. Netnou was hy weer hoog op ‘n leer om blommetjies wat in ‘n palmboom ingerank het by te kom.

Kleintyd het ons die deelnemersmedaljes ingeryg – pretrappe en pretdrawwe. Dié mannetjie het asem. Toe hy nog na die spesiale skool gegaan het, moes ek een keer per week skool toe gaan en in die oefenperiode saam met die atlete om en om die skool hardloop, sodat die mannetjie kon verstaan wat van hom verwag word.

Nie lank nie, toe kry ek ‘n medalje vir deelname aan ‘n 20 Km-wedloop, jare na ek uit landloop getree het danksy ‘n knie wat voor en na ‘n operasie nie meer wou saamwerk nie.

Die jaar daarna doen ek my eerste standaardhalfmarathon, en vroulief gelas dat dit ook die laaste is. Die knie maak óf oefen, óf deelneem moontlik. En toe was die uwe amper 50.

Hierna het die geldsakies gemaak dat Saterdagoggende deur smous op die boeremark vasgevang is. Vanjaar het die dinge so gedraai dat Saterdagoggende weer oop is, en uiteindelik het die dag aangebreek dat ons weer ‘n eerste fietsrybyeenkoms kon inwerk.

Pa is op kleinman se ou fiets waarvan die agterwiel met elke draaislag iewers haak. Kleinman het ‘n regte bergfiets gekry, opgebou uit nuwe en ou onderdele.”

“Moenie vir pa wag nie. Ry so vinnig jy kan.”

Nie lank nie, toe is daardie agterwiel wat so vassteek pap, en die trap word moeilik. Kleinman is los voor, al ry hy net in eerste rat. Om van ratte te probeer verduidelik is ‘n emosionele affêre, en eindig gewoonlik in stilstuipe.

Uiteindelik kom die uwe by die eindstreep aan, en kry ‘n deelnemersmedalje, maar daar van die bakkie af word beduie. Hoe nader “gedraf” word (die bene wou nie meer regtig nie) hoe meer kom woorde soos “flou geword” en “”kop gestamp” aangewaai.

Anderkant die bakkie lê kleinman plat op sy rug, maar by. ‘n Paar besorgde mense byderhand. Bloed is op kleinman se hande. Ek let op sy fiets se voorwiel is pap, en ek kan my indink hy het uiteindelik die idee van kompetisie gesnap, en gejaag, en met ‘n pap wiel, sy gô uitgetrap.

Boonop was hy vooraf so opgewonde, hy het baie laat gaan slaap die vorige nag, en was ook bitter vroeg op.

Terwyl hy vir pa by die bakkie gewag het, het hy flou geword en agteroor geval, die kop stukkend.

Ek “draf” om hom te gaan Coke koop, sy gunstelingdrankie. Terug by hom, is ‘n paramedikus ook by, ‘n apparaatjie aan die lang dun vingertjie.

Hy beduie hy is “fine”, hy wil huisie toe gaan. Min taal, maar dit wat hy opdoen is van ‘n mengsel bronne en baie van sy strokieshelde op TV, en dié is feitlik voor die voet Engels. Soms spreek die Engelse woorde ook makliker uit met die beperkings op klankreproduksie.

Ons pak die pad huis toe aan. En dis toe dat hy wil weet hoe dit dan is dat hy so aan die slaap kon raak. Ek probeer beduie van “lights out” en ander terme wat ek uit sy Jackie Chang-videos kan oproep, maar tuis word ma ook ingelig van die aan die slaap rakery, en toe die kopvallery.

Nie lank nie, is sy kop soos ‘n mummie toegedraai, en kleinman is nie min beïndruk nie. Nou kan almal sien hoe ‘n vreeslike ding hy oorgekom het.

Pa probeer wiel regmaak. Die ou fiets se binneband is daarmee heen. Sy nuwe ryding se voorwiel lewer vier gaatjies op, voor dit lyk of alles toegeplak is. Vanoggend, op die Sondag, is die voor- en agterwiel pap. Môre, op die vakansiedag, is dit verder regmaak.

En so, verband om die kop is kleinman die leer uit, blommetjies daar bo vir Snoetie.

En sy pa wil hom dooddruk.

съемные протезы зубовФільчаков прокурор

Die rassisme in die diskoers oor rassisme

Daar is min onderwerpe in die huidige, openbare diskoers wat sulke heftige emosies ontlok as rassisme. Rassisme word deur verskillende mense op verskillende maniere omskryf, maar ek dink die basiese idee is dat dit immoreel is om teen iemand te diskrimineer op grond van hul ras, veral as die diskriminasie negatiewe gevolge inhou vir die persoon teen wie gediskrimineer word. Baie is al geskryf oor wat die grond vir die weersin in rassisme is en dit is te breedvoerig om in hierdie artikel weer uiteen te sit. Vir my is die beste verklaring daarvoor te vinde in Francis Fukuyama se seminale werk oor die liberale-demokrasie, The End of History and The Last Man[1]. In hoofstuk 15 getiteld A Vacation to Bulgaria gee hy ‘n uiteensetting van hoekom mense rassisme verafsku. Die rede is elke mens se behoefte aan erkenning wat hy koppel aan die Sokratiese beginsel thumos. Uiteraard is die konsep van thumos nie iets wat Fukuyama uitgedink het nie – dit stam immers uit die antieke Griekse wêreld en kom al ‘n lang pad in die filosofie – maar hy gebruik die beginsel hier binne ‘n moderne konteks. Volgens Sokrates het die mens ‘n geneigdheid om waarde toe te dig aan objekte in sy lewenswêreld. Nie net gee ‘n mens waarde aan dinge nie, ‘n mens gee ook waarde aan homself/haarself en hy/sy verwag dat ander mense hierdie selfwaarde erken. Rassisme is ‘n kwetsing van hierdie gevoel van selfwaarde. In ‘n daad van rassisme word die ander mens se waarde nie erken nie. Fukuyama meen dat die hele beweging om alle vorme van rassisme ten sterkste af te keur hieruit ontstaan het.

Sedert 1994 is die basiese klassiek-liberale regte in ons Grondwet verskans wat dit onwettig maak om enige wetgewing uit te vaardig of regsbeginsel toe te pas wat tot rassediskriminasie lei. Uiteraard is die regte vervat nie onbeperk nie en kan beperk word in terme van artikel 36 indien dit redelik en regverdigbaar is. Baie is al die afgelope maand of so in By geskryf oor die verhouding tussen die Grondwet en morele waardes en my mening is dat dit eventueel sal neerslag vind in die openbare sedes van alle Suid-Afrikaners. Persvryheid is ‘n noodsaaklike deel van ons nuwe grondwetlike instelling, omdat die pers as ‘n soort openbare waghond moet toesien dat die Grondwet eerbiedig word. In hierdie artikel is my probleem met die hoofstroommedia hoe hulle oor rassisme berig en die waghondfunksie vervul.

Twee insidente het die foutlyne van die diskoers vir my duidelik uitgewys.

Die eerste geval was die gru-moord op Kayla Rawstone, haar ma en haar ouma. Ek het die berriggewing noukeurig gevolg soos wat die saak ontvou het van misdaad tot arrestasie tot vervolging tot vonnisoplegging. In The Star het die opskrif van die voorblad een dag gelees ‘I did it because they were white’.

Die tweede geval is die moord op ‘n blanke man deur ‘n swartman nadat dié aan hom gesê het dat hy hom nou gaan wys ‘wat hy met ‘n witman kan doen’.

Is hierdie nie albei teksboekvoorbeelde van rassisme waar die slagoffers die hoogste prys betaal het nie? Dit is uiteraard, maar waarom was daar nie ‘n enkele reaksie van die beskermers van nie-rassigheid hieroor nie? Waar was die media se verwerping van sulke dade? Nie ‘n enkele rubriekskrywer in enige van die koerante het hierdie stories opgetel en verder die rassisme van die gebeurtenisse uitgewys nie. Geen openbare figuur vanuit die hele politieke spektrum het openlik hierdie dade in die media veroordeel nie. Daar is nie ‘n woord gerep nie en dit het verbygegaan. Vergelyk die skrapse berrigewing en afwesigheid van heftige reaksie met die Skierlik-skieter. Hier het moorde op swartmense deur ‘n witman plaasgevind wat skynbaar deur rassehaat gemotiveer is. (Die geestelike ongesteldheid al dan nie van die dader was later ‘n saak vir meningsverskil in die verhoor.) Dit was nie net hier groot nuus nie; daar is selfs in die buiteland daaroor berig. CNN het ‘n paar nuusinsetsels daaroor gehad alhoewel moorde in ons land in ‘n globale konteks nie nuuswaardig is nie.

Hier is nog ‘n interessante punt wat selde opgeneen word in die hoofstroommedia: Die aanklag van rassisme kan opsigself ook op ‘n rassistiese manier gebruik word. Dink maar aan Malema se stelling dat die meeste witmense rassiste is. Dit verbaas my dat niemand die implisiete rassisme van hierdie stelling opgemerk het nie. Gestel nou ek sou net twee naamwoorde verander en die sin soos volg laat lui: die meeste Indiërs is skelm. Hoe sou die stelling deur die publiek ervaar word? Vir seker rassisties. Om ‘n groep mense as rassisties te stereotipeer, is insigself rassisties. Dis sogenaamde racial profiling. ‘n Mens kan nog verder borduur op hierdie punt: hoekom is alle berrigewing oor rassisme net oor wit-op-swart rassisme en nie ander vorme van rassisme nie? Daar vind daagliks insidente plaas van bruin-op-swart rassisme, swart-op-bruin rassisme, Indiër-op-swart rassisme, swart-op-Indiër rassisme en  derglike ander gevalle. Ek het al self baie skrikwekkende insidente van rassisme deur anderskleuriges gesien. ‘n Basiese beginsel van geregtigheid wat in alle resgtelsels erken word, is dat ‘n beginsel universele toepassing moet hê. Met ander woorde, as belastingontduiking ‘n misdryf is, kan nie net Chinese daarvoor vervolg word. Dit is voor die handliggend rassisties. Dit moet ook geld in berriggewing oor misdade. Waarom word dan net blankes in die media en in die howe vir rassisme vervolg? ‘n Mens kan nie anders as om die gevoel kry dat blankes in die algemeen spesifiek uitgesonder word om ondersoek te word oor rassisme nie.

Almal van ons  – blank en swart – weet hoe werklik is swart-op-wit rassisme. Net effens noord van ons land is daar ‘n regime wat hierdie soort rassisme staatsbeleid gemaak het. En soos almal weet: Zimbabwe het nie eensklaps gebeur nie. Dit was ‘n stadige proses waarby swart rassisme op ‘n daaglikse basis gegroei het sonder weerstand van die bevolking tot die slagyster op ‘n dag toegeslaan het. Die enigste twee verwere – naas gewapende stryd – wat burgers in ‘n land teen die regering het, is die howe en die vrye pers. Daarom is dit so noodsaaklik dat daar oor die toenemende swart rassisme in ons land behoorlik berig en, waar nodig, dit verwerp behoort te word. Die euwel moet nou beveg word voordat dit ontaard in ‘n onderdrukkende monster wat sy tentakels orals versprei het en absolute mag het om sy ideologie af te dwing – soos wat in Zimbabwe gebeur het.

Daar is onlangs met die feesviering van oud-president Nelson Mandela se vrylating, baie kritiek teenoor oud-president FW de Klerk uitgespreek, dat hy na bewering nie genoeg gedoen het om Afrikaners in die besonder en witmense in die algemeen se regte te beskerm nie. Vir my is hierdie ongegrond, want die regte in die grondwet is prysenswaardig en vergelyk met dieselfde regte as wat in ander lande, veral Westerse lande, erken word. Die enigste probleem met ons grondwet is dat die gees daarvan nog nie regtig deurgesyfer het na die algemene bevolking en deel geword het van hul morele bewussyn nie. Gegewe, die grondwet is net ‘n stuk papier, maar die verantwoordelikheid lê by die burgerlike samelewing om gestalte te gee aan die waardes daarin deur toegang tot die howe en deur die hoofstroommedia. Witmense moet swartmense en ander rasse in die gelykheidshowe begin daag vir rassistiese optredes. Deur dit te doen sal dit as afskrikmiddel dien en ‘n presedent skep dat daar nie met witmense rassisties omgegaan mag word soos in Zimbabwe nie.

 


[1] Fukuyama, Francis The End of History and the Last Man Penguin: 1993

купить монополию киевtopcargo отзывы сотрудников

‘Politiek is tydloos, maar ek en jy is nie so tydloos nie’

So koggel ʼn boodskappie vanaf ʼn Boeremagvriendin, teen die middel van Februarie, op my selfoon. “Sê liewer ons en politiek en tyd is so inmekaar verstrengel” antwoord ek sinies. Ek bedink my en vervolg dadelik met nog ʼn boodskap: “Ons gaan nog versmoor in hierdie einste (Boeremag)saak. Sommer binnekort, letterlik omkom aan ʼn suurstoftekort… nog lank voor ek of jy kans kry om oud te word. Hehehe…”

Sedert die saak op 2 Februarie hierdie jaar begin het, is dit al ʼn hele paar keer uitgestel. Meer as een keer omdat van die sleutelpersone te siek was om voort te gaan. ʼn Paar dae voor ek die sms ontvang het, het die saak een dag afgestaan omdat daar te min suurstof in die hof was. Die lugreëling werk met tussenposes glad nie – vir maande al nie. Al klink dit ook vergesog, met twintig beskuldigdes, tien advokate, ʼn regter en twee assessore, ʼn gros of meer in polisie-uniform en soms nog ʼn aanhoorder of twee in die galery kan die suurstof in selfs so groot spasie soos die hofsaal, benoud  min raak.

Op daardie tydstip was die sewentigjarige Gerhardus Visagie, (Oom Vis) van Warmbad in die bank.  Hy is nommer 17 van beskuldigdes in die Boeremagsaak en ook die oudste. Hy was besig om aan Regter Jordaan te verduidelik dat hulle hele beplanning daarom gegaan het dat as hier geweld sou uitbreek ons mense georganiseer moet wees om onsself te verdedig.

Verseker is ons nie tydloos nie, kyk hoe lê die oud-word oor oom Vis, het ek in die hof gesit en dink. Is die politiek tydsaam in ons, die groepie mense by die saak betrokke, ingebrand of was die politiek  voor die tyd reeds deel van ons, het ek gewonder.

