Arbeiders op jou grond

Vandag het rolspelers in die landbou die geleentheid om hulle voorleggings aan die betrokke parlementêre portefeuljekomitee te doen rakende die voorgestelde wysigings aan die Wet op Verblyfsekerheid.

Ingevolge daardie wet sal boere uitgesonder word om permanente huisvesting te verskaf aan mense wat op plase woon, ongeag of hulle arbeiders is of nie. Daar word in die nuwe wetswysigings skielik baie meer klem gelê op plaasbewoners as op plaasarbeiders. As ‘n werker behuising op ‘n plaas kry, kry hy dan die reg om sy hele familie by hom te laat bly, hulle kry die reg om vee te laat wei en die landbouwerkgewer, die boer, word ook gedwing om ‘n stuk van sy grond beskikbaar te stel sodat hulle daarop kan plant.

Sou die werker dan uiteindelik aftree of nie meer daar werk nie, word die plaaswerker dan ‘n plaasbewoner en moet hy daar aanbly. As die boer ‘n nuwe werker wil aanstel, moet hy maar eenvoudig ‘n nuwe huis bou, en daardie nuwe werker ook reg gee om sy beeste te laat loop, te plant en sy familie daar te vestig.

Vir enige redelike persoon klink hierdie voorstelle tog te verregaande om waar te wees. Op die wyse sal boere nie meer genoeg grond hê om kommersieel te boer nie en sal hongersnood die langtermyngevolg wees. Aan die ander kant sal boere om te kan oorleef, moet kyk na alternatiewe om die werk gedoen te kry, soos om te meganiseer. Dit sal ‘n streep trek deur die ANC-bewind se pogings om werk te skep.

Die saak wat egter uistaan is dat hier van boere verwag word om juis dit te doen wat die staat se verantwoordelikheid is, en waarvoor hy nou skynbaar self nie kans sien nie. In die voorlegging wat TLU SA vandag aan die portefeuljekomitee maak, stel dié landbou-unie dit onomwonde dat die ANC huise belowe in sy verkiesingsmanifes, daarom moet hy maar self sy beloftes nakom en nie van boere verwag om dit namens hom te doen nie.

TLU SA vra ook waarom boere uitgesonder word vir hierdie proses. In enige ekonomie is dit tog so dat werkers hulle eie behuising het en vir hulle eie dienste en vervoer betaal. Waar huisvesting verleen word, is dit deel van ‘n vergoedingspakket en as die werker nie meer in diens is nie, moet hy die huis ook ontruim. Maar landbouwerkgewers word nou verplig om hulle en hulle nageslagte in lengte van dae te akkommodeer. TLU SA wys daarop dat dit direk in stryd is met Artikel 9 van die Grondwet van die land en dat daar onredelik gediskrimineer word teen boere.

Ons is egter bevrees dat dit uiteindelik nie by die landbou gaan eindig nie. Die boere is ‘n relatiewe klein deel van die bevolking en word gesien as die sogenaamde rykes, wie se rykdom herverdeel moet word. Sou hierdie wet suksesvol deurgevoer word en hulle word tot hierdie drakoniese maatreëls gedwing, gaan dit nie te lank duur voordat dieselfde beginsel van toepassing gemaak gaan word op stedelike werknemers wat inwoon by hulle werkgewers nie. Dit beteken groot gemeenskappe in die buitekamer wat vir ‘n enkele werknemer bedoel is.

Daarom is voorkoming steeds beter as genesing. Waar volksvreemde arbeid nog nie in geheel uitgeskakel kan word nie, moet in ieder geval verhoed word dat hulle op die werkgewer se eiendom bly. Hulle mag dalk net nooit weer daarvandaan verwyder word nie en ook permanente verblyfreg kry, soos nou gepoog word op op die boere af te forseer. Ook daarom moet die landbougemeenskap ondersteun word in hulle stryd, want dit gaan waarskynlik nie daar bly nie.

гольфыалександр лобановский класс

Die wêreld wag in spanning

Nie net het die onrus in die Persiese Golf kommer laat ontstaan dat die wêreld se olietoevoerroetes in gedrang kan kom nie, die aardbewing in Japan wat ‘n reeks kernkragsentrales toegemaak het, het ook ‘n verlammende effek. Japan, die wêreld se derde grootste industriële ekonomie maak op Golfolie sowel as kernkrag staat.

Die land is egter geheel en al sonder minerale hulpbronne en moet elke metaal en die energie om dit te verwerk, invoer. Vanselfsprekend hou die land voorraad aan van wat hulle nodig het, maar as dit opraak, hou Japan op om ‘n industriële mag te wees, kort en klaar.

Japan voer metale van verskillende bronne in, maar olie slegs uit die Persiese Golf en dit is, soos die afgelope weke getoon het, ‘n kwesbare bron. Spanning tussen Iran en Saoedi-Arabië, asook die VSA, kan verdoemende gevolge hê vir volgehoue olietoevoer. Die bepalende faktor is natuurlik die Golf se besonderse geografie: Die nou kanaal bekend as die Straat van Hormuz. As daardie klein kanaaltjie sluit, is dit nag vir die wêreldekonomie.

Vir Japan sal dit meer as hoër pryse beteken. Dit kan beteken dat olie net eenvoudig nie bekombaar is nie, selfs nie teen enige prys nie. Dit sal noodlottig wees vir Japan se ekonomie. Om nie van die globale ekonomie te praat nie.

Toe die Golfstate in 1973 ‘n olie-embargo uitgeroep het, het Japan dieselfde dilemma gehad. Omdat die land aangewese was op die VSA om hulle olietoevoer te beskerm, het die besef dat Amerika dit nie kan waarborg nie, ‘n politieke sowel as ekonomiese krisis geskep. Die olieskok het Japannese laat besef hoe kwesbaar hulle is, want hulle voer 100% van hulle olie in.

Om die skok wat ‘n oliedroogte kan veroorsaak te versag, voer hulle steenkool in en het Japan in kernkrag belê. Die eiland is die wêreld se grootste invoerder van oorsese steenkool en die derde groostste produsent van kernkrag, net ná die VSA en Frankryk. ‘n Derde van Japan se elektrisiteit kom van kernkrag. Daarom is Australië ‘n onontbeerlike vennoot vir Japan, vanweë die steenkool en uraan wat hulle verskaf.

Die Tweede Wêreldoorlog het ook met ‘n energiekrisis begin. Die Japannese het China binnegeval en na die val van Nederland en Frankryk in Indonesië en Indochina onderskeidelik, was Japan bekommerd oor tin, rubber en olie-invoere. Om Japan se olietoevoer af te sny nadat hulle Indochina ingeval het, het die VSA al die olie van Indonesië opgekoop. Die Japannese het totale ekonomiese ineenstorting in die gesig gestaar en besluit dat hulle sal moet optree. Pearl Harbour was die noodlottige uitvloeisel daarvan.

Dit is nog nie duidelik hoe ernstig die kernkrisis is nie, maar die vooruitsigte lyk al hoe donkerder. Olieprobleme in die Golf, verlies aan kernkrag en radio-aktiewe uitstraling vanweë ‘n beskadigde kernkragsentrale, kan die Japannese volk knak. Kernkrag was Japan se veiligheidsnet en dis weg.

Die kwesbaarheid van die land is blootgelê: Japan beheer nie sy energiebronne of die toevoerroetes daarvan nie. En die aarde se wipspelturigheid het dié keer nie saamgespeel nie. Die vraag is nou hoe die politieke stelsel daarmee gaan handel. Die wêreld wag in spanning…

светильник акцентного освещениятопкарго развод

Volgende paar dae gaan deurslaggewend wees vir Japan

Kernkenners het gewaarsku dat die volgende paar dae deurslaggewend sal wees in die bepaling van presies hoe sleg die gevolge van die Fukushima-kernramp kan wees.

Hulle sê gevorderde Japanese ingenieurswese aan die 40-jaar-oue fasiliteit sal ‘n Tsjernobiel-styl ramp vermy, maar enige bestralingslek kan nietemin rampspoedige gevolge hê.

Tydens Vrydag se megaskudding is die meeste van Japan se 50 kernkragstasies gesluit soos verwag, maar by Fukushima se Daiichikernkragsentrale het die stelsel misluk.

Die hoof-beskermingskapsule by die Fukushima-kernkragstasie in Japan se Eenheid 1 het Maandag se ontploffing oorleef, maar die tweede reaktor se verkoelingstelsel het nou onklaar geraak, het die Verenigde Nasies se atomiese waghond, IAEA, gesê.

“Japan se Kern- en Industriële Veiligheidsagentskap (KIVA) het verdere inligting aan IAEA verskaf oor die waterstofontploffing wat Maandag by die Eenheid 3-reaktor by die Fukushima Daiichi-kernkragstasie plaasgevind het,” het IAEA gesê.

“Die reaktorgebou het ontplof, maar die hoof-beskermingskapsule is nie beskadig nie. Die kontrole kamer van Eenheid 3 funksioneer nog.”

Alle personeel van die kernstasie is veilig en slegs ses mense is beseer, het IAEA gesê.

As die verkoelingstelsel nie herstel word, kan dit lei tot wat bekend staan ​​as ‘n ineenstorting – wanneer die kern smelt en radioaktiewe uitstraling in die atmosfeer ontsnap.

Amptenare pomp tans seewater in die nommer 3-reaktor om die temperatuur laag te probeer hou.

‘n Veiligheidsone is intussen opgestel rondom die fasiliteit en 140.000 mense is verskuif van die gebied. Die owerhede versprei tans gratis jodium om mense te beskerm teen enige radioaktiewe blootstelling.

Dit is belangrik om stabiele jodium te kry in die skildklier om die opname van radioaktiewe jodium te voorkom. As radio-aktiewe deeltjies die liggaam in groot dosisse binnekom, hou dit gesondheidsrisiko’s in wat wissel van braking, haarverlies en in uiterste gevalle, kanker.

In 1986, was die ontploffing van reaktor nommer vier by die Oekraïne se Tsjernobielaanleg die wêreld se ergste kernramp. 

Die Fukushima-voorval is egter meer op die skaal van die 1979 ongeluk by Three Mile Island in Pennsylvania.

Daar is ook 140.000 mense ontruim nadat die reaktor gedeeltelik ineengestort het.

Alhoewel daar kontaminasie binne die aanleg was, was niemand buite bestraal nie en geen ongevalle is aangemeld nie.

Japan het die enigste twee dodelike kernongelukke sedert Tsjernobiel ervaar – een in Tokaimura in 1999 wat twee werkers gedood het en die ander in Mihama in 2004 wat gelei het tot vier sterftes.

Tokaimura is Japan se ergste kernongeluk tot op datum, met meer as 600 mense wat aan bestraling blootgestel is.

Wat ookal gebeur in Japan, sal die wenslikheid kernkrag en die veiligheid daarvan, weer onder die loep kom.

Die voorste Europese lande sê hulle sal hul kernveiligheid herevalueer in die lig van Japan se probleme by die Fukushima- en ander kernkragsentrales. Oostenryk het reeds gevra vir ‘n hersiening van kernkragsentrales in die 27 lande in die Europese Unie.

Die Verenigde Nasies het gesê daar is toenemende kommer oor die reaktors by talle van Japan se kernkragsentrales.

детский товарпрокурор Фильчаков

Gedwonge integrasie bevorder segregasie

Prof Adam Habib maak in Beeld (2011-03-09) die bekentenis dat wit- en Afrikanerstudente toenemend hulle rug draai op die “kosmopolitiese en rasgeïntegreerde” Universiteit van Johannesburg, na ras-eksklusiewe universiteite.

In sy verdere artikel gee Habib eintlik self die redes:

* Nog net sekere kursusse aan die UJ word nog in Afrikaans aangebied.
* Afrikaanssprekende studente beweeg na “n makliker omgewing”.

Die makliker omgewing is natuurlik ‘n eie Westerse kultuur- en beskawingsomgewing.

