WP-klubs s? nee vir Groenpuntstadion

Waarskynlik sal daar nooit rugby in die nuwe Groenpuntstadion wat vir die wêreldsokkerbeker gebou word, gespeel word nie. Die Westelike Provinsie se rugbyklubs het tydens 'n geheime vergadering op 28 Julie besluit dat hulle nie operateurs van die nuwe stadion wil word nie.

Daarom sal Nuweland vir die afsienbare toekoms die tuiste van WP-rugby bly. Theuns Roodman, van die WP-rugbyunie, het gesê dat die besluit om finansiële eerder as emosionele redes geneem is. Terwyl die speelveld op Nuweland teen aansienlike koste verbeter is, heers onsekerheid oor die speelveld by Groenpunt.

игрушечная кухнятопкарго

Nadal kruip nader aan die bokant van die punteleer

07:39:32 Rafael Nadal kruip nader aan die nommereenposisie in tennis nadat hy die Duitser Tommy Haas geklop het.

Nadal is nou drie oorwinnings weg daarvan om die ATP se topposisie in te neem.

Indien hy die titel eerskomende Sondag in die Cincinnati-meester wen, is sy kop deur.

Kroasië se Ivo Karlovic het Federer met 7-6 , 4-6, 7-6 verslaan, wat die deur vir Nadal oopgemaak het.

Die Spanjaard jaag al die hele seisoen vir Federer, wat reeds 12 grand slam-titels op sy kerfstok het.

машины на радиоуправлениилобановский александр досье

Kommentaar op die Bokoefengroep

Pieter de Villiers het sy nuwe oefengroep aangekondig en daar was net hier en daar ‘n verassing.

Kom ons analiseer die kandidate:

Loskop Stutte: Gurthro Steenkamp en Tendai Mtawarira. Pieter de Villiers het raakgevat hier. Daar is min stutte in wêreldrugby met beter werkverrigting as die twee. Gunthro het in die wentoets teen Nieu-Seeland die tweede meeste duikslae (18) na Schalk Burger (20) uitgevoer.

Hakers: Adriaan Strauss en Bismarck du Plessis. Die Bokke het vir Bismarck erg gemis in die toets teen Australië. Hy is gewoonlik een van die eerste spelers by enige breekpunt en is beslis die beste skrummer van al die hakers in Suid-Afrika. Schalk Britz het hom in die toets teen Australië uit die Bokspan gespeel met swak skrumwerk en nog swakker ingooie by die lynstane. Adriaan Strauss sal geen span in die steek laat nie maar ek sou voelers uitgesteek het na ‘n ervare speler soos Gary Botha.

Vaskopstutte: Brian Mujati en CJ van der Linde. Die Bokke het baie lanklaas ‘n vaskopstut gehad wat domineer. Ongelukkig het die twee in die groep nog nooit gewys dat hulle ‘n teenstander in die grond in kan skrum nie. Die Pumas kan dinge vir CJ en Brian warm maak daar voor en ongelukkig kan dit ‘n kettingreaksie veroorsaak deur die res van die span. BJ Botha sou sekerlik ‘n beter keuse gewees het.

Slotte: Andries Bekker, Bakkies Botha, Victor Matfield. Min mense sal stry dit die 3 by verre die drie beste slotte in Suid Afrika is. Bakkies en Matfield is ‘n ongelooflike kombinasie en intimideer enige haker as dit lynstaantyd is.

Losvoorspelers: Joe van Niekerk, Juan Smith, Luke Watson, Pierre Spies, Ryan Kankowsk, Schalk Burger. Schalk Burger en Juan Smith is besliste keuses. Op agsteman en op die bank is waar die kopkrap werk gaan inkom. Met Schalk wat bietjie van ‘n besering dra sou dit sin gemaak het om die klipharde Wickus van Heerden as sy adjudant te kies. Luke Watson was ‘n goeie speler in 2006. Hy het nog niks gedoen wat sy plek in die span regverdig nie. Op agsteman is die vraag of mens met Spies gaan begin en later Kankovski gaan vrylaat of anders om. Spies was maar stillerig in sy toetse sover vanjaar, maar sy talent is bo verdenking. Wat baie duidelik is, is dat die wedstrydfiksheid skort. Teen Australië het hy ‘n paar goeie lopies in die eerste helfte ingekry, die lyn goed gebreek en soos ‘n Trojaan verdedig. In die tweede helfte het hy weggeraak. Spies het omtrent 10 wedstryde in die laaste 12 maande gespeel. Die keurders moes hom vrygestel het om Curriebeker rugby te speel om te skaaf aan die wedstrydfiksheid totdat die All Blacks kom op 16 Augustus.