Ek het teruggedink aan die getuienis gedurende Oktober verlede jaar van die agt-en-sestigjarige oom Frik Boltman, beskuldigde nr. 15. Hy het vertel dat hy in ʼn huis met ʼn absolute politieke atmosfeer groot geword het. Sy pa was in 1938 verkies as LV vir De Aar, Colesberg, weer in 1943 en herkies in 1948. “U weet in ʼn stad beteken ʼn LV niks nie maar op die platteland is hy amper die koning, sou ek sê. So daar het altyd besoekers gekom en daar was maar net altyd politiek gepraat… (Oor) ons behoud as die Afrikanervolk… ons volksgeskiedenis – dit was amper soos moedersmelk ingekry : van Bloukrans, van die moord op die boere, van Moorddrif, van Potgieter wat afgeslag is.  Dit was deel van my opset gewees” het hy getuig. Hoewel die Staat probeer aantoon het dat hy te klein was om dit te onthou, het hy voet by stuk gehou. “As jy nou my ouderdom is dan sal jy verstaan maar jy tel die goed op in jou lewe sonder dat iemand dit nou definitief vir jou sê.”

Na sy pa se dood in 1952, het sy ma, ʼn kleindogter van ds. Dirk Postma wat die Gereformeerde Kerk gestig het, haar as onderwyseres bekwaam. Oom Frik het hulde gebring aan haar, wat hul vyf kinders alleen groot gemaak het. Sy is nou reeds 92 jaar oud. Selfs na sy vader se dood, het sy  nog in die politiek betrokke gebly. “As ʼn Nat  – nie ʼn Sap nie.”  Oom Boltman het getuig dat hyself by die Nasionale Party betrokke was tot in 1976.

“U edele oom Black Swart, Hans Strydom, Serfie Serfontein, PK le Roux is almal huisvriende van ons gewees. …oom Black-hulle het by ons kom kuier en ons het vir hulle gaan kuier.  Ons was in die presidensie meer as een keer.  Een keer het hy vir ons kom kuier, ek sal dit nooit vergeet nie, met die hele gevolg.  Met sy motorfietse, sy wagte en daardie groot swart kar, ek kan nou nie onthou wat is dit nie.  Ek het nou gedink wat noem ʼn mens dit maar ons was nou eintlik die “talk” van die “town” gewees na daardie situasie.”

Hoe bly dinge oor tyd nie maar net dieselfde nie? Veral as dit by familie-dinge, die kerk en politiek kom.  Dit is van die gedagtes wat by my opgekom het, terwyl hy vertel het van die  stryd tussen sy pa en sy oupa. Sy oupa wou nie gehad het dat sy ma van die Gereformeerde kerk, waarin sy groot geword het, na die NG Kerk, haar man se kerk, moes oorgaan nie. Na al die tyd bewaar hy nou nog die briewe wat daaroor handel. Ook het hy vertel van sy suster wat in die ANC-“struggle”, gedurende die sestiger jare gearresteer was, toe die wet op kommunisme van krag geword het.. Hy weet tot vandag tog nog nie of sy wel ʼn volwaardige ANC-lid was nie. Hy het gesê dat die mense wat vir hulle kom vertel het, dat sy een van dié was wat in Londen voor die Afrika-huis getoi-toi het, nogal gesê hulle is net bly dat sy pa dood is, en dat hy dit nie gesien het nie.

Die vertellings uit sy lewe het ʼn tydperk van sewe dekades vervleg in die politieke geskiedenis van ons volk gedek. En ʼn driekwart dekade daarvan is die Boeremag-saak reeds aan die gang. Tye  verander tog – selfs gedurende dekades. Meeste van die beskuldigdes in die saak het plaasmoorde, wat hul verwag het erger sou word, en die kans dat dit na grootskaalse geweld kan oorspoel, as hul grootste motivering beskou om betrokke te raak by iets wat later as die Boeremag sou bekend staan… (Volgens Projek 2010 was daar gedurende Februarie hierdie jaar twintig plaasmoorde – die meeste nog in een maand!)

Oom Boltman het vertel van ʼn gesprek wat hy voor 2002 gehad het met Piet Pretorius, die skrywer van die boek Volksverraad: — “…hy het gepraat – ek het nie geweet hulle noem dit so nie, hy het gepraat van ‘n tweede revolusie.  Ek het gedink ‘n revolusie is in verskillende fases.   …nee, hy het gepraat van die tweede revolusie.  Met ander woorde die eerste deel – die eerste revolusie is die oorname, die wettige oorname van die land deur die ANC of wat ook al.  Maar die werklike kom wanneer die Kommuniste Party die Regering – dit is die tweede revolusie.  Hy het daarvan gepraat, wat ek nou ook nie geweet het nie.”

