Zuma die Swyger

Historici is verdeeld oor die vraag of Willem I, prins van Oranje, die bynaam “Willem de Zwijger” verdien het.

Die bynaam het hy gekry omdat hy geswyg het toe hy van planne van Koning Filips, die Spaanse heerser van die Lae Lande, om ook die Nederlanders onder meer onder die Inkwisisie te laat deurloop.

Willem het egter as held van die Nederlanders se vryheidstryd na vore getree, en is uiteindelik ook hieroor vermoor.

Sou die bynaam: “Zuma die Swyger,” ook onvanpas wees?

Dié vraag duik op nadat Zuma die naweek die soveelste keer geswyg het toe hy, as staats- en regeringshoof, die sweep moes laat klap het. Die keer was dit (weer) die stout kind van Suid-Afrikaanse politiek wat in Zuma se teenwoordigheid sy mond met onsuiwerhede uitgespoel het. In breë trekke het hy gesê die blankes het swart mense se grond gesteel, is daarom misdadigers en moet as sodanig behandel word.

Eers later die naweek het die adjunk-president die jongeling se bekkigheid in wese gerepudieer.

Onlangs, by die land se formele Vryheidsdagvoeringe, het Zuma ook soos die graf geswyg toe die skare opposisiesprekers uitgejou het.

‘n Google-soektog na gevalle waar pres. Zuma plaasaanvalle veroordeel het lewer ook bedroewend min op – sy veroordeling van die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, die AWB-leier. Daar is egter ‘n horde trefslae waar mense en instansies sonder sukses ‘n beroep op die president doen om plaasaanvalle te veroordeel.

Trouens, dit lyk nie of Zuma gaan reageer op ‘n mediaverklaring van Agri SA waarin gemeld word dat Zuma op die oomblik amnestie aan ‘n groep misdadigers oorweeg, waaronder plaasmoordenaars nie.

Nog ‘n bron van kommerwekkende swye, skynbaar by sy voorganger oorgeneem, is die “moord” waarmee pres. Robert Mugabe wegkom. Selfs wanneer Mugabe in geen onduidelike terme sy mond oor Zuma uitspoel nie, is die reaksie maar so-so. Ander buurlande, soos Zambië, is geneig om Mugabe se tjank heelwat duideliker af te trap.

Dis egter Zuma se swygsaamheid oor Malema wat die meeste ontsteltenis veroorsaak, en kom kort-kort na vore, soos toe Malema sy “Ons sal doodmaak vir Zuma” in die toekomstige president se teenwoordigheid geopper het.

Malema en sy kornuite se skadelike bekpraatjies oor nasionalisering en onteiening word ook glad nie regstreeks en genoegsaam aangespreek nie. Ellelange verduidelikings oor debat en die reg om iets op die tafel te plaas, klink meer na eenparty-retoriek as ‘n werklike oop demokrasie – en knou beleggersvertroue.

Nederlandse geskiedskrywers wys daarop dat Willem de Zwijger heel ten onregte dié bynaam gekry het. Behalwe dat sy swye wat hom die bynaam besorg het in wese ‘n taktiese swye was, was hy glo heel vaardig met die mond. Pres Zuma kan ook nie van op sy mond geval beskuldig word nie (behalwe wanneer dit saak mak) of nukkerige onttrekking soos sy voorganger wanneer sy vingers verbrand is nie.

Trouens, onoordeelkundige uitsprake het hom dalk meer keer in die sop of onder skoot as die periodieke swye. Dit is hom behoorlik teen die kop geslinger dat hy by Malema se tuisdorp na dié kameraad as toekomstige president verwys het. Hieroor sou hy stellig later verskeie kere sy hare uit sy kop wou trek.

O ja, hy het nie daar hare nie.

Ander moes ook al baie wal gooi toe een van sy kornuite, Jimmy Manyi, dinge kwytgeraak het wat die ANC bitter baie skade sou berokken.

Sy godsdiensuitsprake, en die soortgelyke uitsprake van sy kornuite, het nou al ‘n rits veroordelings op die lyf geloop. Die Kerke het byna soos een man gewaarsku dit moet end kry. Die NG Kerk het dit opgevolg dat dié kerk dalk sy lidmate kan versoek om hieroor nie vir die ANC te stem nie. Die VGK het reeds sy lidmate versoek om nie ANC te stem nie.

En nee, ‘n mens kry nie diskresionêre foute afgestort nie.

