Kevin Pietersen laat Suid-Afrika betaal vir rassekwotas

Rassekwotas in krieket het Suid-Afrika weereens gebyt toe Kevin Pietersen 'n honderdtal vir Engeland teen die Proteas op Lords gemoker het.

Pietersen het sy geboorteland, Suid-Afrika, verlaat nadat hy 'n slagoffer van rassekwotas geword het.

Hy het sedertdien die sterkolwer in die Engelse span geword.

Gister het hy 'n foutlose beurt gespeel en was teen die einde van die spel op 'n honderd-en-vier nie uit nie.

Engeland is in 'n sterk posisie oornag met 'n totaal van driehonderd-en-nege vir drie.

Pietersen sê die applous wat hy ontvang het toe hy van die veld afgestap het, het vir hom die mees emosionele twee minute van sy lewe verskaf.

Hy sê die Suid-Afrikaners het sy prestasie hartlik begroet en hy was veral aangedun toe hy in gelukwensing deur die vurige snelbouler, André Nel, hom omhels het.

дровяные печи каминыФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae