Joernaliste moenie agente wees nie

Dit blyk uit die Murdochsaak (VK) dat joernaliste van hierdie media-empire onder meer deur telefoonafluistering en noue bande met die Britse polisie private en vertroulike inligting bekom het om ook politieke doelwitte te dien. Toe Murdoch besluit het dat Brown van die Arbeidersparty polities “geëlimenteer” moes word, is skadelike inligting aangaande hom en sy saketransaksies deur Murdoch se medianetwerk aan die groot klok gehang.

Dit laat die vraag ontstaan of die wanpraktyke onder die NP-bewind nog hier in SA voortgesit word ingevolge waarvan die Nasionale Intelligensiediens geheime agente in die media en assuransiebedryf gewerf het om inligting oor sekere teikens te bekom. En wat meer is, dat joernaliste gebruik is om artikels te skryf om sekere doelwitte te dien.

Die kontak tussen Eugene Terre’Blanche en die joernalis Jani Allan is ‘n goeie voorbeeld. Is dit bv. korrek dat Hennie Serfontein van die destydse Sunday Times sy artikels oor die Broederbond van Beyers Naudé verkry het, sonder dat Naudé geweet het dat generaal Hendrik van den Bergh volledig op hoogte van sake was naamlik wie vir die lekkasie van Broederbonddokumente verantwoordelik was?  In ‘n ander geval het ‘n bekende persoon jare vir die dagblad The Friend in Bloemfontein gewerk, terwyl hy eintlik ‘n luistervink van die Buro vir Staatsveiligheid was.

Na my oordeel moet veral politieke joernaliste ‘n etiese kode onderteken dat geen bande met veiligheidsdienste onderhou word nie. Joernaliste wat agente van die staat is doen die joernalistieke bedryf geweld aan.

уличные светильники наДанильченко Юрий Харьков

Lesers se goedgelowigheid het perke

Daar is ‘n les in die mediabom wat Brittanje geskud het, ook vir Afrikaners. Die hele kwessie het nie soseer net die onetiese gedrag deur ‘n paar joernaliste en redakteurs aan die kaak gestel nie. Dit het eerder getoon tot watter mate ‘n konsentrasie van korporatiewe invloed tot skandelike korrupsie, wanpraktyke en misbruik van invloed gelei het.

Die leserspubliek het verlede week ongetwyfeld verstaan dat ‘n mediamaatskappy wat byna 40% van die koerantmark vir homself toegeëien het, geen gesonde nuusdekking kan waarborg nie.

In Suid-Afrika is die internet die enigste suurstof by die gebrek aan ‘n verskeidenheid nuusbronne. Media24 se wurggreep op die vloei van inligting in Afrikaans is byna totaal.

Boonop word die Avusa-groep, alhoewel ver agter in die tweede plek, deur sy eie werknemers as ‘n “kabaal” beskryf wat ‘n “navorsingspan” gebruik wat nie te onderskei is van ‘n regering se inligtingsbedryf nie. Geen joernalis het toegang tot die soort onthullings wat die Sunday Times week na week opdis nie en werknemers spot gereeld dat die Britse geheime diens, MI6, die hardste werk om sirkulasie vir die koerant te stoot.

Dit herinner sterk aan wat Carl Bernstein, die vermaarde verslaggewer wat Nixon mbv Watergate gesink het, in die sewentigerjare ontdek het oor die noue samewerking tussen die CIA en Amerika se voorste nuusbronne. 

Dis hier te lande al jare lank dieselfde onverkwiklikheid wat lesers in Brittanje tans weer ontdek: Gefabriseerde menings en manipulasie van nuus en opinie om ‘n klein elite ter wille te wees.

Wat ook al die oorsprong van die nuus mag wees, raak dit egter duidelik dat geen mening ooit pro-Afrikaans gaan wees as dit van Media24 of Avusa afhang nie.

Die seismiese skudding in Fleetstreet gaan Murdoch waarskynlik sy empaaier kos, want ‘n breë konsensus van onwaarskynlike vennote teen Murdoch se verdere uitbreiding het sedertdien in London se medialandskap vorm aangeneem. Gerugte doen selfs die rondte dat die eens onaantasbare mediamagnaat gaan bedank.

Dit was eintlik te wagte. Die konsentrasie van allerlei media wat Murdoch in Brittanje voorsien het, sou heeltemal onwettig in Australië of die VSA gewees het.

Murdoch se besit van die Sun, News of the World, die Times asook die Sunday Times, gee hom reeds 37,3% van die VK se sirkulasie. Ontleders sê die beleërde magnaat sou teen die middel van die eeu ten minste 50% van die koerant- en televisiemark ingepalm het as hy nie in die huidige teëspoed beland het nie. Selfs nie eens die omstrede Italiaanse premier en mediamagnaat Silvio Berlusconi kan daarmee spog nie.

Kuberkrakers het nie op hulle laat wag nie, en intussen by die Sun ingebreek om ‘n vals berig oor Murdoch se afsterwe op die voorblad te laat pryk; ‘n skeutjie van sy eie medisyne om te wys dat selfs die magtigste mediaman op aarde nie bestand is teen kritiek nie.

Dat Murdoch nog kan spog met ‘n geskiedenis van redaksionele inmenging, maak die konsentrasie van invloed dmv sy koerante net soveel te meer ongewens.

Suid-Afrika se mediamonopolie moet maar kennis neem. Lesers se goedgelowigheid het perke.

video gladiatorданильченко юрий брониславович прокурор

Mandela en jou 67 minute van verraad

Suid-Afrika of Sadis-Afrika soos die land herdoop behoort te word, beleef tans ‘n tydvak wat met die “terreur” van die Franse revolusie, Stalin se massamoorde van die 1930s of Mao se “kulturele revolusie” vergelyk kan word. Die tipies kommunistiese persoonlikheidskultus rondom Nelson Mandela wat vandag in hierdie hopelose staat in ‘n stuiptrekking van beangste onderdanigheid ook deur Afrikaners nagevolg word, is soortgelyk aan die reusepropaganda-aksies wat rondom Wladimir Lenin, Josef Stalin, Mao Zedong, Fidel Castro en ander in twintigste eeu gevoer is.

In die twintigste eeu is die mens dikwels verdwerg voor die reuse van die revolusie, wat met kolossale baniere en brondstandbeelde vergestalt is. Met Stalinistiese gigantisme is die mens tot ‘n nietigheid gereduseer wat met wreedheid verdruk en verontmenslik kon word.

Daarom is die keersy van hierdie “patriotiese” aanbiddings van “groot leiers”, is gewoonlik ‘n goelag of strafkamp waarheen dissidente verban word, grootskaalse vervolgings, intellektuele onverdraagsaamheid en selfs volksmoord. Sedert die halfgod Mandela se magsoorname in 1994, het Suid-Afrika volledig in patologie verval. Mandela se eerste “weldaad” in 1994 was om 9 000 geharde geweldsmisdadigers kwyt te skeld – die voorhoede van die “vryheidsvegters” wat die land met naakte geweld van sy apartheidsverlede moes begin reinig. Sedertdien word groteske gruweldade daagliks in ons land gepleeg sodat die tipering van die “Nuwe Suid-Afrika” as ‘n reusegestig vol psigopatologiese maniakke glad nie vergesog is nie.

Net soos tydens die Britse inval van 1899-1902 word die ergste gruweldade egter deur die owerheid en die media verdoesel. Die volle omvang van die geweld en onreg wat in die land heers, word weggesteek, nes die Sowjet-goelag in die duister gehul was totdat Solsjenitsin en ander Russiese dissidente vanuit hul strafkampselle begin het om die buitewêreld oor die onmenslike toestande onder kommunisme in te lig.

Die Afrikaner beskik oor ‘n trotse geskiedenis. Die vele helde wat ons volk in sy strewe na vryheid en onafhanklikheid opgelewer het, vergelyk met soortgelyke glansryke figure elders in die Westerse geskiedenis. Die hensoppers en verraaiers van die tweede vryheidsoorlog verteenwoordig egter ‘n skandvlek op ons geskiedenis wat nog nie na behore verreken is nie. Vandag terwyl die hele land in die ban van hul Madiba-godsdiens soos aanbiddende Moslems na Qunu buig, prewel ‘n nuwe geslag Afrikanerverraaiers en -hensoppers voor in die koor. Die veragtelikheid waarmee hulle hul slaafse onderwerping aan die ANC en die SAKP betuig, verteenwoordig nogmaals ‘n skandelike oomblik van verraad in ons geskiedenis.

