Bush se prioriteit: die Afrika-bedelbak

ImageLees ook: Bob Geldof se tweede ronde punk-diplomasie.

Die nuus dat hulp aan Afrika weereens bo-aan die sakelys van ‘n G8-beraad moet verkeer, vervul mens met moedeloosheid.

Die wêreld se politieke leiers is besig om die akademiese navorsing en gegronde menings van Afrikakenners te ignoreer, want dit is oor en oor bewys dat hulp aan Afrika nie werk nie.

Geldelike hulp aan die kontinent vernietig die binnelandse markte vir voedselprodukte, verhoog korrupsie en wanbestuur en hou die swartmense van Afrika in hul huidige posisie van afhanklikheid van die nywerheidslande.

Die enigste mense wat by hulp aan Afrika baat, is die korrupte swart elites wat op enige dag in enige hoofstad in vyfsterhotelle waargeneem kan word waar hulle ‘n luuksebestaan voer terwyl die res van die bevolking krepeer.

In Suid-Afrika geld dieselfde stelsel want die inkomste en bates van hardwerkende, opgeleide en produktiewe blankes word grotendeels belas om die luilekker lewe van die swart elite te finansier.

Trouens, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging kan as ‘n interne hulpstelsel beskou word wat net soveel nadele inhou soos die hulpstelsel wat elders op die vasteland toegepas word en wat deur die G8, die Skandinawiërs, Nederland en ander lande geldelik ondersteun word.

Ook die vorige beleid van apartheid of afsonderlike ontwikkeling was 'n hulpstelsel wat van die tuislande ekonomiese groeipunte wou maak, maar wat uiteindelik misluk het om dieselfde redes as wat die Skandinawiese hulpprogram aan Tanzanië onder Nyerere misluk het.

‘n Nugter blik op Afrika se probleme is broodnodig. Soos die onlangse beraad oor Afrika-elektrisiteit in Nairobi bevind het, is die probleem nie ‘n gebrek aan kapitaal of beleggings nie, maar die nepotisme van die swart elites wat eerder hul familie of stamlede in gesagsposisies aanstel as kundige bestuurders.

Soos die Britse ekonoom, Peter Bauer, op 'n keer gesê het, "Hulp behels om arm mense in ryk lande te belas om ryk mense in arm lande se lewenstyl te finansier."

Hier lê 'n intellektuele uitdaging vir die Afrikaner – om die internasionale gemeenskap te oortuig dat hulp aan Afrika nie werk nie en dat swart leiers eerder van hul keiserlike lewenstyl met swart Mercedesse en privaatstralers  moet afsien. Pleks van die hulpdwelm wat afhanklikheid skep en armoede op die duur vererger, sal Afrika se bevolkings sleg deur 'n spaarsin, harde werk en gesonde ekonomiese beleid opgehef kan word.

ниблер силиконовый купитьалександр лобановский супермаркет класс

Mugabe, die Afrikademokraat

Dat Robert Mugabe die ekonomie van Zimbabwe geruïneer het, verbaas eintlik nie. Dr. Hendrik Verwoerd het reeds in 1965 voorspel dat die destydse Rhodesië onder swart meerderheidsregering binne twintig jaar hongersnood sou beleef.

Wat mens ook al vandag oor Verwoerd mag dink, gee toe dat hy eenhonderdpersent reg was!

Mugabe is ook nie die eerste Afrikaleier wat ‘n eens florerende ekonomie tot ‘n val kon bring nie. Voor hom was daar Mosambiek onder Machel, Tanzanië onder Nyerere, Zambië onder Kaunda, die Ivoorkus onder Gbagbo, Oeganda onder Amin, die Kongo onder Mobutu en so kan ons aangaan.

Op een vlak kan mens egter Mugabe en Zanu-PF se frustrasie met die Westerse media verstaan. Hulle het verkiesing gehou op die Afrikamanier. Iets soos 87 mense is dood en ‘n verdere aantal beseer.

