Daar wag ‘n groot taak op Praag

06:53:15 Die artikel in vandag se Praag-koerant oor Media24 wat moontlik sy koerante gaan laat saamsmelt, noop my om kommentaar te lewer. Aan die een kant is dit goeie nuus, maar aan die ander kant spel dit gevaar vir die Afrikaner.

Ons (hier by Praag) sal volstoom moet begin om "nuusjagters" op groot skaal op te lei, sodat ons aan ons lesers elke dag 'n goedgebalanseerde weergawe van gebeure binne en buite Suid-Afrika kan voorsit.  Media24 sal by die dag meer "politiek korrek" word, en ons, sowel as die lesers in die buiteland, sal nooit weet wat regtig in ons land aangaan nie.

Daar wag 'n groot taak, met ewe groot verantwoordelikheid, op die redaksie van Praag.  Maar, ek dink dit sal 'n aangename taak wees.  Dit sal van Praagers helde maak.

Ons is wel deeglik bewus van so 'n vertantwoordelikheid, Peter. Die SA media, veral in Afrikaans, raak al hoe meer eendimensioneel en veral sien hul taak as die breinspoeling van die Afrikaner om alle onreg wat daar teen hom gepleeg word gedweë te aanvaar. Dis ook waar dat 'n groot deel van die gebeure in die land nooit die media haal nie, omdat dit nie polities korrek is nie. Een manier waarop lesers ons kan help, is om eenvoudig al hul familie en vriende van www.praag.co.za te vertel en aan te moedig om ons te lees. – Red.

болезнь десен названиеЛобановский

Wat het van Belharskrywer geword?

06:38:43 Ek is lank nie meer lid van die NGK-familie nie maar Calvinisme is my tuiste. In die lig van die feit dat die Afrikaanse pers daagliks die Belharbelydenis onder die lesers se onwillige oë bring en selfs Boesak daarmee assosieer, ontstaan ernstige vrae.

Op Google vind ek in Wikipedia binne 50 sekondes 'n Engelse weergawe van Belhar wat verklaar dat die oorspronklike Afrikaanse weergawe nie vir openbare gebruik is nie en aan sekere beperkings ten opsigte van verspreiding onderhewig is. Dis blykbaar primêr 'n "binnenshuise dokument".

Volledige Bybelverwysings word gegee sover dit die sonde van segregasie volgens die outeur betref. Die hele Belharbelydenis gaan uitsluitlik oor die rassistiese of politieke segregasie van die NGK-familie.

Verder verneem ons dat prof Dirkie Smit as leraar van die kleurlingkerk die outeur van Belhar is – 1986 tot 1988.

Prof Dirkie Smit se webtuiste is aktief en veral godslastering is 'n onderwerp vir blogbespreking.

Vergun my die gepaste rol van duiwelsadvokaat met die volgende vrae rondom die verskynsel van die Belharbelydenis in die Afrikaanse pers.

Wat het van die outeur geword van so 'n dokument wat al twintig jaar aktueel bly? Na my wete het prof Smit hoegenaamd geen erkenning gekry of op sy pennevrug gereageer nie. Is hy miskien al oorlede?  

Was Boesak ‘n medewerker aan die Belharbelydenis terwyl hy gesegregeer het van sy eerste vrou? Nie volgens Wikipedia nie. Is dit 'n sonde om af te stig en polities te segregeer van die ANC? Ek herhinner my dat daar gesê is dat die KP’s  van destyds nie hemel toe sou gaan nie. Is dit dan nie ‘n sonde om te segregeer van sy ampte in die VGK nie?

Die ooreenkomste tussen Boesak en Piet Koornhof is opvallend.

Integrasie, segregasie en egskeiding is so belangrik in die Bybel dat een hele boek aan die vraagstuk gewy word, naamlik Esra. In dié Bybelboek word die volk verplig om van hul volksvreemde vrouens en kinders te skei. Maleagi 2 verteenwoordig 'n opsomming daarvan. Daar bestaan hoegenaamd geen verwysings in die Belharbelydenis na hierdie kernbronne nie. Veral nie na egskeiding nie en ook nie dat die verhoudings van Christene onder mekaar soos die lede van die liggaam van Christus moet wees, maar nie soos 'n huwelik nie – dat God egskeiding haat. Daar is ook geen verwysing na Titus se brief wat juis vals belydenisskrifte en kerklike gedragsreëls behandel nie.

Paulus beskryf myns insiens die rol van die Belharaktiviste baie akkuraat in Titus 1, vers 15: "Alle dinge is rein vir die reines. Vir die besoedeldes en ongelowiges is egter niks rein nie, want hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedeld. 16. Hulle bely dat hulle God ken maar verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk."

