Toekomsmusiek vir Kaapse here in hul gracht

Die naïewe geloof van witmense dat die ideologie van “nie-rassigheid” hulle gaan beskerm teen swart rassisme, is net dit: ‘n Baie naïewe geloof dat semantiese toertjies nou ‘n werklikheid gaan verander.

Vandeesweek het ‘n hele paar nuusitems weer die gebrekkigheid van sulke ondeurdagtheid onderstreep. In Koffiefontein is wit dorpenaars “geskok” omdat swart inwoners ondersteuners van Julias Malema kan wees en hulle met dieselfde minagting behandel as wat die Jeugligapresident nou al jare lank belowe.

Kennelik is die Koffiefonteiners aangewese op die Kaapse media wat die sprokie van “nie-rassigheid” verkondig en te koop loop met die onsinnige en onhaalbare idee dat die DA swart kiesers sal aanlok om Malema op sy baadjie te gee.

Die gemiddelde swart inwoner van Suid-Afrika verstaan “swart” onder “nie-rassig” danksy die onverpoosde ywer van die einste monopolistiese pers om die plaaslike verhaal so eensydig as moontlik aan te bied en alle dissidente stil te maak en te belaster.

Die boer van Harrismith wat met sy hande in sy hare sit nadat grondbesetters sy plaas oorgeneem het, het nou ook op die harde manier geleer dat ABSA-bank swart kliënte het om tevrede te hou en ‘n balansstaat het om te vertroetel. Vir hom beteken “nie-rassig” ongetwyfeld “swart”.

Die DA sal waarskynlik nie die grootste Afrikanerbank daarvan kan oortuig dat ‘n lening aan mnr Petrus Weyers ‘n goeie idee is nie, ten spyte daarvan dat hulle ‘n geleentheid raakgesien het om goedkoop politieke munt uit die gemors te slaan.

Die DA se swart lede vind bowendien nie veel fout met die plaasbesetting nie, en dié kwessie kan selfs veroorsaak dat swart partylede te ongemaklik begin raak.

Op Groblershoop het senior ANC-lui algar verseker van húlle “nie-rassige” toewyding om die skare woedende swart betogers by die wit boer wat ‘n swart vrou geskiet het se hofverskyning, nog verder aan te hits met ‘n roerende aanhef van “Skiet die boer”.

Soos by Koffiefontein, het Malema se woorde ook by Harrismith en Groblershoop se swartmense inslag gevind en die here daar in hulle gracht, gaan die musiek wat hulle self gekomponeer het, binnekort hoor weerklink.

play cluedo onlineалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae