praag.co.za

Joernaliste moenie agente wees nie

Written by

in

Dit blyk uit die Murdochsaak (VK) dat joernaliste van hierdie media-empire onder meer deur telefoonafluistering en noue bande met die Britse polisie private en vertroulike inligting bekom het om ook politieke doelwitte te dien. Toe Murdoch besluit het dat Brown van die Arbeidersparty polities “geëlimenteer” moes word, is skadelike inligting aangaande hom en sy saketransaksies deur Murdoch se medianetwerk aan die groot klok gehang.

Dit laat die vraag ontstaan of die wanpraktyke onder die NP-bewind nog hier in SA voortgesit word ingevolge waarvan die Nasionale Intelligensiediens geheime agente in die media en assuransiebedryf gewerf het om inligting oor sekere teikens te bekom. En wat meer is, dat joernaliste gebruik is om artikels te skryf om sekere doelwitte te dien.

Die kontak tussen Eugene Terre’Blanche en die joernalis Jani Allan is ‘n goeie voorbeeld. Is dit bv. korrek dat Hennie Serfontein van die destydse Sunday Times sy artikels oor die Broederbond van Beyers Naudé verkry het, sonder dat Naudé geweet het dat generaal Hendrik van den Bergh volledig op hoogte van sake was naamlik wie vir die lekkasie van Broederbonddokumente verantwoordelik was?  In ‘n ander geval het ‘n bekende persoon jare vir die dagblad The Friend in Bloemfontein gewerk, terwyl hy eintlik ‘n luistervink van die Buro vir Staatsveiligheid was.

Na my oordeel moet veral politieke joernaliste ‘n etiese kode onderteken dat geen bande met veiligheidsdienste onderhou word nie. Joernaliste wat agente van die staat is doen die joernalistieke bedryf geweld aan.

уличные светильники наДанильченко Юрий Харьков

Comments

Leave a Reply