Moet asseblief nie vandag skande oor uself, u gesin en u naam bring deur op u knieë voor “Madiba” te val nie. Nie net mag God u daarvoor straf dat u ‘n menslike afgod aanbid nie, maar u kinders en kleinkinders mag eendag gebuk gaan onder die bevlekking wat u klakkelose en lafhartige deelname aan die Mandela-persoonlikheidskultus sal meebring.

Neem vandag 67 minute om Hertzog, Malan, Verwoerd, Van Wyk Louw, Totius, CM van den Heever of enige van die groot leiers en skrywers uit ons verlede te lees. Of besoek ‘n Afrikanerwebwerf wat nie onder die geestesbeheer van die staat staan nie en raak daarvan bewus dat die waarheid, soos honderdduisende vroue en kinders in hierdie land, verkrag mag word maar nie heeltemal uitgewis raak nie.

Versprei ook hierdie boodskap sover u kan aan elke ware Afrikaner, dog veral aan diegene wat afgedwaal het en as meelopers aan ons verdrukking en ondergang meewerk. Selfs in die uur van verraad, kan sommiges nog gered word alvorens hulle vir altyd met die banvloek van “verraaier!” en “hensopper!” getref word.

Ek buig nie voor Madiba nie. Wat van u?

Dan Roodt, 18 Julie 2011

погремушкиДанильченко

Roodt se volkstaatplan te ambisieus

Pick a battle big enough to matter, but small enough to win. – Jonathan Kozol

Dr. Roodt … Dan, ek het die grootste respek (en bewondering) vir jou as persoon, vir dit waarvoor jy staan en vir dit wat jy in belang van die Afrikaner doen. Ek is egter bevrees dat die stryd om daardie kaart van die Afrikaner Republiek verwesenlik te sien, eenvoudig te groot is om te kan wen.

Ons weet dit mos teen hierdie tyd: die ANC-regering gun die blanke – en die Afrikaner insonder – bitter min. Om dus selfs eens te dink dat hulle byna die helfte van hulle grondgebied sal afstaan – en dit nogal aan die gehate Afrikaner – is dus ‘n hersenskim. Kan nie gebeur nie. Sal nie gebeur nie. Met respek gesê, daardie kaart moet maar snippermandjie toe. Ek glo dat dit heeltemal onverdedigbaar teenoor ons vyande is, en as sodanig benadeel dit die volkstaat-ideaal.

Gedagtig aan my alma mater se leuse, A posse ad esse – uit ‘n moontlikheid, die werklikheid – lyk dit vir my of die volgende werkswyse ietwat meer haalbaar is, en dalk selfs ‘n kans op suskses kan hê.

1. ‘n Taakspan van denkers, sakelui, ekonome, entepreneurs en ander belanghebbendes stel ‘n sakeplan opstel vir die skepping van ‘n maatskappy wat ‘n lewensvatbare produk kan lewer (hoë-tegnologie?).

Die fokus moet van meet af aan op ‘n sakeplan val eerder as op ‘n volledig-uitgewerkte volkstaatplan, waaroor daar tot hiertoe oneindige warmwind-debatte gevoer is – A wil ‘n teosentriese volkstaat hê, B wil ‘n sekulêre opset sien, C wil slegs etniese Afrikaners daar sien, D wil alle enersdenkendes akkommodeer, ad nauseam – en op dié kleinlike gekrabbel knars die hele debat telkens tot ‘n vernederende stilstand.

Die werklikhede van die Maatskappy se funksionering moet tot die evolusionêre uitkristalisering van die Ideaal lei.

2. Kry beleggers om in die maatskappy te belê – diegene wat direk in die Maatskappy wil belê (volkstaters), maar ook ander wat bereid is om aanvanklik net finansieel te belê, terwyl hulle eers die kat uit die boom beloer met die oog op latere toetrede.

Diegene wat bereid is om eerste in die Maatskappy te belê gaan die grootste rigtinggewers tot die bereiking van die Ideaal wees. Dit gaan myns insiens ‘n oneindige spul impotente en grootdoenerige retoriek van die Leëblik Brigade uitskakel.

3. Met ‘n deel van die beleggingskapitaal, koop plase aan die dunbevolkte Weskus (toegang tot die see) op en vestig die maatskappystruktuur daarop. (Die embrionale volkstaat.) Die aanvanklike grootte van die maatskappy se terrein is nie van onmiddellike belang nie.