 
Skrumskakels: Enrico Januarie en Fourie du Preez. Fourie maak ‘n welkome terugkeer. Januarie was die held in die wentoets teen Nieu Zeeland maar het dit ongedaan gemaak ‘n week later met ‘n patetiese vertoning teen Australië. Butch James se gesukkel kan ook grootliks toegeskryf word aan die swak diens wat hy ontvang het van sy skakelmaat.
 
Losskakels: Butch James, Peter Grant en Ruan Pienaar. Butch is die man in die saal maar het nog glad nie oortuig onder die nuwe reëls nie. Miskien is sy in-jou-gesig benadering nie so effektief met die nuwe reëls waar hy nou vyf meter agter die skrum moet staan nie. Sy swak spel kan ook voor die deur van Januarie gelê word wat hom glad nie die diens gegee het wat van ‘n internasionale skrumskakel verwag word nie. Ruaan Pienaar het al die talent in die wêreld om ‘n legende te word op losskakel, maar het baie meer tyd in die posisie nodig om selfvertoue te kry. Peter Grant se keuse in die groep verbaas my. In die Kaap word groot ophef gemaak van hom, maar ‘n internasionale losskakel wat nie ‘n bal verder kan skop as wat hy hom kan gooi nie, hoort nie in internasionale rugby nie.

Senters: Adrian Jacobs, Jaque Fourie, Jean de Villiers en Francois Steyn. Jean de Villiers en ‘n beseringvrye Jacque Fourie behoort die nr 12 en 13 truie hulle eie te maak. Adrian Jacobs het my verbaas in die wedstryde wat hy gespeel het, maar gelukkig vir hom is hy nie op die verdediging getoets nie. Ek sidder om te dink wat Stirling Mortlock se hoë knie-aksie aan arme Adrian gaan doen. Frans Steyn moet leer dat rugby ‘n spansport is en dat hy nie alles alleen hoef te doen nie.

Vleuels: Bryan Habana, Jongi Nokwe, JP Pietersen en Odwa Ndungane. Habana en Pietersen het dit al gedoen en behoort dit weer te doen. Hoe Nokwe in die groep is sal net Pieter de Villiers weet. Twee drieë vir Vrystaat teen die Valke maak nie van jou ‘n goeie vleuel nie

Heelagters: Conrad Jantjes en Percy Montgomery. Hopelik het Pieter de Villiers nou geleer dat mens nie Percy se ervaring net so kan weggooi nie.
 
Dit sal interesant wees om te sien hoe de Villiers se 22-tal uit die groep saamgestel gaan word en watter uitwerking politieke druk op die groep gaan hê.
 
Sonder politieke druk behoort die span so te lyk: Steenkamp, Du Plessis, van der Linde, Botha, Matfield, Burger, Smith, Kankovski, Du Preez, James, Habana, De Villiers, Fourie, Pietersen, Montgomery. Reserwes: Strauss, Mtawarira of Mujati, Bekker, Spies, Januarie, Steyn, Pienaar.

Die probleem met die span is dat daar net 3 spelers van kleur in die beginvyftiental is, iets wat heel moontlik nie aanvaarbaar gaan wees vir die ANC nie. Hoe de Villiers sy span gaan skommel om ten minste vyf gekleurdes in die beginspan te hê, en wie die slagoffers gaan wees bly ‘n ope vraag. Moontlik sal Montgomery moet plek maak vir Janjes en Fourie vir Jacobs. Tyd sal leer.

проект архитектурного освещенияОлександр Васильович Фільчаков

Die Fouries is terug

Image

Jacque Fourie

Die wêreldbekersterre, die senter Jacque Fourie en die skrumskakel Fourie du Preez is in die Springbokgroep ingesluit wat Argentinië, Nieu-Seeland en Australië volgende maand moet pak.

Die haker Bismarck du Plessis wat sy skorsing vir die onversigtige kontak met 'n teenstander se gesig uitgedien het, keer ook terug.

