praag.co.za

Category: Herman Toerien

  • Burgeroorlog en die Pienk Frikkie-debat

    “Kortom: ‘n Burgeroorlog is ons voorland.”

    Dit is nie die woorde van ‘n regse Afrikaner of ‘n heethoof Malema nie, maar van dr. Michael le Cordeur, ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

    Le Cordeur se opmerking kan nie werklik net teen die agtergrond van sy artikel in Rapport waar hy dié term gebruik het, geëvalueer word nie, maar ook teen ‘n rubriek vroeër die week in die Nasionale Pers dagblaaie. Dit is duidelik hy het die saak diep bepeins, en dat dit waarvan die hart vol is, die mond nou van oorloop.

    Hy staan nie geïsoleer onder die bruin intellektuele nie. Hy haal dr. Allan Boesak, dr.Franklin Sonn, prof.Richard van der Ross en mnr. Ebrahim Rasool aan.

    Le Cordeur se pennevrug volg ook op nuwe klankies wat al ‘n rukkie uit bruin geledere kom – byvoorbeeld dr. Jakes Gerwel wat geskryf het dat die ANC wel ‘n vrotsige regering mag wees, maar toe beswaard was dat die ANC so dikwels as landsvyand voorgehou word. Sedert die Annelie Botes-insident het besonder baie bruin meningsvormers, soos nou Le Cordeur, maar vroeër ook Heinrich Wyngard en Zelda Jongbloed, bietjie buite die geykte raamwerk begin dink.

    Op die gevaar af om te oorvereenvoudig, was die Botes-insident, hoe onbedoeld ook al, ‘n waterskeiding tussen ‘n era waar liberaliste (wat hulself optimiste of selfs as objektief beskryf het) bang was tussengroepverhoudinge gaan tot skadelike vlakke versuur, en ‘n era waar dieselfde mense openlik besef dat die land wat gesindheidsvlakke betref, reeds in die moeilikheid is.

    Dié gewaarwording word onder meer weerspieël in die menings van kenners en ‘n ”kenner” wat Rapport vandag ingespan het om bietjie in die 2011-kristalbal te kyk. Prof.Pierre de Vos verwys na spanning tussen die regering en howe wat verder kan oplaai. Christi van der Westhuizen verwys na die “groter diskoers van onverdraagsaamheid wat geweld moontlik maak”, Flip Buys verwys na die probleem van “groeiende gaping”, Piet Croucamp verwys na die “deksel op drukkoker van destruktiewe politiek” en prof. Albert Venter verwys na die gebrek aan “’n geloofwaardige opposisie na wie ontevrede kiesers hul kan wend.”

    Selfs Jan-Jan Joubert wat hom ‘n week tevore as optimis bevestig het, verwys na ‘n aspek van die grondkwessie wat ruimte vir korrupsie skep en vir hom onoplosbaar lyk.

    Die debat oor gesindhede staan in skrille kontras met die oorhoofse beeld van euforie wat enkele maande tevore wyd in die media gedra is.

    Die huidige vlaag van pessimisme val ook nou vierkantig in die periode van post-euforiese trauma wat kenners voorspel het.

    Die nuwe denke is nog te los en ongeaksentueer om etikette te kry en behoorlik beskryf te word. ‘n Paar elemente kan dalk oorweeg word:

    • Die geneigdheid om apartheid vir die huidige spanningsvlakke te blameer, neem selfs in populistiese kringe af. Le Cordeur het vroeër die week nog apartheid probeer betrek deur na die babelas daarvan te verwys, maar ook hy kyk na die huidige, die nou, om oorsake te vind. Selfs in swart akademiese geledere word bietjie “weg” gedink, maar helaas, politici, soos die Vrystaatse premier Ace Magashule, blaas nog verwoed lewe in die spook van apartheid.
    • Dit blyk ‘n baie moeilike denke-Rubicon vir bruin mense te wees om nou openlik te vermaan teen die ontwikkeling van denke uit die verlede, en vermanings dat, soos Le Cordeur dit stel, ‘n nuwe apartheid in die land posvat. Dit gaan gepaard met ‘n versugting na die era toe Mandela die politieke toneel oorheers het. Hierdie era word naatloos en kritiekloos geïdealiseer. Die punt waar die gety vir gesindhede en bruin mense gedraai het word gewoonlik geïdentifiseer in Mbeki se “I a man African”-toespraak. Op voetsoolvlak, buite die kring van bevoorregting, bestaan die persepsie lank reeds dat bruin mense nou, dalk meer as in die verlede, die kort lootjie getrek het.
    • Opvallend is dat die geteem oor die wonderlike grondwet nou baie stiller is – en dalk buite die swart gemeenskap – doodstil. Selfs prof. De Vos se verwysings is na die howe wat sal rug styfmaak, eerder as ‘n verheerliking van die grondwet. Uiteraard kan die howe dit net onder die beskerming van ‘n minstens afdoende grondwet wat dié aspek betref, doen. Sy verwysing na hoe, volgens hom, die SABC die ANC in die komende verkiesing gaan steun, is dalk ‘n aanduiding dat hy meen daar is ‘n verskil tussen ‘n grondwet op papier en ‘n grondwet in die praktyk.

    Die geskiedenis sal leer of die Botes-insident die denke-oorsteek van die Rubicon moontlik gemaak het – dat Realpolitik (‘n term wat Jan-Jan ook vandag inspan) nou sterker momentum gaan kry. Dit sal natuurlik verregaande wees om die inhoud van die Botes-insident te koppel aan die inhoudelike van die nuwe debat. Al wat die Botes-insident gedoen het was in wese om aan die kaak te stel hoe ‘n situasie onder die oppervlak (selfs die deksel van die drukkoker) kan ontaard as die algemeen erkende en aanvaarde debat te diep in die dryfsand van politieke korrektheid vasval, en Realpolitik aan die eietydse Inkwisisie van politieke korrektheid uitgelewer bly. Dit is nog so vroeg in die verwikkelings dat dit nog net die deurswem van die “mighty Apies” is.

    Minstens het die debat bietjie in die dryfsand geroer.

    Juis omdat elemente van Realpolitik na vore kom, sal dit die Afrikaner oor sy ganse politieke spektrum loon om kennis te neem. Realpolitik staan immers nader aan beginselpolitiek as aan die idealismes wat baie rubriekskrywers se pennevrug so lank gekenmerk het.

    Die Afrikaner se politieke pad (nog lank voor ‘n mens eens die staatkundige neerslag in berekening bring) dra net soveel indien nie meer traumatiese letsels nie as dié van die bruin gemeenskap. Dis letsels van misdaad – sodat selfs die term volksmoord ingespan word, diaspora, politieke verdeeldheid sodat selfs die term “verraad” algemeen gebruik word, ontneming van geleenthede en aktiewe nasionale vervreemding soos in onder meer pleknaamwysigings gemanifesteer.

    Binne die raamwerk van Realpolitik is daar sake waaroor besin moet word – presies hoe ver kan volgens die de facto –beginsel politiek en staatkundig gehandel word voor die de jure –legitimiteitskwessie wat vir sommiges ‘n absolute beginselsaak is omgeploeg word? ‘n Praktiese voorbeeld: As die geleentheid gebied word en sprekers uit die volkstaatdampkring na die FW de Klerk Stigting se komende konferensie genooi word, die geleentheid benut om ander staatkundige opsies op die tafel te plaas, of gaan die Pienk Frikkie-debat en ‘n afkeer daaraan om legitimiteit aan die beraad te verleen, ‘n afwesigheid verseker en die alternatiewe opsies dan nié gestel word nie? Gaan aan die VVK-verkiesing deelgeneem en die munisipale verkiesing geboikot word, of gaan aan beide deelgeneem word?

    Gaan die hoofstroommedia dieselfde geleenthede aan Afrikaner-analiste gee wat die Realpolitiek begin ontleed as wat bruin rubriekskrywers nou voel-voel begin betree?

    Of gaan die gemiddelde leser weer weekliks, wanneer die post-euforiese depressie afgewerk en idealisme weer bietjie speelruimte kry, ‘n keuse tussen die Maxipers en kokende bloed,of niks kry?

    купить пазлы украинаОлександр Васильович Фільчаков

  • Bepalers vir 2011

    Die kombers waaronder die belangrikste rigtingaanduiders van 2011 vir Suid-Afrika kan pas is die kwessie van gesindhede. Die rigtingbepalers is hoofsaaklik plaasmoorde, verkiesings, hofsake, die media, Zimbabwe en godsdiens.

