FW de Klerk was nie eens aan sy vrou getrou nie

Ek trek bloot nie 'n kruisie langs ‘n mens se naam nie. Ek verstaan nie die konsep nie. Geen mens kan vir my vir seker die karakter of agenda uitstippel van 'n mens wat hom soos FW de Klerk geroepe voel om die politiek te betree nie. Dit is 'n diepgesetelde oortuiging.

Ek het al gesien hoe vroue hulle byna doodhuil oor ontrouheid in 'n huwelik. Vroue van edel inbors wat vernietig is deur 'n man se maklik-weglokkende passiespele. Die sin in 'n vorige brief verwys: “…Hy reken dat hy nooit sy rug op sy voetsoldate sal draai nie So waarom het hy De Kock nie aangekeer reeds tydens die NP-bewind en hom aangekla van sy misdade as hy kwansuis buite regeringsbeleid opgetree het nie?!”

Nè! Hoe op aarde kan ‘n mens glo dat 'n man 'n land en sy mense eerste sal stel as hy nie aan sy eie vrou, die ma van sy kinders, getrou kan wees nie? Hy kon nie sy eie smagtinge beheer nie, waarom sou hy 'n aks omgegee het? Waarom sal jy aan 'n klomp vreemde kinders getrou wees? Dis lagwekkend.

online gambling gamesЛобановский

Word wakker, Afrikaner!

Ek was geseënd genoeg om 'n posisie in Amerika te kon aanvaar en het hierheen gekom, grotendeels vir my kinders. Maar ja, ook omrede ek genoeg gehad het daarvan om oor my skouer te loer, alles wat agteruit gaan en die prysstygings wat dit nou al hoe moeiliker maak om 'n bestaan te maak in een van die mooiste lande ter wêreld – Suid-Afrika.

My hart bloei maar teruggaan sal ek nie, tensy ek moet nie. Ek wil tjank as ek dink aan wedlope draf deur die wynplase van die mooiste Kaap, die Twee Oseane by Chapmanspiek op, deur Houtbaai en by Constantianek oor.

Ons het in 'n tyd grootgeword waar ons nog as kinders in die straat in veiligheid kon speel. Ek is weg daar in die tyd waar jy diefwering voor elke venster en veiligheishekke voor elke deur moes hê. Asook 'n alarmstelsel, gewapendereaksie-eenhede, afgesperde paaie en kwaai honde, en 'n vuurwapen as jy 'n lisensie kon bekom. Amper elke aand kon jy die skote hoor klap en die artikel die volgende dag in die koerant lees – ongelukkig was dit die verkeerde klomp wat die skietwerk gedoen het en onskuldige mense het gesterf.

Ons as blanke Suid-Afrikaners se tyd is ongelukkig op en al raad wat ek het vir my familie en vrinne daar wat nie kan, of nie wil wortels opruk nie is – bewapen julself. Die enigste manier wat hierdie dinge gestop gaan word is as hierdie klomp kriminele besef dat hulle nie met jou kan maak wat hulle wil nie. Op die oomblik is die witmens in SA "vrye wild".

Ek het twee maande terug in 'n restaurant in Kalifornië met 'n Amerikaner begin gesels wat pas terug was van 'n vakansie in Suid-Afrika en hy het iets baie ontstellends, maar wat ek soort van verwag het, aan my meegedeel. Hy vertel my dat die swart taxibestuurder in Suid-Afrika vir hom gesê het dat die swartmense in SA moet nou soveel witmense as moontlik doodmaak. Hierdie is uit die perd se bek aan my meegedeel deur iemand wat onpartydig is en gevoel het dat ek nodig het om dit te weet aangesien ek familie daar het.

Ek glo nie vir een oomblik dit is net 'n geïsoleerde insident nie maar eerder ’n boodskap wat onder die swartes versprei word ten einde die witmens te elimineer.

Ek dink ons sien en ervaar dit maar om een of ander rede is ons naïef genoeg om dit nie ernstig genoeg op te neem nie of ons weet ons kan niks daaraan doen nie anders as om te wag dat ons self ook 'n statistiek word.

Wanneer gaan die Afrikaner wakker word?

игрушечная кухняФильчаков прокурор харьков

Prime Hensopper en sy warmplaatwals

Image

‘Prime Hensopper’?

