Al Debbo: ’n Ware legende

Die VF Plus het met groot hartseer verneem van Al Debbo se afsterwe en betuig meegevoel met sy familie in hierdie tyd.

Oom Al Debbo was een van die besonders begaafde akteurs en komediante wat sonder ‘n draaiboek kon optree en snaaks wees en sy afsterwe stel die einde van ‘n era daar. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kultuur, sal Al altyd onthou word vir sy meelewendheid, sy liefde vir mense en om hulle te laat lag, sy liefde vir sy familie en vir sy land.

“In my dae as regshoof van Mnet het ek vir oom Al persoonlik leer ken en het hy ons lewens verryk deur onder andere van die eerste gesigte te wees om te verskyn op KykNET. Hy was ‘n man wat diep in ons harte gekruip het en ons sal hom vir altyd onthou. Hy is ‘n ware legende,” het Alberts gesê.

Al Debbo het ook gereeld op versoek van die party opgetree by byeenkomste waar hy die harte van oud en jonk gesteel het. As jare lange lid van die weermag se vermaaklikheidsafdeling het hy ook gewys dat hy ‘n patriotiese man is, juis ook vanweë die feit hy aanbiedinge vanaf Hollywood ontvang het om daar te gaan werk, maar dit van die hand gewys het. Sy heengaan maak ons harte bietjie leër, maar ons is dankbaar vir die tyd wat hy hier was om ons lewens te verryk.

сколько стоит роликиданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae