Hoe sou SA gelyk het met ‘n nee-stem?

As jy ouer as veertig jaar is, sou jy waarskynlik twintig jaar gelede ja of nee gestem het.

Hoewel dit vandag bitter moeilik is om ‘n ja-stemmer te kry, was daar 20 jaar gelede presies 1 924 186 ja-stemmers. (teenoor die 875 619 nee-stemmers)

Dit het die weg gebaan vir die Suid-Afrika waarin ons vandag moet oorleef.

Baie van ons hunker terug na die goeie ou dae van Apartheid.

Na ‘n doeltreffende en goeie staatsdiens, ‘n regering sonder korrupsie , gesondheidsdienste waar jou lewe nie bedreig word nie en ‘n florererende ekonomie.

En na tweejaar diensplig, bomme in die strate en eetplekke, sanksies en sportboikotte.

Dit is voorwaar goeie tye om na terug te verlang.

Boetman was nou die wel die bliksim in, maar baie van ons onthou vandag dat ons “daar” was en gewen het.

‘n Mens kan nie help om te wonder nie hoe Suid-Afrika sou gelyk het as die nee-stem gewen het.

Hoe lank sou ons kon staande bly as die VN besluit het om ‘n “vliegspersone” in te stel om diegene wat alles afbreek terwille van “geregtigdheid” te beskerm.

Wat sou sanksies na twintig jaar aan ons gedoen het?

Sou ons kon afreken met die 400 000 Kubane wat hierheen oppad was en by die VSA wou oorvat as die nuwe bewakers van die demokrasie?

Wat sou gebeur het as ons as laaste uitweg ons kernwapens moes gebruik?

Wie se misiele sou ons hoofstede eerste bereik het? Die VSA of Rusland s’n?

Sou dit na twintig jaar met ons beter gegaan het en wat sou die toekoms ingehou het?

Sou die bedorwe wit malvas kon aanhou blom op die puinhope van apartheid?

Фильчаков Александр Васильевич

Duur olie, duur petrol

Oliepryse is nou hoër as wat dit ooit was – behalwe vir ‘n paar benoude oomblikke voor die globale ekonomiese ineenstorting van 2008. Oliemaatskappye waarsku verbruikers dat hulle maar gewoond moet raak daaraan.

Onmiddellike faktore dra by tot hierdie opwaartse druk, ook Iran se dreigemente om die Persiese Golf-roete af te sny, vrese vir ‘n nuwe Midde-Oosterse oorlog en onrus in die energie-ryke Nigerië. Hierdie druk kan dalk verlig word in die maande wat voorlê, en tydelike verligting by die vulstasie verskaf.

Maar die vernaamste oorsaak van hoër pryse is ‘n fundamentele verandering in die struktuur van die olie-industrie en kan nie omgekeer word nie. Oliepryse is bestem om hoog te bly, sê die produsente.

Die era van “maklike olie” in die taal van die industrie-ontleders, is verby. Met ander woorde, die aard van die olie wat ‘n verbysterende uitbreiding van globale welvaart oor die afgelope 65 jaar bewerkstellig het, is amper uitgeput.

Dis wel waar dat die wêreld nog oor groot reserwes van petroleum beskik, maar dit is van die moeilike soort, moeilik bereikbaar, moeilik om te verfyn. In kort, “moeilike olie”. Van nou af sal elke vat wat ons verbruik duurder wees om te ontgin, duurder om te verfyn, en duurder by die vulstasie.

Diegene wat beweer dat die wêreld “oorspoel” is met olie, is tegnies korrek. Maar propagandiste vir die olie-industrie versuim om te beklemtoon dat nie alle oliereservoirs dieselfde is nie.

Sommige is naby aan die oppervlak of naby aan die strand geleë, ander diep onder die grond, ver in die koue, of vasgevang binne onwrikbare rotsformasies. Laasgenoemde kan slegs ontgin word deur duur, omgewingsgevaarlike tegnieke.

Die eenvoudige waarheid van die saak is dit: Die meeste van die wêreld se maklik reserwes is reeds uitgeput, behalwe in oorloggeteisterde lande soos Irak. Feitlik al die olie wat oorgebly het is in moeiliker plekke om te bereik.