Volgens Habib vra SA van ons om buite die grense van Afrikanerskap te beweeg. Neem in ag dat die UJ, die vroeëre RAU, met bitter skaars fondse deur Afrikaners neffens WITS opgerig is, om ‘n Afrikaanse akademiese kultuuromgewing te skep. Afrikaners wat wel buite die eie kultuurgrense wou oorbeweeg, kon dus rustig WITS toe gaan, soos baie inderdaad gedoen het.

Dit sou tog ‘n daad van patriotisme gewees het as nie-Afrikaanse studente op groot skaal buite hulle eie kultuurgrense beweeg het om by ‘n suiwer Afrikaanse universiteit te studeer en by die destydse etos en kultuur van RAU in te val. As hulle so gedoen het, sou hulle ‘n beter begrip van die Afrikaner kon ontwikkel.

Waarom moet dit nou juis weer net Afrikaners wees wat buite hulle grense moet beweeg? Wat by RAU gebeur het is eenvoudig: Afrikaners is van ‘n tersiêre instelling beroof, ja dis gesteel, en sistematies verengels en verafrikaniseer. Daar is nie rekening gehou met die feit dat gedwonge afrikanisering tot afskeiding aanleiding gee nie. Inmiddels waarborg die grondwet [art 31(1)(b)] dat persone wat aan ‘n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, nie die reg ontsê mag word om saam met ander lede van daardie gemeenskap kultuur-, godsdiens- en taalorgane van die burgerlike te vorm, in stand te hou en daarby aan ter sluit nie.

Volgens Habib was hulle (“ons”) mandaat om presies die teenoorgestelde aan die RAU te doen as wat die grondwet blykbaar sinloos bepaal. Wie is die “ons”? Is dit die ANC?

casino sites noФільчаков Олександр Васильович

Waar staan die Afrikaners ten opsigte van selfbeskikking ?

Die gesprek kom al oor ʼn lang tyd en steeds is daar min vordering gemaak met selfbeskikking. Die algemene Afrikanersteun vir selfbeskikking het drasties afgeneem sedert 1994 gemeet aan verkiesingsuitslae, enkele meningsopnames en die emigrasiepatrone. Inderwaarheid kan selfbeskikking gereduseer word tot twee opsies, nl. interne of eksterne selfbeskikking.

Interne selfbeskikking kom tot stand waar ʼn staat voorsien in die taal en kulturele behoeftes van ʼn minderheidsgroep en ook toelaat dat die minderheidsgroep effektief deelneem aan die gemeenskaplike politiek van die land. Eksterne selfbeskikking of sesessie word in die algemeen ongunstig ontvang in die internasionale gemeenskap. Eensydige sesessieverklarings is ekstreem en vind slegs plaas in sorgvuldig gedefinieerde omstandighede mits ʼn homogene groep (polities, kultureel, religieus, ens) gekonsentreerd ʼn spesifieke geografiese gebied beset.

Selfbeskikking word oor die algemeen beskryf as ʼn beginsel en nie ʼn reg nie, met die voorwaarde dat die groep wat selfbeskikking opeis, oorwegend ʼn spesifieke territoriale gebied moet bewoon. Die uti possidetis-doktrine (beginsel van territoriale integriteit) word onderhou deur die internasionale gemeenskap in terme dat die territoriale integriteit van soewereine state nie bedreig of ontwrig moet word nie. Alhoewel die Afrikaner kwalifiseer in terme van kulture aspekte om as ʼn homogene groep te eis vir selfbeskikking, beset die Afrikaners nie ʼn territoriale gebied nie en sal moeilik op grond van uti possidetis kan aanspraak maak op selfbeskikking.

Waar staan die Afrikaners tans met betrekking tot selfbeskikking? Die algemene aanduiding soos dit manifesteer in die ondersteuning van politieke partye is dat die meerderheid Afrikaners of blankes in die breër sin reeds interne selfbeskikking gekies het. Die effek van misdaad, plaasmoorde, regstellende aksie, SEB en die talle voorbeelde van wanbestuur op alle regeringsvlakke moet nog bepaal word en sal in die huidige omstandighede ʼn bruikbare, indien nie noodsaaklike, tema vir navorsing wees.

Afrikaners het egter nog nie die punt van ʼn gemeenskaplike vryheidswil bereik nie. Die grootste struikelblok om die gemeenskaplike vryheidswil te mobiliseer is geleë in die Afrikanerdiaspora. Afrikaners is verspreid oor die hele Suid-Afrika en ongeveer een miljoen Afrikaners het reeds geëmigreer. Een van die kernvoorwaardes vir selfbeskikking is dat die groep wat daarop aanspraak maak die meerderheid moet wees in ʼn spesifieke geografiese gebied.

Die kernaandrang van Afrikanerselfbeskikking is juis geleë in die groep wat nie aan nasionale volksverkiesings deelneem nie. In die opsig verwys Gregan na “om ex post facto kennis te neem van ʼn de facto-situasie en dit boonop de jure te erken”. Die groepering Afrikaners wat wel die volkstaatgedagte ernstig opneem se enigste opsie is geleë in ʼn ex post facto-situasie. Suid-Afrika is ʼn soewereine staat en met inagneming van die uti possidetis-beginsel is dit onwaarskynlik dat sesessie sonder ʼn Afrikaneropstand (rewolusie) sal kan plaasvind. ʼn Opstand sonder populêre steun sal nie veel bereik nie en maklik onderdruk word deur die regerende party.

Afrikaners het drie opsies. Skakel in by die huidige wanorde, emigreer of mobiliseer. Verkry populêre steun, beset ʼn geografiese gebied in Suid-Afrika en laat die wêreld ex post facto goedkeuring verleen. Dit gaan uitstaande kundigheid vereis om Afrikaners te lei tot onafhanklikheid binne konteks van globalisasie en die internasionale gemeenskap se siening ten opsigte afskeiding. Dit kan egter gedoen word.

купить тамбов монтировкилобановский александр биография

Die Revolusie

Die uitgesproke maar skynbaar onstuitbare leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sorg dat die revolusiegedagte onder die ANC lewendig bly.