10 gamestopcargo

DA, ANC wil Afrikanergeskiedenis vernietig

Die geheimsinnige verwydering van ‘n borsbeeld van dr H F Verwoerd voor die biblioteek van Meyerton deur die DA, gedurende die nag van 4 Mei 2011, laat ‘n wrang smaak.

Dit, veral gesien dat die borsbeeld reeds sedert 1970 daar staan en ook daar bly staan het toe die ANC die Midvaalraad van 1995 tot 2000 beheer het en ook die afgelope tyd daar bly staan het toe die DA beheer van die Midvaalraad geneem het.

Nooit gedurende hierdie tydperk, maar veral die afgelope 17 jaar wat die ANC regeer, was daar enige bohaai oor die borsbeeld gemaak nie. Die feit dat dit nou skielik kort voor die 2011 munisipale verkiesings soos ‘n warmpatat tussen die ANC en die DA hanteer word, bevestig maar net weer die kleinlike politieke opportunisme en skynheiligheid waarmee beide partye besig is ten einde ‘n paar stemme te werf.

Die ironie van beide partye se modus operandi’s is dat die pot die ketel nie eintlik kan verwyt nie en dat die hele aangeleentheid soos ‘n tweesnydende swaard op beide partye se stemwerwery kan inwerk. Dit geld veral die DA wat hom op die blanke, maar meer op die Afikanerstem in die gebied, toespits.

Iets wat beide partye uit die hantering van die aangeleentheid kan leer is dat die verwydering van ‘n borsbeeld/standbeeld soos dié van dr H F Verwoerd tydens ‘n vorige bedeling, nie sy aandeel in die verloop van die geskiedenis van ‘n land en volk kan verwyder of uitwis nie. Dit bly staan tot in die verre toekoms.

En dit geld nie net vir die geskiedenis van die Afrikanervolk nie, maar ook vir dié van die sg nuwe-SA-nasie!

детские игрушки одессатопкарго

Geregtigheid, op die Amerikaanse manier

Uitbundige vieringe op Pennsylvania Avenue in Washington Sondagnag ná die aankondiging van Osama Bin Laden se dood, laat ‘n mens wonder wat die Amerikaanse publiek verstaan van internasionale reg en die wette van oorlog. Hulle woon in ‘n land wat graag daarmee spog dat hulle albei met groot erns bejeën en dit graag wil uitvoer na dié lande waar goeie regspraak en wetmatigheid ontbreek.

Daar is min twyfel oor die vraag of dit moord was in terme van internasionale reg en die wette van die oorlog, nadat Leon Panetta, hoof van die CIA, Dinsdag erken het dat Osama nie gewapen was nie en dat Pakistan nie geweet het van die aanval nie.

Kort vóór die aanval is terloops bekend gemaak dat Panetta deur genl. Petraeus vervang gaan word. Petraeus, hoofaanvoerder van Amerikaanse magte in Afghanistan, is ook Navo se bevelvoerder. Een van sy besondere kwaliteite tot dusver was sy aandrang dat die VSA se sukkelende veldtog in Afghanistan ‘n sukses is.

Sy vertrek beteken waarskynlik dat die VSA gaan onttrek uit Afghanistan en dat hulle Bin Laden se dood as verskoning gaan gebruik om oorlogsuitgawes daar te besnoei.

Die ongewilde Amerikaanse president Barack Obama kry bitter min geleenthede om ‘n oorwinning aan te kondig. Dit is dus geen wonder dat hy luisterryke woorde gekies het vir sy TV-verskyning nie: “Geregtigheid het geskied,” het hy gesê na afloop van die aanval.

Vir die families van die slagoffers van die 9 / 11-aanvalle, en vir patriotiese Amerikaners wat ‘n bende internasionale misdadigers moet trotseer, kan die antwoord eenvoudig wees. Maar vir internasionale regskundiges, wat reeds sukkel met die kwessie van die wettige status van die VSA se oorlog teen terreur, is Obama se triomfantelike woorde toenemend problematies.

Claus Kress, ‘n internasionale regsgeleerde aan die Universiteit van Keulen, sê  moeilik soos wat dit mag wees, word geregtigheid “nie bereik deur middel van summiere teregstellings nie, maar deur straf aan die einde van ‘n verhoor”. Kress sê die normale manier van hantering van ‘n man wat wêreldwyd gesoek word vir moord sou wees om hom te arresteer, hom voor ‘n regbank te bring en uiteindelik te vonnis. In die konteks van die internasionale reg, kan militêre geweld gebruik word in die arrestasie van ‘n verdagte, maar moord uit weerwraak is nie ‘n opsie nie.

