As die rasseskoen aan die ander voet is

Die jaar 2010 is afgesluit met ‘n reuse openbare debat oor die rassekwessie. Dit het ook in peilings geblyk, ironies in dieselfde jaar waar ondersteuners van die huidige grondwet op sukses geroem het na aanleiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit was op die oog af merkwaardig nadat die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche nog in dieselfde jaar tydens ‘n plaasmoord vermoor is.

Reeds in die aanloopfase tot die toernooi het sielkundiges en sosioloë gewaarsku oor die post-euforiese depressie of selfs post-euforiese trauma wat ‘n ruk na die toernooi gaan inskop – dan wanneer mense weer met die harde werklikhede geslaan word. Skerp verhoogde kragtariewe was maar een so ‘n faktor. Plaasmoorde wat in alle erns hervat is, nog een.

Bykans elke insident en argument het op die rassekwessie uitgeloop, en die debakels wat gevolg het op uitlatings deur Annelie Botes en Steve Hoffmeyr was maar simptomaties.

Dit is meer as net ‘n tikkie ironie dat die debat na vanjaar sou oorloop. Vanjaar is dit immers presies 20 jaar sedert Suid-Afrika wetlik gesproke ‘n nie-rassige land geword het, toe die bevolkingsregistrasiewet as deel van ‘n pakket sogenaamde klein-apartheidswette ook in die slag gebly het.

Vroeg in die jaar was dit ook ‘n simboliese, hoewel erg omstrede figuur uit die verlede, wat die rasselont vir die jaar sou aansteek toe Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte na ‘n beweerde spoedoortreding voorgekeer is.

Hoewel die saak nog afgehandel moet word, is die rassekaart sommer hard gespeel omdat een van die twee polisiebeamptes wat die voorkeerwerk gedoen het, blank is. Hy sou glo rassisties opgetree het, wat sy swart kollega verontwaardig laat hoor het dat dit darem dik vir ‘n daalder is – hy is dan self swart.

Die aflosstokkie word nou eers aangegee na ‘n dissiplinêre verhoor in die polisie in die Vrystaat. Hier het die aangeklaagde, ‘n swart polisieman, uit ‘n dissiplinêre verhoor gestap nadat sy Popcru-verteenwoordiger gekla het die dissiplinêre paneel is te wit. Die wit paneellede het hierop ‘n siviele lastereis teen die Popcru-verteenwoordiger ingestel nadat hy hulle glo wit rassiste en konstitusionele misdadigers genoem het.

Die betrokke polisielid is intussen op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat ‘n persoon wat hy glo aangerand het, dood is.

Dat die rassekaart steeds gespeel word nadat ras amptelik lank voor die aanbreek van die huidige bedeling afgeskaf is, hoef niemand te verbaas nie. Ras, as norm, is in oordaad deur die nuwe regering terug op die wetboeke geplaas. Dit raak iemand se status met werksoek, dit raak sy status met aansoek vir keuring, vir beursaansoeke – daar is grondhervormingsteikens. Organisasies soos die Black Lawyers Association, die Black Journalist Association, swart sakekamers en vele meer word gekoester.

Die towerwoord wat alles nie-rassig moet kleur, is “transformasie.” Dié woord is onlangs ook, skynbaar onnadenkend, deur Kovsies se woordvoerder gebruik om te motiveer hoekom God uit die universiteit se leuse gehaal is. So is ook dié kwessie in die rassekookpot gedompel en swart Christene onregstreeks beledig deur die afleiding dat dit gedoen is ter wille van rasseteikens.

Iemand wat met dinamiet werk, moenie met vuurhoutjies speel nie.

пескоструйная обработка металлатопкарго

‘n Mens kan nie jou eie belang in Afrika voorop stel nie

Anton, ‘n mens kan in Afrika nie ‘n koolbredie kook en hoop dat die vliëe dit nie sal toepak nie. Maw jy is gedoem as jy jou eie belang voorop stel en nie die land se belang nie.

Wat verstaan jy onder die begrip selfbeskikking?

пробурить артезианскую скважину ценаФильчаков прокурор

Nog nat agter die ore

Hoe meer dae, hoe meer goggas broei op die Nasionale Jeugagentskap se spore uit.

Dat dié omstrede instelling se sake ondersoek moet word, is voor die hand liggend, en die klagtes wat die Vryheidsfront Plus Jeug by die Openbare Beskermer gaan lê het, is noodsaaklik.

Dit is reeds bekend dat die belastingbetaler en die Nasionale Lotery groot bedrae gehoes het vir ‘n internasionale jeugberaad, wat meer na ‘n saamtrek van Marxisties-geörienteerde jeug gelyk het.

Onder die mees sorgwekkende aspekte is dat dit blyk dat die reiskoste van die Kubaanse afgevaardigdes na Suid-Afrika betaal is. Dit volg kort op die nuus dat Suid-Afrika ook Kuba se aansienlike skuld aan Suid-Afrika afgeskryf het.

Wat nou gebeur is dat ‘n ekonomie met moontlik tot 40 % werkloses en ‘n groot deel van die werkerskorps wat werklik min verdien, ‘n land wat sy eie ekonomie beperk deur ‘n kommunistiese beleid te volg, help dra. Kuba se ekonomie is tradisioneel hoofsaaklik gedra deur die ou Sowjet-Unie wat Kubaanse suiker teen aangepaste pryse ingevoer het.

Ironies is daar nou kort-kort afvaardigings in Kuba om te gaan kers opsteek oor hoe dié mislukte staat dinge doen. Van die vermaning dat as een blinde ‘n ander blinde lei, beide in die sloot gaan val, is blykbaar nog nie gehoor nie.

Nog ‘n bewering wat ondersoek moet word, is dat die kunstenaars wat by die jeugfees op die koste van die belastingbetalers opgetree het, toevallig bereid was om gratis by ‘n partytjie van Julius Malema op te tree.

Oor die noodsaaklikheid dat ‘n jeugagentskap moet bestaan, veral waar die topbestuur skynbaar net as indiensnemingspunt vir die ANC se jeugliga dien, kan nog gedebatteer word. Wat dit betref staan die jeugagentskap immers nie alleen nie, en lyk dit of Limpopo se Pleknamekomittee eintlik dieselfde doel dien.

Die feit is egter dat die jeugagentskap nie ‘n grondwetlike liggaam is nie, anders as byvoorbeeld die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die regte van taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe, Pansat en ander. Veral die eerste kom weens gebrekkige befondsing nie op dreef nie.

Die vraag kan dus gevra word of die regering nie met hierdie skeeftrek self die grondwet willens en wetens minag nie.

продажа зарядных устройствОлександр Фільчаков прокурор

Arbeid raak ‘n al groter probleem

Die amptelike werkloosheidsyfer in Suid-Afrika – volgens die kommunistiese ANC regering – is 24%. Die VN skat dit op 47% maar die werklikheid is seker oor die 50%-merk omdat die VN nie mense tel wat al opgehou het om werk te soek nie. Ook sal dit moeilik wees om al die onwettige immigrante in sulke navorsing te kan opspoor en by te tel. Hulle getalle is reeds hier by die 13 miljoen geskat. Die konsensus is nietemin dat daar baie mense sonder werk sit, en hul raak daagliks meer. Die gevolglike misdaadsyfer – ook misleidend laag geskat deur die propagandamasjien – styg ook.

Oral waar mens in dorpe kom, sit daar swartes langs die strate en “werk” soek. Meeste soek eintlik net geld, nie werk nie. Hulle sal enige klein werkie wat aan hulle uitgedeel word, tot in lengte van dae rek. Dan kom bedel hulle nog geld, kos, en ander “byvoordele” sodat hulle waaragtig die werkgewer tot op die laaste kan droogsuig. Blankes wat by verkeersligte bedel, met dalk ‘n armsalige vroutjie en kind wat op die middelmannetjie sit om verdere oortuiging van hul swaarkry te verleen, raak ook al hoe meer algemeen.

Die geskatte 800 000 blanke plakkers is ook dikwels in die nuus. Selfs oorsee verlustig die media hulle daarin om programme te maak waar die eens magtige blanke volk van Suid-Afrika nou hul heenkome in plakkerskampe moet gaan soek. Volgens berigte is die situasie in dié plekke maar benard; mense kry nie werk nie, hulle sukkel om kos op die tafel te sit, blyplek is skaars en ellende blyk die arme mense se lot in die lewe te wees.