Dis veel minder as wat in die Keniaanse verkiesings van Desember 2007 dood is en ook veel minder as wat in Suid-Afrika in 1994 omgekom het. Tydens die 1994-verkiesing in Suid-Afrika toe ANC-hegemonie met geweld gevestig is, het 1000 mense gesterf. Nietemin het die wêreld dit as ‘n wonderwerk van verdraagsaamheid gesalueer. ANC-lede steek mekaar met messe of trek hul broeke af by politieke vergaderings. Politieke sluipmoorde in Kwazulu-Natal is redelik algemeen.

Dieselfde geld vir Kenia waar ‘n koalisieregering wat onder buitelandse dwang ná 1000 verkiesingsterftes en 300 000 ontworteldes tot stand gekom het, as model vir die hele Afrika voorgehou word.

Sowel Kenia as Suid-Afrika word deur die Westerse moondhede en hul media as modeldemokrasieë beskou. Die ongebreidelde moord, roof en verkragting in Suid-Afrika ten spyt.

Solank as wat die stemvee elke vyf jaar in toue by stembusse staan, kan daar maar geweld, taal- of rassediskriminasie, etniese suiwering en ekonomiese agteruitgang wees. Om te stem, of die demokratiese verkiesingsritueel, heel alles.

Aan Afrikastandaarde gemeet, is Mugabe beslis ‘n demokraat. Geen wonder dat hy nie kan begryp waarom hy vir sanksies uitgesonder word terwyl Kenia en Suid-Afrika opgehemel word nie.

оборудованиеtopcargo отзыв

Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners

By die vele debatte wat daar tans in Afrikanergeledere woed, duik die vraag dikwels op of ons langer aan die 1910-staat van Suid-Afrika lojaal moet wees en of ons nie eerder 'n kleiner gebied in die Noordkaap, Suidkaap, aan die Weskus of rondom Pretoria en die Oostransvaal moet nastreef nie.
Met die olieprys bokant $140 per vat maak dit kwalik meer sin om so wyd verspreid oor die 1,2 miljoen vierkante kilometer van Suid-Afrika te woon. Goedere moet heen en weer oor honderde kilometer vervoer word. Selfs familiebesoeke behels 'n vet skenking aan die oliesjeiks van die Midde-Ooste.

Benewens die politieke voordele wat geografiese konsolidasie vir Afrikaners sou inhou, is daar toenemend ook ekonomiese voordele. By die vryheid om in 'n eie gebied sonder regstellende aksie of SEB te mag handel dryf en om in vrede sonder misdaad te kan leef, kom nou nog die verdere voordeel van 'n besparing in energie- en vervoerkostes.

Van die suksesvolste lande ter wêreld is klein. België, wat maar so groot soos die Krugerwildtuin is en met 'n bevolking van tien miljoen mense, produseer meer as al die Afrikalande suid van die Sahara met hul totale bevoling van 600 miljoen saam. Nederland, 'n ander Lilliput-staatjie wat grondgebied betref, is die wêreld se sestiende grootste ekonomie. Switserland, Hong Kong en Singapoer is ander voorbeelde.

Om nader aan mekaar te woon, skep hegter bande tussen gesinne, maar maak dit ook makliker om 'n gebied teen ons tipiese Afrikageweld en -misdaad te beveilig, sonder die hoë vervoerkoste wat die 1910-staat met sy vervallende spoorweë en vervoerinfrastruuktuur tans op ons afdwing.

декоративная штукатурка стен на кухнелобановский александр игоревич харьков

De Klerk het sy spreekbeurt lankal verloor

Dis weersinwekkend om te aanskou hoe oud-president De Klerk sy rug ex post facto in die pers probeer styf maak oor problematiek wat primêr veroorsaak is deur die insigloosheid en gebrek aan ruggraat by hom en sy trawante wat hul eie mense tydens die onderhandelings met die ANC versaak het.

De Klerk en sy eertydse kabinetskollegas het hul spreekbeurt lankal verloor oor aangeleenthede en gevolge wat hulle destyds redelikerwys moes voorsien het.

Niemand sal vir hulle standbeelde bou nie. Die huidige bedeling is hul standbeeld.

трековые светильники на шинопроводе для доматопкарго отзыв

Leon Schuster behoort Reitz-fliek te maak

Waar kan ons vir Leon Schuster in die hande kry om aan hom ‘n skitterende voorstel te maak?

Dink net as hy as oud-Reitzman en gesoute humoris daardie gewraakte video van sy koshuiskannetjies kan vat en met presies dieselfde tema dit sou improviseer en uitbou tot ‘n volwaardige fliek, met die volle deelname van al die Squizas en wonderlike swart kommediante waarvan ons weet – soos wat Jamie Uys so skitterend reggekry het.

Die globale mark daarvoor is enorm groot bewys.

Dink net as ons daardie fliek kan bekendstel by die braaivleisfees van die kinders van die Broederbonders soos wat Dana Snyman en Prof Pierre Theron beoog.

Dit kan vir die land in die geheel en vir die Afrikaners in die besonder potensieel van onstkatbare waarde wees en so ook die tantieme en kopiereg aan die koshuis!

Sodoende skep ons dalk 'n beter toekoms vir ons kinders ook.

компрессорыданильченко юрій Харків

Naspers se bydrae tot die demokrasie

Is dit nie vreemd dat Naspers se hoof, mnr. Koos Bekker, nou om verskoning vra omdat 'n filiaal van sy groep die stembriewe vir Zimbabwe gedruk het nie?

Sou die maatskappy beter gedoen het deur wapens of ammunisie aan mnr. Robert Mugabe te verskaf? wil mens vra. In die eerstre plaas demonstreer die debakel die wit skuld waaronder Naspers, soos vele ander groot maatskappye in Suid-Afrika, ly.

Pleks van die druk van die stembriewe as 'n bydrae tot die demokrasie te sien, word daar nou in skuld verval.

Mugabe is nie verantwoordelik vir sy dade nie; nee, dis die mense wat sy stembriewe druk. Sy soldate trek ook nie die snellers van hul gewere nie; dis die Sjinese wapenskip wat die wapens daarheen vervoer het wat ons moet blameer.

Regdeur Afrika word daar gereeld met groot fanfare verkiesings gehou. Nietemin is die uitslag van sulke verkiesings dikwels voorspelbaar omdat die heersende diktator so 'n beheer oor die bevolking en oor die media in sy land uitoefen dat geen werklike politieke opposisie moontlik is nie

Die Westerse moondhede is merendeels tevrede met hierdie skynverkiesings en skenk lustig geld vir stembriewe en veral die aardig besoldigde "verkiesingswaarnemers" wat invlieg, in luukse hotelle tuisgaan en agterna hul goedkeurende stempel op die verkiesing afdruk.

Die aflaat van R300 000 wat Naspers aan die Rooikruis betaal het, gaan geen duit verskil aan die situasie in Zimabwe maak nie, maar sal wel die witskuldgewetens van die groep se topbestuur sus.

Aan die ander kant sal Naspers sekerlik nie nee sê om materiaal vir die ANC te druk nie, 'n party waarvan die lede mekaar met messe toetakel en wat self nie in die 1994-verkiesing geskroom het om duisende IVP-lede te vermoor nie. Om nie van Julius Malema van die ANC-jeugliga se onlangse geweldsdreigemente te vergeet nie.

брюки для девочкиалександр лобановский класс

Die DA – ‘n party vir Sjinese?