So vroeg as gedurende sy verkiesingsveldtog in 2008, het Obama belowe dat hy “Bin Laden sal doodmaak” en die werk wat begin is deur sy voorganger voltooi na 9/11. “Ons is in ‘n oorlog teen al-Kaida gewikkel en ons moet ons burgers, ons vriende en ons bondgenote beskerm,” het die president verduidelik. ‘n Amerikaanse nasionale veiligheidsamptenaar het sonder om doekies om te draai, aan Reuters gesê: “Dit was ‘n doodsoperasie. En waarom nie? Die hoofdoel van oorlog is die nederlaag van die teenstander, die doodmaak van vyande deur die wettige middele. Oorlog is oorlog.”

In der waarheid, is dit nie heeltemal so eenvoudig nie. En nie alles wat die Verenigde State verklaar as ‘n oorlog, is werklik so nie. Daar was al “oorlog” teen misdaad, dwelms, drankmisbruik, tienerswangerskappe en wat nog. Regskundiges soos Kress sê dit is ‘n “ope vraag of die VSA nog steeds kan aanspraak maak om betrokke te wees in ‘n gewapende konflik met al-Kaida”.

Dit was dalk oorlog toe Bush die inval van Afghanistan in 2001 gelas het. Operasie Enduring Freedom het die Taliban geteiken, asook Osama bin Laden se terroriste-organisasie wat dit ondersteun. Tans het al-Kaida wel basisse en oefenkampe in Afghanistan – net soos ‘n strydende party – maar sommiges meen die beheer van die dwelmnetwerk daar speel ‘n groter rol as die stryd teen terreur.

Die oorlog teen terreur was ‘n “asimmetriese oorlog.” Dit beteken dat nie-regerings soldate, mits hulle regtig vegters is wat in eenhede georganiseer word met ‘n militêre karakter, óf as gewapende vegters dien, instruksies van ‘n leier neem.

Osama bin Laden was, sonder twyfel, ‘n vegter volgens die laasgenoemde definisie. Baie terreurkundiges huiwer egter vandag of die toepassing steeds geldig is. Kress sê dit word sterk betwyfel of die netwerkstrukture in die Pakistanse grensgebiede nog gefunksioneer het met Osama as hoof. “Dit was werklik lankal reeds nie meer duidelik of Bin Laden steeds opdrag gegee het as hoof van ‘n kwasi-militêre organisasie nie.”

As Bin Laden nie meer ‘n leier was nie, sou dit nie meer toelaatbaar wees om hom te behandel soos ‘n vyand of vegter nie, sê Kress, omdat die wette van oorlogvoering dit verbied.

Die operasie het ook nie plaasgevind op die werklike slagveld van Operasie Enduring Freedom nie, dit wil sê in Afghanistan nie, maar eerder op Pakistanse grondgebied. Op hierdie punt wyk die amptelike Amerikaanse siening af van die internasionale reg, sê die meeste kenners op die gebied. Die bevelvoerders van die oorlog teen terreur beskou die hele wêreld as ‘n slagveld. Die VSA kan dus oral waar hulle glo die vyand wegkruip, hulle optrede regverdig – ongeag of dit nou in Europa of Islamabad is.

In die geval van Suid-Afrika was die ou NP-regering nie eens hoegenaamd anti-Amerikaans of naastenby vyandig nie. Dit het egter nie die VSA gekeer om ‘n militêre basis in Botswana op te rig nie.

Kress en die oorgrote meerderheid van ander kundiges op die wette van gewapende konflik, vind hierdie siening nie aanvaarbaar nie. “Die teater van ‘n asimmetriese konflik is gereeld beperk tot die gebied van die land waar nie-regeringsorganisasies se akteurs optree op kwasi-militêre wyse,” sê Kress.

“Enigiets anders sou lei tot die onberekenbare eskalasie van geweld.” Die vraag word dus of die sogenaamde asimmetriese oorlog wat woed op die Pakistanse grondgebied vandag, teen al-Kaida of teen die regering daar gemik is? Waar laat dit Afghanistan, waar die konflik afgekondig is? Wat is die rol van die Taliban in hierdie konflik? Waar pas Bin Laden in?

“Dit is op geen manier duidelik dat Bin Laden, ten tye van sy dood, ‘n organisasie bedryf het wat besig was met ‘n gewapende konflik vanuit Pakistan nie,” sê Kress.