“U edele ek was baie bekommerd oor die veiligheid van ons mense veral na aanleiding van die plaasmoorde wat die regering aanhoudend ontken dat dit ʼn politieke strekking het.  Ek dink dit is polities gemotiveerd.  Die feit dat dit moorddadig is.  Die feit dat daar nie goed gesteel word nie.  So ek het net gedink die regering het nie die mag of die wil om orde te handhaaf nie…  Die Uhuru het mos afgekom in Afrika in al die lande, in elke land waar hulle onafhanklikheid gekry het, het hulle uitgemoor.”

Oom Boltman is op die 10 de Oktober 2002 gearresteer, sewe jaar voordat hy op 21 Oktober 2009 in die getuiebank kom staan het. Ek kan die nuusberig onthou die dag toe hy gearresteer is, ook die foto van hom wat laer in die Pretoria News verskyn het, … het daar werklik intussen soveel tyd verby gegaan?  Tydens sy getuienis het hy ʼn paar maal genoem dat hy nie kan onthou nie.  “U edele as ek vir u vertel watter verleenthede het my geheue vir my al in my lewe gekos.  Ek het nou maar ʼn paar goed hier genoem.  Ek vergeet .., ek vergeet u edele.”

Hy het vertel dat sy regsverteenwoordiger hom nie in die bank wou plaas nie, maar dat hy aangedring het. Want, het hy gereken as hy skuldig bevind sou word sonder dat hy in die bank was, sou hy sy prokureur kwalik geneem het.  “As hy my hier sit en ek word gepand dan is dit ek.  Dit is hoekom ek hier sit vandag u edele.”

Daar is baie dinge in hierdie saak gesê, die oorkonde is al lankal by vyftig duisend bladsye verby. Sommiges daarvan sal ek graag wil vergeet, maar ʼn paar dinge van oom Frik Boltman se getuienis sal ek in ʼn diep onthou wil wegbêre:

Op sy ouderdom, het ʼn mens  “darem al ʼn paar jaar deur die land geloop, u weet”.

Dat hy op sy oudag nog ʼn besigheid begin het, want “… ʼn mens hou nooit op nie, het u nooit dit agtergekom nie?  Dit is soos iets wat jou byt.  ʼn Ou wat suksesvol is hou nie op nie hy wil net al hoe meer.  Nie noodwendig dat jy geld jaag nie maar jy gaan net aan en aan en aan.  Ek het dit met my kliënte gesien u edele skatryk mense maar hulle hou nie op nie.  …maar ek het ʼn paar besighede in my lewe begin, met ʼn paar het ek lelik verloor maar met party het ek baie sukses behaal en as ek agterstevoor is dan is dit  maar net omdat ek so is.”

Hy het “ maar tot die slotsom gekom dat mens sekere besluite in jou lewe self neem en andere word vir jou geneem…”

Op die einde van sy getuienis het hy die regter bedank:  “…Ons is nou 7 jaar hierso en u het ons altyd menswaardig behandel en daarvoor wil ek graag my waardering uitspreek.”

Wat ek seker die langste sal onthou, is dat politiek oor die tyd heen, mens hegter aan ander mense kan bind as aan jou eie bloedverwante. Want, was sy redenasie, sommige mense is nie  “politieke ‘animals’ nie –  hulle probeer geld maak – dit is al.”

Teen die tweede week in Maart begin Johan Pretorius (beskuldigde nr. 19) net na oom Vis getuig, omdat Herman van Rooyen (nr. 18) gekies het om nie in die bank te gaan staan nie. Skielik is daar nou weer vordering in die saak. Dié aand stuur ek aan my Boeremagvriendin ʼn boodskappie: Jou wyse aanhaling oor die politiek bly by my spook… miskien sal ek en jy, op ons oudag ook kan sê dat die politiek ons nie verbygegaan of onaangeraak gelaat het nie.

media brandingtopcargo отзывы

Iets by die koffie?

“Ek sien,” sê oom Brokkie waar ons op die stoep sit en Boeretroos wegslaan, “die Amerikaners het nou nie net ‘n ‘tea party’ nie, hulle het nou ‘n ‘coffee party’ ook.

Oom Brokkie se algemene kennis verstom my. Ek het netnou op die internet eers gesien die “coffee party” het pas gelyktydig op 370 plekke in die VSA en selfs hier en daar oorsee, hul eerste bekers geklink.

Op pres. Barack Obama, in teenreaksie op die “tea party” wat nie so lief vir Obama is nie.

Maar as ek gedink het ons gaan gesels oor die meer behoudende “tea party” en die meer liberale “coffee party” wat weer Obama se gesondheidsplan uit die dryfsand moet sleep, had ek dit mis. Oom Brokkie het sy stoute skoene aan.

“Dink jy nie ons politiek sal ook bietjie minder gespanne wees as ons ook in ‘tea party’s’ organiseer wat veerpyltjies teen die “coffee party’ gaan speel nie?”

“Almiskie oom, maar oom weet mos wat vat die manne nou saam met hulle tee?”

“Met eisj!” sê ons geyk.