    Plaasmoorde: Hoewel plaasmoorde deel van ‘n ontsettende misdaadprobleem is – al het verskeie parlementslede onlangs nog vuur gespoeg oor ‘n verslag wat aandui dat misdaad in Suid-Afrika ‘n uitsonderlike probleem is – het min misdaadtipes die impak op die land en gesindhede as juis plaasmoorde.

    Die kwessie word verdiep deur die ontsettende vlakke van wreedheid waarmee plaasaanvalle, en nie noodwendig net plaasmoorde nie, gepaard gaan. Dit vind hoofsaaklik oor kleurgrense plaas. Die buitengewone trauma, wat as viktiminologie bekend staan, word verdiep onder meer deur die regering se opsigtelike traagheid om dit te veroordeel, en selfs appèl aan te teken teen die verklaring van die liedjie, Maak dood die boere, tot haatspraak. Loskoppige politici, en selfs ministers, verdiep ook die probleem deur die skuld vir plaasmoorde periodiek op die boere te plaas.

    Verkiesings: Hoewel die verskil in omvang groot is tussen die landswye munisipale verkiesing en die beplande VVK-verkiesing, moet die simboliese impak van die VVK-verkiesing nie onderskat word nie.

    Enige voorspelling oor die uitslag van die munisipale verkiesings is voortydig, onder meer oor daar nog onsekerhede is oor belangrike aspekte soos of die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) as entiteit gaan deelneem, of Cope betyds tot ernstige deelnemer sal kan groepeer, en oplaas hoe partye die verkiesing gaan benader. Op die oog af lyk dit of die ANC prestasiegewys in die sop is, wat die versoeking kan vergroot om weer ‘n klimaat te skep waar die verkiesing in ‘n etniese sensus gaan ontaard. Die opposisie se aanslag gaan net so bepalend op gesindhede wees. ‘n Lomp aanslag, soos in die verlede, kan opnuut die indruk van kritiek op swart beskou, of gemanipuleer word, en vir die ANC ‘n stewige steunbasis verseker. Politiek inkorrek of te nie, partye sal kers by antropoloë eerder as bemarkingsdeskundiges moet opsteek oor hoe om verkiesingsreklame aan te spreek.

    Sou Cope steeds in ‘n warboel wees, kan verwag word dat partye wat met die algemene verkiesing erg gebloei het, soos die ACDP, die IVP en UDM van hul tradisionele steun sal herwin.

    Verkiesings neig egter om die temperatuur van gesindheidsvlakke te verhoog, iets wat peilings getoon het in Suid-Afrika die kreeftegang gegaan het, groot sokker ten spyt.

    Hofsake: Hofsake en ander regsgedinge waar grondwetlikheid getoets word, word as kenmerkend van ‘n lewende grondwetlike demokrasie beskou. Te veel van die belangrike sake wat onder beregtiging staan, dui op ernstige gesindheidsprobleme, soos die haatspraaksake rondom die kop van Julius Malema. Waarskynlik die belangrikste saak wat in proses is, is die skadevergoedingseis weens die verlies aan eiendomsreg op ondergrond en minerale regte. Dié wetgewing is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf. ‘n Bevinding teen die regering gaan ‘n reuse kettingreaksie tot gevolg hê. ‘n Appèlgeding oor die aanstelling van Simelane as Direkteur van Openbare Vervolging, litigasie oor die staking van kriminele vervolging teen die president, appèlsake oor regstellende aksie en die appèlsaak teen die vonnis van die Reitz-vier en moontlike verskyning in die gelykheidshof tel onder die ander sake wat ‘n impak op oorhoofse gesindhede gaan hê.

    Die media: Dit is nie net die regering se mediasnoeringsplanne wat gesindhede beïnvloed nie, maar die doeltreffendheid waarmee die media sy saak by die publiek stel. Die media moet nogtans katvoet loop, omdat dit weens die selferkende uittog van kundigheid kwesbaar geraak het. Uitsprake soos dié van die Naspersbaas, Koos Bekker, wat die groter meningspektrum wat die opkoms van gemeenskapsmedia tot gevolg het, betreur het, doen gedagtemonopolisering geen guns nie. Sy kommer oor gemeenskapspanning wat diverse menings tot gevolg het, moet eerder in die styl van aanbieding van menings aangespreek word as in die diversifikasie daarvan.

    In ‘n verkiesingsjaar kan verwag word dat deelnemende partye hul beste voetjie aan die media sal voorsit om maksimale gratis nuusdekking te kry. Alternatiewe maniere van verkiesingsinligting oordra soos advertensies, pamflette en pkakkate is besonder duur, en begunstig die ANC wat skynbaar oor groot hoeveelhede fondse beskik.

    Die internet speel ‘n al hoe belangriker rol. Volgens Verslaggewers sonder Grense se finale syfers vir 2010 is vanjaar wêreldwyd 152 internetjoernaliste angehou, hoewel steeds aanmerklik minder as die “gewone” joernaliste, naamlik 535. (Volledige syfers oor optrede teen die media hieronder).

    Zimbabwe: Die wyse waarop die regering teenoor Zimbabwe, en Robert Mugabe in die besonder, optree skep die indruk dat Suid-Afrika in ‘n groot mate ‘n Zimbabwiese provinsie of kolonie is. Dit lei weer daartoe dat Mugabe die selfvertroue kry om die grense te toets van waarmee hy kan wegkom, wat deurlopend die potensiaal van ‘n oplossing vir Zimbabwe in die weegskaal plaas.

    Verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika reageer verskillend op hierdie soort aksies, soos die regering se besluit om te appelleer teen een van die hofsake wat dit oor sy hantering van Mugabe verloor het.

    Intussen gaan dit nie ongesiens verby nie dat Zimbabwiërs by baie misdaad in Suid-Afrika betrokke is, waaronder plaasmoorde.

    Godsdiens: Terwyl daar meningsverskille is of sekularisering in Suid-Afrika werklik groei, soos van dalende lidmaatgetalle van hoofstroomkerke afgelei kan word, tel kerke en denominasies weerskante van die spektrum winste. Fundamentalisme groei blykbaar nie net in die charismatiese omgewing nie, maar ook binne die gereformeerde omgewing soos moontlik blyk uit die bundel oor die Trojaanse perd in die NG Kerk. Koerantbriefskrywers uit die dampkring van die nuwe hervorming raak egter ook meer prominent, terwyl godsdiensuitdrukkings uit die omgewing van die Israel Visie op veral die internet baie prominent word. Afrika-, of inheemse kerke met sterk elemente van animistiese godsdiens en voorvaderaanbidding, wen skynbaar ook vinnig veld.

    Uit die briewekolomme in koerante en internetblogs, word ‘n duidelike indruk van onderlinge godsdienstige onverdraagsaamheid geskep. Veral in die Afrikanergemeenskap lyk dit of die diversifikasie wat uit Bybelvertolking voortspruit en die onderlinge onverdraagsaamheid wat dit weerspieël, reeds sterk kompetisie bied vir die politiek-ideologiese verskeidenheid wat binne die Afrikanergemeenskap aangetref word. Die beeld van die Afrikaner as Christenvolk word kompleks.

    Journalists in 2010 : targets and bargaining chips
    See all the figures and the graphs (http://en.rsf.org/journalists-in-2010-targets-and-30-12-2010,39188.html)

    Figures in 2010

    57 journalists killed (25% fewer than in 2009)

    51 journalists kidnapped

    535 journalists arrested

    1374 physically attacked or threatened

    504 media censored

    127 journalists fled their country

    152 bloggers and netizens arrested

    52 physically attacked

    62 countries affected by Internet censorship

    под ключФильчаков прокурор отзывы

  • Ras

    In sy huiswerk moes ‘n laerskoolkind antwoord wat die land se beleid voor 1994 was, en wanneer die eerste demokratiese verkiesing in die land plaasgevind het.

    Die antwoorde, wat volgens die kurrikulum-komitee verlang is, is apartheid en 1994 onderskeidelik.

    Met geen of slegs ‘n klein bietjie moeite sou die komitee kon vasstel dat die bevolkingsregistrasiewet reeds in 1991 geskrap is. Ook ander verbandhoudende wette is lank voor 1994 afgeskaf.