Onwillekeurig mag mense dink aan die Kretensers in ons midde, waarop ek eerder nie kommentaar sal lewer nie.

3d одежда купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Maak jou stem dik

07:33:31 Is jy keelvol, indien nie g-vol nie, oor omtrent alles deesdae eentalig Engels is (of Engels en 'n swart taal)? Wel, neem die pen op en skryf.

Ek het by mnr. Mike Olien van die Poskantoor beswaar aangeteken omdat ek weer eens my jaarlikse posbushernuwingskennisgewing in Engels ontvang het (ondanks die jaarlikse versoeke van die Vriende van Afrikaans om dit ook in Afrikaans uit te stuur).

In my brief aan mnr. Olien het ek gesê volgens my vertolking van die Grondwet is dit ongrondwetlik om 'n enkele amptelike taal op ons almal af te dwing, soos die Regering tans doen.

Ek het gevra om my kennisgewing in my voorkeurtaal, Afrikaans, te ontvang. En sowaar, nie jare later nie kry ek my Afrikaanse posbushernuwingskennisgewing!

Dit wys jou net – moenie stilbly nie. Stuur jou brief vandag nog aan mike.olien@postoffice.co.za.

Teken sommer ook beswaar aan teen die eentalige Engelse Poskodegids en vra vir 'n Afrikaanse een. As genoeg Afrikaanssprekendes hul stem hieroor dik maak, sal iets dalk gebeur.

Ons Afrikaanssprekendes moet ons slapgattigheid en askies-tog-ek-leef houding laat los voor Afrikaans 'n kombuistaal word. Alles goed en wel Afrikaanse boeke en liedjies toon 'n oplewing, maar wat van Afrikaans waar dit werklik saak maak – as geldtaal, saketaal, amptelike taal, akademiese taal, vaktaal? Dis hier waar Afrikaans besig is om te verloor, dood te bloei, omdat ons nie genoeg omgee nie.

Moenie maar net die miskenning van jou taal ewe gelate aanvaar nie. As jy weer 'n Engelse oproep van jou bank kry (wat baie goed weet wat jou voorkeurtaal is) oor die een of ander nuwe produk, sê net ewe kalm jy wil in jou voorkeurtaal, Afrikaans, bedien word en jy kan ongelukkig nie Engels verstaan nie. En teken per brief by jou bank beswaar aan – as jou geld goed genoeg is, is jou taal goed genoeg.

As jou munisipaliteit jou net in een taal bedien, kla en skryf 'n brief. As jou winkelrekeninge net in Engels is, kla en skryf 'n brief. Skryf weer en weer en weer.

Dis my en jou verantwoordelikheid om te sorg dat ons mooi taal bly oorleef. Moenie dink "iemand" gaan dit vir ons doen nie. Kla, teken beswaar aan, dreig, onttrek jou steun en geld, organiseer, stook op, vertel die media en die wêreld, maak vuur onder jou familie, vriende en kennisse – moet net nie daar sit met 'n wat-kan-ek-tog-doen houding nie. Eendrag maak mag – en geld dra die grootste mag. Die Afrikaanssprekendes het nog die hef in die hand wat geld betref. Gebruik jou geld goed!

заказать игрушки трансформерыДанильченео

Engelse stertjies aan Afrikaanse advertensies irriteer

17:14:38 Dis met toenemende verbasing dat ek deesdae al meer en meer na die verspotte Engelse stertjies moet luister wat adverteerders aan hulle Afrikaanse reklameflitse op die radio aanheg. Dis “for the love of the game”, “liquid engineering”, “shift expectations” en allerhande sulke bogtery wat nugter weet hoekom.

Wat wil die adverteerder vir my sê? Luister jou Afrikaanse pampoen, jou taal is nie goed genoeg om uit te druk wat ek wil uitdruk nie, dus hier is ’n stukkie Engels om jou kop skoon te kry. Is dit sy boodskap?

Aanvanklik so ’n paar maande gelede het ek maar stilweg besluit om liefs weg te bly van die of daardie produk met sy Engelse stertjie, maar nou is daar so ’n oorvloed van hierdie produkte dat dit maar moeilik sal gaan om daarsonder klaar te kom. ’n Futiele boikotaksie dus. Behalwe miskien as ek kaalstert alleen iewers op ’n eiland sal gaan bly en met my kaal hande visse probeer vang en wortels uitgrawe om aan die lewe te bly. ’n Vreugdelose vooruitsig, maar ten minste is ek dan die stertjies gespaar.

hair headbandsАлександр Фильчаков прокурор

Afrikanerbond begaan ‘n groteske fout

10:36:01 Die verklaring deur die Afrikanerbond waarin hy vermeld dat hy "saamstem met naamsveranderings" en saam met die ANC-bewind wil werk, verteenwoordig 'n groteske voortsetting van die kompromiedenke wat die Afrikaner gereduseer het tot 'n vreemdeling in sy eie vaderland.

Hierdie denke, wat die afgelope twintig jaar deur die Nasionale Party en Nuwe Nasionale Party, asook die universiteitshoofde, toegepas is, het tot die snelle agteruitgang van die Afrikaner se politieke en kulturele posisie in die land gelei. In wese kom dit daarop neer dat die Afrikaner hom so goed as moontlik by sy eie ondergang moet aanpas, wat 'n uiteindelike eenrigtingkaartjie na Perth insluit.

Daar kan geen kompromie oor naamsveranderings wees nie. Die naamsveranderings word spesifiek teen Afrikaanse name gemik, terwyl Britse koloniale name deur die ANC vereer en bestendig word.  Naamsveranderings en die etniese suiwering van Afrikaans en Afrikaners was nooit deel van die ooreenkoms wat in Kemptonpark tussen die destydse NP en die ANC gesluit is nie. Ook in terme van die volkereg mag 'n etniese meerderheidsregering nie die plekname van die minderheid uitwis of verdring nie.

Daar bestaan 'n verbasende konsensus oor naamsveranderings onder die breë Afrikaanse publiek. Een en almal is daarteen gekant. Bykans 5 000 mense het teen die verandering van Pretoria se naam op straat betoog en 'n ander 100 000 het reeds 'n petisie onderteken teen die SAUK se gebruik van die woord "Tshwane" vir Pretoria. 'n Breë spektrum van organisasies soos Praag, die FAK, die GHA, belastingbetalersgroepe op Louis Trichardt en ander dorpe, asook Solidariteit en Afriforum agiteer reeds vyf jaar lank teen naamsveranderings.

Met sy uitspraak ondergrawe die Afrikanerbond die werk wat reeds gedoen is téén naamsveranderings en téén die beplande uitwissing van die Afrikanererfenis. In 'n wesentlike sin pleeg die Afrikanerbond verraad deur hom aan die kant van die ANC-verdrukker te skaar in die jarelange stryd wat Afrikaanse groepe en organisasies teen naamsveranderings voer.

Sowel in die Eerste as die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanerleiers dikwels ongenaakbaar teenoor verraaiers opgetree. Paul Kruger het in die aanloop tot Majuba meelopers van die (destydse wettige) Engelse bewind, in krygshowe laat verhoor en laat fusilleer. In die Tweede Vryheidsoorlog het veral Jan Smuts verraaiers voor die voet laat doodskiet.

Gegewe die toenemende spanning tussen Afrikaners en die owerheid, soortgelyk aan die situasie ná die Britse anneksasie van die Transvaal in 1877 waar dit eers as 'n fait accompli aanvaar is maar agterna tot belastingboikotte en opstand met wapengeweld gelei het, is die Afrikanerbond besig met 'n baie gevaarlike spel.

детский инет магазинлобановский александр фото

Die Proteas was ‘n Kleurlingspan

Kan iemand asseblief die oneerbare 'minister' Stofile vra of hy weet die Proteas was 'n Kleurlinspan gedurende die apartheidsjare? Op grond hiervan, hoekom is die Protea as embleem aanvaarbaar maar nie die Springbok nie?

Laat my toe om 'n stelling te maak: Die dryfveer om die Springbok verwyder te kry het niks te doen met versoening of as simbool van vorige verdrukking nie, maar alles met suiwer swart rassisme.

Stofile, soos sy ondersteuners, het 'n ongekende haat teen veral die wit Afrikaner en misbruik sy posisie om sy rassisme wettiglik te beoefen. Ek sluit Luke Watson, sy pa en soortgelykes kruipers hierby in.

Dit maak my bekommerd hoe sulke mense verwag almal moet dink hulle is intelligent en hulle doen dit vir versoening. Siestog, al wat julle bereik is om dit duideliker te maak hoekom Suid-Afrika in die geweld- en misdaad-gemors is waarin ons is.

Stofile se soort sal nie rus voor alles wat hulle aan die witman herinner, vernietig is nie. As hulle dit kon bereik, vergeet hulle een ding: Daar sal niks oor wees nie behalwe donkies, stukkende kleipotte en kaal mieliestronke uit 'n vorige era.