Die Volksrepubliek van Sjina, wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe aktief steun en ook in Angola besig is om groot invloed uit te oefen, het so pas 'n nuwe bondgenoot in die vorm van die DA verkry.
Volgens DA-woordvoerder Anchen Dreyer "het Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring". Die feit dat Sjina besig is met 'n geopolitieke spel in Suider-Afrika en dat Sjinese ook by allerlei onwettige bedrywighede in Suid-Afrika betrokke is, gaan blykbaar aan die party verby.

Oor hoeveel Sjinese kiesers beskik die DA? wil mens vra. Terwyl die DA uit sy pad gaan om Sjinese belange te verdedig, swyg die party gewoonlik soos die graf as Afrikanerbelange ter sprake is. Nietemin verteenwoordig Afrikaners ten minste vyftig persent van die DA se kiesers.

'n Ander aspek van die DA se uitsprake is dat die party die ANC die loef probeer afsteek as dit by politieke korrektheid kom. Ook in die huidige geval word die ANC daarvan beskuldig dat hy "rassisties" teenoor Sjinese optree. Dit wil voorkom asof die DA wil toon dat hy 'n beter ANC kan wees as die ANC self – weereens terwyl sy eie kiesers en ondersteuners se belange versaak word.

Die Afrikanerkieser is moeg vir sogenaamde opposisiepartye wat hard skree oor ideologiese kwessies soos rassisme, terwyl grondhervorming, misdaad en korrupsie nie aangespreek word nie of baie min aandag kry.

светодиодный линейный светильник geniledлобановский александр дети

Barkly-wes se spookhospitaal

Elke keer as ons daar verbyry dan sien ons dat Barkley – Wes se nuwe voltooide hospitaal langs die plakkerskamp en hoofpad nog leeg staan met al die ligte aan nadat dit lankal oënskynlik voltooi is. Dis nog nie in bedryf nie – miskien in afwagting van die toerusting, personeel, ens.

Niemand sal verbaas wees as die aangrensende plakkers tydens winterkoue onder vriespunt daar skuiling gaan soek nie: bekend as  hospitaalbesetting.

Staatkundige adviseurs vd ANC soos prof. Dirk du Toit in die parlement het  reeds groot stukrag verleen aan onteiening van blanke eiendom gegrond op die kunsmatige arbeidsprobleme wat as plaasbesetting bekendstaan.

Niemand sal dus verbaas wees as die regering nou die onbewoonde strandhuise en vakansie-akkomodasie, stadsale en kerkgeboue onteien om aan die vlugtende buitelanders te gee nie. Dit verteenwoordig die ontwikkelde eiendom van blankes teenoor die onontwikkelde eiendom van die stamgronde en stamgebiede.

Die vlugtelingkampe sal seker regeer moet word soos die tuislande van ouds – en dan het die wiel heeltemal gedraai en begin ons van voor af met apartheid, grensnywerhede en paswette – sonder wet en orde en binnelandse veiligheid.

Mens kan dit seker landsbesmetting agv regeringsbesetenheid noem. Dit geld ook Alec Erwin se opmerking oor vreemdelingehaat waarin hy hoop dat lig in die buurstate die vlugtelinge soos motte  na hul tuislande en stamgronde sal teruglok.

bridal accessories beltлобановский александр отзывы

Om revolusiegod te behaag sal Mbeki honger bring

Vandeesweek is daar ‘n internasionale spitsberaad oor voedselsekerheid in Rome gehou. Oor die afgelope vyf jaar het die wêreld naamlik meer voedsel verbruik as wat hy geproduseer het en sodoende opgehoopte oorskotte uit die verlede begin opgebruik.

Terwyl daar toenemende internasionale kommer heers oor stygende voedselpryse wat ook negatief deur die hemelhoë olieprys beïnvloed word, is die ANC-regering besig om die landbou as ‘n proefkonyn te sien vir kwasi-kommunistiese eksperimente in kollektiewe eienaarskap en “sosiale geregtigheid”.