Tot dusver het hy redelik skotvry afgekom van sy “Skiet die boere, want hulle is verkragters”-liedjie. Hofsake hieroor is nog aan die gang of op appél, terwyl die ANC hom nou amptelik ondersteun daarin.

Malema klou ook hardnekkig aan sy eise dat myne genasionaliseer moet word. Die sogenaamde versekerings uit die ANC dat dit nie sal gebeur nie, word ook al hoe minder en flouer. Dis seker dié dat Malema nou meer gestalte begin gee aan die gedagtes daaroor. Hy eis nou sestig persent van die mynreus Anglo American op vir die ANC-Jeugliga. Dit lyk asof hy daardeur die boodskap wil deurgee: as die ANC dan nie die belange in myne wil hê nie, sal die jeugliga dit opeis. Ons kan net dink hoe positief dit ontvang kan word in ‘n organisasie met baie werksku-lede wat gaan begin dink aan ‘n maklike wyse van ryk word. Hulle het skynbaar nog nie tot die besef gekom nie dat dit uiteindelik die voorlopers, die Malema’s self, die uiteindelike vet katte is wat die room van alles afskep.

Die jongste in die Malema-verstommendheid is sy aanmoediging dat swartes meer kinders moet hê. In ‘n land wat reeds oorstroom word deur onwettige buitelanders wat sommer vinnig wettige burgers gemaak word, waar landbouvermoë daagliks verminder as gevolg van argaïese politieke agendas in plaas van ekonomiese beginsels, en waar waterbeskikbaarheid onder geweldige druk is, enersyds omdat Suid-Afrika ‘n water-arm land is, maar andersins omdat Malema se ouer broers van die ANC-regering nie in staat is om ons waterhulpbronne te beskerm teen vermorsing en vervuiling nie, is so ‘n uitspraak net ‘n vonk in ‘n kruitvat. Boonop is dit so dat die swart bevolking in Suid-Afrika in ieder geval nie gepla is met geboortebeperking nie. Waar dink Malema gaan daar vir sy teelprogram voedsel, water en blyplek vandaan gekry word?

Sy motivering is in ANC-terme natuurlik heel aanvaarbaar, en dit is dat daarmee die revolusie voortgesit word. Die ANC wil dus ook die blanke uitteel, soos ons ook oortuig is dat hulle ons met ‘n georkestreerde plan probeer uitmoor. Malema noem dit die ekonomiese revolusie.

Die revolusie-gedagte leef steeds in die ANC, en veral onder die jeug. Dit is so dat ‘n revolusie slegs deur ‘n teen-revolusie gestuit kan word.

Daarom is dit net nodig om te kyk na die definisie van ‘n revolusie. Dit is naamlik om ‘n bestaande orde om te keer. ‘n Revolusie hoef nie noodwendig met geweld gepaard te gaan nie, soos ook blyk uit Malema se teelprogram. Ons volk is met sy eie revolusie besig. As ons praat van die vestiging van ‘n onafhanklike volksrepubliek vir ons volk, kom dit neer op ‘n revolusie, want dit is ‘n verandering van die bestaande orde. As ons volkseie arbeid propageer, is dit ‘n ekonomiese revolusie wat in direkte stryd is met die ANC se verpligte “affirmative action”-beleid.

Ons is dus reeds met ons eie revolusie besig, sonder dat ons dit besef. Ook ons revolusie moet in intensiteit toeneem. En dalk gee Malema ons nog handige wenke: ook ons volk se wieg is te leeg. Om verstaanbare ekonomiese en politieke redes, is ons mense huiwerig om groot gesinne op te bou. Maar ook ons sal dit weer moet oorweeg om ook ons aanwas te verhoog om uiteindelik ‘n volk te bly vir die komende geslagte. Ten minste het ons al bewys te weet hoe om verantwoordelik om te gaan met water, voedselsekerheid en uiteindelik die opvoeding en opleiding van daardie groter gesinne. Want Malema se oproep gaan net groter werkloosheid onder ‘n groter massa onopgeleides beteken. Maar kom ons stuit die Malema-revolusie met ons eie teen-revolusie op elke terrein.

best jackpotФільчаков Олександр Васильович

Swartes wat nie kan swem nie

So pas het die departement van sport aangekondig dat die nasionale skoleswemkampioenskap afgestel word “omdat daar 99% blanke swemmers is”.

Darwin het egter gesê, “wie ras ontken, ontken die biologie”. Met dié logika van kwotas vir skoleswemmers behoort die naelloopitems by die Olimpiese Spele, wat deur swartes van Wes-Afrikaanse afkoms oorheers word, kwotas vir blanke naellopers te hê. Of Amerikaanse basketbal mag nie oorheers word deur negers wat maar 12% van die VSA-bevolking uitmaak nie.

Feit is, net soos sekere swartes oor meer plofbare spierweefsel beskik wat hulle beter naellopers of basketbalspelers maak, is hulle beenstruktuur ook digter en dryf hulle nie so goed soos blankes in die water nie. Hoeveel swart swemmers presteer by die Olimpiese Spele? Weinig, indien enige, swartes het al ooit ‘n eindrondte in die swembad daar gehaal. Maar nou móét swart skoolkinders in SA net so goed soos blankes begin swem, omdat die ANC-regering so sê. Dit gaan nóóit gebeur nie, tensy hulle iewers in die wetenskapfiksietoekoms mense voor geboorte of by bevrugting geneties gaan begin manipuleer om almal gelyk te maak, à la George Orwell.

Ons enigste hoop is ‘n eie Olimpiese span vir Afrikaners en ‘n eie sportfederasie wat niks met die ANC-bewind te make het nie. Net dan sal sport van die ANC se rassedrome bevry kan word.

Maar natuurlik het liberale en linkse blankes jare lank die onwetenskaplike gedagte gepropageer dat alle rasse op alle gebiede oor dieselfde potensiaal beskik, terwyl die gemiddelde persoon met sy oë die fisieke verskille in bou, grootte, krag en ander eienskappe kan raaksien. Al is daar byvoorbeeld miljarde Chinese en ander Oosterlinge, gaan hulle nooit wêreldrugby oorheers nie, omdat hulle groot en sterk genoeg is om teen blankes en sommige ander rasse te kan meeding nie.