Dit sluit in diepsee-olie, Arktiese olie, en skalie-olie, asook die Kanadese “olie-sand”. Die sogenaamde “tar sands” van Alberta is ‘n mengsel van modder, sand, en teer. Sogenaamde onkonvensionele reserwes van hierdie tipes kan benut word, maar dikwels teen ‘n verbysterende prys, nie net in dollars nie, maar ook in die skade aan die omgewing.

Die voorsitter en hoofuitvoerendebeampte van Chevron, David O’Reilly, het in ‘n 2005-brief gepubliseer in baie Amerikaanse koerante, dit duidelik gestel: “Een ding is duidelik,” het hy geskryf, “die era van maklike olie is verby.” Nie net is baie bestaande olie-velde in verval nie, maar “nuwe energie-ontdekkings kom hoofsaaklik voor in plekke waar hulpbronne moeilik is om te ontgin, fisies, ekonomies, en selfs polities.”

Verdere bewyse vir hierdie verskuiwing is deur die Internasionale Energie-agentskap (IEA) in ‘n 2010-hersiening van die wêreld olie-vooruitsigte gelewer. Die resultate was oorweldigend: Oor die volgende 25 jaar, sal 52 miljoen vate per dag van die wêreld se olievoorrade verdwyn, of ongeveer 75% van die huidige wêreld se ru-olieproduksie.

Daardie pomppryse gaan nie gou daal nie…

Данильченко Юрий Харьков

Amanda Gouws nie opgewasse vir ‘n rassedebat nie

Amanda Gouws se Burger-rubriek Besin oor hoe ons na ras kyk verwys.

Die kern van Amanda Gouws se tirade lê in die onderstaande aanhaling uit haar skrywe:

“Kom ek probeer dus weer. Ek het geargumenteer dat ons ‘witwees’ moet problematiseer. Met ander woorde, ons moet besin oor wat dit beteken om witwees as die norm te aanvaar, die norm waarteen ons andere meet.”

Hoe anders kan blankes “andere meet” as uit hulle eie verwysingsraamwerk van blank wees?

Eerstens is dit ‘n baie eensydige siening terwyl daar duidelik na twee groepe verwys word deur die gebruik van die woord “andere” alhoewel Gouws dit baie duidelik stel dat die verantwoordelikheid hoofsaaklik en uitsluitlik by blankes berus, wat by implikasie gelees kan word dat Gouws swartes as onvermoënd beskou om aan te pas by beskaafde standaarde en sy dus die onus op die blankes alleen plaas om te verander.

Gouws verdwaal in ‘n ontkenningsindroom van volksmoord deur swart-op-wit moorde. Trouens, sy gaan verder deur te impliseer dat dit die blankes se meerderwaardige houding is wat dit veroorsaak.

Rassepolarisasie is ‘n gegewe waar twee teenoorgestelde groepe op geen manier kan aanklank vind by mekaar nie behalwe as die persoonlike standaarde verlaag word sodat die “andere” kan bykom. Hierdie natuurlike polarisasie is alreeds duidelik sigbaar in die NSA.

Kom ek wys op gelyke vlak van armoede by blankes en “andere” die volgende verskil uit: In die blanke plakkerkampe plant blankes malvas in ou verfblikke om ten spyte van hulle omstandighede hulle ingebore behoefte aan estetika te bevredig. Hierteenoor vind mens by swart plakkerskampe dat daar nie veel verskil tussen ‘n stortterrein en hulle omgewing is nie.

Duidelik het Amanda Gouws haar begewe op ‘n terrein waar sy duidelik nie oor die nodige skietgoed ooit sal beskik en ook nie voor opgewasse is nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Die vertraagdes van Facebook

In een of ander oerwoud in Afrika, is ‘n massa-moordenaar by name Kony verpletter… want ‘n paar miljoen mense op Facebook het hom onbevriend.

Lekker diep asemhaal en ontspan! Miljoene goeie mense wat nog nooit gehoor het van Joseph Kony nie kan met hul dagtaak voortgaan, nadat hulle hul goedheid gedemonstreer het deur te kliek op die knoppie op YouTube geadverteer.

Sjoe, en ek het altyd gedink regerings kan net weggeskree word deur Iere met rooi sonbrille, miljarde dollar en formidabele reëlingskomitees.

Nee wat, geen inspanning is nodig nie. Net goedheid. Of is dit nou vertraagdheid?

Hier is die nuwe simbool van ons nuwe gerieflike moralisering: Kony 2012, ‘n video wat deur 60 miljoen mense in net een week gekyk is.