Die enigste nuweling in die groep is die Vrystaat se spoedgooier, Jongi Nokwe.

Die Springbokke pak Argentinië op die 9de van volgende maand en handel dan hulle drienasiesveldtog a. Hulle sal teen die All Blacks in Kaapstad speel en daarna teen Australië in Durban en Johannesburg.

магазины детских товаровФільчаков Олександр Васильович

Spanjaarde oorheers vir die derde jaar die Tour de France

Carlos Sastre het die derde Spanjaard in 'n ry geword om die Tour de France te wen.

Oscar Pereiro het die fietswedren in 2006 gewen en Albert Contador was verlede jaar eerste.

Die Australiër Cadel Evans het algeheel tweede geëindig en die Oostenryker Bernhard Kohl was derde.

Sastre het na sy oorwinning Sondag gesê dit voel soos 'n droom wat bewaarheid is.

Nog 'n Spanjaard Oscar Freire het die groentrui verower vir die beste naelryer en Kohl het die polkakoltrui gewen vir die beste klimmer.

free slot machines no downloadФильчаков прокуратура харьков

Federer se rangposisie in gevaar

Roger Federer se nommereenposisie op die wêreldtennisranglys is in gevaar nadat hy 'n openingswedstryd teen die Fransman Gilles Simon verloor het.

Federer het 2-6, 7-5,. 6-4 in die tweede rondte van die ATP-meesterstoernooi in Toronto, Kanada verloor.

Die nommer een het die jaar met 'n voorsprong van 1 445 punte oor Rafael Nadal begin. Hy is egter in vandeesmaand se klassieke Wimbledon-finaal deur Nadal geklop.

Maar Federer staar nou die moontlikheid in die gesig dat hy die posisie wat hy al vir 234 weke sedert 2004 hou, mag afstaan.

Hy het gesê dit was 'n swak begin, maar hy is nou vasberade om te oefen om dinge om te keer.

купить джинсы на мальчика на резинкеФильчаков прокурор харькова

Slegte weer kan Ernie se gholf aanhelp

ImageErnie Els glo die swak weer kan sy spel in die Britse Ope wat Donderdag begin, tot voordeel strek.

Heelwat reën en winderige toestande kan 'n voordeel wees, volgens Els wat die gunsteling is.

Els sê hy het al in allerlei weerstoestande in Brittanje gespeel en hy ken dit goed.

Hy sê die werklike sleutel tot oorwinning is die tweede houe en die posisionele spel.

Tiger Woods sal weens knie-sjirurgie nie meeding nie maar Els het gesê dit is sleg vir die kampioenskap.
соль дляФильчаков прокурор отзывы

Mike Schutte sterf

Image

Mike Schutte

Mike Schutte, die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, het vanmore gesterf.

Hy sal vir sy gevegte teen Jimmy Richards, Kallie Knoetze en Gerrie Coetzee onthou word.

Schutte het die SA swaargewigtitel van Richards in 1975 verower en dit die volgende jaar aan Coetzee afgestaan.

 

Hy het in die sewentiger- en tagtigerjare 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword.

Schutte is deur oorlede Alan Toweel afgerig.

 

mobile casino real money no depositалександр лобановский харьков класс

Springbokke desperaat om te wen

Die All Blacks- en Springbokkampe het dissipline uitgesonder as die wesentlike element om Saterdag se tweede rugbytoets te wen.

Die wedstryd dreig om selfs harder as die plofbare eerste kragmeting te wees.

Die heersende wêreldkampioenspan van die Springbokke is desperaat om aansien te herwin nadat hulle die eerste toets met 8-19 in Wellingtong 'n week gelede moes afstaan.

Die All Blacks-hulpafrigter Wayne Smith sê dat die balanseertoertjie vir sy span sou wees om fisies die Bokke te weerstaan sonder om die spelvernuf af te staan wat nodig is om die wedstryd te wen.

модная школьная одежда для девочки 2016 недорогоАлександр Фильчаков прокурор

Kevin Pietersen laat Suid-Afrika betaal vir rassekwotas

Rassekwotas in krieket het Suid-Afrika weereens gebyt toe Kevin Pietersen 'n honderdtal vir Engeland teen die Proteas op Lords gemoker het.

Pietersen het sy geboorteland, Suid-Afrika, verlaat nadat hy 'n slagoffer van rassekwotas geword het.

Hy het sedertdien die sterkolwer in die Engelse span geword.

Gister het hy 'n foutlose beurt gespeel en was teen die einde van die spel op 'n honderd-en-vier nie uit nie.

Engeland is in 'n sterk posisie oornag met 'n totaal van driehonderd-en-nege vir drie.

Pietersen sê die applous wat hy ontvang het toe hy van die veld afgestap het, het vir hom die mees emosionele twee minute van sy lewe verskaf.

Hy sê die Suid-Afrikaners het sy prestasie hartlik begroet en hy was veral aangedun toe hy in gelukwensing deur die vurige snelbouler, André Nel, hom omhels het.

дровяные печи каминыФильчаков Харьков

W?reldbekerkaartjies word aanstaande jaar verkoop

Image

Foto: Michi Beck

Kaartjiebesprekings vir die 2010-wêreldbeker sal op 2 Februarie aanstaande jaar open.

Die stelsel is ontwerp om swartmarkverkope te voorkom, sê FIFA.

Slegs aansoeke om vier kaartjies per klant sal toegelaat word. Geen kaartjies sal in groot maat verkoop word nie.

FIFA glo dat die kaartjies gou gaan uitverkoop, hoewel hulle nog nie op die pryse daarvan besluit het nie.

Die goedkoopste kaartjies sal aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel word, volgens FIFA.
хамама мозаикойтопкарго кидалы

Krieket Australi? wil rassebemiddelingsfase h

Krieket Australië het die internasionale krieketraad versoek om 'n bemiddelingsfase vir rassebeledigings in internasionale krieket in te stel.

Australië wil nog 'n politieke krisis vermy soos dié vroeër vanjaar toe die Indiese draaibalbouler Harbhajan Singh rassebeledigings na die Australiër Andrew Symonds geslinger het.

Australiese spelers het getuig dat hulle hom gehoor het toe hy Symonds 'n groot aap gedurende die tweede Sydney-toets in Januarie genoem  het.

Australië argumenteer dat die huidige proses teenoor alle partye misluk omdat dit nie vertroulik is nie.

Die internasionale krieketraad is blykbaar nie hiervan oortuig nie.

tops online gameФільчаков Олександр Васильович прокурор

Els in Skotse Ope

Image

Ernie Els

Suid-Afrika se Ernie Els slaan hierdie week af in die Skotse Ope in 'n poging om sy momentum te herwin.

Els het 'n op-en-af jaar gehad met 'n oorwinning in die Amerikaanse PGA-reeks maar ook met vyf keer wat hy die afsnypunt gemis het.

Een daarvan was by die Amerikaanse Meesters-toernooi.

Die "Big Easy", soos hy ook bekend staan, sê hy is uitgerus maar effe verroes na 'n breuk van drie weke. Hy sê hy sal aan sy selfvertroue moet werk.

Die Skotse Ope is die laaste toernooi voor die derde Majeur van die jaar, die Britse Ope.

Els het die Skotse Ope in 2000 en 2003 gewen.

Die voormalige Britse Ope-kampioen sê hy vind dit moeiliker om op gholf te konsentreer nadat sy vyfjarige seuntjie, Ben, vroeër dié jaar as outisties gediagnoseer is.

средство для уборки помещенийтопкарго отзыв

Springbokke en All Blacks verskree mekaar

Die bekgeveg wat die toetswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks voorafgaan, het verhewig met 'n voormalige Kiwi-stut wat die Springbok-afrigter as 'n marionet beskryf het.

Dowd sê Peter de Villiers het nie die geloofwaardigheid om die Springbokke se afrigter te wees nie.

Volgens sy mening weet De Villiers niks van rugby af nie.

Hy het gereageer op De Villiers se standpunt dat die All Blacks se voorrye onwettige taktieke moet gebruik om die Springbokke se krag teë te werk.

Vroeër het die beseerde Springbok-kaptein John Smit ook ingeklim en gesê die All Blacks word toegelaat om met oortredings weg te kom waarvoor ander spanne gestraf word.

Suid-Afrika se erekonsul in Nieu-Seeland, Gregory Fortuin, het Dowd aangespreek en versoek om sy uitlatings terug te trek.

диагностическое оборудование автоОлександр Васильович Фільчаков