Wat vir Chinese en rugby geld, geld ook vir swartes en swem.

воронеж подъемникиАлександр Фильчаков

Gebed help ook nie vir alles nie

Ten minste veroorsaak die oplaaiende munisipale verkiesingskoors dat politici begin wonder oor die argumente wat die stemvee kraal toe sal jaag.

‘n IVP-woordvoerder oor landbou in KwaZulu-Natal, sê plaasaanvalle het sedert 1991 in Suid-Afrika meer lewens geëis as die bevrydingstryde van lande soos Kenia, Rhodesië, Mosambiek, Angola en Suidwes-Afrika en dat sulke aanvalle met militêre presisie uitgevoer word.

Natuurlik is die IVP reg, maar was die eerste honderd slagoffers nie reeds die wekroep tot aksie nie? Stemme soos dié van Praag en die TLU was roepende in die woestyn ‘n paar jaar gelede.

Die wynboere se voorstelle vir spesialiseenhede het kennelik ook ver buite die grense van die Wes-Kaap weerklink; iets wat die piesangboere dalk tot stemming kan roep?

Beeld het hulself weereens verbind tot die DA se sukses in die komende kiesery. In ‘n hoofartikel bepeins die koerant Zuma se keuse: ‘n regstaat of ‘n korrupte staat.

Wel wetende dat die ANC nie hulle netwerk van invloed as korrupsie sien nie, drup die vraag natuurlik van retoriese skynheiligheid. Is daar nog iemand in Suid-Afrika of die wêreld oor wat glo in die wonder van die Westerse regstaat in Afrika?

Die polisiehoof, genl. Bheki Cele, en Gwen Ma­hlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, se wanbestuur maak nie vir die gemiddelde ANC-kieser saak nie. En ook nie vir die swart kieser wat Zille wil lok nie.

Begrippe soos “grondwetlike demokrasie” is te abstrak om te voldoen aan die stygende verwagtinge wat verkiesings oor die land loslaat.

‘n DA-bemarkingsveldtog om die voordele van moedertaalonderrig te benadruk, is nodig sê Michael Le Cordeur, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se fakulteit opvoedkunde. Hy is ook ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Naspers se taalarm.

Volgens Le Cordeur is “afskuwelike dinge in die verlede in Afrikaans gesê”, maar dit “was nie die taal self, wat dit gedoen het nie”.

Dieselfde mediagroep wat Afrikaans op produkte afgelag het, het nou ‘n bruin rasieleier ontdek wat wit vrese aanspreek oor moedertaal. Net jammer dat die bruin kieser nie ‘n dooie duit omgee wat met die taal gebeur nie.

Maar soos ‘n leraar van die NG gemeente Riebeeckpark in Kempton Park dié week in Beeld gesê het, help gebed ook nie vir alles nie.

hair headbandsДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Dink mooi voor jy emigreer

‘n Rukkie gelede het ‘n skrywer aan PRAAG vertel van sy emigrasiewedervaring na die VSA. Hoewel hy enkele pyne genoem het, het hy in die geheel lof vir die projek gehad. Om die waarheid te sê, het ek oorwegend gevoel dat hy dit baie aangenamer laat voorkom het as wat baie ander emigrante moet deurmaak. Dit is ook presies die probleem, nl. dat slegs diegene wat suksesverhale het dit met die res van ons deel. Die ouens wat sukkel, bly oorwegend stil. Immers is ons kultuur so suksesgedrewe dat enigiets minder as dit as mislukking gesien word en dit verdien skaamte.

Nouja, hoewel te veel van ons aan die suksesmoraal onderworpe is, moet die ander kant van die verhaal ook vertel word. Niemand behoort sleg te voel as enigiets in die lewe nie vir hulle uitwerk nie en hulle moet die vryheid hê om sonder veroordeling openlik daaroor te praat as hulle so voel. Ná drie jaar kon ek nog nie besluit of emigrasie vir my ‘n “sukses” of “mislukking” is nie. Wat ek wel kan sê, is dat dit baie pynlik is en dat ek al met vele ander immigrante in gesprek getree het wat dit dieselfde ervaar. In my nagraadse studies waarmee ek tans besig is, het ek selfs ‘n paar stukke daaroor ingelewer.

My gevolgtrekking is dat mense baie mooi moet besin voordat hulle hierdie skuif maak. Dit is gewis nie maklik nie. Baie verwagte en onverwagte probleme lê vir die voornemende emigrant voor. Ten eerste is daar die afskeid en verlange na die vaderland. Dit sluit in velange na familie, vriende, kultuur, taal, klimaat en amper elke ander aspek van die bekende wat positief ervaar word. Die verlies en trauma is soos om ‘n geliefde te verloor. Vir sommiges is dit selfs erger, want elke dag se ervaring van die nuwe land herinner hulle aan alles wat anders is en dus aan dít wat verlore gegaan het.

Vele emigrante is in hul vroeë tot middel-middeljare. Meeste van hulle sal voortaan op hul vingers kan tel hoeveel keer hulle nog hul ouers sal sien. Ja, Skype help, maar dis nie dieselfde nie. Heelwat navorsing is deur ‘n plaaslike akademikus gedoen oor die verlies en verlange na Afrikaans onder Afrikaners hier in Nieu-Seeland. Deurgaans word dit traumaties beleef. Geen mens kan dink watter impak dit het wanneer jou taal geen waarde meer het nie, alvorens jy dit beleef het nie. Dan eers besef jy hoe intens jou taal deel van jou wese is. Om in ‘n ander man se taal te leef, is om net ten dele te leef.

Baie Afrikaners dink hulle sal goed regkom want “in die NSA doen ons in elk geval al ons besigheid in Engels”. Wat hulle nie besef nie, is dat die Engels wat in SA gebesig word van so ‘n swak gehalte is en dat die idioom en aksent so dramaties verskil met dié van Angelsaksiese lande dat dit ‘n geheel ander kommunikasie-ervaring verteenwoordig. Suid-Afrikaners besef nie hoe verdraagsaam selfs die Suid-Afrikaanse Engelssprekendes teenoor die swak Engels is wat in SA gepraat word nie. Aangesien by verre die meeste Tweedetaalengelsprekendes is, is die ganse Suid-Afrika baie verdraagsaam teenoor die geradbraakte wergawe wat daar gepraat word. Kom jy egter hier, is daar geen begrip vir jou aksent, jou Suid-Afrikanismes of die spoed waarteen jy praat nie. Jy moet maar vinnig aanpas en soos met meeste tweedetaalsprekers sal jy vind dat sodra jy onder druk verkeer, verswak jou Engelse taalvaardigheid en dan neem jou gashere se irritasievlakke toe. Aanvaar maar dat met daardie kantoorgeskilletjies, wat mens somtyds ervaar, gaan jy beslis tweede kom. Dis nou as jy as immigrant gelukkig genoeg is om ‘n witboordjiepos te kry, want jou SA ervaring gaan nie hier tel nie. Jy moet Kiwi-, of Aussie-ervaring hê. Behalwe as jy ‘n Pom is, want sien, hulle loop mos op water. Neem ook maar aan dat wanneer jy wel jou plaaslike ervaring begin opdoen het, jy as Suid-Afrikaner saam met die Indiers en Chinese agter in die ry vir geleenthede gaan staan. Die goeie poste is bykans altyd gereseveer vir Kiwi’s, Aussies en Pommies. Ek neem aan in Amerika en Kanada mag daar ‘n plaaslike weergawe van dieselfde logika geld.

Dis ‘n algemene sêding onder Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland, dat jy as nuwe immigrant vir die eerste drie jaar liewer net moet stilbly. Sien, hierdie Kiewiete is so sensitief dat amper enigiets wat jy s^, verkeerd opgeneem kan word. Selfs die Aussies, wat maar self aan die sensitiewe kant is, beskou die Kiwi’s as sensitief. ‘n Australiër sê nou die dag vir my: “The Kiwis are so sensitive, you have to speak to them in riddles.” Hiermee bedoel hy dat enigiets wat direk gesê word as ‘n aanval beskou sal word. Dis juis hieroor dat hulle ons Suid-Afrikaners as ongelooflik aggressief beskou. Die term “arrogant South African” is algemeen bekend hier.

Basies het die plaaslikes nie ‘n goeie siening van Suid-Afrikaners nie. Afrikaners se beeld is nóg swakker. Immers word ons gekontamineer met die “demoniese” apartheid. Wat hulle betref, is ons by verstek rassiste. Jy gaan altyd hard moet werk om daardie etiket te oorkom.

Jou kinders gaan onmiddellik hulle Afrikanerskap begin afstaan ten gunste van die nuwe kultuur. Die deugde van die “nuwe” kultuur is maar yl, want dissipline en struktuur ontbreek erg en jy sal dit opmerk wanneer die kleingoed vriende begin huis toe bring.

Ja, Nieu-Seeland is veiliger as Suid Afrika, en terwyl ons ou land se staatsinstellings onder transformasie begin faal, werk alles wel                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                               hier. Nogtans, moenie die fout maak om te dink omdat die blankes die meerderheid hier is dat jy die menswaardigheid wat jy onder ‘n swart regering verloor het hier gaan herwin nie. Die plaaslikes sal jou altyd daaraan herinner dat jy ‘n buitestaander is. Jy sal nooit dieselfde geleenthede as die plaaslike mense gegun word nie. Immers is dit hulle land. Om dinge erger te maak, as jy eers die moeite en kostes aangegaan het om tot hier te kom, is dit baie moeilik om terug te gaan SA toe.

Daar is vele meer wat ek oor emigrasie kan sê, maar dit sal ‘n hele boek in beslag neem. Dus, genoeg vir nou.

Afrikaners se keuses is dus of ons bywoners in ons eie land of bywoners in iemand anders se land wil wees. Ek dink PRAAG het ‘n blink idee om ‘n Afrikanervesting noordoos van Pretoria te wil ontwikkel. Net so dink ek dat Orania ook op die regte pad is. Die NSA is ‘n falende staat en dus gaan daar ‘n toenemende magsvakuum ontwikkel. Ons moet bloot volhard om ons volkstaat na te streef en onvermydelik sal dit verwesenlik word.

метро алкогольные напитки ценыДанильченео

Onrus en Libië se energie

Libië se politieke twis het reeds begin om sy energieproduksie te kortwiek, en dit is net die begin.

In teenstelling met energie in die meeste Afrika-lande, word byna al Libië se olie en aardgas binnelands geproduseer. Dit verminder ontwikkelingskoste, maar verhoog die kanse dat politieke onstabiliteit uitset kan benadeel.

Libië se 1,8 miljoen vate per dag van olie-uitvoere kan opgedeel word in twee kategorieë. Die eerste kom uit ‘n deel naby die land se westelike grens en word uitgevoer vanuit ‘n enkele groot terminaal net wes van Tripoli.

Die tweede bekken is teen die land se oostelike streek en word uitgevoer vanuit ‘n verskeidenheid van fasiliteite in die ooste. Libië se bevolking is dus in twee verdeel: Leier Moammar Gadhafi se magsbasis is in Tripoli in die verre weste, en die opposisie is gekonsentreer in Benghazi in die ooste, met ‘n 600 kilometer-wye en byna leë woestyn tussenin.

Dit het tot gevolg gehad dat die land in twee politieke faksies verdeel is, met twee energieproduksie gebiede, asook twee olie-uitvoerinfrastrukture. Ekonomies ten minste, hou hierdie feit die belofte van ‘n uitgerekte konflik in – ongeag van wat gebeur met Gadhafi of enige politieke veranderinge nadat hy vertrek.

As ‘n burgeroorlog uitbreek, sal elke kant sy eie bron van inkomste hê om die konflik te voed. Daar is dalk nie ‘n aanval op die energiesektor nie, maar die bedreigings vir stabiliteit – openlik en geïmpliseer – is voldoende om meeste internasionale olie-maatskappye wat in Libië is, te laat besluit het om hul personeel te onttrek.

En buitelandse personeel is onontbeerlik. Met 6,5 miljoen mense, kan Libië se klein bevolking eenvoudig net nie die hoeveelheid kundiges en ingenieurs oplewer wat ‘n redelike groot energie-sektor vereis om te kan uitvoer nie. Die Libiërs se arbeidsmag beskik eenvoudig nie oor die nodige diepte nie.

Buitelandse maatskappye besit reeds meeste van die beleggings en doen al die swaar werk. Binne die afgelope 24 uur het ons gesien hoe die eerste verlaging in produksie – ongeveer 100,000 vate per dag – byt, en dis sekerlik nie die laaste vermindering nie.

Dit gaan ‘n kopseer vir die Italiaanse energiereus ENI word. Rome se verhouding met Libië bestaan letterlik sedert die tyd van die Romeinse Ryk. ENI is ingeplant in die Noord-Afrikaanse staat sedert 1959 en het nog nooit sy bedrywighede afgeskaal nie.

Selfs in die donker dae van Libië se twis met die Weste in die 1980’s, het ENI geboor. ENI produseer 250.000 vate per dag in Libië, wat verantwoordelik is vir 15 persent van die Italiaanse firma se wêreldwye uitset.

Italië, via ENI, is ook Libië se enkele grootste olie-verbruiker. Daar lê baie risiko’s en min kanse voor in ENI se toekomstige verhouding met Libië.

медицинскую справкутопкарго кидалы

Goedkoop vergifnis

Die befaamde prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het sy verleentheid met “die lang en moeilike (Reitz-)sage” vir oulaas probeer verberg met ‘n “versoeningseminaar en –seremonie” wat as deel van ‘n skikkingsooreenkoms bereik is.

“‘n Wonderlike einde aan die sage,” noem Jansen dit. Die man het kennelik goeie advies van sy regsspan gehad oor sy kanse om die studente te vervolg.

Elke tranetrekker-cliché wat Jansen kon oprakel is aangewend in die hoop dat die swart rassistiese berg terug sal verander in ‘n molshoop. Dit sal interessant wees om te weet of die vier werklik ‘n pot lensiesop aangebied is om ‘n skadevergoedingeis te laat vaar.

Die Reitz-vier kry Donderdag ‘n private ete, danksy die vrygewige rektor, en les bes, die geleentheid om die vyf laggende werkers, wat met die maak van die Reitz-video “verneder” is, om verskoning te vra.

Dit sal die eerste keer wees dat die voormalige wit studente en die swart werkers saam in een vertrek sal wees, volgens die rektor. Wel ja, dis nou as die prof gerieflikheidshalwe vergeet het daar was ‘n video iewers ter sprake en ons woon in Suid-Afrika.

Die videomakers, R.C. Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler, sal Vrydag in die genoemde versoeningseremonie ‘n verklaring voorlees waarin hulle Emmah Koko, Rebecca Adams, Naomi Phororo, Mittah Ntlatseng en David Molete om verskoning vra dat hulle die voorblaaie van koerante regoor die wêreld versier het dmv valse beweringe, onwaarhede en kwade wil.

En nee, nog is het einde niet. Die hiperboliese opeenstapeling van welwillendheid teenoor die “wit rassiste” het ‘n oortreffende trap.

Belangrike aankondigings sal ook uit oudpres. Nelson Mandela se kantoor en die presidensie gedoen word oor die paar minute se studentikose kykgenot waarmee die vier ‘n eerste prys op ‘n Reitz-kultuuraand losgeslaan het.

саунаФильчаков прокурор

Brics, ‘n steen des aanstoots

Suid-Afrika het uitendelik ‘n tree gegee om tot die “elite” groepering van Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) te tel, nadat ondersteuning deur China en Rusland vir Pretoria se toetrede gekom het. Daar word verwag dat Suid-Afrika formeel aanvaar sal word as ‘n nuwe lid in April. Bric sal dan Brics word.

Maar wat behels die inskakeling by die nuwe “boustene”, Brics?

Die Bric-lande oefen ongetwyfeld belangrike diplomatieke en ekonomiese invloed uit in wat nou as ‘n multi-polêre wêreldorde beskou kan word.

Die Bric-lande is die vier grootste ekonomieë in die ontwikkelende wêreld en Goldman Sachs het voorspel dat, danksy die vinnige groeikoerse, hulle gekombineerde ekonomieë dié van die huidige rykste lande binne die volgende vier dekades kan inhaal.

Byna 40% van die wêreld se totale buitelandse valutareserwes is in dié vier gekonsentreer. Hulle verteenwoordig meer as 40% van die wêreld se bevolking en meer as ‘n kwart van die wêreld se grondgebied.

Anders as die meeste Westerse lande, hanteer die Brics (met die uitsondering van Rusland) die wêreldwye ekonomiese resessie relatief goed. Dit was deels as gevolg van hul onortodokse ekonomiese beleidsrigtings, wat afgewyk het van die sogenaamde Washington-konsensus. Die Brics, veral China, het ‘n sleutelrol gespeel in onlangse globale groei gedurende die resessie en het aktief ‘n rol gespeel in die hervorming van die internasionale finansiële stelsel in die G20.

Kortom, maak die besluit om toe te tree op papier baie goeie sin, maar te midde van Suid-Afrika se skynbare diplomatieke triomf bly ‘n aantal vrae onbeantwoord oor die politieke implikasies van die besluit.

Daar is munt uit die herposisionering van Suid-Afrika se toetrede tot ‘n diplomatieke blok te slaan, ongetwyfeld. Maar wat? Hoe pas dit by die land se breër globale strategie in?

Een ooglopende kwessie is die feit dat menseregte nie in een van die lidlande hoog aangeslaan word nie. Gaan hierdie gebrek uiteindelik binnelandse politieke sake beïnvloed?