Ek sien ou Prime Evil (alias Eugene de Kock) will nou vir Prime Hensopper (alias FW de Klerk) betrek by Apartheidsmisdade uit hul prostituut-begraafde NP verlede . . .

Hiermee bietjie kommentaar op sommige aanhalings uit sy tranedal verweringe (”met ’n stem wat deurslaan van emosie”, volgens die Volksbladberig) in beide die BEELD en VOLKSBLAD oor hierdie jongste verwikkeling: 

1.       Hy reken dat hy nooit sy rug op sy voetsoldate sal draai nie So waarom het hy De Kock nie aangekeer reeds tydens die NP-bewind en hom aangekla van sy misdade as hy kwansuis buite regeringsbeleid opgetree het nie?! Indien De Kock wel binne beleid gewerk het, dan lieg FW mos nou, want De Kock krepeer jare reeds in die tronk !

2. “Ek was nooit deel van vergaderings, insluitend dié van die Staatsveiligheidsraad, waar besluite geneem is wat menseregtevergrype redelikerwys kon regverdig nie. Ek was nooit deel van ’n besluit wat sluipmoorde, koelbloedige moord, pogings tot moord of verkragting toegelaat het nie.”  Aldus, FW. Miskien was hy weliswaar nie deel van sulke vergaderings nie, maar dis moeilik om te glo dat hy as staatshoof nooit agterna ingelig was oor wat op sulke vergaderings besluit is nie! Indien hy nie ingelig was nie, waarom het hy nooit kommissies van ondersoek ingestel wanneer dit aan die lig gekom het dat politieke opponente spoorloos verdwyn of êrens dood opgeduik het nie?

3. De Klerk sê dat enige besluite wat geneem is wat tot menseregtevergrype kon lei, strydig was met alles waarvoor hy gestaan het. Maar om Afrikaners en Boere oor te lewer aan menseregtevergrype waar tienduisende van hulle reeds wreedaardig vermoor is sedert ’94, weeg ligter op FW se skaal en die beginsels waarvoor hy staan?!

4. “As hy weens menseregtevergrype uit die apartheidsera aangekla word, het Suid-Afrika nie meer ’n regstelsel waarin mense vertroue kan hê nie,” meen hy. Besef hy dit nou eers?   Die integriteit van die regstelsel is reeds tydens verskeie geleenthede in die verlede deur selfs regsgeleerdes bevraagteken – mor hy dalk oor hy moontlik die slagoffer kan word van een van die Frankenstein-simptome van sy ondeurdagte nalatenskap van ’92?

5. Hy sê: “Na afloop van die WVK se aktiwiteite was daar ’n toenemende neiging om wittes moreel tot tweedeklas-burgers te relegeer.” So waarteen dink hy het die NEE-stemmers van destyds gewaarsku?

Nee wat, dit lyk my die plaat word al hoe warmer sodat selfs die ou “ringnek”-katte pikante danspassies moet uithaal . . . Sy naïwiteit om te dink dat die rewolusie van regeringsverandering in ’94 nie nadraaie sou oplewer nie, slaan mens soms stom.    Buiten die “people” wat lustig dors vir sy en sy mede-apartheidbewindhebbers se bloed, staan daar ook ‘n beduidende deel van die Afrikanerdom verder agtertoe in die ry wat meen hy het hul verlede, hede en toekoms uitverkoop – besig om ook hul tande te slyp. . .

Om hierdie rede meen ek die lang arm van die gereg wat nou besig is om hom in te haal, wek by sommige Afrikaners simpatie, maar by ander geammuseerde lekkerkry.

баня #ИМЯ?лобановский харьков

‘Tshwane’: genoeg is genoeg!

ImageONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.

Teen daardie onreg moet ons in verset kom, nie net met woorde nie, maar ook met dade.

Ons moet ons afkeer duidelik demonstreer en dit is elkeen se plig om dit te doen, anders is ons net so aandadig aan hierdie vergrype.

Die Pretoria bly Pretoria-aksie het besluit om op “Erfenisdag” Maandag 24 September 2007 ons grootste misnoeë teen die SABC te gaan toon deur ’n verklaring by hulle kantore te oorhandig. Almal wat die versetskrif wat ons verlede jaar van stapel laat loop het teen die SABC en wat van plan is om dit nog te teken, is welkom om saam te kom.

Meer as 90 000 persone het reeds die versetskrif onderteken en Afriforum sal ’n verklaring uitreik wat dit bevestig.