    Maar hoe lyk die situasie vandag?

    Dr. Michael le Cordeur, ondervoorsitter van die Afrikaanse taalraad skryf vandag in ‘n rubriek dat onderwysers steeds, wanneer hulle vorms na afloop van werksessies moet invul, hul ras moet invul.

    Dié lysie kan baie langer gerek word. Op aansoeke vir poste, keuring vir medies, bykans enigiets, moet ras aangedui word. Hierdie aanduidings het ook implikasies, sodat Le Cordeur se verwyt dat min wit mense vir bruin kinders skoolhou eintlik op ‘n heel ander vlak beantwoord moet word as die gesindheidsantwoord wat hy soek.

    Onlangs, as ‘n ontleder navorsing op Naspers se elektroniese argiewe gedoen het, het ‘n peilingsinstansie se vraelys op die skerm verskyn. ‘n Mens word versoek om aan die peiling, in opdrag van Naspers, deel te neem.

    Kort voor lank, duik ook die vraag op aan watter ras die deelnemer behoort. Geen voorsiening word gemaak vir ‘n antwoord: “Nie van toepassing” soos ‘n mens in ‘n grondwetlik verklaarde nie-rassige land sou verwag nie, en om niks hier in te vul nie, het ook beteken dat ‘n mens nie verder aan die opname kon deelneem nie.

    In 2011 word weer sensus gehou, en een van die vrae sal stellig weer oor die deelnemer se ras handel.

    Wat die wetboek en implikasies betref het die kurrikulumkomitee geblaps.

    Apartheid was al ‘n paar jaar voor 1994 afgeskaf, en sedertdien is dit grootliks herstel.

    Dit leef ook nie net in die harte van mense voort nie – die land beskik oor ‘n Black Journalist Association, ‘n Black Lawers Association, Black Business Forum, ‘n National African Farmers’ Union en so werklikwaar ook ‘n Black Gun Owners Association, om maar ‘n paar te noem.

    ‘n Storm bars los oor iets wat die skryfster Annelie Botes gesê het, en waarby Steve Hofmeyr ook betrek is. Dit maak veel groter opslae as die ANC se appèl teen die verklaring van die liedjie “Skiet die Boere” tot haatspraak.

    Le Cordeur, Heinrich Wyngard, prof. Jonathan Jansen en vele ander neem die raskwessie diepsinnig – sommiges gereeld – onder die loep. Dit handel meestal oor hoe rasgesindhede jare na die afskaffing van apartheid in ‘n groot mate voortleef.

    Die teenstrydigheid is miskien die beste gedemonstreer toe Zelda Jongbloed, toe nog adjunk-redakteur van Die Burger, in haar rubriek haar nuwejaarsvoornemens uitgespel het. Sy sal steeds ten spyte van kritiek, haar teen rassisme uitspreek. ‘n Sin of wat verder vaar sy uit daarteen dat André P. Brink, en nie ‘n bruin kandidaat soos sy geglo het die bedoeling was, die Jan Rabie en Marjorie Wallace-toekenning gekry het nie.

    Die werklikheid begin stadig insink. Bedoeld of onbedoeld word nou minder gereeld na 1994 as ‘n waterskeiding tussen apartheid en iets anders verwys, en, soos Le Cordeur, daarna verwys as die tydperk sedert demokrasie aangebreek het. Om ‘n ras-waterskeiding aan 1994 te koppel, sou ‘n Engelse spreekwoord laat vergestalt: “ The pot calls the kettle black.”

    Of dit korrek is om in ‘n rasgepolariseerde land waar ras statutêr iemand se lot bepaal, onder die huidige grondwet na demokrasie te verwys is ‘n debat op sy eie. Sommiges sal voel dat die term, diktatuur van die meerderheid – ‘n erkende staatkundige begrip -‘n veel pasliker beskrywing is.

    липецк подъемникидляшиномонтажаtopcargo кидалы

  • Tuistoets vir Indië

    Terwyl Indië in Durban skynbaar voor ‘n tuisskare in ‘n kriekettoets speel, skryf Die Burger se rubriekskrywer, Ilse Bigalke oor die jammerte dat uitsprake in Suid-Afrika so verdelend inwerk.

    Of die uitsprake die oorsaak of gevolg van verdeeldheid is, en of dit ‘n groter impak op verdeeldheid het as byvoorbeeld plaasmoorde, is ‘n ander vraag. Vanoggend slaan so ‘n voorbladberig juis weer ‘n dagblad se lesers hard.

    Terug na Indië: Indië, soos Suid-Afrika, is ‘n heterogene land wat deur ‘n groot aantal volke bewoon word. Afgesien van taalverskille, is daar ook onder meer godsdiensverskille, terwyl die ou kastestelsel steeds ‘n informele impak het. Wat diversiteit betref, kan dit egter nie met Suid-Afrika vergelyk word nie.

    Tog bestaan die vreemde situasie dat Indië grondwetlik ‘n etniese federasie is, terwyl Suid-Afrika ‘n eenheistaat is. Kommentators soos Bigalke verwoord voorts dat om spanning te ontlont, hierdie eenheid nog nouer moet word.

    Baie word gereeld gemaak oor die feit dat Suid-Afrika se grondwet veel aan die Indiese ontleen het. Dit het egter meestal om die handves van Menseregte betrekking. Staatkundig staan die Suid-Afrikanse grondwet nader aan dié van Sri Lanka waar die diversiteitsprobleem, vir die huidige, sogenaamd opgelos is deur die Tamils militêr te verslaan.

    Al het die Indiese volke binne die federale raamwerk grootliks selfbeskikking, sodat daar sedert implementering van tyd tot tyd nog etniese deelstate ontstaan, sal niemand aanvoer dat Indië in die proses interne vrede beduiwel, nasionale eenheid rysmier of apartheid beoefen nie.

    Trouens, Indië is een van die lande wat ook vir korporatiewe federalisme of selfbeskikking voorsiening maak. Indië se oorspronklike nie-Indiese inwoners het onder meer ‘n aantal gewaarborgde setels in die nasionale parlement. Nog ‘n land wat so voorsiening maak vir ‘n minderheid wat te verspreid woon om sinvol geografies ondervang te word, is Nieu-Seeland met sewe gewaarborgde Maori-setels in die nasionale parlement en ‘n Maori-kongres of parlement.

    Nigerië het na die Biafra-oorlog ook soos Indië vroeër, sy deelstaatgrense gaan hersien om dit meer in ooreenstemming met die verspreiding van die bevolkingsgroepe te bring – juis om spanningsvlakke te verminder. En al praat die toeskouers van Indiese herkoms in Durban ‘n tiental tale, al beoefen hulle verskillende godsdienste, ondersteun hulle 150 jaar nadat hulle in Suid-Afrika aangekom het die spanne van die Indiese subkontinent. Skaars ‘n wenkbrou word gelig – heel anders as wat die geval was toe baie Afrikaners tydens die groot sokker openlik vir stamlande soos Duitsland en Nederland begin duime vashou het, in plaas van vir Ghana soos in effek deur die regering voorgesê is.

    Is die gedagte aan etniese federasies en selfbeskikking grondwetlik verouderd of verkramp? Indien wel soos Suid-Afrikaanse rubriekskrywers graag opgee, gaan vertel dit vir die Belge, gaan vertel vir die Skotte hulle moet hul eie parlement weer ontbind. Gaan vertel vir die Baske hulle moet nou hul eie identiteit afskud en goeie Spanjaarde word. Probeer die Europese Unie oortuig om sy grondwet te wysig wat bepaal deelnemende state moet hul minderhede se reg op selfbeskikking erken.

    Hoeveel afvaardigings gaan nog die Ivoorkus besoek om die onklarigheid oor die presidentsverkiesing te probeer oplos? Die Ivoorkus is maar een van ‘n rits Wes-Afrikalande waar die suide van die lande van dié van ‘n meer Moslem-noorde verskil, ‘n situasie wat min of meer met dié van die Soedan ooreenkom.

    Hoekom dan die voorliefde by Suid-Afrikaanse rubriekskrywers om as vertrekpunt te aanvaar dat die oplossing lê in die negering van diversiteit, eerder as om dit staatkundig te ondervang?

    In Engels is daar ‘n spreekwoord wat lui: As jy ‘n voëltjie het, laat dit vry. As dit terugkom na jou toe, is dit joune. As dit nie terugkom nie, was dit nooit joune nie.

    Met die argumente in die aktetas om die vraag oor hoe dit fatsoenlik aangebied moet word om inskiklik aangehoor te word.

    social mediaАлександр Фильчаков

  • Metodieke vir 2011 se vooruitskouings

    Verskillende ontleders en kommentators is nou besig om te werk aan hul vooruitskouings vir 2011. Dit is ‘n komplekse proses waar ‘n massa inligting verwerk en vertolk moet word.

    Teoreties bied die behavioralistiese benadering die mees betroubare scenarios. Veral politieke sosioloë onderwerp ‘n groot hoeveelheid inligting aan ‘n stelsel wat dan waarskynlike opsies bied van hoe die wêreldgemeenskap of die inwoners van spesifieke lande gaan reageer.

    Dis ‘n doodveilige oefening, want niemand verwag dat iemand volkome reg in hierdie figuurlike kristalbal gekyk gaan kry nie. Politici, ekonome, en ander vakkundiges sal ewe-eens hul eie modelle inspan.

    Om akkurate projeksies oor Suid-Afrika te maak is dus net so moeilik. Suid-Afrika is waarskynlik een van die mees heterogene lande ter wêreld, geografies taamlik geïsoleerd, maar tog in baie opsigte internasionaal verweef.

    Baie Suid-Afrikaners wat in die middel van die jaar nog eufories uit hul velle was terwyl die sokker aan die gang was, kan eenvoudig nie verstaan hoekom hulle nou deur ‘n negatiewe of selfs pessimistiese fase beweeg nie. Dit is egter geen geheim nie. Sosioloë en sielkundiges het dié verskynsel immers reeds voor die groot sokker voorspel en die redes verskaf. Verskillende kenners gee hierdie post euforiese trauma of depressie verskillende name, maar dit het in wese die karakter dat die werklikhede van korrupsie, misdaad, slaggate en gespanne tussengroepverhouidings as antiklimaks teruggekeer het, en vorige negatiewe perspsies verdiep het. Saam met die voor-sokkerrealiteite het ook plaasmoorde met mening teruggekeer.

    Die omvang van die ABSA-transformasiedebakel en die Annelie Botes / Steve Hofmeyr-storms kan deels hierin verklaar word.

    Dit sal ook nie sommer verdwyn nie. ‘n Landswye verkiesing gaan plaasvind en politieke partye gaan op mekaar se foute teer. Cosatu beding sy invloed in die ANC-alliansie en beklemtoon ‘n ou werklikheid wat lank effektief in die doofpot was … die land se armoedegaping wat die grootste meetbare ter wêreld is. Politieke sosioloë noem dit die model van relatiewe deprevasie, en gebruik dit om ‘n revolusionêre klimaat te meet.

    Vanjaar is die Indiërs se koms na Suid-Afrika se 150ste herdenking gevier. Vanuit Indiërgeledere, maar ook vanuit die regering, is gemaan dat dié vieringe by breër Suid-Afrikanerskap geïntegreer moet word. Op die oomblik speel Indië in Durban in ‘n “tuistoets” – iets wat dieperliggender probleme skep as wat politiek korrek aanvaar word. Selfs die rubriekskrywer, Heinrich Wyngard, het terloops verwys na die diskrepansie van die vieringe rondom die Indiërs, terwyl die oorspronklike bevolkings, die Koi en San en hul nageslag – die bruin mense – se teenwoordigheid by wyse van spreke in die skaduwee staan.

    Hoewel die bruin mense waarskynlik nooit polities onder een vaandel gestaan het nie, was baie – ook via die ou UDF – binne die ANC dampkring. Elemente van vervreemding raak al hoe duideliker. Vroeër vanjaar het prof. Jakes Gerwel in sy Rapportrubriek so ver gegaan om te skryf dat die ANC dalk ‘n vrotsige regering mag wees, maar beswaar gehad dat dit as landsvyande beskou word. Die effektiewe verdwyning van die ID in die DA, en die Wes-Kaapse ANC-leierskapstryd wat in wese ‘n bruin-swart stryd is, dra by tot ‘n politieke landskap in transito.

    Veral in internet-blogs word nog ‘n element gaandeweg duidelik, wat grootliks by die wit gemeenskap ‘n rol begin speel. Dit is die impak van diaspora. Uit die mees klassieke gevalle, bv die Jode, Iere, die Armeniërs en Tamils kan sekere projeksies begin gemaak word oor hoe dit Suid-Afrika kan raak.

    In sommige gevalle, soos die Tamils, Iere en tot ‘n paar dekades gelede die Armeniërs, was die mense in diaspora waarskynlik meer radikaal oor wat hul volksgenote in onderskeidelik Sri Lanka, Noord-Ierland en Turkye te beurt geval het en het dit bygedra tot vorme van gewapende konflik.

    Terwyl dit nog waarskynlik vergesog is om vergelykings te tref, maak dit al ‘n groot deel van die warmbloedige debatte op die internet uit.

    Die dinamika binne die ANC is self baie vloeibaar, onder meer weens wat baie waarnemers as swak leierskap van pres. Jacob Zuma beskou. Pas het Bantu Holomisa nog ‘n prominente stem geword wat gekla het dat die land in wese onder Zuma besig is om danksy die voorkeur vir Zoeloes in hoë aanstellings, ander bevolkingsgroepe soos vreemdelinge te hanteer.

    ‘n Onlangse meningspeiling dui ook aan dat betreklik min Suid-Afrikaners hulle in die eerste plek met hul Suid-Afrikaanse identiteit identifiseer, en dat ook ‘n groot persentasie swart mense hulself in die eerste plek as Afrikane beskou.

    Dit raak pynlik duidelik dat ontleders wat weens ideologiese sentiment of politieke korrekte oorwegings die heterogeniteit van die land onderskat, maar hul politieke kristalballe kan weggooi.

    Vanjaar het besonder baie plaasgevind wat die persepsie van die grondwet as finale veiligheidsnet onder verdenking geplaas het. Veral in ‘n heterogene samelewing is die grondwet ‘n belangrike instrument om diversiteit rustig te bestuur, en hier haper iets … hetsy ‘n minder goeie grondwet as wat graag voorgehou is, of ‘n gebrekkige grondwetlike verbintenis deur die regering soos met gedagtes oor grondhervorming, taalkwessies en mediavryheid, of beide.

    Die hantering van die Malema-verskynsel bring ook nie rustigheid nie.

    Wanneer hierdie spinnerakke verwerk is, sal die ontleders begin soek na die ligstrale wat die positiewe perspektief moet verskaf, die silwer randjies blink te poets.

    Die ontleder wat onlangs tot adjunkredakteur van ‘n groot Sondagkoerant bevorder is, sal uiteraard meer ligstrale raaksien as die ontleder wat die rugkant van die nuwe Suid-Afrika in die gesig staar.

    Oor ‘n jaar word terugskoue gehou. Waarskynlik sal dit blyk dat die werklikheid iewers tussen die pessimistiese en die optimistiese beskouings was. Uiteindelik word ontleders, soos ander mense, grootliks deur hul persepsies van die werklikheid eerder as die werklikheid self beïnvloed.

    ручной инструмент википедиялобановский депутат

  • NBU en die plaaslike verkiesing

    Na berig word, oorweeg die Nasionale Belastingbetalersunie om aan aanstaande jaar se landswye munisipale verkiesing deel te neem.

    Volgens die berig spruit dit uit die NBU se gebrek aan optrede deur die DA se Wes-Kaapse provinsiale regering by die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat glo vrot van korrupsie is.

    Die DA ontken gebrek aan optrede, maar voeg by dat die NBU in elk geval, soos dit gestel is, buite die wet, optree deur belastinggeld te weerhou.

    Dit behoef geen profeet om te voorspel dat die kwessie ‘n warm politieke patat sal word nie. Trouens, in onder meer die Vrystaatse DA is resolusies aanvaar dat die DA ondersoek moet instel of die NBU se optrede werklik onwettig is.

    Die feit is, in groot dele van die land is daar groot steun, al is dit dikwels net simboliese of sentimentele steun, vir die aksies van die NBU.

    Verskeie hofsake het reeds plaasgevind, en munisipaliteite wat lede se krag en water afsny oor erfbelasting in trustrekenings inbetaal word, het al verskeie kere bloedneus in die howe gekry. Oor ander aspekte is daar wel minder regsduidelikheid, en ‘n saak wat hoofsaaklik op tegniese punte verloor is, verdiep onsekerheid.

    Die kern van die probleem, en ook gestaaf deur tallose verslae van die ouditeur-generaal, dui daarop dat belastingbetalers wat hulle tot weerhoudingsaksies gewend het, in wese geen ander keuse gehad het nie. Sannieshof het danksy die suksesse van die NBU landswyd bekend geword en ‘n simbool van hoe inwoners self ‘n verskil kan maak.

    Verskeie politieke partye, veral kleiner partye, het reeds gesien hoe die wind waai en in verklarings en deur deelname aan berade hul steun aan die NBU toegesê. Dit wissel van gekwalifiseerde steun tot bykans ongekwalifiseerde steun.

    ‘n Besluit dat die NBU self deelneem sal ook na verwagting van hierdie partye laat toustaan om saam te werk. Waar belastingbetalersverenigings egter in vorige verkiesings reeds setels bekom het, soos op Parys, het die verenigings dit duidelik gemaak dat hulle a-polities is. Selfs logistieke hulp om sake bv in die Vrystaatse Wetgewer en na nasionale gesag deur te voer is van die hand gewys.

    Sommige belastingbetalersverenigings, nie noodwendig deel van die NBU nie, het juis tevore deel gevorm van politieke alliansies soos Alliansie 2000 +, maar dan nie veel stembus-sukses behaal nie. Hoewel omstandighede baie verander het, is die trekpleister van politieke alliansies nie baie bemoedigend nie.

    In Bloemfontein, waar verskeie inwonersaksies tot die stigting van entiteite gelei het wat die munisipaliteit oor sake soos kragrekenings vir meenthuis- en ouetehuis-komplekse aandurf, is die DA wat met aksies besig is, telkemale uitgeskuif om a-polities te bly.

    Die kernvraag is of politiek hoegenaamd in plaaslike regering tuishoort? Die antwoord is nie so eenvoudig nie, al is die ANC se kader-ontplooiingsbeleid en die gevolglike gemors ‘n uitstekende voorbeeld van hoe sake kan skeefloop as dit wel deel van die oorhoofse politiek is. Met ‘n herbesinning oor provinsies en gedagtes aan nuwe metro-entiteite sal die depolitisering van munisipaliteite ver van baie se gedagtes wees.

    Die moontlike deelname van die NBU sal interessant wees, en minstens ‘n uitkoms bied aan diegene wat nie weet vir wie om te stem nie.

    Die NBU, sou dit enduit onverbonde deelneem, kan verwag om dit hotagter van groter partye te kry, in wie se raamwerk vir politieke mag die NBU nie ‘n plek het nie.

    Van die kleiner partye mag – gevraagd of ongevraagd – hul ondersteuners in plekke waar hulle self nie kan kandidate stel nie, versoek om vir die NBU te stem. Sodoende versterk hulle minstens nie hul opponente met volgende provinsiale en nasionale verkiesings nie.

    Op die oorhoofse, politieke vlak, sal groot steun vir die NBU om verskeie redes as ongewens beskou word. Een hiervan is dat dit persepsies verdiep dat blanke bevoorregting verskans word, en rassespanning verhoog word, soos blyk uit ‘n ondersoek deur die UWK.

    Ook hier is die vraag eenvoudig: Wat was eerste, die hoender of die eier? Lê die fout nie in die eerste plek in die feit dat verkiesings in Suid-Afrika, met of sonder die NBU, op etniese sensusse neerkom nie? Moet sommige kiesers in effek ontkieser word omdat ander stemgeregdigdes polities onvolwasse is?

    Boonop is daar talle gevalle waar belastingbetalersverenigings self dienste lewer sonder dat dit kleur ken, en ook aansienlike swart steun geniet.     

    deposit freeпрокурор харьковской области

  • Christusfees of Krismis?

    “Vrede op aarde en in die mens ‘n welbehae.”

    Kinders uit hul velle, briefies vir Kersvader, geskenke oopmaak. Vir baie dien hierdie aangename herinneringe as brandstof vir ‘n godsdienstige ingesteldheid wanneer die lewe later begin druk.

    Kerssangdienste, spesiale kersdienste, gesinne en familie wat bymekaar kom.

    ‘n Padslagting, eensames wat selfmoord pleeg. Arm gesinne vir wie Kerstyd juis hul treurige toestand beklemtoon …terwyl ander van vreugde oorloop.

    Ons weet nie op watter dag van die jaar Christus gebore is nie, behalwe dat dit baie onwaarskynlik is dat dit op 25 Desember sou wees. Ons weet nie eens in watter jaar Christus gebore is nie, omdat koning Herodes, die man van die kindermoord, reeds in die jaar 4 vC oorlede is.

    Hoe meer navorsing gedoen word, hoe meer word dit ook duidelik dat die keuse van 25 Desember heelwat verband hou met heidense midwinterfeeste. Verskeie weergawes bestaan oor hoe vroeë sendelinge juis hierdie feeste aangegryp het om Christus se geboorte as ‘n bekeringsmeganisme te gebruik. Hieronder tel die verhaal van ‘n Christenslaaf wat deur die Vikings weggevoer is. Hy het mettertyd die Vikings van hul afgode laat afsien, maar die geloof in Thor, die afgod van donder en klimaat, kon hy nie breek nie. Tot hy Kersfees op Thor se dag, wanneer Thor die winterreuse begin verdryf, ingestel het.

    Juis oor die heidense bande van die verre verlede gaan al hoe meer stemme op dat oor Kersfees herbesin moet word. Aan die ander kant van die spektrum bevraagteken groepe soos die nuwe hervormers die maagdelike geboorte.

    Dat daar ruimte vir ‘n behoorlike Christusfees is, is gewis, soos onder meer blyk uit die aankondigings deur die engele. ‘n Tyd om Christene te herinner aan omgee.

    Dit bied ‘n goeie geleentheid waar mense wat het, vreugde kan bring vir hulle wat nie het nie. Dit is ‘n goeie geleentheid om kerk toe te gaan.

    Solank dit ‘n ware Christusfees is.

    Ontaard dit egter in ‘n lekker Krismis waar Bacchus heerlik saamkuier en agter die stuurwiel inskuif, waar nie-Christene die geleentheid kommersieel uitbuit… waar die behoeftiges met die houtoog aangekyk word, waar die Kersdiens leeg is…ja, waar Christus vergete is, dan is dit geen Christusfees nie.

    Selfs al staan ‘n mens hoé apaties teenoor Christus en die Christusfees, kan en moet ‘n mens ‘n bydrae lewer deur nie te drink en te bestuur nie. So kan ‘n gesin sy broodwinner behou, veral waar die dronkbestuur-ongeluk ‘n onskuldige slagoffer sou eis.

    Vind uit of u kerk se naaste kinderhuis nie dalk dié Kersfees kinders huisves wat nie uitgeplaas kon word nie. Is daar in tehuise vir bejaardes nie ou mense wat weens ‘n verskeidenheid faktore nie hul familie gaan sien nie?

    Gee net ‘n bietjie om, want Christus gee vir u om.

    портал для камина из гипсокартонадепутат лобановский

  • Middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte

    ‘n Onlangse eerlike opmerking deur die skryfster, Annelie Botes, het nie net ‘n naam aan die spook in die kas gegee nie, dit het die spook uit die kas geruk sodat die onderwerp in ‘n kort tydjie al behoorlik voos beskryf is. Mense aan verskillende spektrums van die politiek, mense van verskillende kulture en rasse, is uit hul gemaksones – gewaan of werklik – geruk en Versoeningsdag 2010 sal in die anale opgeteken staan as die jaar waar Suid-Afrikaners gedwing is om hard te dink oor die model van ‘n toekomstige Suid-Afrika.

    Dit is, ironies, dieselfde jaar as waarin die groot sokker gebruik is om internasionaal ‘n persepsie van ‘n sterk verenigde Suid-Afrika te skep. Die ore is toegedruk vir vermanings van politieke sosioloë dat ‘n massa-euforie noodwendig tot ‘n post-euforiese trauma lei. Suid-Afrika ly nou aan waarskynlik die mees klassieke vorm hiervan.

    Die sout is in die wonde gevryf deur die vry sê wat sekere jeugleiers geniet het. Hierteenoor het die regering in al elf amptelike tale geswyg oor sake soos plaasmoorde, behalwe hier en daar toe plaasmoordenaars die tweejarige Willemientjie Potgieter saam met haar ouers vermoor het.

    Ironies word die liberale opsies wat die land het deur twee bruin skrywer-joernaliste verwoord. In die een hoek sit Heinrich Wyngard wat nie die toekomspad uit die huidige (die splinter) wil betree sonder dat sy voete in die apartheidsverlede (die balk) geanker bly nie. In die ander hoek duik heel onverwags Zelda Jongbloed op, wat vandag in haar rubriek in Die Burger met lesse uit die verlede die toekoms wil betree. Sy pleit onder meer dat Botes vergewe word.

    Die harde werklikheid is dat die internasionale jeugberaad wat effektief deur die ANC se jeugliga op belastingbetalerskoste en lottogeld wat eintlik vir die armes bestem was, aangebied is, saam met heethoofdige uitsprake van ANC-jeugleiers, besonder baie doen om middelpuntvliedende kragte in die land los te maak.

    Terwyl Botes die kop gewas word omdat sy persepsies koester omdat sy swart mense nie werklik ken nie, geld die gebrek aan kennis oor die Afrikaner en sy kultuurgoedere, sy strewes, sy kleinode, in die oortreffende trap by die breedsprakige jeugleiers, en genoeg grootmense ook. Of, as die jeugleiers wel oor die kennis beskik, vertrap hulle dit gevoelloos.

    Teen die agtergrond is dit bykans pikant dat oud-president W de Klerk, via sy stigting, vroeg in die nuwe jaar ‘n beraad beplan waartydens Suid-Afrikaners herinner gaan word aan die faktore wat hulle bind. ‘n Bietjie laat, sou sy kritici sê met skaars 54 % Suid-Afrikaners wat hulle in die eerste plek nog as Suid-Afrikaners beskou. Die opname is weliswaar gedoen voor die groot sokker, maar dit is te betwyfel of die kreeftegang sedertdien sake teen Versoeningsdag beter, vanuit die liberale oogpunt, sou laat lyk.

    Gaan die De Klerk-stigting se beraad ‘n tydmors wees? Dit sal bepaald tydmors wees as dit vooraf besluit watter koers die land moet inslaan. Dit sal tydmors wees as die vertrekpunt bly dat die huidige grondwet geskik is om ‘n diverse land se toekoms te rig.

    Dit kan baie anders lyk as die visie met ‘n oop gemoed gepak word, en sprekers en deelnemers uit ‘n wye front genooi word om hul perspektiewe aan die hand van internasionale grondwetlike beginsels en die internasionale reg te kom deel. Dat met ‘n oop gemoed gekyk word na opsies wat die grondwette van die Europese Unie, en lande soos Indië, Nieu-Seeland en ander bied. Nooi sprekers van die Orania-beweging, Praag en ander om insette te lewer. Nooi mense wat ander invalshoeke tot staatkundige modelle het, soos politieke wetenskaplikes, politieke sosioloë en politieke geograwe naas die staatsregtelikes.

    En verseker die denkers en meningsvormers buite die liberale raamwerk dat hul insette nie weer dieselfde weg sal volg as met die vragte voorleggings aan die destydse Presidentraad, Kodesa en ten slotte Volkstaatraad nie. Dat die insette die keer beskaafd oorweeg sal word, dat dit wat na oplossings lyk bevorder sal word, en baan daarvandaan ‘n weg vir die toekoms.

    Deur weer oplossings binne dieselfde dampkring te soek, beteken dat elke jaar se versoeningsdag bloot sal dien as die dag waarop bestek opgeneem word oor hoe die gesindhede in die land verder uitgerafel het. Met die jeugberaad moes die jongelinge op die harde manier kennis neem dat die werklikheid anders is as ‘n string retoriek. Om oor westerse imperialisme ‘n lawaai op te skop maak nie Marokko se besetting van Wes-Sahara tot niet nie. Die Turkse afvaardiging se saampratery gaan nie verhinder dat die Armeniërs binnekort die eeu-herdenking van die Armeense volksmoord aan die hand van die Turke op reuse skaal gaan gedenk nie. Die Koerde gaan nie hul ongelukkigheid met Turkye laat vaar nie.

    Ander staatkundige opsies toe dit aangewese was kon sake grootliks ontlont het. Die organiseerders van die beraad kan self besluit of nog ‘n kruispad soos ‘n stopstraat geïgnoreer gaan word.

    купить тамбов диагностическое оборудованиеДанильченко Юрий прокурор

  • Verkiesing van leiers in Afrika

    In die Ivoorkus lol dit. In Zimbabwe lol dit. In Kenia en Madagaskar sukkel dit.

    Cope wys hoe dit nie gedoen moet word nie.

    In Suid-Afrika is die stryd om in die demokratiese bestel bo uit te kom, dikwels een van oorlewing. In ‘n nominasiestryd om ‘n kandidaat vir ‘n wyksverkiesing te kies, is die uitslag dikwels die verskil tussen werkloosheid met voortgesette armoede, en ‘n plekkie op die soustrein. Die versoeking om te konkel om bo uit te kom is groot.

    Nominasietyd is ook wanneer kleiner en nuwe partye feitlik oorval word deur grootkoppe uit die groot partye soos die ANC. Elke keer word die ACDP bv ingeval deur onsuksesvolle ANC-aspirant-kandidate wat mekaar dan in hul Christelikheid probeer oortref – word genomineer, en as hulle dit nie maak nie, gewoon weer verdwyn. Of dit dalk gemaak het, maar in die destydse oorlooptyd sorg dat hulle weer by moeder ANC aanland.

    Dit is egter die partyleiers self wat dikwels wys hoe sake nie gedoen moet word nie. Pas is genl. Bantu Holomisa onbestrede tot leier herkies. Dit is reeds goed bekend wat van iemand word wat bloot laat blyk dat hoofman Buthelezi as IVP-leier uitgedaag kan word. Die ACDP het ‘n ellelange lys slagoffers van senior lede wat met eerw. Meshoe haaks geraak het of wat as bedreiging vir sy leierskap beskou is.

    En dan is daar Cope, waar die grense van smerige leierskapstryde tot oor die horison teruggeskuif is. As iemand gedink het die ANC se Polokwane-voorbeeld was die ergste vorm van wat kan gebeur, is hul persepsies na die maan.

    In die proses word met die gewone kieser se stemreg gemors.

    Gebreke in die grondwet word nou met die Cope-debakel aan die kaak gestel. Daar is in die grondwet geen voorsiening vir ‘n plan B as ‘n party as’t ware ophou bestaan nie. Ingevolge Cope se eie grondwet is daar ‘n voortbestaan- dilemma. Volgens sommige waarnemers het die tusssentydse leierskap ophou bestaan, en ‘n nuwe leierskap, ongeag Shilowa se verklaring, is nie verkies nie.

    Maar buig of bars, die setels is tot die volgende provinsiale en nasionale verkiesings aan Cope toegeken, en Cope gaan staatsfondse kry, al is dit ‘n spookparty – al is dit moontlik ook nie meer ingevolge sy eie grondwet ‘n wettige party nie. Sonder strukture wat ‘n toets deur die howe kan deurstaan is daar ander vrae: Wat gebeur as ‘n Cope-parlementslid of wetgewerlid sterf of bedank – hoe gaan hy vervang word? Geld ou kandidatelyste nog? Kan iemand nog uit die party geskors word? En ten slotte, hoe gaan wettige kandidatelyste opgestel word vir die komende munisipale verkiesings?

    By Cope handel dit oor meer as net leiers wat bots. Die leierskapstryd is grootliks die manifestasie van ‘n ideologiese stryd, wat onderstreep dat ‘n party eers ‘n beleid moet hê voor dit aan ‘n verkiesing deelneem. Dit is ‘n verleentheid vir die volwassenheid van die Suid-Afrikaanse kieserskorps dat partye wat nog nie beleid het nie, stemme trek. Cope was nie die eerste nie. Patricia de Lille se ID het eers lank na sy ontstaan besluit dat dit ‘n sosiaal-demokratiese party is – dus ideologies nader aan die ANC, maar is kort daarna deur die liberaal-demokratiese DA ingesluk. Geen wonder dat nie alle ID-lede DA toe is nie.