‘n Militêre aanval wat oor nasionale grense heen strek, behalwe met dade van selfverdediging, word oor die algemeen beskou as ‘n inbreuk op soewereiniteit – tensy Pakistan se regering hulp van die Amerikaners versoek het.

Obama het Sondag verklaar dat bin Laden se dood ‘n “getuigskrif aan die grootsheid van ons land is”. Maar was Sondag ‘n goeie dag vir geregtigheid? As die Verenigde State die massamoordenaar Osama bin Laden in die beskuldigdebank van ‘n internasionale hof geplaas het, sou ‘n mens die Amerikaanse president geglo het.

Wanneer is dit FW de Klerk se beurt om homself te gaan verduidelik voor ‘n internasionale gehoor?

гостиная с камином в загородном домеФільчаков Олександр Васильович

Die betekenis van Bin Laden se dood

Die Verenigde State het verlede week aan die Irakse regering gesê as hulle wil hê Amerikaanse troepe moet aanbly in Irak ná die sperdatum van 31 Desember 2011, soos bepaal deur die huidige status-van-magte-ooreenkoms tussen Washington en Bagdad, sou dit raadsaam wees om die Verenigde State vinnig in te lig. Tensy ‘n nuwe ooreenkoms binnekort bereik word, sal die Verenigde State nie in staat wees om te bly nie. Die implikasie is dat die Amerikaanse posisie netelig raak tov Iran en dat die VSA graag sal wil aanbly.

Dit is dalk waarom Bin Laden skielik op Werkersdag – ‘n vakansiedag wat wêreldwyd gevier word, terloops – volgens nuusberigte aan sy einde gekom het en waarom die VSA oor nuwe aanvalle ná die mees gehate terroris se dood bekommer. Die wyse waarop Bin Laden deur spesmagte van die Amerikaanse vloot gedood is, asook die feit dat sy lyk in die see gestort word wat alle tasbare getuienis gaan vernietig, laat talle vrae ontstaan. Is Bin Laden nie reeds vroeër tereggestel en word die aankondiging bloot nou op Werkersdag vir propaganda-doeleindes gemaak nie? Aan die ander kant: hoe het Bin Laden daarin geslaag om vir tien jaar vir die Amerikaners weg te kruip? Die geheimsinnige dood en seebegrafnis van Bin Laden gaan sekerlik die vele samesweringsteorieë rondom 11 September 2001 weereens laat opvlam.

Wat eintlik aangaan, op ‘n meer strategiese vlak, is dat die Verenigde State besig is om sy gedagte oor die Amerikaanse onttrekking te verander. ‘n Uiters onstabiele situasie heers in die streek, en die Verenigde State is bang dat die voltooiing van die onttrekking die onstabiliteit sal laat toeneem.

Die Amerikaanse kommer, natuurlik, het te doen met Iran wat regstaan om die magsvakuum wat ‘n Amerikaanse onttrekking in Irak beteken, te vul. Maar ook met Saoedi-Arabië. Die enigste land wat moontlik Iran se invloed in Irak kan kelder, is Saoedi-Arabië.

Dié land se nasionale strategie was altyd om ongemaklik staat te maak op die Verenigde State. Die openbare mening is fel gekant teen die VSA en Bin Laden was immers self ‘n Saoediër wat groot gewildheid in sy geboorteland geniet het. Maar die leiers weet waar hulle beskerming vandaan kom. As die Verenigde State gesien word as onbetroubaar, het die koningshuis net twee opsies. Een daarvan is om hul posisie te behou en te hoop vir die beste. En dit kan beteken om massa-opstande te trotseer. Die ander is om uit te reik na ‘n immer sterkerwordende Iran.

Die druk van Iran is besig om tasbaar te groei. Al die Arabiese lande voel dit aan, en ongeag hul gevoelens oor die Perse, is die werklikhede van mag nie weg te redeneer nie. Dit is nie duidelik of die Verenigde State ‘n vreedsame oplossing het nie, want die koste van vrede – of beter gestel, hul militêre betrokkenheid – is astronomies. Selfs al bly hulle in Irak aan, sal dit op ‘n klein skaal wees. Daar word gepraat van 20 000 troepe. Die koste van die 170 000 soldate wat daar was, is kennelik nie meer binne die Pentagon se begroting nie.