Indien u ’n ou televisiestel het wat u nie meer wil gebruik nie, is u welkom om dit saam te bring sodat ons dit aan die SABC kan “skenk”. Dink ook asseblief aan geskikte slagspreuke wat gebruik kan word, sodat hierdie onreg teen die Afrikaner wêreldwyd bekend kan word.

Volledige inligting oor die betoging sal binnekort uitgereik word.

Persone wat belang stel en ook moontlik hulp kan aanbied, kan my kontak by 012 327 2329(bedags), 082 57 00184 of ajalkema@lantic.net.

Ons webwerf is www.pretoriablypretoria.co.za.

instagram sponsorship costАлександр Фильчаков

Brandende buitebande op die horison

Ek moet bieg, so tussendeur die sirkusvertoning wat die NSA is, kom ’n mens elke nou en dan op die komieklikste idees af. Die lewe is eintlik vol simboliek, en as jy reg ingestel is, sien jy dit oral raak en ek wonder soms of dit altyd blote toeval kan wees.

In ’n nuusberig in Beeld op 4 Julie 2007 lees ek dat die goue hoofweg suid van Johannesburg gesluit is. Die berig lui dat sogenaamde betogers die pad met klippe en brandende buitebande versper het.

Dit word deesdae ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika, en om Wayne Minnaar van die metropolisie uit vandag, 23 Julie, se Beeld aan te haal na soortgelyke padblokkades, “is die redes waarom daar protes aangeteken word, onbekend”. Onmiddellik het die gedagte dat die politieke goue middeweg ook lankal gesluit is by my opgekom.

Die pad van redelikheid is ’n cul de sac in Afrika maar tog is daar diegene wat aandring daarop dat die pad na iewers moois heen lei. Hierdie hoopvolle dromers se vertrekpunt is goeder trou, ’n ou uitgediende en edel Europese beginsel wat so effektief in Afrika is soos lugreëling in ’n poreuse plakkershut. Dit is so tuis soos Helen Zille met ’n voorlaaier in die Bloedrivierlaer.

As ’n mens die amptelike politieke opposisie moet vergelyk met ’n voertuig, sou die DA ’n Koreaanse sportnutsvoertuig moes wees. ’n Tipiese “Softroader” wat met al vier wiele kan trek, maar nie oor die lae ratverhoudings beskik om ’n strawwe Afrika-ekspedisie aan te pak nie. Dié tipe voertuig probeer om twee dinge tegelyk te wees en hy slaag nie daarin om uit te blink in een van die twee nie.

En dit is hoe ek die DA sien, hulle vry onbeskaamd na swart stemme, maar terselfdertyd probeer hulle mooipraatjies by die blankes maak dat hulle dinge kan verbeter. In hul sportnutsvoertuig is hulle op reis deur Afrika, soos ’n spul buitelandse toeriste met hul nuutgekoopte kakiehoede en digitale kameras om die nek, op pad na die redelike en regverdige toekoms van die reënboognasie. Min wetend, natuurlik, dat die pad vorentoe reeds versper is met brandende buitebande en klippe.

Ek vermoed dat die huidige regering die DA as niks meer as ’n ligte irritasie ervaar nie, soos ’n paar knapsekêrels om die kous wat jy toevallig opmerk as jy gaan sit om te rus onder ’n koelteboom. Dit is duidelik dat die DA slegs klou aan die kous van die ANC, afgelei uit hul onlangse tentkampidee by die Zimbabwe-grens as tydelike verligting vir die derduisende vlugtelinge van Suid-Afrika se nuwe noordelike provinsie, Zimbabwe.

Ewe skielik is grensbeheer nie meer ’n prioriteit vir hulle nie, maar eerder wat die belastingbetaler se geld vir die tydelike menswaardigheidskwessie rondom hierdie voorspelbare gemors kan doen. ’n Behandeling van die simptome, en nie die oorsaak nie.  Die regering het egter daardie irriterende knapsekêreltjie sommer vinnig afgevee deur opdrag te gee dat die vlugtelinge sommer dadelik in die Suid-Afrikaanse nasie opgeneem gaan word.