Dat plase egter die ontwikkelingskern moet vorm, is – vir my, altans – ‘n gegewe. Die enkele gesinne Afrikaanssprekende Kleurlingplaasarbeiders wat op die plaaseiendom mag wil agterbly, kan geredelik geakkommodeer word. Die ontwikkelingskern kan egter nie enige bestaande dorpe insluit nie, want Swart koekoeke het hulle reeds kom tuis maak in die neste van feitlik elke dorp in die land. En om van ‘n koekoek wat nes geskop het, ontslae te raak, is ‘n onbegonne taak.

4. Die Bestuur, die mense wat die grootste aanvanklike inset sal moet maak, van die Maatskappy (kompleet met korporatiewe embleem en (oranje-wit-en-blou?) kleure) sal die de facto “regering” van die volkstaat-in-die-kleine vorm. Dit sal ‘n eerste volksraadsverkiesing met sy gevolglike kleinlike politiekery, onderlinge gevegte en bekgevegte uitskakel: Besturende Direkteur (President), Bestuurder (lees: Minister van): Finansies, Bestuurder: Sekerheid, Bestuurder: Personeel, ens. Met ‘n Roterende Voorsitter op vergaderings kan almal op die Direksie die geleentheid kry om sy staal te wys.

5. Met die korporatiewe Credo van die Maatskappy wat aan alle aansoekers en toetreders as toetredingsvereiste voorgehou word, kan die Maatskappy met kern- en bykomstige personeel beman word.

In die op- en uitbou van die Maatskappy sal ‘n verskeidenheid mense direk deur die Maatskappy in diens geneem en opgelei moet word (embrionale staatsdiens), terwyl entrepreneurs wat hulle eie investering in die Maatskappy wil maak deur dienslewering – bouers, ingenieurs, karweiers, ens. – die embrio van ‘n nuwe privaatsektor sal vorm.

Namate die Maatsappy middelpuntvlietend groei en sy strukture ‘n meer politieke beslag kry, kan verdere grondgebied – plase waarop koop-opsies vroeër geneem is – bygekoop word om sy grondgebied te vergroot. Voornemende volkstaters kan hulle eie kapitaal binnebring en satelliet-industrieë kan gevestig word.

Uiteindelik sal dit van Maatskappy en sy mense self afhang of hy homself aan die wêreld kan verkoop om steun vir politieke onafhanklikheid te verkry. Selfs indien nie, sal dit nog steeds ‘n magneet-sentrum kan vorm om Afrikanerbelange en -kultuur te konsolideer.

Ek glo bostaande is ‘n stryd wat klein genoeg is om te wen; groot genoeg om ‘n volk van uitwissing te red.

necklace bridalФильчаков прокурор

Anton van Niekerk se oneerlikheid is nie nuut nie

Die pak slae wat Anton van Niekerk in sy kantoor op die lyf geloop het (Beeld, 16 Junie) is simptomaties van ‘n groeiende onvergenoegdheid met meningsmouse soos hy wat hulle rug op die verlede van hulle eie mense draai. Dit is die politiek korrektes soos Van Niekerk wat die huidige politieke orde goedsmoeds vergoeilik en alle huidige gebreke herlei na die vorige orde.

Die netto resultaat van Van Niekerk se artikel in Beeld is dat nog ‘n witman in die tronke van die huidige SA sal verrot, om die politieke klimaat nog warmer te maak.

Daar is veral onder akademici ‘n diepgesete oneerlikheid wat nie net eie aan post-apartheid-SA is nie. In Buenos Aires waar ek 5 jaar gewoon het en waar bykans negentig persent van die bevolking op ‘n stadium vir Perron gestem het, was dit na Perron haas onmoontlik om ‘n Perronis te vind. In Chili waar ek ook geakkrediteer was, is Pinochet op ‘n stadium verheerlik en later verguis. In Duitsland waar ek tot 1993 gewerk het, is dit ondenkbaar dat iemand sou erken dat hy/sy ‘n Hitlerondersteuner was. Tog het meer as negentig persent van die bevolking op ‘n gegewe stadium ten gunste van die Nasionaal-sosialisme ‘n kruisie gemaak.