“Ja,” sê oom Brokkie. “Die slimste oplossings vir die land se probleme word saans by die Oog uitgedink. Net jammer al wat die manne die volgende dag daarvan oorhet is die vreeslikste hoofpyne.”

“Maar watter soort tee of koffie dink oom het die Prez nou die aand gedrink toe hy so saam met die Boere gedinee het?”

“Ek dink koffieaan, want die volgende dag kon hy niks onthou van sy onderneming dat hy Julius onder vier oë sou spreek en die kwessie met die ANC se ringkoppe sou opneem nie. Trouens, die ANC trek nou die streep in die grond en sê nou iets soos “julle Boere se moere, hulle gaan daai liedjie aanhou sing, want dis nou deel van hul geskiedenis.”

“Maar is die Vlaamse Blok nie oor iets soortgelyks verbied nie?”

“Ja, maar hierdie is mos nie Wes-Europa nie.”

“Dink oom nie ons moet vir die Prez ‘n paar boksies Oom Tas by die parlement laat aflewer nie?”

“Jong, netnou gaan lees sy adviseurs in die geskiedenis op en sien hoe Willem Adriaan vir oom Tas in die Donker Gat laat toesluit het oor hy nie gehou het van wat die oom oor die politiek gesê het nie. Dan kry hy idees, en word ‘n paar mense weer daar toegesluit.”

“Seker darem nie vir lank nie. Dan kry ons presidensiële kwytskelding, en intussen kon ons darem ‘n ruk van die dienste wat so agteruitgaan ontsnap – want ek verstaan daar onder is hulle Eskom so ‘n entjie voor.”

So kuier ons terwyl ons met Boeretroos en Boerbeskuit ons “koffieparty” hou.

 

купить пиджак на мальчика 12 летФильчаков Харьков

Herrie se kerrie: Van watter affêre

Laat Herrie sommer met die deur in die huis val – omdat Herrie disleksie het lag Herrie nie sommer vir iemand anders se speling, ekskuus, spelling nie.

Maar soms laat iets ‘n mens se bloed kook. Terwyl die taalbulle mekaar in Stellenbosch pak oor die toekoms van Afrikaans aan die US, verskyn daar ‘n groot advertensie in Rapport om mense aan te moedig om water spaarsamig te gebruik.

Omtrent al wat ‘n mens positief kan sê, is dat die adverteerders darem Afrikaans probeer pleeg het.

Sommer in die aanloop word verkondig dat Suid Afrika (sonder die koppelteken) nie ‘n waterryk land is nie, en dat waterbesparings wenke (koppel-“s” se maai) nodig is in en rondom die huis.

So word mense gemaan om nie pote (potte?) vol te maak nie.

“Lei altyd jou plante gedurende die vroeg in die oggend en in die aand nat, wanneer temprature kooler is,” lui die advies. “Dakwater kan ook in tenke gespaar word om jou tuin te water.”

Lesers word ook gemaan oor die gevaar van “invallende indringer plante.”

Dié juweeltjies kom van die “Department of Water Affairs (all English) en daaroor moet ‘n mens stellig dankie sê want anders het ons hierdie “advies” seker van die “Department Watter Affêre” gekry.

Net ‘n rukkie later lees Amanda Olivier RSG se eenuurnuus, en verwys na ‘n party wat gaan probeer keer dat die regering afdeling 25, in plaas van artikel 25 van die grondwet verander. Herrie moet seker bly wees “section” is nie sommer met “seksie” vertaal soos wat gewoonlik gebeur nie.

Nou is Herrie dubbel so kwaad vir die regering oor sy planne met plase.

Hierdie verminking van Afrikaans was nou nie die ergste wat Herrie al te siene gekry het nie. Die Cheetahs se advertensie in ‘n dagblad vir seisoenkaartjies het bykans net sulke juweeltjies opgelewer. Onder die juweeltjies in daardie advertensie was dat die seisoenkaartjiehouers ook ‘n toets teen “Australia” te siene sou kry.

‘n Mens kry eintlik koerante se taalversorgers jammer. As ‘n mens byvoorbeeld op die internet sien hoeveel “digterlike vryheid” Afrikaanse skrywers gebruik wanneer dit by spelling kom, is dit nogal ‘n riem onder die hart om te sien dat die meeste Afrikaanse koerante nog baie streng met spelling en taalgebruik is.

Om dan die koerant te ontsier met meesterstukke soos dié wat van “professionele” instansies verkry is wat dit self ontwerp en opgestel het, is ‘n ramp, en ‘n lunsriem dwarsdeur die hart.

Ai, jare gelede het ‘n Engelssprekende kollega van Pa-Jan gesukkel om ‘n vaste aanstelling te kry, want elke jaar pluk hy die verpligte Afrikaanse taalvaardigheidseksamen.