Ongeag die mislukking van “grondhervorming” in Zimbabwe, gaan dié beleid in Suid-Afrika toegepas word met die summiere onteiening van landbougrond wat deur die nuwe onteieningswet moontlik gemaak word.

Suid-Afrikaanse voedselpryse styg reeds vinniger as die algemene inflasiekoers met vele boere wat bankrot speel vanweë stygende insetkoste. Die winsaandeel van supermarkte in die voedselketting is egter besig om te styg terwyl dié van die produsente daal.

In sy onverantwoordelike omgang met een van die mees basiese behoeftes van enige land en sy bevolking – voedselsekerheid – toon die ANC dat hy steeds vasklou aan sy Afro-revolusionêre beginsels en dat die gematigde politieke masker wat hy aan die media en aan die buiteland voorhou, net oëverblindery is. Mbeki is van dieselfde stoffasie as ‘n Mugabe, ‘n Mengistu of ‘n Machel gemaak en sal sy eie bevolking laat verhonger ten einde sy revolusiegod te behaag.

Soos ons reeds voorheen in dié ruimte geargumenteer het, sal die Afrikaner sy eie noodplan moet opstel om ons mense te kan kos gee indien regeringsbeleid tot sy onvermydelike resultaat van grootskaalse voedseltekorte en -inflasie lei.

Soveel Afrikaners is steeds besig om met gevoude hande die naderende krisis gade te slaan. Nou, meer as ooit, is dit die tyd vir besielende leierskap, om ons mense in dié krisisuur bymekaar te bring en te mobiliseer om die bedreiging van voedseltekorte die hoof te bied. Om nie te praat van die onstabiliteit wat gaan volg as die honger massas van Afrika wat oor die afgelope tien jaar rondom ons stede versamel is, ook ten alle koste gaan poog om ‘n volgende ete in die hande te kry nie.

воздушный компрессор безлобановский александр харьков

Fritz Joubert Dequesne

Lesers mag dalk onthou dat Joan Abrahams, tant Mossie van die Troepies, navorsing gedoen het oor Fritz Joubert Dequesne, die susterskind van Genl Piet Joubert, die boerespioen en krygsgevangene op Bermuda wat van daar ontsnap het en ‘n geheime organisasie in die VSA gestig het om Britse bote te saboteer. Die berugte ‘Bermuda Triangle' het sy naam so gekry, word bespiegel.

Gedryf deur sy passievolle haat vir diegene wat sy ma en sussie doodgemartel het tydens die Boereoorlog het hy Kitchener gejag totdat hy hom gedood het in 1914 deur die sinking van die Britse boot in die noordsee deur ‘n Duitse duikboot. Hy was self op die boot en is opgepik deur die duikboot. Die verhaal kom uit die boek The Man Who Killed Kitchener.

Hy was ‘n Duitse simpatiseerder en het vir die VSA se geheime diens gewerk tot en met Pearl Harbour – en is toe in die tronk gesit oor sy Duitse sentimente tot met sy dood in 1958. Sy flambojante lewenswyse het begin as kampioenswaardvegter tydens sy studentejare. Toe die oorlog uitbreek en ‘n Kaapse rebellie veroorsaak, is hy byna tereggestel as Kaapse rebel.

Een van sy skuilname was James Bond en Ian Fleming, die skepper van die karakter, het op Bermuda gebly toe hy sy boeke geskryf het. Hy was ook ‘n tydgenoot van Bram Fischer wie se lewe ook gekenmerk is deur passievolle haat en tragiese dood.

Natuurlik ontstaan die baie belangrike regsvraag of Stellenbosch Universiteit nie ook Fritz Joubert Dequesne moet vereer nie. Sy beroemde lewensstrewe en patetiese dood het veel groter betekenis en waarde het as dié van Bram Fischer.

Beide het wel volksvreemde ideologieë gehad: die een Duits en die ander Russies.

Relevante skakel op Wikipedia

поршневой безмасляный компрессорtopcargo отзыв