Terug by SA: almal wat my ken weet dat ek sedert eerste minister J. Vorster nie ‘n ondersteuner van die NP was nie. Desondanks moet ek eerlik sê dat dit alles behalwe die agenda van die NP was om die swartes ten gronde te rig.

Kortom: Hendrik Verwoerd se nageslag het in Orania die bewys gelewer dat ‘n beleid van afsonderlike vryhede in ‘n veelvolkige land soos SA eties verantwoord kan word. Dieselfde kan van Kleinfontein buite Pretoria gesê kan word. Daarenteen het die swart etniese groeperinge misluk om grondwetlike inhoud aan hulle tradisionele gebiede te verleen.

Van die etiese debat in die sestigerjare weet Anton van Niekerk klaarblyklik niks en is sy ideologiese tirade teen die vorige orde gebaseer op mites en nie op feite en waardes nie. Die beste wat hy kan doen, is om te swyg!

укладка мозаики вФильчаков прокуратура харьков

Van Niekerk-insident die resultaat van Naspers-monopolie

Die onlangse voorval waartydens ‘n vuisgeveg tussen mnr. Abel Malan en prof. Anton van Niekerk van die Stellenbosse Universiteit ontstaan het, is regstreeks te wyte aan die verdeeldheid en onverdraagsaamheid wat die Naspers-monopolie onder Afrikaners veroorsaak.

Die aanleidende oorsaak tot die voorval was ‘n artikel deur Van Niekerk waarin hy historiese morele skuld op Afrikaners en blankes pak. Méér nog, in die artikel maak Van Niekerk hom skuldig aan revisionisme oor die totalitêre stelsel van kommunisme wat in Oos-Europa gegeld het en wat deur die wêreldgemeenskap, asook deur verskeie onlangse Russiese presidente, as ‘n “skandvlek” verwerp is.

Ook vanweë sy verraad teenoor die Afrikaanse taalgemeenskap, het die Universiteit van Stellenbosch en sy dosente ‘n simbool geword van die morele en intellektuele verrotting van ‘n sekere Afrikaner-elite wat hom opportunisties aan die kant van die huidige maghebber geskaar het. Die joernalistiekskool aan dié universiteit produseer die soort wêreldvreemde, anti-Afrikanerjoernaliste wat agterna hul magsposisies by die Nasperskoerante misbruik om gewone Afrikaners te verguis en te belaster in die naam van hul neo-Marxistiese ideologie.

Sowel die US as Naspers het al oor en oor hul onverdraagsaamheid teenoor menings wat hoegenaamd van hul onsinnige dogmas afwyk, gedemonstreer. Van Niekerk se artikel was ‘n stuk propaganda wat enige opregte intellektueel of dosent onwaardig is en die klakkelose publikasie daarvan deur Beeld en Die Burger het op die soveelste witskuldorgie en “sielkundige operasie” teen die lydende Afrikanerbevolking gedui.

Hoewel mnr. Abel Malan se gebrek aan selfbeheersing nie goedgepraat kan word nie, getuig dit van die algemene frustrasie wat Afrikaners teenoor die media- en akademiese Gauleiters van ‘n sadistiese regime voel. En hier, ter verheldering vir die halfgeletterde woordverwerkers wat uit Stellenbosch se ideologiefabriek stroom, bedoel ons “sadisties” in ‘n psigopatologiese sin.

Die moontlikheid dat geweld tussen Afrikaners baie verder as blote vuisgevegte kan uitkring, bestaan solank as wat die onhebbelike mediamonopolie in Afrikaans voortduur. Die mees winsgewende koerant in Brittanje is so pas weens die onetiese gedrag van sy redaksie gesluit.

Naspers se winsgewendheid, asook die lewenslange aanstellings van radikale professore aan die US, verskaf hul geensins carte blanche om met hul provokasie en belastering van Afrikaners voort te gaan nie.

автомойка купитьЛобановский

Volgehoue aanslag op Afrikanerwaardes rede vir professor se pak slae

Die pak slae wat mnr Abel Malan vir prof Anton van Niekerk gegee het, is ‘n uiting van die opgeboude frustrasie van die Afrikaner oor die aanhoudende fisiese en sielkundige aanslag wat reeds dekades lank op ons volk gemaak word. Dit dra soveel meer betekenis dat dit juis in Stellenbosch gebeur het, want dit was daar waar die Cape Liberal Nats reeds teen wyle dr. Verwoerd saamgesweer en hom van binne die Nasionale Party ondermyn het.