Ja, ek weet daar was regtig aaklige foto’s van verminkte kinders vertoon op die video, maar dis die VSA se State Department wat dit beskikbaar gestel het.

Dis seker hoekom hulle foto’s van plaasmoorde in Suid-Afrika van Google en Facebook afhaal, maar Kony se gruweldade ruim adverteer.

Hierdie gladde 30-minute rolprent van Invisible Children vertel wat ‘n nare monster Kony is, en wat moet omtrent hom gedoen word.

Hoe gaan Kony gestop word, terloops?

Wel, verduidelik Jason Russell, die stigter van IC, in Oktober verlede jaar, het die VSA reeds ‘n 100 Amerikaanse adviseurs na Oeganda se weermag gestuur om te help om Kony te vang.

En Facebookers kan dit laat gebeur as Kony se naam oral bekend is.

Die VSA-weermag se virtuele vriende gee een kliek en Kony is weg. Die wêreld is weer heel. En hulle het nie eens die huis verlaat nie. Maklik.

In teenstelling met die indruk wat die film gee, is daar mediaberigte wat die hele oefening ongelukkig weerspreek. Kennelik meen IC dat die goeie kliekkers nie graag lees nie.

Kony is reeds ses jaar gelede uit Oeganda gejaag – waarskynlik na die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Die meeste van die 30 000 kinders in sy weermag waarvan die video praat het eintlik oor byna 30 jaar geneem is nie meer met hom nie.

“Daar is nie ‘n enkele siel meer van die LRA hier sedert 2006 nie,” sê dr. Beatrice Mpora, direkteur van Gulu Kairos gesondheidorganisasie in Oeganda. Die LRA was Kony se groep.

“Nou het ons vrede, die mense is terug in hul huise.” Oeps!

En ons het nou Facebookers wat Kony onbevriend, en wat dink hulle het ‘n moordenaar in sy hok. O ja, en moenie vergeet om die armbandjie te koop nie. Want Russell en IC het geld nodig om Kony te vang en die arme kindertjies te red.

Moenie my verkeerd verstaan ​​nie. Ek wil help. ‘n Volksmoord is ‘n lelike ding. Kyk maar vir Rwanda. En die wit boere in Suid-Afrika.

Ag, ekskuus. Ek het vergeet hulle is wit. Wit Amerikaners wil swartes red, asseblief tog nie wittes nie.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Afrikaners het nie redding nodig nie

Dat daar uit Nederland en Vlaandere belangstelling is vir Afrikaans is waar, en dat buitelandse politici hulle sal uitspreek téén misdaad in SA is ook waar. Maar van “Afrikaner-redding” uit die buiteland is daar geen sprake nie. Want dit is nie nodig nie. Afrikaanse leiers vra nie daarvoor nie, waarom sou daar dan hulp kom? Misdaad en korrupsie in sy totaliteit kry wel aandag, van plaasmoorde, renosterstropery, korrektiewe verkragting van lesbiërs, kindermishandeling, ens.

Dat regse Afrikaners hul hoop nou juis op Nederland toespits is interessant. Die regses haat juis die Hollanders vir hulle bydrae om apartheid te beeïndig. Maar as jy dan gaan kyk na die bedmaats wat regse Afrikaners soek in Nederland, raak dit duidelik waarom daar geen noemenswaardige hulp uit die EU sal kom vir Afrikaans en die Afrikaner nie. Eerstens, sodra politici hul verdiep in die werklike leefstyl en lewensstandaard van Afrikaners in SA, besef hulle dat die Afrikaner baie goed leef in Afrika. Nederlanders emigreer selfs na SA. Die politici kom gou agter dat sekere regse groepe in SA, onder andere Praag, kwessies soos taal, misdaad, AA, ens, probeer misbruik om rassehaat aan te sterk. Net één kykie na die kommentare op praag.co.za wys alreeds vir dié politici met wie hulle werklik te doen het.

Dan tweedens, die bedmaats: As een voorbeeld, onlangs was Martin Bosma van de PVV nie welkom by die Afrikaanse Taalraad (ATR) nie, juis omdat hy aan ‘n party behoort wat anti-Islam is. Dit het in die Nederlandse pers bekend geword:

“Bosma, die nu in Zuid-Afrika is, heeft zich eerder opgeworpen als pleitbezorger van het aan het Nederlands verwante Afrikaans. Maar volgens de krant zit de Afrikaanse Taalraad niet op de PVV’er te wachten. Voorzitter van de raad Michel le Cordeur zegt in Beeld dat onder de mensen die Afrikaans spreken, ook moslims zijn: ‘Afrikaans is nie gelyk aan Afrikaners nie’. De sprekers zijn niet alleen blanke Afrikaners maar ook mensen die ‘bruin en swart’ zijn, ‘wat Moslems insluit’. “

‘n Heel duidelike boodskap dus. Weer eens word ons taal misbruik om goedkoop politieke punte aan te teken. Die onderduimse mosie wat regse Afrikaners dmv naïwe en regse politici deur die NL-parlement probeer druk het, was verwerp met die minagting wat dit verdien.

Dat daar op websites van groepe soos BKA en Geloftevolk ophef gemaak word oor die sogenaamde “redding van buite”, is geensins ‘n positiewe faktor vir julle veldtog nie. Net één verbintenis met dié tipe van groepe, so ook Praag, moet onder die aandag kom van EU en NL politici, en hulle sal weier om so ‘n mosie te ondersteun. Die Jooste-video, wat ondersteun word op regse websites, en as “nie so erg” afgemaak word, het groot opslae gemaak in Nederland, en simpatie met misdaad laat daal. Sit daarby die rassistiese uitlatings en homofobie op ander websites, en julle kan net julself blameer dat “redding van buite” nie sal gebeur nie.

Фильчаков прокурор харькова

Die redes waarom Zuma gaan bly

Ek het die afgelope tyd bewegings fyn dopgehou rondom ‘n potensiele opvolger as president.

Aangesien ek reeds weet dat die de facto president eintlik Jonathan Maximillian Ernest Oppenheimer is en die seremoniële posisie wat Zuma beklee nie saak maak nie, weet ek ook dat van Mandela tot Zuma almal maar moes gaan vra vir die posisie by Harry, toe Nicky en nou Jonathan.

Indien hulle nie van jou hou nie, of jy nie behoorlik wil saamwerk nie, sal jy uitgegooi word, soos ons ook gesien het met Zuma wat gesukkel het voor sy aanstelling.

Ek kyk na die huidige bewegings van Zuma en dit is baie duidelik dat hy die myne bevoordeel. Hy gaan vir hulle sorg met nuwe spoorlyne, uitvoerpoorte ens, verder moet hy die nationalisering van myne beperk tot uitgediende en nie-winsgewende myne.

Openbare paaie word geprivatiseer deur dit te oorhandig aan nie-regereringsinstellings wat dit bedryf maar die hawens en spore gaan met die belastingbetaler se geld opgegradeer word sodat die myne beter en makliker die land se rykdomme kan uitsuig.

Deur hierdie stap van Zuma kan ek net een van twee oorwegings hê. Die eerste is dat hy wil aanbly en dus hul guns moet wen, en die tweede is dat hy homself posisioneer vir sy uitrede se nie-amptelike goue handdruk.

Vir die Oppenheimers is die geraas oor nationalisering natuurlik baie voordelig, veral as hulle in beheer daarvan is. Hulle sal dus nie sommer ‘n nuweling wil toelaat soos Motlanthe wat baie maklik die jeugroete sal wil volg nie.

Hul veiligste opsie is om Zuma in die saal te hou. Malema is natuurlik ook uitgeskop omdat hy oor die Botswanaregering kommentaar gelewer het.

Dit is ‘n Oppenheimer-vriendelike regering en Jonathan is tans ‘n amptelike raadgewer van die Botswanase regering.

Ek is dus geen voorspeller nie, maar gegrond op die huidige speelveld en spelers kan ek net sien dat Zuma stewig in die saal gaan bly.

Данильченко

Volkstaat, Volkstaat hier kom ons!

Met die aankondiging dat die ANC die grondwet wil verander om grond af te vat by ons ‘Die Setlaars’ is die Volkstaatgedagte al wat oorbly vir die Afrikaner.

Die groot vraag is waar gaan die Volkstaat wees? Dit is my opinie dat die vraag self beantwoord sal word wanneer die tyd reg is. Die vraag wat ons eerder moet vra is wat bly oor wanneer die ANC dit regkry om die Grondwet te verander?

Die antwoord: Daar gaan nie veel oorbly nie, die voorstelle wat die ANC maak is drakonies en sal die Afrikaner net nog verder vervreem in sy land. Daar word gepraat van die tweede fase van  bevryding. Dit behels eintlik maar net meer steel van die staat of uit die Afrikaner se sakke en om die Afrikaner te verdryf uit Suid-Afrika.

Dit maak nie regtig saak wat die ANC se planne is nie, maar ons kan verwag dit sal iets negatiefs wees. Ek hoop egter dat die liberale Afrikaners begin wakker skrik uit hulle utopie en besef dat die ANC daarop uit is om ons Afrikaners te vernietig, en dat die liberale ook in die slag sal bly. Ons vel, kultuur, geskiedenis en taal is wat die ANC haat, nie ons politieke sieninge nie!

Al wat oorbly, is ons hunkering na ‘n Volkstaat, ‘n tuiste, daar waar Afrikanerwaardes, -kultuur en -geskiedenis bewaar word en waar ons taal beskerm word. Soos ek aan die begin van die debat geskryf het, moet ons nie nou begin om grense te trek nie, maar ons moet vandag begin verlang en streef na ons eie, na ‘n republiek, na ‘n Afrikanerrepubliek, waar dit ook al mag wees. Die grootte van ons volk se vryheidstrewe, en veglus sal bepaal waar die grense getrek word.

Die feit dat die ANC die Grondwet wil verander verteenwoordig ‘n donker tyd vir ons as Afrikaners. Hoe donker gaan dit nie wees as die ANC dit regkry nie? Soos geskiedenis ons al menige kere geleer het, gebeur daar wonderlike goed met volkere wat in die duisternis verkeer, en ons volk is geen uitsondering nie.

Staan op Afrikaners! Gaan maak ‘n draai daar in jou diepe binneste en vertel my dat jy nie wil gaan bly in ‘n Afrikanerrepubliek nie.

Volkstaat, Volkstaat hier kom ons!

Олександр Васильович Фільчаков

Afrikaners kan binne ‘n geïntegreerde samelewing gedy

Venter skryf ‘n groot lot twak in sy rubriek Dis lekker in die laer. Daar is nie ‘n “laer” van Afrikaners nie, daar is klein groepies regses wat elk verward met 3 ossewaens onder ‘n bloekomboom saamtrek. Sommige in KZN, sommige in Orania, ander weer in Tshwane, ander weer in Ventersdorp. Verskrikte mense wat nie weet hoe om met verandering om te gaan nie, wat nie weet hoe om by ‘n veranderende wêreld aan te pas en nog steeds jou identiteit te behou nie.

Dit is juis die geheim van oorlewing, nie laertrek nie, maar jou identiteit as sterk genoeg sien om binne ‘n geïntegreerde samelewing te kan gedy, Dit doen die nie-regse Afrikaner uitmuntend. Kyk maar na die kunstefeeste, die Woordfees tans op Stellenbosch, ensovoorts. Waar Venter sy statistiek vandaan kry dat die “laer” groter (wil) word, sal ek graag sien. Een van die 3 ossewaens se leier sit saam met Zuma in sy kabinet…. ons weet die VF+ word by elke verkiesing kleiner. Maar nou ja, regse propaganda en breinspoeling van die mense wat bewe by die hoor van die naam “Malema” is ‘n daaglikse nodigheid. Maak die mensies bang en hulle sal dan moontlik ‘n stofstrepie na een van die dosyne “laers” toe hardloop.

En nog ‘n teenstrydigheid is dat Venter vertel hoe goed gaan dit met die Afrikaners (dis waar), maar self deel is van die groep wat daagliks huil oor hoe “onderdruk” die Afrikaner is. Verduidelik daai een so bietjie, Venter? En dan daai image van ‘n kort kakiebroek met lang sokkies……ai, ai….Venter.

Фільчаков Олександр Васильович

Rebellie hang in die lug

Rebellie hang swaar in die lug. Dis nie net Cosatu wat die regering vandag kaalvuis pak oor die ongewilde e-tolstelsel nie, maar die Jeugliga wat openlik in opstand is teen die ANC se onlangse tugbesluite om van sy leier ontslae te raak.

E-tol is ‘n ongewilde onderwerp by enige Suid-Afrikaner en Cosatu het sy vinger beslis op die pols van frustrasie en woede oor die onbesonne besluit om padgebruikers nog verder af te pers. Tot só ‘n mate dat selfs Solidariteit ‘n eierdansie moes uitvoer wat hulle in staat stel om “in die gees” deel te neem, maar nie wettig nie.

Dié vakbond moes natuurlik met hul lede wat DA stem rekening hou. Die DA neem nie deel aan vandag se staking nie.

Die staking sal waarskynlik spanning tussen die ANC en sy jeugvleuel verder opjaag, met die ANC-jeugliga wat sy gewig agter Cosatu se wegbly-aksie ingewerp het Woensdag om druk te plaas op die ANC-regering om arbeidsmakelaars en e-tol af te skaf.

Verhoudinge tussen die ANC en die liga is op ‘n laagtepunt sedert die regerende party Julius Malema geskors het en die ligawoordvoerder Floyd Shivambu se ANC-lidmaatskap opgeskort het vir drie jaar.

Malema se skorsing het gelei tot ‘n openlike rebellie van die Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee en die meeste van sy provinsiale strukture die naweek. Hulle het beloof om die ANC se nasionale dissiplinêre komitee se besluit om Malema te verwyder as die ligapresident uit te daag.

Cosatu se staking is ook meer van ‘n politieke kragvertoning voor die ANC se kritieke elektiewe konferensie in Bloemfontein in Desember, eerder as ‘n protes wat ware arbeidskwessies na vore bring.

Cosatu en die Jeugliga is toenemend gefrustreerd met die ANC se onvermoë om Polokwanebesluite, wat radikale beleidsveranderinge moet implementeer, deur te voer. Cosatu beweeg al hoe nader aan die liga oor belangrike beleidskwessies, insluitend die nasionalisering van die myne en ander belangrike sektore van die ekonomie.

Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika se sekretaris-generaal Irvin Jim stel dit só: “Dit gaan daaroor om nee te sê vir uitbuiting en gierigheid wat ons samelewing verswelg.

“Ons trippelkrisis [van armoede, werkloosheid en ongelykheid] is geskep deur unieke rassistiese kenmerke,” aldus Jim. Die refrein raak al hoe sterker en dwingender. En Bloemfontein lê nog ver.

Фильчаков прокурор харькова

Waar staan SA in Iran/Israel-konflik?

Iran is onverpoosd besig om sy kernnavorsing te versnel. Die sluipmoorde op van sy kern wetenskaplikes, sanksies sowel as dreigemente van ‘n aanval deur Israel of/en die VSA het tut dusver nog geen uitwerking gehad op die pas waarteen sy kernprogram vorder nie. Om die waarheid te sê, dit wil eerder voorkom of elke poging om hom te stop net olie op die vuur is.

As dreigemente ernstig opgeneem word, lyk dit dus onafwendbaar dat die pruttende vulkaan iewers tussen vandag en die einde van die jaar tot uitbarsting sal kom.

Dit sal die gang van die wêreldgeskiedenis onherroeplik verander.

Die vraag is hoe gaan dit Suid Afrika raak en hoe gaan ons aanpas daarby?

Iran se kernprogram toon baie ooreenkomste met ons eie programme in die glorieryke jare van apartheid. Elektrisiteitsopwekking en mediese radionukliede was ook die dekmantel waaragter die meeste navorsing verbloem was. Ons het ook alleen teen die res van die wêreld gestaan en dit het ons net meer vasberade gemaak.

Tradisioneel was ons egter aan die kant van die VSA/Israel-alliansie. Dis trouens ‘n oop geheim dat die programme geskrap is voordat die politieke oorgang onderhandel is. Die redes is voor die hand liggend.

Op hierdie stadium kry ons egter ‘n groot deel van ons ru-olie van Iran en die regering sal sekerlik goeie betrekkinge met Iran wil behou. Dit sou egter baie dom wees om in die slegte boekies van die VSA te kom.

Die beste opsie is om neutraal te bly.

Die komende konflik sal egter die verskil in mening by verskillende rasgroepe is Suid-Afrika baie meer beklemtoon. Blankes sal meer geneig wees om steun aan Die VSA en Israel te gee terwyl die regering se sentimente waarskynlik meer by die belange van Iran en sy bondgenote sal wees.

Dit lyk of ons interesante tye nader waarin ons op ons voete sal moet dink.

Данильченко Юрий Брониславович