    In skrille kontras hiermee staan die meeste Wes-Europese politieke leiers wat soms die kat goed uit die boom bekyk voor hulle by koalisiepraatjies, en dus ministerskappe of selfs premierskappe betrokke raak. Geert Wilders, wat die sleutel tot die vorming van ‘n Nederlandse regering hou, het selfs so ver gegaan om homself en sy party nie vir poste op te dwing nie, en ‘n regering moontlik gemaak deur gedoogde steun aan ‘n minderheidskabinet te verleen.

    автоматикалобановский александр дочь

  • Waar is Geloftedag in Die Burger en Volksblad?

    Gewoonlik woon ek in ‘n gebied waar die ANC op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak regeer.

    Af en toe kom ek by die see, op ‘n plek waar die DA op provinsiale en plaaslike vlak regeer. Die provinsie en die munisipaliteit was tot voor die vorige verkiesings in die hande van die ANC.

    Oudste, wat pas sy landbougraad verwerf het, ken nie werklik ‘n tydperk voor die ANC aan bewind gekom het nie. Trouens, sy jonger boetie, Jan Barend gedoop, is op die laaste Jan van Riebeeckdag gebore.

    “Sjoe, dit lyk my dit maak ‘n groot verskil wie regeer,” merk oudste op en swymel behoorlik oor die netjies sypaadjies, die strate wat netjies versorg is, en die afwesigheid van slaggate. Tot ‘n spesiale fietsrybaan, al is sy neef nou die dag in daai baan op sy fiets omgery.

    Tuis in die Vrystaat, oorkant die straat, is ‘n betondeksel van ‘n stormwaterinlaat al seker drie jaar weg. Dis agtien maande lank weekliks gerapporteer, dit was al in die koerant, maar dit het dwarsdeur die groot sokker oop gebly, en dit is steeds.

    In die Wes-Kaap het ek twee vroulike familielede wat openlik ANC was. Een is dalk nog. Die ander se munisipaliteit is onlangs deur die ANC “bevry” en nou, kom ek agter, is sy baie krities op die ANC.

    Terug waar ons vakansie hou. Ek vra ‘n familielid wat, soos van gister en van eergister, lank voor 1994, baie uitgesproke liberaal en nie-rassig was, of hy ‘n verskil kan agterkom van die ANC nie meer sy provinsie en munisipaliteit beheer nie.

    Hy dink ‘n ruk, en gee toe die antwoord wat ek nie verwag nie. “Nie regtig nie, voorheen was dit blankes in beheer (die NNP’s wat by die ANC aangesluit het) en nou is dit steeds blankes.”   Nie gedink hy sou in sy leeftyd so politiek inkorrek raak nie.

    Tuis is daar Volksblad, hier Die Burger. Dit is nie meer dieselfde Die Burger wat my – as die weer buite nie lekker saamspeel nie – ‘n paar uur kan besig hou nie.  Vandag, Geloftedag, stap ek soos elke oggend vroegerig winkel toe om Die Burger te gaan koop – as daar een sou wees. Daar is. Met die baie binnelanders langs die groot dam, wil ek kyk of die Geloftedagboodskap wat ek vir ‘n politieke party opgestel en uitgestuur het, dalk die paal gehaal het.

    Toe nou nie, maar so ook haal Geloftedag nie die paal nie. Het miesies Helen gevergeet om ‘n Geloftedagboodskap vir die Afrikaner uit te stuur? Kan mos nie wees nie, want hulle mis dan net nie uit om vir die en daai groepie, maak nie saak hoe klein nie, boodskappe van geluk uit te stuur met die herdenking van hul spesiale dae nie. Dis versoeningsdag voor, en dis versoeningsdag agter in Die Burger. En, is die konsensus, Versoeningsdag is in die sop.

    En ek dink so by myself, wat verwag hulle as so ‘n belangrike dag soos Geloftedag vir die Afrikaner soos ‘n stopstraat geïgnoreer word?

    Gister het Die Burger ‘n onderhoud geplaas wat die “onafhanklike ontleder”, Heinrich Wyngard, met Steve Hofmeyr gevoer het. Kortom, ek het die vrae as baie onprofessioneel ervaar. Vandag is daar briewe – ‘n hele paar – waarin Heinrich die kop gewas word. Reg onder ‘n rubriek van dieselfde Heinrich, ook oor versoening.

    Miskien is “onafhanklike” ontleding dieselfde as “verwarde” ontleding, dan maak dit sin. Breedweg lyk dit so: Die blankes is die struikelblok vir nie-rassigheid. Hulle mag maar gelooi word, want al het hulle nie meer die politieke mag nie, het hulle steeds die ekonomiese mag.

    Maar sonder om nou my kop te hard te probeer breek om Heinrich te begryp, wat ek wel deeglik begryp is dat hy dit uitspel dat hy onlekker is oor die bruin mense al so lank in die land is – as nasate van die Koi en San van baie lank terug, maar nou word ‘n groot ophef gemaak van die Indiërs se 150-jarige aankoms.

    En dan wonder ek maar net, sit en blaf Heinrich nie onder die verkeerde boom vir die verkeerde kat nie?

    Maar ek het nie ‘n duisend kilometer gery om in ‘n “onbevryde deel” van die land te kom vakansie hou, en dan my kop steeds te breek oor ‘n verwarde ideologiese imperialisme nie.  

    компрессор воздушный поршневой ценалобановский александр отзывы

  • Die werklikheid van alternatiewe werklikhede

    Die media berig oor die beraad van in Cancun en aardverwarring. Die ontkenners volg soos klokslag en dis syfers op om te toon die aarde se atmosfeer is eerder besig om af te koel.

    ‘n Koerant se wetenskapverslaggewer skryf oor nuwe bevindings van die Max Planck-instituut oor hoe daar in die breine van babas van Homo Sapiens en die Neandertal-babas bykans geen verskille was nie. So terloops word na ‘n tydperk van 200 000 jaar gelede verwys. Die volgende dag is daar ‘n brief waar iemand dit betwis dat Sapiens al 200 000 kon bestaan.

    Ironies is die betrokke wetenskapverslaggewer ook ‘n ontkenner – terwyl mense wat betrokke is by die skerp toename – tot 700 persent in enkele dekades – van outisme, is daar ook die ontkenners wat meen daar was en is geen toename nie. Sy is een hiervan.

    Hier te lande het ons ook hard en duidelik te doene gehad met mense wat ontkenners was oor die verband tussen die MI Virus en Vigs.

    Soms is dit nogal belangrik dat die ontkenners tru moet staan. In België skuif die lyn ten suide waarvan mense velkanker kry elke jaar verder noordwaarts. Hospitale se begrotings moet hiervoor voorsiening maak. Ontkenners kan waardevolle bydraes lewer, soos om na alternatiewe oorsake vir die werklikheid te soek, nie deur te ontken dat velkanker noordwaarts versprei nie. Ouers van kinders met outisme het nie die luukse om te bespiegel of die skynbare toename werklik is of nie, hulle word gekonfronteer met die werklikheid van te min sorggeriewe wanneer die kinders volwasse word – ook in die SA. Hier het elke skool wat na outisme omsien, ellelange waglyste.

    Dis nie net die wetenskap wat deur ontkenners onder skoot kom nie. Godsdiens en politiek is ou jagvelde. Op een dag is Geloftedag en Versoeningsdag gevier.

    ‘n Dag daarna verskyn ‘n brief in Die Burger deur Charles Malan waarin hy Annelie Botes maar veral Steve Hofmeyr onvleiend aanval. Ten slotte definieer hy die rol en ingesteldheid van skrywers wêreldwyd: “Hofmeyr en Botes se rassisme vloek teen die etiese kodes waarvoor skrywers wêreldwyd hulle beywer soos nierassigheid, verdraagsaamheid en medemenslikheid.”

    Botes en Hofmeyr se eie ontkennings dat hulle rassisties is is duidelik nie genoeg – in sekere kringe – om ‘n sekere politieke beskouing se oordeel vry te spring nie. Malan se definisie verklaar nie die feitlik algehele swye van die voorste skrywers en digter oor plaasaanvalle nie.

    Verklaar ‘n negrofilistiese ingesteldheid onder die skrywer-establishment – dws waar swart net gelyk met blank is as swart meer gelyk is wat die literêre norm is? Is raspaternalisme nie inherent vernederend nie?