Op ‘n dag kom hy weer moedeloos terug. Nee, hy meen hy het beslis weer gedop want “what do I know about the stomach of a horse.” Hy moes oor dié onderwerp ‘n opstel in Afrikaans skryf. Pa-Jan gaan kyk self wat staan op die vraestel. Die onderwerp waaroor hy moes skryf was: “Die mag van die pers.”

Nou ja, Herrie hoop van harte dat Afrikaanse pers genoeg mag sal hê om rug styf te kan maak teen die ontvang van sulke prulwerk.

Iewers gaan die “professionele” agentskappe darem ‘n kundige Afrikaanssprekende kry wat sal weet hoe on Afrikaans reg te timmer, al kom die Engels, dikwels ook maar beroerd, van water department se skakelaffêre af.

free no deposit bonus rouletteпрокурор Фильчаков

Die ding in die huis wat niemand sien nie…

Hulle woon in huise – waarskynlik alle huise. In sommige huise in die kaste, in ander huise in die wasgoedmandjie, of kruip op die vloere rond.

‘n Mens sien hulle egter nooit. ‘n Mens sien net die skade wat hulle aanrig. Of eintlik sien mens juis nie die skade nie, want hulle vreet dit op.

Dis nou daardie ding wat kouse en sakdoeke vreet.

Die ergste is, hy vreet nie ‘n paar sokkies op nie – nee, hy vreet altyd net een van ‘n paar.

Kort voor lank sit die slagoffers met ‘n trop sokkies waarvan nie twee bymekaar pas nie.

En dit maak nie saak hoeveel verjaarsdae die mannegoed in ‘n huis gehad het met ‘n Kersfees tussenin nie, en waar almal ‘n hele vrag nuwe sakdoeke in sulke netjiese pakkies verpak, gekry nie – dis net ‘n rukkie dan makeer die sakdoeke weer.

Eers sal pa en seuns oor en weer by mekaar sakdoeke kom leen, afhangende van wie se kas nog nie so erg deurgeloop het nie.

Soms steek die ding wat sokkies vreet van die sokkies iewers weg, soos in die verste donker hoekie onder ‘n bed, of heel uit sy plek uit onder die T-hemde in die laai.

Of die ding wat sokkies en sakdoeke vreet, familie is van die ding wat gate in onderbroeke vreet, weet g’n mens nie, want hy is net so onsigbaar. En die ergste is, ‘n man kom skynbaar self nie agter die ding wat die gate in vreet het ‘n man se ondergoedgoedjies beetgehad nie. In elk geval nie voor hy in die koerant lees van die gate nie.

Die uwe het gemeen daar is ook ‘n ding in die huis wat lakens skif en later gate deurvreet, maar vroulief sê ou Herrie se hakskene is net skurf. En om te wys dis so, is ‘n ou, dik laken dubbel gevou en slaap nou onder my skurwe pote, en die lakens bly heel.

Jare gelede het ek korte mette van die ding wat sokkies vreet probeer maak, en rottegif uitgesit. En heng, was Jors Troelie nou in die dog box?! Want Klein Herrie was willebooslik ongelukkig oor die tandemuis wat afgesterf het, en hy was juis flink aan die wissel en die mannetjie het vermoed hy gaan skade in klinkende munt ly..

Een nag was Oudste doodseker hy het op die ding wat sokkies vreet getrap, maar dit blyk toe hy in die donker klein vertrekkie toe is, het hy op Mevrou se skippertje getrap. En dié het op slag tande ingelê.

Want kyk, vroulief se brakkie is nie maklik nie. Net sy mag aan haar hondjie vat, die ander hoor net ‘n vlugtige grom en dan loop die bloed. Vier steke was wat ‘n kliënt nou eendag opgedoen het.

Om ‘n idee te gee. Vroulief se suster en twee seuntjies kom kuier, en by vertrek wil die een jongetjie opsluit vir Snoetie gaan groet. Kry haar waar sy vir die gedruis wegkruip, onder ‘n bed.

“Tannie Ousus!” roep hy benoud, “die hond brul vir my!”

En moenie dink Snoetie se teenwoordigheid en humeur het die ding wat sokkies vreet se spoed gebreek nie. In teendeel, jongtyd het sy self heerlik met die ding meegedoen en self aan sokkies weggelê.

справка для выезжающих за границулобановский александр фото

Op die bus

Daardie Dinsdagoggend diep in die tweede kwartaal van 1985 sal ek nie maklik vergeet nie.

Dié oggend was ek soos gebruiklik een van die eerste passasiers wat op die bus geklim het wat sy roete tussen die plotte deurgevind het om mense wat in die stad werk, by die werk te kry.

By die stop na ek opgeklim het, klim ‘n hoërskoolseun ook op. Vandag klim twee pikkies in hul laerskooluniforms saam op, wat vreemd is omdat die laerskoolkinders gewoonlik skool toe loop, en die skool ook nie op die busroete is nie.

Ek luister dus toe die oudste seun met die busbestuurder praat.