Bin Laden se dood is ‘n waarskuwing aan die Moslemwêreld dat die VSA ernstig oor sy olietoevoer is. Die vraag is egter of Amerika dit steeds kan bekostig om ernstig te wees. Bin Laden se dood dra dus insgelyks oor dat die VSA nie langer VN-resolusies en formele militêre besettings gaan gebruik nie, maar regstreeks teen verdagte Moslem- of Arabiese leiers sal optree. Ook hul onlangse handeling teen Moeammar Ghaddafi van die insgelyks olieryke Libië waardeur die VSA en Brittanje gepoog het om hom vanuit die lug met bomme om te bring, getuig van die nuwe strategie om “die koppe” van Arabiese lande of terreurbewegings “af te sny”.

пиджак для мальчика под джинсы купитьлобановский александр фото

‘Volksmoord bereik breekpunt’ – VOLBER

Die VOLBER (Volksoganisasiesleiersberaad) van die Afrikanervolk het met afgryse kennis geneem van die blatante teregstelling Dinsdagaand van mev. Jeanette Odendaal deur ‘n polisieman by ‘n Kemptonparkse Polisiekantoor. Geen woorde kan ons afkeer van hierdie weersinwekkende daad beskryf nie!

Hoe ver het ‘n land se regstelsel verrot wanneer onskuldige en kwesbare burgers links en regs sonder rede deur sogenaamde geregsdienaars vermoor, aangerand en verkrag word? Hoe lank moet gewone, wetsgehoorsame, belastingbetalende burgers aan hierdie onbeheersde magsvergryp onderwerp word?

Dit blyk dat Suid-Afrika besig is om ‘n polisiestaat te word, waarin die polisieamptenare wat veronderstel is om die burgery te beskerm, hulle mag gruwelik misbruik teenoor die gewone mense, en daarteenoor word regerings- en ANC-amptenare deur kordonne gewapende veiligheidsbeamptes beskerm.  Verder blyk dit dat die ANC regering geen begeerte het om sodanige vergrype deur die polisie hok te slaan nie.

VOLBER eis vandag namens alle Afrikaners en burgers van Suid Afrika, dat die ANC-regering onmiddellik streng maatreëls op die polisie plaas om sodanige ongemagtigde geweld deur polisieamptenare op die burgers van die land te verbied, en die maatreëls in die openbaar af te kondig. Verder verklaar VOLBER dat die volksmoord teen blankes stadig maar seker besig is om breekpunt te bereik.

Indien die ANC-regering nie streng begin optree om sodanige vergrype en die voortslepende plaasmoorde te voorkom nie, sal ons mense nie langer kan stilsit en toesien dag ons uitgemoor en geviktimiseer word nie!

ігридля дівчатАлександр Фильчаков прокурор

Min plaaslike belangstelling in Britse koninklikes

Die huwelik van William en Kate Middelton het die Britse monargie weer op die voorgrond gebring dog dit wil voorkom asof daar, vergeleke met die vorige huwelik van die troonopvolger Charles en Diana, opsigtelik minder plaaslike belangstelling daarin heers.

Dit wil ook voorkom asof die kaperjolle van Charles, die Britse troonnopvolger en sy destyds buite-egtelike verhouding met Camilla die Britse troon baie meer skade berokken het as wat die monargie toentertyd besef het.

By die burgers van Brittanje heers daar insgelyks ‘n apatie wat die koninklikes betref. Volgens meningspeilings is sowat 20% ten gunste van die afskaffing van die Britse monargie en ‘n verdere 50% stel nie genoeg belang om die strate in te vaar om deel te neem aan die feesvieringe nie, maar sal die verrigtinge op die TV dophou.

Die vinnige troue van William en Kate mag dalk ‘n desperate poging wees om die monargie van ondergang te red. Die algemene gevoel onder die Britse burgers is dat Charles ten gunste van sy seun William sal abdikeer. Die tagtigjarige monarg Elizabeth II is deesdae baie min in die openbare oog.

Hier plaaslik is dit is ook doodstil tenopsigte van onse president Zuma se uitnodiging na die huwelik.

справки 086уАлександр Фильчаков

Bly blank, my volk!

“Bly blank, my volk, bly blank in gees,

laat helderheid jou hartslag wees…”

— G.A. Watermeyer

Die HNP repudieer dr. Danie Goosen se definisie van ‘n Afrikaner soos gerapporteer in Beeld van 15 April 2011 ten sterkste. Volgens die berig het dr. Goosen in die Malema-verhoor gesê: “Enigiemand wat met die ideale van die kultuurgroep wil assosieer, ongeag van kleur, beskou ons as ‘n Afrikaner”. Dié stelling weerspieël die liberale denke wat graag die Kleurlinge by die Afrikanervolk wil intrek. Om boonop na die Afrikanervolk as ‘n ‘kultuurgroep’ te verwys, is op sigself ‘n verwerping van ons volkskap, en aanvaarding dat ons slegs ‘n kultuurgroep binne ‘n groter Suid-Afrikaanse nasie is.

Daarenteen verklaar die HNP dat die Afrikanervolk ‘n volk in eie reg is wat sedert die begin van ons wordingsgeskiedenis ‘n sterk kleurbewussyn en weerstand teen rasse-verbastering gehandhaaf het. Dit het gespruit uit ons Calvinistiese geloofsoortuiging en praktiese lewenservaring, en is een van die sterkste faktore wat ons ontwikkeling as ‘n blanke volk moontlik gemaak het.

Waar die aanslag teen ons volk in die verlede veral daarop gerig was om ons polities te ontmagtig, word dit nou direk teen ons bloed gerig deur die vaste fondament van Witmanskap onder ons te probeer uitkalwer. As ons dit toelaat, sal die Afrikanervolk onherroeplik vernietig word. Daarom roep ons elke volksgenoot op: wees trots op u Witmanskap; dit is deur u Formeerder in u ingeskape. Koester dit en beskerm dit; en dra dit so oor aan u nageslag!

светильники для освещенияДанильченко Юрий Брониславович компромат

Dit was nie vir olie nie!

Geheime Britse memorandums het die skakel tussen die oliemaatskappye en die inval in Irak ontbloot.

Planne om Irak se oliereserwes te ontgin, is deur Britse regeringsministers en die wêreld se grootste oliemaatskappye bespreek in die jaar voordat Brittanje ‘n leidende rol in die aanval op Irak geneem het  het regeringsdokumente getoon.

Irak se ontluikende olie-industrie het nuwe vrae oor Brittanje se betrokkenheid by die oorlog laat opduik. Slegs nadat Tony Blair beweer het Saddam Hussein beskik oor wapens van massavernietiging, het die eers trae Britse parlementtot die inval ingestem.

Die notule van ‘n reeks vergaderings tussen die ministers en senior oliebestuurders is in stryd met openbare ontkennings dat die eiebelang van oliemaatskappye en Westerse regerings ‘n rol gespeel het.

In Maart 2003, het Shell bewerings dat hulle gesprekke met Downingstraat oor Irakse olie voer, as “hoogs onakkuraat” afgemaak. BP het ontken dat hulle ‘n “strategiese belang” in Irak het, terwyl Tony Blair sulke bewerings as “die oliesamesweringsteorie” en “die mees absurde storie” verwerp het.

Maar dokumente van Oktober en November die vorige jaar skilder ‘n heel ander prentjie.

Vyf maande voor die Maart 2003-inval, het Barones Symons, die destydse Britse minister van handel, aan BP gesê die regering glo Britse energiemaatskappye moet ‘n deel van Irak se enorme olie- en gasreserwes ontvang as beloning vir Tony Blair se militêre verbintenis tot Amerikaanse planne vir “regeringsverandering” (regime change).

Die dokumente wys dat Lady Symons ooreengekom het om die Bush-administrasie te lobby op BP se rekening omdat die oliereus bang was om uitgelaat te word uit ooreenkomste wat Washington met die Amerikaanse, Franse en Russiese regerings en hul energiefirmas onderhandel het.

Die notule van ‘n vergadering met BP, Shell en BG (voorheen British Gas) op 31 Oktober 2002 lees: “Barones Symons het ooreengekom dat ‘n regverdiging moeilik sou wees as Britse maatskappye verloor in Irak aangesien die Verenigde Koninkryk ‘n opvallende ondersteuner van die Amerikaanse regering gedurende die hele krisis was”.

Die Foreign Office het BP op 6 November 2002 uitgenooi om te praat oor geleenthede in Irak, “post-regimeverandering”. Die notule lui: “Irak is die groot olievooruitsig en BP is desperaat om daar te wees en angstig dat politieke onderhandelinge hulle nie die geleentheid moet ontsê nie.”