Met die naasteliefde wat die Christen blanke meestal kenmerk, oorweeg baie werkgewers dit deesdae om werk aan behoeftige blankes te voorsien, om sodoende hul lot te verbeter of om ten minste die daaglikse las vir hulle bietjie ligter te maak. Op verskeie konserwatiewe webtuistes is daar al hoe meer advertensies of berigte waar blanke maatskappye of boerderye blankes in diens wil neem. Ook in die baie min konserwatiewe koerante in hierdie land sal mens dikwels advertensies vir blanke poste sien.

En met al hierdie verskynsels, onthou ek nog duidelik die woorde van ‘n oud-Rhodesiër wat in 1989 vir my vertel het dat die ergste ding van ‘n swart regering en van ‘n vervalle blanke staat is dat soveel blankes erger en slegter as die swartes raak. Hulle daal tot op die vlak – en dikwels laer – as ‘n slegte swarte.

Nou ja, dit het ek weer verlede week – vir die tweede keer in die afgelope drie jaar – ervaar toe ek twee blanke manne in diens neem hier op die plaas. R2000 per maand, plus twee stelle werksklere, gemeubileerde verblyf met krag en water, gratis wasgoed wat vir hulle gedoen word, selfoon, twee-rigting radio, kruideniersware en kos en drinkgoed om hulle aan die gang te kry.

In die fleur van hul lewe, 30 en 38 jaar oud. Gesond, fris, met albei hande, oë, bene, longe en ore. Alles, so het ek in my onkunde gedink, om ‘n eerlike dag se werk hier op die plaas te kan verrig. Maar helaas, die werksetiek, die werkstrots, die sin vir verantwoordelikheid, die selfdisipline, dit is ongelukkig van die meer belangrike eienskappe wat ontbreek het. Slegter as ‘n swarte sê ek jou, slegter! Sonder die vermoë om agter hulself skoon te maak en op te ruim, sonder die wil om ‘n trots in hulself te betoon, sonder inisiatief, sonder ‘n eelt of ‘n blaas op hul sagte handtjies. Siestog. Maar as hulle in die oggend inval, dan is die bakhande al reeds in plek: lugtyd, suiker, doktorsafspraak, ‘n vleisie, noem maar op.

Nou ja, ek kners op my tande, ek verduidelik, ek praat mooi, ek praat hard, ek probeer die selfrespek in hulle opwek. Aikôna, hier is die kole reeds koud, geen vlam maak nog lig in hul duisternis nie. Take bly agterweë, gereedskap word sommer in die veld gelos, gasstoof brand 3 ure lank, totdat die ketel swart gebrand is. ‘n Ander man betaal mos die gas en die skade. Ek is 50 jaar oud, ‘n spesifieke taak neem my 2 ure, dit neem hulle ‘n hele dag en dan is dit half gedaan. Kom staan soms by die klein hek: “Wat moet ek nou doen meneer?”. Ek roep dikwels smôrens op die radio: “Waar is julle kerels, dis al 07h15!?” Dan wil een weet of hy sy “quad” fiets plaas toe kan bring. Dan wil die ander weet wanneer kry hulle betaling. Ai!

Ek is geleer: eers werk dan betaling, dan die beloning. Eers prestasie, dan bevordering. En soms werk jy jou agterent af, en die beloning bly buite jou bereik, aanvaar dit, die lewe werk soms so. Maar dit voel vir my dis te lank terug dat ek so geleer is, dit voel vir my alles het verander. Deesdae hoef jy nie te werk nie dan kry jy al toelaes, of jy kry vooruitbetaling, of jy konkel bietjie en maak ‘n wavrag vol geld sonder om té hard daarvoor te gewerk het.

Nou ja, ek is nie juis vir my geduld bekend nie. Na twee weke is dié ook op en moet óf harder gepraat word óf die twee manne moet maar hulle dingetjies – al drie plastieksakkies daarvan – oppak en die rit dorp toe weer aangepak word.

Dis tyd manne, klim. ‘n Kans is julle gegun en nou’s dit verby. Slegter as swartes sê ek jou, slegter.

Hulle afskeidswoorde? “Kan meneer dalk vir ons R100 leen, net vir busgeld asseblief.”

сауна банькаЛобановский Харьков

Ek nie sthnotkop ith

“Ek nie snthotkop ith!”

Dit was die ongelukkige reaksie van ‘n klein seuntjie kort na sy pa speels sy hand oor die kind se borselkop gestreel en hom so genoem het.

Pas was daar ‘n vlaag rubrieke deur groot koerante se gereëlde rubriekskrywers waarin hulle hul ongelukkigheid te kenne gee met die tipe kommentaar wat hul rubrieke op die internet-kommentaargeriewe trek.

Dit word uiteraard nie so aangebied nie – dit kom in die konteks van die verwysing na die Amerikaanse bloedbad waarin ‘n Amerikaanse kongreslid in die kop geskiet en nege ander mense doodgeskiet is.

Aan die hart van die probleem is ‘n argument dat ekstreme stellings geestelike onstabiele mense daartoe kan oorreed om tot uiterstes te gaan. Een rubriekskrywer het selfs in hierdie verband na die moord op Chris Hani, eertydse kommunistiese leier verwys, en as nagereg gemeen dit het die land op die randjie van ‘n bloedbad laat huiwer.

Die tipe uitlatings wat die skuld kry het in verskeie tale, ook in Afrikaans, ‘n naam: vitrioel.

Die wyse waarop rubriekskrywers reageer laat blyk dat die kritiek hulle tog raak. Die harde woorde maak tog seer, anders as die indruk wat geskep word dat hulle immuun teen dié soort vitrioel is.

Dit plaas egter ‘n tweede aspek op die tafel, en dit is hoe ook rubriekskrywers met woorde behoort om te gaan. Die eerste les van doeltreffende oorredingskommunikasie is immers dat die kommunikator sy woorde so moet kies dat die teiken nie moet agterkom daar word probeer om hul sienswyses te verander nie. Kom die teiken agter daar word probeer om met sy kop te smokkel, sal hy hom immers daarteen verset – en ook ‘n verskeidenheid emosies daaroor oorhou. Vir die oorredingskommunikator geld die ou reël immers: “Met die hoed in die hand kom mens deur die ganse land.” Fatsoenlik, dus.

Sommige rubriekskrywers spesialiseer egter daarin om die aandag deur omstredenheid te boei. Die skrywersnaam, Karen Blikzem” in Engelstalige publikasies verklap immers reeds daar is geen bedoeling om die sagte woord te spreek nie. Selfs binne die genres van paradoks, kwastigheid, gekskeerdery en vele meer is daar ‘n fyn balans tussen fatsoenlik en afstootlik.

Om te argumenteer dat die teiken waarna geskiet word eintlik die politici in die openbare domein is, gaan net op as dit duidelik blyk. ‘n Openbare figuur wat korrup is, ‘n misdaad gepleeg het of selfs net onbekwaam is moet verwag dat sy naam in onvleiende opskrifte sal pryk.

In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika is dit bykans onvermydelik dat dit wat vir een gehoor bedoel is, ‘n ander sal aanstoot gee. Koerante se kliënte, die lesers, is immers ook nie polities of religieus homogeen nie.

Rubriekskrywers wat in rubriek na rubriek ‘n deel van die leserskorps deur woordkeuses aanstoot gee, moet verwag om weerlig te trek, veral as hy duidelik sy eie politieke oortuigings as meerderwaardig teenoor dit wat ander aanhang, stel. Uiteindelik moet hy verwag dat die weerlig hom ook gaan raakslaan, want anders as wat hy miskien glo, is almal wat anders as hy dink se IK nie noodwendig laer as syne nie.

Om die hand aan die pen te slaan met dit waarvan die hart oorloop is maklik. Om politieke opponente in ‘n monoloog met die teerkwas by te dam is net so maklik. Dit is egter ‘n ander saak as die koeëls van diegene in die visier om jou eie ore begin fluit. Om dan vir fatsoenlikheid te pleit is bietjie laat.

Die voorval in die VSA moet almal wat hulle op die een of ander wyse met oorredingskommunikasie besig hou, tot nadenke stem. Redakteurs moet besin oor die aanwendbaarheid van rubriekskrywers wat week na week Maximaal aanstoot gee, al stem hulle met die menings saam. Daar is immers maniere om ‘n ding te stel sonder om die polarisasie te laat oorkook.

справка 082улобановский александр отзывы

En as Mandela sterf?

Die volgende verskyn op die webblad van die Times:

“The ANC strongly condemns individuals or groupings behind such a hoax, which is meant to create an atmosphere of panic and anxiety in the country,” spokesman Jackson Mthembu said in a statement.”

“Those behind this hoax are certainly people without any interest in the political and economic stability of South Africa”

Dus: Die politieke stabiliteit van die land is afhanklik van die gesondheid van ‘n 92-jarige voormalige terroris. Sou hy te sterwe kom, sou daar ‘n atmosfeer van paniek en vrees in die land ontstaan, en is die politieke stabiliteit daarmee heen.

Klink vir my baie na ‘n dreigement.

для пескоструйкиФильчаков прокурор харьков

Boeliestaat

Enkele jare gelede was die media vol berigte van hoëspoed-konvooie wat hulle klaarblyklik nie net as bo die reg verhewe beskou het nie; daar was ook berigte van waar hierdie eietydse cowboys op ander motoriste geskiet het en op ander wyse geviktimiseer het.

Dié era is ongemaklik in herinnering geroep met ‘n insident waarby me Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte betrokke was. Min of meer al wat duidelik is, is dat die motor waarin sy en haar lyfwagte gery het, die spoed liederlik oorskry het, dat sy laat vir ‘n afspraak was, en dat daar ‘n onlekker woordewisseling was toe sy deur die polisie afgetrek is.

Hiervandaan, so wil dit voorkom, is op amptelike vlak eenvoudig aanvaar om haar en haar lyfwagte se weergawe van die gebeure te aanvaar. Die twee polisiemanne is blykbaar in die proses informeel skuldig bevind en gevonnis. Die polisielede is byvoorbeeld aangesê om Madikizela-Mandela om verskoning te vra.

Pas het die vakbond, Solidariteit, die SAPD gewaarsku om die een polisielid by die saak betrokke, nie te viktimiseer nie. Dié lid is ook lid van Solidariteit, en die vakbond het reeds sy regspan opdrag gegee om die lid by te staan.

By die algemene publiek sal daar instinktief ‘n ander gewaarwording wees oor die voorval as wat die polisie waarskynlik onder politieke druk sal ervaar. Midikizela-Mandela het immers ‘n paar na-1994 kriminele skuldigebvindings op die lyf geloop, en volgens een van die interpretasies moes sy eintlik nou gediskwalifiseer gewees het om weer parlementslid te kon word.

Verder, uit die era voor 1994 is daar ook nie positiewe herinneringe oor haar lyfwagte nie, met die Stompe Sipei-geval wat nog in baie mense se geheues leef. Haar lyfwagte het as ‘n sogenaamde sokkerklub bekend gestaan.

Die insident het egter wyer implikasies as net die individue wat nou betrokke is. Dit handel oor die grondwetlike beginsel dat almal gelyk voor die reg is.

Was daar nie nuusdekking en vakbondingryping nie, lyk dit of die beginsel sou geld dat sommiges meer gelyk as ander voor die reg is.

Ongelukkig staan hierdie voorval ook nie in ‘n vakuum nie. Die Julius Malema-era van konvooie wat ook aan verkeerslui verduidelik wat hulle met die spoedboetes kan doen, en volgens aanduidings daarmee weggekom het, is nog vlak in die geheues.

As wetteloosheid vir sommiges toelaatbaar word, staan die land op die vooraand van ‘n Wilde Weste-era. In heelwat van die gevalle was die insidente wit-swart, wat ‘n bykomende dimensie daaraan verskaf.

Die politieke leiers moet die voorbeeld stel, nie die werklike posisie misbruik nie.

instagram clothing linesФильчаков прокуратура харьков

Indringende vrae aan Partye

Ek verwys na Helen Zille (DA-leier) se artikel in Beeld (12 Januarie 2011) met titel “Ja,ja,ja, o nee”.

In die lig van die naderende verkiesings in 2011 en feit dat elke party die Grondwet van SA, aan die hand van die “Beperking-Van-Regte-klousule” (a.36 van die Grondwet) binne ‘n eie ideologiese konteks re-interpreteer, sal dit nuttig wees as die DP en ander partye soos die ANC, Christen-demokratiese partye (bv. CDP) en VF+, spesifieke antwoorde gee op die volgende vrae, onder meer voorbeelde:

Mbt a.6 hoe gelyke taalberegtiging van die amptelike tale verwesenlik sal word?

Mbt a.9(2) watter standpunt oor “affirmative action” ingeneem word?

Mbt a.11 oor die reg op lewe, die standpunt oor die doodstraf en aborsie?

Mbt a.15 die standpunt oor ‘n akte (a.234) vir die bevordering en beskerming van die reg op godsdiens, eie oortuiging en mening (a.15)?

Mbt a.19 oor politieke regte die standpunt in sake proporsionele verteenwoordiging, van gelyke deelname aan verkiesings sonder finansiële bevoordeling en gelyke spraakvryheid in die wetgewers?

Mbt a.21 oor vryheid van beweging, hoe so ‘n party die willekeurige massaverskuiwings van gemeenskappe van een deel van die land na ‘n volgende gebied gaan orden en beperk?

Mbt a.24, oor ‘n omgewinsbeleid, hoe die besoedeling van lug en water teengewerk sal word?

Mbt a.25, oor eiendom, oor waarborge vir die reg op persoonlike eiendom?

Mbt a.29(3) die standpunt oor die subsidiëring van onafhanklike onderwysinstellinge?

Mbt a.30 oor die aanvaarbaarheid van ‘n kultuurakte (a.234) vir etniese gemeenskappe?

Mbt a.31(1)(b) waarborge vir die selfbeskikking van instellinge van die burgerlike samelewing?

Mbt. a.33 oor regverdige administratiewe optrede, die persoonlike juridiese aanspreeklikheid van amptenare in sake hulle posbeskrywing?

Mbt a.35 oor beskuldigde persone in sake die howe se reg om lyfstraf toe te kan, al dan nie?

Mbt hoofstuk 8 oor wyses en maniere om die howe vry te maak van politieke inmenging?

Mbt. hoofstuk 9 hoe die werksaamhede van die Openbare Beskermer (a.182) opgeskerp, die Menseregtekommissie (a.184) verbeter, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (a.185) funksioneel gemaak kan word en hoe al die mekaar-dupliserende menseregte-instrumente gerasionaliseer kan word?

Mbt a.185 en 235 die standpunt oor die reg op selfbeskikking van taal-, godsdiens- en kulturele gemeenskappe?

Bogenoemde aspekte is van kardinale belang in die burgerlike uitoefening van demokratiese keusevryheid, in plaas van ‘n gegorrel van woorde, soos bv. die onlangse toespraak van president Zuma en antwoord van mev. Zille.

школьные рубашки для девочекданильченко юрий брониславович прокурор

Groen longe, bosslapers en toerisme

Ter wille van die gesondheid van stedelike inwoners word groen longe uitgelê. Dit sluit ontwikkelde parkies, soms met swaaie en skoppelmaaie vir kinders, begraafplase, koppies met wisselende vlakke van bewaringsstatus en vele meer in.

Die persentasie oppervlak wat vir groen longe benodig word, hang van verskeie faktore af soos die reënval, die heersende winde, of die stad ‘n deel van die jaar onder ‘n sneeukombers lê, bewoningsdigtheid, vlakke van elektrisifisering en nog ander faktore af.

Die gebiede word gewoonlik geïdentifiseer tydens die beplanning vir dorpsuitleg, deur areas te identifiseer wat te kleiagtig vir die bou van woonhuise is, waar te veel geraasbesoedeling plaasvind, die verspreiding en dit sal immers dwaas wees om ‘n begraafplaas op ‘n klipbank uit te lê.