Ander kwessies, soos mededinging tussen China en Indië, China se historiese alliansie met Pakistan, Beijing se veldtog teen Indië se (en Japan se) bod vir die Verenigde Nasies Veiligheidsraad van permanente lidmaatskap en onopgeloste grens geskille tussen Beijing en Delhi, gaan Suid-Afrika se aandag ook opeis. Dis ‘n ver tree weg van Westerse politieke aangeleenthede wat voorheen Suid-Afrika ingesluit het.

Die sogenaamde “demokratisering” van globale besluitnemingsliggame, soos die VN, en internasionale finansiële instellings, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds, pryk hoog op die Bric-lande se agenda.

Benewens die noord-suid en ryk-arm diskoers, het Suid-Afrika Bric minder nodig as voorkeurhandelsvennoot as andersom. Die Wêreldbank het aangetoon dat dit baie makliker in Suid-Afrika is om sake te doen as in enige van die Bric-lande aangesien hulle gebuk gaan onder tariefstruikelblokke sowel as komplekse en beperkende binnelandse regulasies. As sodanig, is dit onvrugbare grond vir opbrengs en belangrike handels-en beleggingsgeleenthede.

Suid-Afrika se posisie as leier van die Afrika-kontinent het aan die land ‘n sekere  internasionale gewig verleen. Ons land se toetrede tot Brics het egter aan China die trofee oorhandig as Afrikaleier. Daardie bakstene gaan dalk swaar begin weeg in ons bagasie…

online casper gamesФильчаков прокурор отзывы

Plaasmoorde

Agri SA meen plaasmoorde is nie polities gemotiveerd nie.

Teen die agtergrond dat die ANC die reg opeis, en selfs hof toe te gaan om struggle-liedjies te sing waarin gesing word dat boere doodgemaak moet word, is dié opvatting naïef, indien nie pikant nie.

Trouens, volgens die internasionale reg kom die sing van hierdie liedjies neer op aanhitsing tot volksmoord, en is strafbaar. Die opeis van die reg om dit te doen, sal stellig ook hiervoor kwalifiseer.

Die saak moet ook in sy volledige konteks gesien word. Voor Kemptonpark is die boere-bevolking nie as sagte teikens beskou nie, en die plant van landmyne op plaaspaaie is onder meer so “geregverdig.” Die gevolg was ongevalle – ook van ‘n gesin op pad huis toe na kerk. Minstens een baba is deur ‘n landmyn aan flarde geruk.

Sedertdien het uitsprake, ook van ministers, oor hoe sleg boere hul werkers behandel algemeen geword. Die mees skreiende voorbeeld is moontlik toe Lawwe Lulu op Kerkplein haar mond behoorlik uitgespoel het, verwysend na ‘n Wes-Kaapse saak. Dit het later aan die lig gekom dat die regering reeds maande lank in besit was van ‘n verslag deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat dat die klaagster erken het sy het meineed gepleeg, en dat die klag vals was. Sy het ook intussen tot bekering gekom en die boer wat sy beskuldig het om vergifnis gevra.

Onlangs het die nuwe minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, by ‘n vergadering van georganiseerde landbou verklaar dat daar ‘n gesindheidsverandering by die ANC ingetree het, en die boere nie meer as die vyand beskou nie. Daar was selfs ‘n skynbaar geïsoleerde mediaverklaring waarin ‘n enkele plaasmoord, dié op mnr. Frik Hermann, veroordeel is. Sedertdien was daar nog minstens 5 plaasmoorde, en ‘n taamlike swye. Meestal kom die veroordelings wanneer die media die ANC of die regering se woordvoerders daarna vra.

Die veroordelings reflekteer nog glad nie die feit dat moorde op boere en hul gesinslede teen ‘n koers, volgens Interpol, van sowat 300 per 100 000 per jaar plaasvind nie, teenoor die land se gemiddeld van sowat 35 per 100 000 per jaar. En dan is daar die kwessie van die appèl teen die verbod op die sing van die gewraakte struggle-liedjies.

En so lank die indruk geskep word – selfs onbedoeld – dat boere vrybuit is, so lank sal dit moeilik wees om die politieke verbintenis heeltemal uit te dissekteer.

гималайская соль вФильчаков

Bruines ontdek hul etnisiteit

Dat die ANC verbete is om die Wes-Kaap terug te vat, blyk sekerlik uit die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming.  Dit gaan tot gevolg hê dat nasionale demografiese syfers vir kwota-aanstellings voortaan gebruik sal moet word.

Provinsiale bevolkingsyfers word tans aangewend, wat bruin mense in die Wes-Kaap bevoordeel omdat hulle die grootste bevolkingsgroep in die provinsie is, met swart in die tweede plek en wit in die derde.

Volgens navorsing van die vakbond Solidariteit sal bykans ‘n miljoen mense – oftewel 80% van alle ekonomies aktiewe bruin mense in die Wes-Kaap – hul werk kwyt wees as die regering met dié wysigings volhard.

Natuurlik gaan die verwikkelinge ‘n wig tussen bruin en swart indryf, maar dis waarskynlik ook ‘n manier vir die ANC om die bruines te dwing om te besluit op watter stoel hulle wil sit. Die een stoel wat die voordele wat RA inhou onder die vlerk van die ANC of wit beskerming onder die DA, wat eintlik maar geen beskerming in die werkplek beteken nie.

Die voordeel van die ANC se wysigingsvoorstelle is dat etnisiteit ten minste as ‘n werklikheid in die politieke kalklig tree. Onder bruin intellektuele stemme wat vroeër aanspraak gemaak het op “swartheid”, smalend na etnisiteit verwys het of die reënboognasie se lof besing het, het konsternasie losgebars.

Boere wat bruin plaaswerkers met swart arbeiders vervang, sal baat vind by laer lone met só ‘n stap. Dieselfde sal in die klere- en boubedryf gebeur. Dit is waarskynlik nog net die provinsiale rasprofiel in die Wes-Kaap wat keer dat bruin arbeid afgeskaf word.

 

free bet on sign up no depositалександр лобановский супермаркет класс