Die eienaardigste deel van hierdie prentjie is egter die karavaan wat die DA-sportnutsvoertuig agterna sleep, in die gouemiddewegreisigerskonvooi. Terwyl tannie Zille aan die stuur is met die lugreëling aan en ’n spulletjie Engelse op die maat van die musiek van Johnny Clegg oor die horison verdwyn, sien ek ’n klompie verwarde Afrikaners agter in die karavaan met hul neuse teen die perspex-vensters om tevergeefs te probeer vasstel waarheen hul op pad is.

Hierdie Afrikaners is die tipe wat kontak met hul verlede verbreek het uit skaam- en skuldgevoelens. Afrikaners wat nie bereid is om te lees en die waarheid te ken nie. Lees: lui Afrikaners wat eerder enige iets glo wat hul vertel word deur die nuuslesers en redakteurs van die Nasionale Pers. Goed gekondisioneerd, onvoorbereid en ver verwyderd van die realiteit, reis hulle saam met die spulletjie Britse bywoners met hulle uitgediende liberale idees op die tydelike teerpad van die goue middeweg.

Ons, wat die swart rookwolke van die brandende buitebande op die horison kan sien, wuif en roep na hulle, maar dit blyk tevergeefs. Hul is gerig op hoopvolle bevordering vanaf die bedompige skaamboerkaravaan na die relatiewe gemak van die Engelssprekende geselskap in die sleepvoertuig met lugreëling.

online casino greeceДанильченко Юрий прокурор

Afrikaans op Jakaranda FM

Ek het onlangs met een van die omroepers van Jakaranda FM kontak gemaak en gevra of hulle nie maar Afrikaanse name in Afrikaans wil uitspreek wanneer hulle Engels praat nie, en hieraan is juis die Afrikaanse omroepers skuldig.

Ek het spesifiek “Whitbank” en “Modderfonteen” as ’n voorbeeld gebruik. Ongelukkig vir my sal hulle die Engelsspreekendeluisteraars kwaadmaak indien hulle dit doen, noem sy. Tog mag hulle nie Jacaranda FM benoem as Jakaranda FM as hulle Afrikaans praat nie.

En Engelse name bly Engels. Afrikaners moet maar vir lief neem met die verminking van hul taal. Volgens my is ’n naam ’n naam en fonetiese klanke nie verniet uitgedink nie. Die mense weet nie hoe belaglik hulle klink nie. Wil julle hulle nie laat weet nie?!

PRAAG sal beslis die saak met Jakaranda FM opneem – redakteur.

 


www euro comФильчаков прокурор харьков

Bevry jouself!

Ek het "Misdaadvoos belastingbetalende landsburger" se brief (Van Nqakula & Selebi tot varke & bobbejane) geniet. Om die waarheid te sê, ek dink enige iemand met 'n IK bo 50 behoort volhartig met Misdaadvoos saam te stem. Een ding wat my egter opval in talle skrywes, is die alewige gevra na hulp, as't ware 'n noodkreet aan "ander" om te help. "Sal Pres. Mbeki asb…"

Nee, hy sal nie. Nooit nie. Ook nie sy opvolger nie. Ook nie enigiemand anders nie.

Hoe vinniger hierdie besef tot ons deurdring, hoe beter lyk die toekoms. Die Afrikaner is aan sy eie lot oorgelewer. Dit is ons eie verantwoordelikheid om na onsself om te sien, te sorg vir ons toekoms en dié van ons kinders. Hoe kan ons dit doen? Gebruik bogenoemde brief as voorbeeld: Die skrywer is (soos ons almal) uiters bekommerd oor misdaad en die onbevoegde persone wat veronderstel is om dit te stop. Kan ons hulle laat afdank, onbevoeg laat verklaar of hulle dwing om hul werk te doen? Nee. Ons kan hulle wel uitsny uit die hele proses.

 

Iemand breek in, jy vang hom, doen soos jy goeddink, einde van storie. Jou buurman kan jou selfs help. Eenvoudige voorbeeld, ek weet, selfs oorvereenvoudig, maar laat ons tog nie ons omstandighede blameer vir ons gebrek aan optrede nie! Het ons werklik vir Nqakula en Selebi nodig? Het ons werklik die Wapenwet nodig om onsself te verdedig?

 

So kan mens op alle terreine van die lewe vir jouself sorg.

 

Ons moet ophou om in die middel van Afrika, Westerse optrede te verwag. Elke Afrikaner het 'n verantwoordelikheid om te besef: jou toekoms is in jou hande, nie in die regering s'n nie. Bevry jouself! 

цена набор для укладки ламинатаалександр лобановский супермаркет класс

Van Nqakula & Selebi tot varke & bobbejane

Die onlangse misdaadstatistiekverslag en gepaardgaande uitsprake deur Minister Nqakula en Komm. Selebi, verwys.

In George Orwell se boek: "Animal Farm", figureer bobbejane weliswaar nie as karakters nie, maar wel (vet) varke. Selfs 'n aap met 'n ertjiepitbrein sal vir jou kan sê dat die Nuwe Suid-Afrika beswaarlik beter funksioneer vandag as 'n Piesangrepubliek. Om die punt te bewys: Ons sit blykbaar met 'n moderne Grondwet vol allerlei teoretiese en filosofiese waarborge van vryheid, gelykheid, demokrasie en dies meer op papier, maar in realiteit beleef 'n mens net die teenoorgestelde: Naamlik 'n regeringsgesteunde vertrapping van minderheidsregte, geïnstitusionaliseerde diskriminasie by indiensneming en die ongelooflike miskenning van 90% van Suid-Afrikaners (wit, swart en bruin) se demokratiese wens om die doodstraf terug te bring in bykans die misdadigste land ter wereld!

 
Om die Suid-Afrikaanse "Animal Farm" in beter te verstaan, moet mens ook die narre in beheer kan eien. Hulle is gewoonlik 'meer gelyk' as die res van die gepeupel en skuil uiteraard agter tientalle lyfwagte en/of gedra hulself soos ware varke met hul hoëspoed gewapende konvooie op ons snelweë, pleks daarvan dat hulle net 'n slag van hul ideologiese troontjies afklim en hul werk begin doen. Die vernaamstes van hulle sit in regeringsposte met vanne soos Nqakula, Selebi, Msimang, Pandor, Balfour, Xingwana . . . gits, ek moet stop — net-nou lys ek al 28 van hulle minus een (dit is natuurlik Manuel)!.

Dis nou reeds algemeen om terme soos 'regstellende aksie', 'kwota', 'SEB' en dies meer in verband te bring met onbevoegdheid, onverdienstelikheid, ens. Die here Nqakula en Selebi staan ongetwyfeld heel voor in die ry van sulke toekennings — die afgemete bekendmaking van ongetemde misdaadstatistieke is die swart-op-wit bewys daarvan.

Ons kan beter doen sonder sulke (s)otte in die Suid-Afrikaanse orweliaanse grap wat hulle graag die Nuwe SA noem. Sal Pres. Mbeki asb. hierdie nikswerd ("onderpresterende" is onvanpas, want dit impliseer prestasie al is dit van onaanvaarbaarde gehalte) Minister en Kommisaris vervang — selfs al is dit dan met bobbejane uit die dieretuin! Ons sal waarskynlik beter daaraan toe wees. Ten minste kan 'n bobbejaan nie pêlle raak met elemente van die onderwêreld nie en kan hy ook nie vir jou en my wat reeds hoë belasting betaal en 'n sekuriteitsbedryf reeds twee keer die grootte van die Polisiemag in stand hou met na-belaste geld, vra wat jy doen om misdaad te bekamp nie!

Daarvan gepraat, hoe doen mens dit as jy ontwapen word deur die regering en wanneer jy dit wel waag om 'n vermeende moordenaar of verkragter in jou huis te skiet, dan sluit hulle jou summier toe oor 'n naweek in 'n Polisiesel waar jou eie verkragting deur mede-aangehoudende kriminele 'n uitgemaakte saak is. Hoe doen mens dit in die skadu van ontbinde spesialiseenhede, ontbinde kommando's, die afskaffing van die doodstraf, sonder 'n flinke 10111 diens, met polisievoertuie sonder brandstof, met misdadigers wat op vroeë parool gaan, met misdadigers wat op strepe vrygelaat word weens oorvol tronke, ens.?

Op die keper beskou het misdaadbekamping onder die beheer van die twee genoemde here net een rigting gegaan, en dit was snel agteruit! Dalk was alles in die ou-SA tog nie so sleg gewees nie!

logo for euroданильченко юрій Харків

Misdaadtsoenami voel soos oorlog

In 30 Junie se uitgawe van Rapport is daar 'n berig wat lui: Misdaadskok wag op Suid-Afrikaners wanneer die polisie die jaarlikse misdaadstatistiek vandag (Dinsdag 3 Julie) bekend gaan maak. Die berig sê verder dat in sommige gebiede die huisrooftogsyfer met 100% gestyg het, en word deur mnr. Hennie Van Rooyen, 'n regspraktisyn wat opleiding plaaslik en internasionaal vir speurders aanbied, as 'n nasionale krisis beskryf.