“Môre oom, die laerskool het mos gisteraand afgebrand, en nou moet hulle ook voorlopig stad toe gaan.” Uit ‘n afsonderlike banksakkie diep hy die busgeld vir die pikkies op.

Heel duidelik het die beheerraad deurnag gewerk om die krisis ten beste die hoof te bied, en soos gewoonlik tot in die fynste detail gesorg dat selfs die kleintjies se busgeld gereed is.

Die meeste mense hier op die plotte is brandarm, en om te aanvaar elke huisgesin sal oornag die nodige geldjies, selfs vir busgeld, bymekaar kan maak is baie gevra.

Dit word ‘n diep ontroerende ervaring.

By die volgende busstop is daar moeilikheid. Die drietjies wat moet opklim, twee boeties en ‘n sussie, is kaalvoet in hul laerskooluniforms. Hier op die plotte gaan die kleingoed kaalvoet skool toe.

Die groter seun het hul busgeld, maar in die stad is skoolskoene verpligtend. Hy skop vas.

“Ons hettie soolskoene nie,” hoor ek die stemmetjie van buite kom.

Ek staan op, en beduie hulle moet inklim. As dit nodig is, sal ek self met die skoolhoof praat. Soos dit is gaan die kleingoed genoeg getraumatiseer word oor die skoene-ding. Kinders is wreed.

Vir die groter seun sê ek: “Skoolgaan is verpligtend, Jy mag hulle nie toegang tot die skool weier nie.”

Ook ander mense klim op, en die laerskool se afbrand is ‘n groot besprekingspunt. Die hoërskool is juis ‘n jaar of twee tevore gesluit om ‘n paar onderwysposte in die stad te red wat weens kleiner blanke gesinne in die gedrang begin kom het.

Ek kry die pikkies innig jammer. Gisteraand toe hulle kooi toe is, het hulle nog geglo hulle is teen dié tyd vanoggend kaalvoet op pad skool toe. Hul eie skool.

‘n Paar uur later, terwyl hulle geslaap het, was die skool in ligte laaie.

By die volgende bushalte is daar weer moeilikheid. Die drie sussies het nie skoolklere aan nie.

“Ma het gesê ons kan nie in ons skoolklere na ‘n ander skool gaan nie,” hoor ek die stemmetjie van buite.

Die groter knaap met die busgeld kyk nou reguit na my. “Wat moet hy nou doen?” staan oor sy hele gesig geskryf. Ek beduie die kleintjies moet inklim.

My hart krimp ineen toe die drie langs mekaar op ‘n sitplek vir twee gaan neerplak. Net vel en been, en water was nie onlangs naby die drie velletjies nie. Daar is waarskynlik nie lopende water in die huis nie, en warm water, of selfs enigiets wat warm is, waarskynlik nog minder.

Ek is nie die enigste wat die erbarmlikheid waarneem nie. Ek het nog gewonder of ek iets moet doen, toe het ‘n gryskoptannie met haar handsak opgestaan en op haar hurke voor hulle gaan sit. Sy diep “dry wipes” uit haar handsak op, en ek hoor haar vir die drietjies fluister: “Siestog, dit was seker nog donker toe julle opgestaan het en hier en daar misgewas het.”

So diskreet as wat sy maar kan wees, en sy begin skynbaar die “kolletjies” skoon vee.

Ek sien die oudste selfbewus bloedrooi tot agter haar ore bloos, maar sy sit doodstil.

By die laaste busstop is daar weer moeilikheid. Ses pikkies staan en wag om opgelaai te word. Die kind met die  banksakkie is nou in die knyp: “Volgens my lysie moes hier net drie kinder opklim, en ek het net vir hulle busgeld.”

Oom Salie staan dadelik op: “Kom mense, kom ons dok iets op vir die kinders se busgeld – ook vir die terugkom vanmiddag, en as dit kan, ook sommer ietsie vir hulle om iets te ete te koop ook. Ek sien ‘n klomp het juis hul toebroodjies in die deurmekaarspul by die huis vergeet.”

Ons almal weet dat “vergeet” nie die regte woord is nie.

Ons maak ons harte en beursies oop. Vandag gaan ‘n hele klomp van die grootmense self niks by die werk te ete hê nie, maar een dag bietjie honger kan darem nie opweeg teen die poele grootogies wat ons so aankyk nie.

“Oom,” vra ‘n pikkie langs my benoud. “Gaan ek pak kry omdat ek nie skoolskoene het nie?”

Ek kyk in die benoude ogies, en net daar besluit ek klim saam met hulle by die laerskool af, en ek sal toesien dat die pikkies nie verder getraumatiseer word nie – al moet ek die skoolhoof ook aan die keel beetkry.

En al beteken dit dat ek dan nog ‘n goeie drie kilometer na my werkplek sal moet stap, en bitter laat gaan wees.

Dis my mense hierdie, en as ek dit kan verhelp ….

ЛогическиеДанильченко Юрий отзывы