Die volgehoue propaganda om ons volk se fundamentele waardes, ons sin vir afsonderlikheid en ons Christelik-nasionale lewensbeskouing af te kraak; die verraad en bedrog waardeur die politieke mag oor ons land aan ‘n swart terroristebende oorhandig is en die volgehoue aanslag van moord en wandade teen ons mense, waarin selfs nie kleuters en hulpelose bejaardes ontsien word nie, het die Afrikanervolk se vlak van frustrasie verby die grense van verdraagsaamheid opgejaag. ‘n Voorval soos dié moes noodwendig een of ander tyd plaasvind.

Dat ‘n opgevoede en respektabele persoon soos mnr. Abel Malan, wat hom nog nooit met enige geweldselement geassosieer het nie, deur prof. Van Niekerk se provokasie tot dié optrede uitgelok is, is veelseggend.

Liberale akademici, koerantredakteurs en predikante wat van agter die veiligheid van hul lessenaars en kansels ons volk afkraak, verdeeldheid aanstig en ons voortdurend in die beskuldigdebank plaas, moet maar kennis neem van die gebeurde.

Mnr. Malan se optrede vergestalt die gevoel wat in die harte van duisende volksgenote lewe.

расширительный бакданильченко юрій броніславович

Getalle, die ware verhaal

Wêreldbevolkingsdag is vandeesweek gevier met ‘n aankondiging deur die Verenigde Nasies dat die wêreldbevolking later die jaar op sewe miljard sal staan. As ‘n mens daaraan dink dat twee-miljoen mense die openingswedstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika bygewoon het, klink sewe-miljard na ‘n verbysterende getal.

Die Sekretaris-Generaal van die VN, Ban Ki-Moon, sê op die oomblik kan die wêreld nog gevoed word, maar tog is byna een-miljard mense besig om te verhonger. Die jaarlikse toename van 80 tot 85 miljoen mense wêreldwyd gaan ingrypende veranderings teweegbring. Hoe meer mense, hoe meer behoeftes, hoe meer tekorte. ‘n Tekort aan hulpbronne lei tot migrasie wat weer tekorte op ander plekke veroorsaak en groot druk op maatskaplike stelsels plaas. Siektes word meer, kos word minder, werk is skaarser, onderwys en opleiding word deur getalle versmoor en die omgewing word uitgeroei deur oorbeweiding, ontbossing en landboukundige wanbestuur.

Uiteindelik vlug miljoene mense na die stede en krotbuurte, plakkerskampe en infrastruktuur-uitputting word algemeen. Misdaad en etniese geweld steek toenemend sy kop uit. Amerika se Population Crisis Committee het al in 1989 bevind dat misdaad as gevolg van bevolkingsdruk toeneem. Voorverlede jaar het die VN ‘n ernstige pleidooi gelewer vir die afplatting van die wêreldbevolking omdat menslike bedrywighede besig is om die natuurlike prosesse van die aarde te oortref. Klimaatskommelings en die hidrologiese siklus bewys dit.

In 1860 was daar na raming slegs 1,13-miljoen mense in Suid-Afrika. Teen die jaar 2000 het die bevolking op ‘n raps meer as 43-miljoen gestaan. Vandag raak dit aan die 50-miljoen kerf. Geen wonder dus dat die gebrekkige krag- en watervoorsiening, behuising, onderwys, werkskepping, gesondheidsorg en misdaadbestryding die land in ‘n doodloopstraat laat beland het nie.

Ons vir jou, Suid-Afrika. Maar hoe lank nog?

очистка топливныхtopcargo развод

Toekomsmusiek vir Kaapse here in hul gracht

Die naïewe geloof van witmense dat die ideologie van “nie-rassigheid” hulle gaan beskerm teen swart rassisme, is net dit: ‘n Baie naïewe geloof dat semantiese toertjies nou ‘n werklikheid gaan verander.

Vandeesweek het ‘n hele paar nuusitems weer die gebrekkigheid van sulke ondeurdagtheid onderstreep. In Koffiefontein is wit dorpenaars “geskok” omdat swart inwoners ondersteuners van Julias Malema kan wees en hulle met dieselfde minagting behandel as wat die Jeugligapresident nou al jare lank belowe.

Kennelik is die Koffiefonteiners aangewese op die Kaapse media wat die sprokie van “nie-rassigheid” verkondig en te koop loop met die onsinnige en onhaalbare idee dat die DA swart kiesers sal aanlok om Malema op sy baadjie te gee.

Die gemiddelde swart inwoner van Suid-Afrika verstaan “swart” onder “nie-rassig” danksy die onverpoosde ywer van die einste monopolistiese pers om die plaaslike verhaal so eensydig as moontlik aan te bied en alle dissidente stil te maak en te belaster.

Die boer van Harrismith wat met sy hande in sy hare sit nadat grondbesetters sy plaas oorgeneem het, het nou ook op die harde manier geleer dat ABSA-bank swart kliënte het om tevrede te hou en ‘n balansstaat het om te vertroetel. Vir hom beteken “nie-rassig” ongetwyfeld “swart”.

Die DA sal waarskynlik nie die grootste Afrikanerbank daarvan kan oortuig dat ‘n lening aan mnr Petrus Weyers ‘n goeie idee is nie, ten spyte daarvan dat hulle ‘n geleentheid raakgesien het om goedkoop politieke munt uit die gemors te slaan.

Die DA se swart lede vind bowendien nie veel fout met die plaasbesetting nie, en dié kwessie kan selfs veroorsaak dat swart partylede te ongemaklik begin raak.

Op Groblershoop het senior ANC-lui algar verseker van húlle “nie-rassige” toewyding om die skare woedende swart betogers by die wit boer wat ‘n swart vrou geskiet het se hofverskyning, nog verder aan te hits met ‘n roerende aanhef van “Skiet die boer”.

Soos by Koffiefontein, het Malema se woorde ook by Harrismith en Groblershoop se swartmense inslag gevind en die here daar in hulle gracht, gaan die musiek wat hulle self gekomponeer het, binnekort hoor weerklink.

play cluedo onlineалександр лобановский харьков

Jonathan Jansen die boekresensent

Jansen is van mening dat hy baie verbaas sal wees as die boek van Hugh Lewin “Stones against the Mirror” nie die Alan Paton-prys vir nie-fiksie gaan verower nie. “Dit is ’n storie wat die oorheersende verhaaltrant van die apartheidstryd daag: dié van slegte wit teen goeie swart, van die bose apartheidstelsel teen die edele stryders, van klaarblyklike oortreders teen weerlose slagoffers,” sê Jansen, n man wat self maar sy mening oor reg en verkeerd na binne kan keer met sy magsmisbruik. Hy het eiehandig ‘n eerstewêrelduniversiteit die standaard van ‘n derdewêreldinstelling verlaag.

Wat veral na vore kom in hierdie skrywe van Jansen is dat hy geensins besef dat alle regerings ter wêreld terroriste wat in hul boosheid hul land se veiligheid bedreig, sal jag om hulle buite aksie te probeer stel nie.

Duidelik praat Jansen ook nie oor die onderskeie bomme van die swart terroriste wat onskuldige lewens geëis het omdat hulle die Suid-Afrikaners se land wou hê nie!

Intussen het die terroriste met verraad, terreurdade en leuens die land gekry en hoe lyk dit nou – 17 jaar later? Is jy, prof. Jansen, trots op wat julle swartmense met die land gemaak het?

Om mee af te sluit haal ek Jansen se laaste paragraaf aan:

“As ons politici maar net iets van dié nederigheid en kwesbaarheid oor die verlede geopenbaar het. As meer vriende en families wat in die jare van die apartheidstryd verdeel is, die durf sou hê om met die gewelddadige verlede vrede te maak. Dit sou dalk net ons woede en prikkelbaarheid temper wanneer ons voor die gruwels van die nuwe Suid-Afrika te staan kom.”

“‘Ons’ woede temper” met 40-duisend wreedaardige swart-op-wit moorde? Meer swart en wit ellende as ooit tevore? “Ons” eerstewêreldland op elke gebied onherstelbaar verniel tot ‘n skandvlek vir enige beskaafde mens!

Nee, ons gaan nie ons woede oor die gruwels van die Nuwe Suid-Afrika temper nie.

casino free betалександр лобановский супермаркет класс