Bloemfontein is in verskeie opsigte ‘n unieke stad, met ‘n wildtuin op ‘n koppie in die middel van die stad. Hierdie koppie, en ander koppies in die omgewing, het hoë statusse as bewaringsgebiede wat ontwikkeling tot die allernoodsaaklikste beperk. Talle historiese en moontlik selfs argeologiese verskynsels kom in dié areas voor.

Dit bied die ideale geleentheid vir ekotoerisme. Wandelpaaie word onder meer ontwikkel, en stedelike bewareas het al in verskeie Suid-Afrikaanse stede ontstaan.

Dit bied egter ook ‘n heenkome aan bosslapers. Van die koppies in woongebiede is naby die bosslapers se slaapplekke so van menslike slagysters gesaai dat daar van wandel min sprake is. Wippe word gestel waarin ook mense uit die omgewing se troeteldiere aaklig tot hul einde kom.

En nou is dit groot voorbladnuus dat ‘n Britse toeris tydens ‘n staptog op ‘n wandelpad vlak voor die voordeur van die Vrystaatse premier verkrag is. Dadelik is daar groot kommer oor wat die insident aan die streek se toerisme gaan doen. Die vrou is gek oor die buitelug en het al dwars oor die wêreld soortgelyke ekskursies geniet, net om in die hartjie van Suid-Afrika deel van die verkragtinghoofsetel van die wêreld se statistiek te word.

Dalk meer as net statistiek, want Suid-Afrika tel onder die hoogste Vigs-syfers ter wêreld en ‘n verkragting kan ook ‘n doodsvonnis behels. Gelukkig is anti-retrovirale behandeling beskikbaar.

Die owerhede sit met ‘n dilemma. Deur besoekers afdoende teen gevare te waarsku is sleg vir toerisme. Verskeie strandoorde aan riviermondings het aanvanklik e-Coli-tellings as waarskuwing vir besoekers daagliks bygehou. Toe dit skadelik vir toerisme blyk te wees, is ‘n algemene waarskuwing opgerig dat die water besoedel mag wees. Oplaas is die borde verwyder. Die probleem is egter nie verwyder nie. Dit verhoog trouens die kanse van regsaanspreeklikheid.

Die beste oplossing bly om die probleme te nie net te verwyder nie, maar op te los.

free slotscasino gamesФильчаков

Mnr Leopodt Scholtz se ‘insig’?

Dr Leopodt Sholtz se insig is stereotiep as dit kom by die probleem waaronder min of meer die res van die wêreld en ons ly.

By gebrek aan ware insig ten opsigte van die funksionering van die swarte in Afrika, het ‘n volstruisideologie as medium ontwikkel om sodoende die ongemaklike realiteite te ignoreer en in dié verwarrende milieu lukraak menings te vorm wat absoluut geen kontak met die werklikheid maak nie.

Vandaar die sinnelose mening dat die swarte geregtig op ons land SA was. Noudat hulle ons land gekry het en dit verniel het tot ‘n derdewêreldland in ‘n skrale 16 jaar, is dit nog steeds ons plig om sonder enige statutêre mag hierdie mense te dra wat nou die land regeer.

Miskien kan dr Scholtz vir ons die logika rondom hierdie mening van hom verklaar?

Wat afgelei word van dr Scholtz se skrywe in Die Burger is dat hy die onvermoë van die swartes by implikasie erken, maar weereens die onus op die blankes plaas om vanuit hulle posisie van onmag die mislukte gevolge van insiglose mense soos dr Scholtz te dra. Graag sal daar verneem word van dr Scholtz hoe  hy dit sien gebeur?

Sou ‘n meer logiese insig nie wees om die ANC-regering van die dag aan te spreek om hulle verantwoordelikheid na te kom nie?

Of moet daar afgelei word van u skrywe dat u dit steeds as die blanke se verantwoordelikheid beskou omdat u by implikasie besef/erken dat die ANC-regering nie in staat is om verantwoordelik te regeer nie.

Dr. Scholtz, u logika is gekortwiek deur gebrek aan insig wat dus u artikel degradeer tot n sinnelose gebrabbel.

Ek skryf wel onder my regte naam.

укладка паркета своими руками видеоуроклобановский александр