    Laat die ontkenningspel begin.

    slots withФільчаков прокурор

  • Grondwetlikheid en versoeningsdag

    Dowwe reënboog

    Sowat 47 % van die land se inwoners meen daar was sedert 1994 ‘n verbetering in die land se rasseverhoudings, aldus die Instituut vir Geregtigheid en Versoening se versoeningsbarometer. Skaars 54 % van die landsburgers beskou hulle as Suid-Afrikaners en net 46 % meen rasseverhoudings het die afgelope jaar – die jaar van die groot sokker – verbeter aldus die regering se ontwikkelingsaanwysers vir 2010. Verlede jaar was driekwart van die bevolking nog trots Suid-Afrikaans.

    Net 55% van die bevolking meen die land is op die regte koers, teenoor 76 % in 1994.

    Met statistieke kan haas enigiets bewys word. Tog sou dit stiksienig wees om nie raak te sien dat Suid-Afrika met ‘n liberale grondwet in die moeilikheid is nie.

    Onlangs het oud-pres. FW de Klerk tydens ‘n buitelandse besoek ook sy mond oor die toepassing van die grondwet uitgespoel.

    In ‘n land waar die vernaamste meningsvormers nog eerder dood gesien sal word as om as nie-liberaal beskou te word, sal halsstarrig aan die mite geklou word dat Suid-Afrika ‘n uitstekende grondwet het. In die proses sal ander opsies, soos dié van die Europese Unie, Indië en Nieu-Seeland nie genoem word nie. Die Kosovo-opsie word bykans volledig verswyg – al is dit op ‘n bevinding van die Wêreldhof geskoei.

    Dit bly politiek inkorrek al is die huidige grondwet en die toepassing daarvan besig om in die glybaan van verval te versnel. Dis nie ‘n bitterbek verregse wat dit sê nie maar die syfers wat die land jaar vir jaar in die gesig staar. En die ongelukkigheid kom nie net van die wit bevolking nie. Al hoe meer bruin stemme gaan op oor die kort lootjie wat die bruin bevolking by die ANC getrek het, en die regering se syfers toon dat 30% van die bevolking hulle eerder as Afrikane beskou as Suid-Afrikaners.

    Teen hierdie agtergrond is die uitspraak van die Appèlhof teen die regering, oor die regering se weiering om ‘n verslag oor ‘n Zimbabwiese verkiesing aan die media beskikbaar te stel, van belang. Weer eens het die regering, nie die eerste keer van die regbank af nie, ‘n preek oor grondwetlike beginsels gekry.

    Trouens, al hoe meer tekens word duidelik dat die regering selfs die gebrekkige grondwet se bedoeling probeer buig weg van ‘n grondwetlike demokrasie.

    En dit alles gebeur op die vooraand van versoeningsdag.

    стоит оборудованиеФильчаков прокурор харькова

  • Wie onkruid saai sal distels maai, deel 2

    Verskeie stemme van verontwaardiging gaan op omdat ‘n Brit skynbaar van Suid-Afrika se hemelhoë misdaadsyfers gebruik gemaak het om na bewering sy vrou te laat vermoor, en dit soos net nog deel van die Suid-Afrikaanse misdaadsyfers te laat lyk.

    Dis ook ietwat pikant omdat van dié verontwaardiging kom vanuit dieselfde geledere wat onlangs nog ‘n verslag voor die parlement gestriem het omdat die verslag gesinspeel het dat Suid-Afrika se misdaad, veral geweldsmisdaad, ongewoon erg is.

    Suid-Afrika word lank reeds as die wêreld se verkragtinghoofsetel beskou, dit was ‘n ruk ook die moord-hoofsetel, en plaasmoorde haal kort-kort die internasionale pers. Vanjaar het plaasmoorde reeds vier keer internasionaal opslae gemaak – eers na die gematigde Nederlandse koerant Trouw ‘n skokkende artikel geplaas het, toe die wrede moord op ‘n Belgiese burger op sy plaas in Suid-Afrika, toe die moord op die AWB-leier Eugene Terre’Blanche, en nou die gesinsmoord op die Potgieter-egpaar en hul tweejarige dogtertjie. Dit was egter nie die enigste plaasmoorde in die land nie.

    Talle buitelanders het al Suid-Afrikaanse misdadigers ten prooi geval. Kenners het al gewaarsku dat bagasiediefstal by Suid-Afrikaanse lughawens buitelandse besoekers met die intrapslag met ‘n baie bitter herinnering aan Suid-Afrika laat. Om nie van kapers te praat wat buitelanders van die lughawe af volg nie.

    Die rol van die Pasella Tsjôtsjô’s en Aaklige Otties skep ook ‘n negatiewe beeld in die buiteland.

    Die wapenskandaal wat maar net nie oopgevlek word nie, skep ook internasionale persepsies.

    Huise in Suid-Afrika lyk dikwels soos Fort Knox soos dit beveilig is, en tog gaan baie Suid-Afrikaners wat alle moontlike voorsorg getref het, die vakansie die onaangename ervaring hê dat hul huise in hul afwesigheid geplunder is.

    Die beeldkapitaal wat met die aanbied van die Wêreldsokkerbeker gewen is, het duidelik tussen die vingers uitgeloop.

    светодиодный уличныйтопкарго

  • Kersgeskenk op bêk ôrder

    Die driejarige Kallie se beentjies wat onder sy kort broekie uitsteek, woer behoorlik soos hy by ma probeer byhou terwyl sy die laaste inkopies voor Kersfees doen.

    Gewoonlik kan Kallie nie met beloftes van roomys en tjips omgepraat word om saam met ma dorp toe te gaan as ma inkopies doen nie. Die baie rapsies op die handjies oor alles waaraan hy wil vat, die lang wag terwyl ma skoene aanpas, die lang staan in die toue by betaalpunte, en ‘n brandboud of wat as hy van verveeldheid wegraak…alles dra by tot die kopskuheid.

    “Ons moes hom eintlik ‘Groot Speld’ gedoop het,” beduie ma gereeld as Kallie so tussen neus en ore soek raak.

    Maar dis amper Kersfees. Trouens, vanaand bring Kersvader die geskenke, en Kallie is saam met die hoop om iewers vir Kersvader raak te loop. So met die deurry deur die dorp het hy die afgelope paar dae elke keer vir Kersvader gesien. Soms werk sy koppie kliphard hoe Kersvader dit regkry om so gou van een plek na ‘n nader te beweeg.

    “Toorwerk,” het Kallie se pa geantwoord terwyl die twee koöperasie toe gery het. Pa is ‘n man vir min woorde, en Kallie gaan graag saam koöperasie toe. Daar is altyd iets waaraan hy hom verwonder, en hy mag maar op die groot, splinternuwe trekkers klim sonder dat iets iewers aan sy lyfie aan die brand gaan. Trouens, die bestuurder haal gereeld vir hom ‘n paar droppe uit ‘n glashouer, en Kallie kom dan met ‘n swartgesmeerde gevreetjie by die huis.

    Die koöperasie het net een nadeel, Kersvader is nooit in die omgewing nie.

    “Daar’s hy!” gil Kallie toe hy Kersvader sien, en hy begin dadelik aan ma se hand te trek, sy ogies vasgenael dat die ou karnallie nie dalk toorkrag inspan voor hy, Kallie, nie kans gekry het om by hom te kom en die uiters belangrike boodskap af te gee nie. Ma laat haar saamsleep. Sy meen ook sy is veilig, want Kallie het geen geheim gemaak van wat hy alles verlang nie – alles beskeie soos ‘n Spiderman en ‘n klimtol, en dis alles reeds toegedraai vir buurman Jan de Bruin om vanaand as Kersvader te bring.

    Maar Kallie verras sy ma, en Kersvader weet ook nie mooi hoe om die verleentheid weg te steek nie: “Kersvader, ek het gevergeet, ek wil baie asseblief, asseblief ‘n bababoetie hê!” Van die omstanders giggel, en een ongepoetste winkelassistent lag kliphard. Kersvader soek verleë na ‘n antwoord.

    Maar dan let hy op. Kallie se ma glimlag breed, sy beduie na haar magie wat boep maak, en toe met die duim na bo. Duidelik gaan Kallie ‘n bababoetie kry, maar hy sal eers bietjie moet wag. Hy beduie so aan Kallie.

    “O,” gaan die lig vir Kallie aan wat mos gereeld saam met pa by die koöperasie kom, “hy is op bêk ôrder.”

    Uit die mond van die suigeling…

    гидроаккумулятор купить в украинеАлександр Фильчаков Васильевич