Die VOLBER (Volksoganisasiesleiersberaad) van die Afrikanervolk het met afgryse kennis geneem van die blatante teregstelling Dinsdagaand van mev. Jeanette Odendaal deur ‘n polisieman by ‘n Kemptonparkse Polisiekantoor. Geen woorde kan ons afkeer van hierdie weersinwekkende daad beskryf nie!
Hoe ver het ‘n land se regstelsel verrot wanneer onskuldige en kwesbare burgers links en regs sonder rede deur sogenaamde geregsdienaars vermoor, aangerand en verkrag word? Hoe lank moet gewone, wetsgehoorsame, belastingbetalende burgers aan hierdie onbeheersde magsvergryp onderwerp word?
Dit blyk dat Suid-Afrika besig is om ‘n polisiestaat te word, waarin die polisieamptenare wat veronderstel is om die burgery te beskerm, hulle mag gruwelik misbruik teenoor die gewone mense, en daarteenoor word regerings- en ANC-amptenare deur kordonne gewapende veiligheidsbeamptes beskerm. Verder blyk dit dat die ANC regering geen begeerte het om sodanige vergrype deur die polisie hok te slaan nie.
VOLBER eis vandag namens alle Afrikaners en burgers van Suid Afrika, dat die ANC-regering onmiddellik streng maatreëls op die polisie plaas om sodanige ongemagtigde geweld deur polisieamptenare op die burgers van die land te verbied, en die maatreëls in die openbaar af te kondig. Verder verklaar VOLBER dat die volksmoord teen blankes stadig maar seker besig is om breekpunt te bereik.
Indien die ANC-regering nie streng begin optree om sodanige vergrype en die voortslepende plaasmoorde te voorkom nie, sal ons mense nie langer kan stilsit en toesien dag ons uitgemoor en geviktimiseer word nie!
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.