Ná nog ‘n vergadering, hierdie een in Oktober 2002, het die Foreign Office se destydse direkteur vir die Midde-Ooste, Edward Chaplin, opgemerk: “Shell en BP kon nie bekostig om nie ‘n aandeel in [Irak] ter wille van hul langtermyntoekoms te hê nie… Ons was vasbeslote om ‘n billike deel van die aksie vir die Britse maatskappye in ‘n post-Saddam-Irak te verkry. “

In die openbaar het BP aangedring dat hy “geen strategiese belang” in Irak het nie en agter geslote deure vertel Irak was “belangriker as enigiets wat ons in ‘n lang tyd gesien het”.

BP was bekommerd dat indien Washington TotalFinaElf se bestaande kontak met Saddam Hussein beskerm het, sou dit die Franse konglomeraat die wêreld se voorste oliemaatskappy gemaak het. BP het aan die Britse regering gesê hulle is bereid om “groot risiko’s” te neem om ‘n deel van die Irakse reserwes in die hande te kry, die tweede grootste ter wêreld.

Lady Symons, 59, het later ‘n adviserende pos opgeneem by ‘n Britse bank wat ryk rekonstruksiekontrakte in  die na-oorlogse Irak losgeslaan het. Verlede maand het sy skielik as ‘n onbetaalde adviseur by Libië se Nasionale Ekonomiese Ontwikkelingsraad bedank. BP en Shell het geweier om op haar bedanking kommentaar te lewer.

зарядное устройствоДанильченко Юрий отзывы

Waar het jy daardie naam gekry?

Daar is in Suid-Afrika plekke soos Bloedrivier, Vegkop, Moordkrans, Lydenburg en Treurrivier wat selfs sonder kennis van die geskiedenis ‘n verhaal vertel van ‘n stryd om vestiging en vryheid.

Maar daar is ook Platbakkies, Agtertang, Spoegrivier, Hotazel, Breekkerrie, Pampoenpoort, Tietiesbaai en die veelbesproke Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein! Dit getuig weer van ‘n fyn sin vir humor.

Dan is daar die meer rustige en positiewe Blyderivier, Volksrust, Hoopstad, Vredendal, Vryheid, Rust te Winter en Nuweland.

Beskrywende name wat getuig van fyn waarneming is gans te veel om op te noem, maar hier is ‘n paar: Bloubergstrand, Tweeling, Teebuskoppie, Klipriviervallei, Leliehoek, Vallei van ‘n Duisend Heuwels en soos die bekende liedjie lui: omtrent sestien Rietfonteine.

Diere van enige grootte en soort is vernoem, soos Aasvoëlberg, Eendekuil, Buffelspoort, Elandsberge, Kraairivier, Leeudoringstad, Springbok, Olifantshoek, Pofadder en Mier.

Stigters van dorpe en ander rolspelers in die geskiedenis se name is ook vasgevang in plekke soos Tulbagh, Viljoenskroon, Verwoerdburg, Louis Trichardt, Pretoria, Potgietersrus, Van Stadensrus, Theunissen en nog letterlik honderde ander.

‘n Hunkering na lande van herkoms leef in Bethlehem, Parys, Heidelberg, Amersfoort en Weenen.

Daar is name met stories en vraagtekens, soos Heksriviervallei, wat glo sy naam gekry het nadat ‘n jonge dame haar aanstaande tot die dood uitgedaag het, om vir haar ‘n blom bo ‘n krans te gaan pluk en toe self beswyk het. Nou spook sy daar in die omgewing!

Koekenaap was moontlik ‘n verdraaiing van ‘n Duitster se uitroep wat beteken het “Kyk hieraf” – “Guck hinab”.

Die stories van Blesmanspos, Blousyfer en Verneukpan laat ons vir ‘n ander dag.

Die punt is, (met apologie aan dr Dirk Hermann), ons voetspore lê in Afrika. Ons het die land bewoon en bewerk en die getuienis van dit wat gebeur het, ons aard en karakter, ons leefwyse en drome, die kern van ons bestaan het ons vasgevang in die name van plekke.

Om ‘n naamsverandering op ‘n volk soos die Boerevolk af te dwing, is soos ‘n messteek in die hart.

‘n Klakkelose naprating van die naamsveranderings kom in wese neer op ‘n soort selfmoord. Dit is net ons, hierdie generasie, die mense wat nou leef en praat en boeke skryf, wat kan keer dat so baie van ons geskiedenis en ons siel in die sand wegsyfer.

Kom ons vier ons kosbare erfenis deur ons eie name vir ons plekke te gebruik wanneer ons praat, skryf en ons kinders leer.