Dié statistieke waarvan gepraat word, gaan deur ons gesin beslis nie as 'n "skok" ervaar word nie. Ons is woonagtig in een van die genoemde gebiede waar dit so dramaties gestyg het, en ons gesin self een van die slagoffers van die geweldtsoenami geword het.

Dit het my laat dink oor sommige oningeligte en apatiese opinies wat ek op hierdie en ander Afrikaanse forums lees. 'n Tendens wat ek sien is dat persone wat in minder gewelddadige, of minder misdaadgeteisterde gebiede woonagtig is, nie dieselfde ervarings het nie, en dus nie die erns van die bedreiging eerstehands beleef nie. Dit is sekerlik heel normaal, maar ek wil tog graag 'n beroep op mede-Afrikaners rig wat in dié gelukkige omstandighede of in die buiteland woonagtig is, om te besin oor die erns van die saak.

Die koerante en statistieke skets eenvoudig nie die ware stand van sake nie. Eergister, ongeveer anderhalf week na die vierde inbraak by ons, was 'n familielid van my wat so 300 meter van ons woonagtig is, die slagoffer van gewelddadige huisbraak. Die vorige nag is sy bure ook aangeval en die jong dame verkrag, waaroor daar beriggewing in die plaaslike koerant was. Met die aankoms van die polisie, 9-uur daardie oggend, het 'n konstabel hom ingelig dat dit teen daardie tyd die 26ste inbraak die week was wat aangemeld is in ons omliggende omgewing. Dit is 26 huisaanvalle in 4 of 5 dae!

Ons ervaring is een van konstante vrees, magteloosheid, frustrasie en somtyds woede. Goedere en geroofde besittings kan vervang word, maar nie lewens nie. Dit voel of ons in 'n staat van oorlog lewe, 'n  oorlog wat teen ons woed, dag en nag, die enigste probleem is net: dit is 'n terreuroorlog met 'n gesiglose vyand. Een wat in skaduwees skuil en jou en jou geliefdes oorval en uit 'n droom kom ruk met pistole teen die kop, jou lewe in 'n nagmerrie verander en daarna, selfoon in die hand, tussen die massas verdwyn asof dit nooit gebeur het nie.

для пескоструйкиЛобановский

Nuwe kredietwet kan mediumgrootte ondernemings skaad

Ek wil net graag ‘n paar punte aanraak rakende die nuwe kredietwet wat in werking getree het op 1 Junie 2007. Vrydag 29 Junie het ek ‘n kursus bygewoon van ‘n advokaat wat spesialiseer in die nuwe wet. Dis ‘n baie omvattende wet en raak alle besighede. Ek het nie die omvang daarvan besef tot na die kursus nie.

Een van die noemenswaardige veranderinge in die wet is dat individue wat hulle vergryp aan krediet kwytskelding van skuld kan verkry op gronde van oorfinansiering. Volgens hierdie wet kan die persoon hom dan beroep op gronde van  te veel krediet.  In so ‘n geval kan die hof dan beslis dat die individu se skuld afgeskryf moet word omdat hy hom vergryp het aan krediet wat heeltemal roekeloos aan hom toevertrou is.  Dit plaas ondernemings in ‘n situasie waar hulle goedere verkoop en moontlik nie ‘n sent betaling gaan kry nie.  

Die advokaat het egter uitgewys dat die wet slegs van toepassing is op krediettransaksies. ‘n Krediettransaksie word omskryf as enige transaksie waar die persoon duurder vir die produk of diens betaal as in 'n kontant-, oor-die-toonbanktransaksie.  Dit sluit in enige addisionele kostes wat jy hef, byvoorbeeld rente, administrasiekoste ens.  Dit is ook gestel dat elke besigheid dus sy beleid sal moet bepaal of hy binne, of buite die kredietwet wil val.  Besighede waarvan rente en ander kosteheffings ‘n nominale deel uitmaak van sy inkomste sal outomaties moet voldoen aan die nuwe kredietwet.  Besighede waarvan die hoofdoel is om produkte te verkoop en rente nie ‘n noemenswaardige bron van inkomste is nie, kan egter hul transaksies so formuleer dat die kredietwet nie van toepassing is nie.  ‘n Manier om buite die kredietwet te handel word soos volg aangedui:

  • As besigheid, kan jy kan nog steeds rekeninge aan kliënte toestaan, bv. 30 dae-na-staatrekeninge, ensovoorts, maar moet net nie as die persoon agterstallig raak met sy rekening rente, administrasiekostes of enige ander heffing maak nie, want dan word die transaksie as ‘n krediet transaksie beskou. (Dit wil sê, dit werk die kliënt  duurder uit as wat hy slegs oor die toonbank die produk so koop.)
  • As kredietgewer moet jou kredietaansoekvorm, wat jy kliënte laat invul,  glad nie melding maak van rente of kostes wat gehef sal word  op laat betaling nie.
  • Indien ‘n kliënt nie kan betaal nie, kan jy as skuldeiser ‘n nuwe betaling skedule her beding  maar weereens mag daar nie rente of enige ander koste by gehef word nie.
  • As ‘n kliënt nie kan betaal nie, oorhandig dan die rekening aan ‘n prokureur.  Die prokureur mag dan kostes en rente hef.  Prokureurskostes word as apart beskou en verander nie die transaksie na ‘n krediettransaksie nie. Indien jy as besigheid wel krediettransaksies beklink, is daar ‘n magdom moets en moenies soos volg uiteengesit:
  • Sou jy as besigheid ‘n rekening aan ‘n kliënt wou toestaan, moet jy oor ‘n bepaalde metode of formule beskik, waarmee jy kan bereken of die persoon sy skuld sal kan betaal al dan nie.
  • Jy as besigheid mag nie meer net na willekeur ‘n kliënt se  kredietperk verhoog nie (tensy jy in sy aansoekvorm vir hom die keuse gegee het of hyself wil aansoek doen vir ‘n hoër limiet en of jy dit een maal ‘n jaar mag doen).  As die kliënt toestemming verleen dat jy sy limiet een maal ‘n jaar mag verhoog, moet die kliënt daarby teken as bewys dat hy jou toestemming verleen het.  Dan moet jy nog steeds  eers met ‘n metode of formule bepaal of hy die addisionele verhoogde limiet sal kan hanteer met inagneming van al sy ander skuld en maandelikse uitgawes.
  • Indien jy as besigheid ‘n kliënt ‘n rekening weier, mag die potensiële kliënt jou versoek om ‘n rede te verskaf.  Jy moet hom dan skriftelik jou redes meedeel waarom jy as besigheid voel die kliënt voldoen nie aan die vereistes om ‘n rekening te kry nie.  In geen omstandighede mag jy diskrimineer teen ‘n persoon om welke rede ook al nie.  Indien hy sou voel dat jy diskrimineer teen hom op grond van sy ras , voorkoms ens. mag hy jou gaan aangee by die verbruikersraad.  Indien die hof sou beslis dat jy wel gediskrimineer het, is daar ‘n moontlikheid dat jy jou kredietlisensie kan verloor.  Dit maak dan al jou voorafgaande transaksies ongeldig.
  • Volgens die nuwe wet is ‘n afkoelperiode van 5 dae van toepassing op enige krediettransaksie wat nie by die normale geregistreerde kantoor geteken word nie. M.a.w. as 'n kliënt jou bel en vra jy moet gou uitry na sy perseel en vir hom ‘n produk bring, dan word die transaksie nie by jou sakeperseel beklink nie. In so ‘n geval kan hy die produk terugbring na 5 werksdae. (sou hy nie tevrede wees nie).

My opinie van hierdie nuwe wet is dat dit daarop gemik is om die massas te bevoordeel ten koste van mediumgrootte ondernemings wat die ruggraat van die ekonomie vorm. Die skuldmaker se basiese persoonlike verantwoordelikhede word nou bloot verskuif na die potensiële goedere- en diensverskaffer en hul word verder belas deur nuwe kostes aan te gaan om hierdie verpligte fasiliteit te bied.

Dan laastens, net so vir die interessantheid, die volgende twee wette wat hersien gaan word, is die volgende:

•       Wet rakende kosprys van huise;

•       Wet rakende kommissie op die verkoop van eiendom.

in liveФильчаков прокурор