Van Toorkop tot Pniel (gaan kyk maar op wat dit beteken) is alles deel van wie ons is.

палатка купитьОлександр Васильович Фільчаков

Haatspraak

Terwyl daar binne die hof druk geredeneer word of die liedjie “Skiet die boere” haatspraak uitmaak of nie, en dit daar heel duidelik word dat daar ‘n geweldige sensitiwiteit bestaan, staan daar buite daardie selfde hof etlike honderde uitdagende ANC-jeugligalede en sing daardie selfde opswepende liedjie met oorgawe en uit volle bors.

Maar terwyl Malema en sy vriende boere wil skiet, beskerm hy homself met ‘n ongekende veiligheidsnetwerk. By die hof het die vertoon van mag deur sekuriteit en wapens so hinderlik geword dat selfs die regter dit opgemerk het en beslis het dat geen wapens in sy hof teenwoordig mag wees nie. Drie deursoekingspunte is al in werking voordat die hof waarin die Malema-saak dien, binnegegaan kan word. Die belaglike sekuriteitsbewustheid het daartoe gelei dat die hof skoon oor etenstyd gesluit is en advokate kon nie eens in die hof kom om hulle voor te berei en reg te kry vir die verrigtinge wat aanstons weer moet begin nie.

Dit is tipies van ‘n man wat sê “Skiet die Boere” en dan wegkruip agter hordes lyfwagte en SAPD-lede wat met outomatiese gewere buite die hof waghou. Tydens ‘n video-insetsel wat TLU SA laat speel het, was dit heel duidelik dat Malema op ‘n stadium sy gewone self verbygesteek het, en die skare voor wie hy opgetree het, opgesweep het met die stelling: “Skiet om dood te skiet”. Self sorg hy egter dat hy nie maklik iets kan oorkom nie, en die ergste van alles is dat die polisielede wat hom oppas, uit ons belastinggeld betaal word. Ons moet dus betaal sodat iemand beskerm kan word om mense aan te moedig om ons te skiet. Wat ‘n absurde situasie.

Tydens die hofsaak probeer die ANC se regspan baie klem lê op die feit dat verskillende gemeenskappe verskillende terme verskillend interpreteer. Baie debat is gevoer met die Afriforum-getuie oor wat die term Boer beteken, en die ANC probeer ‘n saak uitmaak dat in hulle gemeenskappe dit nie noodwendig verwys na landbouers of lede van die Boerevolk nie, maar dat dit volgens hulle kultuurraamwerk verwys na polisielede en bewaarders.

Ons is nuuskierig om te verneem watter betekenis hulle heg aan die betekenis van die woord “skiet”. Malema het op die TLU-video ook gesing van “Kiss the Boer, kiss the farmer”, as ‘n tong in die kies aanpassing van sy voorganger Mokaba se “Kill the Boer, kill the farmer”-liedjie. Almal weet dat om te skiet beteken nie om te soen nie. Of die teiken nou landbouers, Boere, polisielede of bewaarders is, maak uiteindelik geen verskil nie, want skiet is skiet, en as hy die massas beveel om te skiet om dood te skiet, is dit duidelik dat hy nie praat van ‘n papiertjieskieter wat kinders op skool gebruik nie. Om dus die teiken te probeer verander, behoort geen invloed te hê nie: die ANC staan die skiet, die doodmaak van mense, voor.

Intussen gaan sy haatspraak voort deur sy intimiderende massas sommer daar by die hof. Maar dis nie waar die haat teen die blankes ophou nie: die Jeugliga het sopas weer eens herhaal dat hy hom beywer vir nasionalisering sonder vergoeding van myne en plase veral. Dit is hierdie instellings wat hoofsaaklik deur blankes besit word.

Tog is daar dalk ‘n bietjie lig in die hele gebeure. Aan die een kant is dit duidelik dat die haat, en gevolglik gepaardgaande haatspraak nie gaan ophou nie. Aan die ander kant erken die ANC deur middel van sy regsverteenwoordiger dat verskillende gemeenskappe en kulture verskillende betekenisse heg aan woorde, dus ook aan beginsels.

Die oplossing wat wêreldwyd al beproef en werkbaar bewys is, is juis om daardie botsende standpunte en interpretasies uitmekaar te hou, deur elkeen bloot sy eie te gun in sy eie omgewing. Dan word die konflik outomaties uitmekaar gehou. Daar is eenvoudig geen ander oplossing nie.

типы парусных судовФільчаков Олександр Васильович