Hoe kan 'n mens opkyk na sulke onbevoegde rassiste in regeringsposte, mense in vertrouensposisies wat belastingbetalers se geld letterlik gebruik om hulle in die rug te steek. Soos die Bybel sê: die hond het omgedraai na sy eie braaksel.

no deposit freeпрокурор Фильчаков

SARU sal enigiets vir ANC doen

08:09:50 Die oorgretigheid van SARU om die Bok van die baadjie af te haal en die Protea nou prominensie te gee, bewys weereens die ANC-regering se beheptheid om die Afrikaner en wit rugbyondersteuners te vervreem van sport in plaas van om die groter prentjie raak te sien. SARU sal enigiets doen om die ANC te lek en tevrede te hou; dit wys ook op swak leierskap in SARU.

Gaan witmense maar gedwee dit ook aanvaar of opstaan teen die regering? Om dit te aanvaar, beteken dat jy die nuwe SA se misdaad, grondroof, onregverdige praktyke soos regstellende aksie, pleknaamsveranderings ook aanvaar – dis mos nou alles deel van die nuwe SA en jy moet jou versoen met die misdadiger en sy trawante.

Ek aanvaar dit nie, soos baie ander nuwe SA-realiteite.
туры в хорватию ценыФильчаков прокурор харькова

Die waarheid omtrent emigrasie

Weens my eie kennis en ervaring van emigrasie, bekommer die geweldige toename in voornemende emigrante onder Afrikaners my. Emigrasie is nie vir enigeen nie. Bo en behalwe die finansiële eise, vereis dit opofferings op sielkundige en kulturele vlak waartoe meeste mense nie in staat is nie. Gerugte hier in Nieu-Seeland wil hê dat die egskeidingsyfer onder Suid-Afrikaanse immigrante 80% is. Gegewe die hoeveelheid gebroke Suid-Afrikaanse gesinne wat ek al hier teëgekom het (baie meer as in SA), sal ek verbaas wees as die statistiek nie erger is nie. Die hele proses is doodeenvoudig so stresvol dat meeste huwelike dit nie kan oorleef nie.

So waarvoor kan die voornemende emigrant hom- of haarself voorberei? Ek weet nie of mens jouself werklik kan voorberei vir hierdie ingreep nie. Uit my ervaring kan ek bloot praat oor wat immigrante in Nieu-Seeland deurmaak op grond van gesprekke met Suid-Afrikaners; ander immigrante duskant die Tasmansee (in Australië) kan ek ook beperkte getuienis daaroor lewer. Volgens die verhale wat hier die rondte doen, is die ervaring daar maar dieselfde as hier. Vir spesifieke professies soos mediese dokters en verpleegsters is dit ietwat makliker, maar dit is bloot omdat hulle makliker werk vind. Die res van die spanning is maar dieselfde vir almal.

Die kleinste van die aanvanklike stresfaktore is om behuising vir jou en jou gesin te vind. As jy aan die standaard van Suid-Afrikaanse woonhuise gewoond is, moet jy jouself regmaak om in 'n plankieshuis te woon. As jy meer gelukkig is, kan jy iets meer moderns kry wat van kunsmateriale gemaak is. Nogtans gaan dit baie klein en baie duur wees. Huise hier is klein en glad nie goedkoop nie. Boonop is Nieu-Seelandse huise geensins aangepas vir die land se relatiewe kouer klimaat nie. Die isolasie is deurlopend onvoldoende  en daar is geen sentrale verhitting in verrweg die meeste huise nie. Pak maar warm klere in, want soos in SA is elektrisiteit duur…

Die meeste woonbuurte steek erg af by SA se voorstedelike woonbuurte. Ek sou enige voornemende emigrant aanraai om, voordat hy of sy hierheen (dit geld ook vir Australië) toe kom, so 'n persoon eers vir 'n jaar op 'n plek soos Springs, aan die Oos-Rand, gaan bly. So raak jy ten minste gewoond aan die estetiese aspek. Wat boukwalitiet betref, sal selfs Springs jou ongelukkig nie voorberei nie.

Die volgende stresfaktor waarmee die voornemende emigrant gekonfronteer gaan word, is die puntestelsel. By verre die meeste sal nie op grond van hul ervaring en kwalifikasies alleen in die gasheerland toegelaat word nie. Die meeste sal bykomend tot minimumkwalifikasies ook 'n werksaanbod moet verkry. Dit is 'n uiters moeilike proses aangesien potensiële werkgewers nie graag mense aanstel wat nie 'n werkspermit het nie, maar terselfdertyd kan jy nie 'n werkspermit kry sonder 'n werksaanbod nie – die hoender of die eier. Boonop sal jy gekonfronteer word met: "Do you have any Kiwi work experience?" Die werksoekfaktor is egter die aspek wat die meeste spanning veroorsaak. Voor die resessie sou dit jou ongeveer 6 maande neem om werk te vind, maar soos werkloosheid nou hier toeneem kan mens net raai hoe lank 'n immigrant werkloos sal bly. Sommige Suid-Afrikaners hier sal vir jou vertel hoe maklik dit is om hier werk te kry. MOET DIT NIE GLO NIE. Dit is baie moeilik en as jy bo 32 is, raak dit net moeiliker.

Behalwe dat die Kiwi's wesentlik agterdogtig jeens Suid-Afrikaners (oor die algemeen word Afrikaners soortgelyk aan Nazi's beskou) is, het hul bittermin waardering vir ons werkservaring. Terwyl Britte as ere-Kiwi's behandel word, word ons as arrogante en agressiewe (selfs agterlike) derdewêreldmense beskou. Terwyl sekere aspekte van Nieu-Seeland se infrastruktuur erg afsteek by Suid Afrika s'n, glo hulle dat ons uit die boendoes kom en dus nie veel waarde sal kan toevoeg nie. Hoewel heelwat van Suid-Afrika se infrastruktuur baie meer indrukwekkend as hulle s'n is, dink hulle ons ry op grondpaaie en het oor die algemeen weinig begrip van tegnologie. Ek weet bv van 'n SA siviele inginieur, wat paaie in SA gebou het, wat nie hier werk kon kry nie omdat hulle net nie kon glo dat ons teerpaaie het nie. Wanneer jy eendag dus wel 'n werk kry, wees maar bereid om vir 50% minder te werk as wat jy nou kry. Baie hoogs gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse mans eindig in junior poste of selfs as hande-arbeiders.

So seker as wat die Suid-Afrikaanse rand ondergewaardeer is, is die NZ-dollar oorgewaardeer, wat beteken dat kos, klere en ander lewensbenodighede baie duur is in vergelyking met wat mense verdien. Maak dus maar reg om by 'n laer salaris en hoër lewenskostes aan te pas. Ten minste werk mediese en ander sosiale dienste en is goedkoop as jy voorsien dat jy dit mag benodig. Nogtans sal jy 'n permanente inwoner moet wees voordat jy ten volle voordeel daaruit kan trek.

Hoewel die Suid-Afrikaners 'n gemeenskap vorm in byvoorbeeld Auckland is daar geen gemeenskapspoging om voornemende immigrante te help nie. Daar is wel enkelinge wat met beperkte welslae probeer help. My algemene ervaring van die SA gemeenskap, wat meestal in Auckland se noordelike voorstede woon, is dié van ontwrigte en getraumatiseerde mense wat nie weet waar hulle inpas nie. Terwyl hulle vasklou aan hul Suid-Afrikaanse gemeenskapsidentiteit verrig dit hul geen guns in die breër Nieu-Seelandse samelewing nie. Soos met die Chinese en Indiërs hier, wat ook sulke enklawes vorm, word hulle as 'n hardkoppige doring in die vlees beskou wat nie wil integreer nie.

Die beste guns wat jy jouself kan bewys as jy eers 'n werk gekry het, is om onmiddellik in 'n woonbuurt die intrek te neem waar daar geen Suid-Afrikaners is nie. Moenie met Suid-Afrikaners meng nie, want dit hou net jou SA aksent in stand. Begin onmiddellik met "accent reduction"-klasse sodat jy die plaaslike aksent kan aanleer. Die impak wat Afrikaans op jou aksent het, is baie nadelig, dus is dit beter om onmiddellik te verengels. Solank jy 'n aksent het, gaan jy en jou gesin sukkel om te integreer. Julle sal dus beperk wees tot SA vriende (wat jy verkieslik nie moet hê nie) en in jou werk sal jy glad nie vorder nie. Solank jy "anders" voorkom, aanvaar hulle jou nie as gelyke nie en sal jou op elke terrein probeer terug hou. Gelukkig verengels die kinders baie gou, dus sal hulle ná enkele jare hulle bitter min of geen reste van hul Afrikanerskap toon nie.

Terwyl die Kiwi's erg aan kleinlandjiesindroom ly, het die Aussies weer grootheidswaan onder lede. Om hul onderkeie redes is hulle dus baie sensitief vir enige kritiek of selfs net 'n verwysing na SA en sy infrastruktuur. Dus is dit beter om eerder nooit na Suid-Afrika te verwys nie. Maak eerder asof jy soos 'n soort identiteitlose wese uit 'n dimensielose vakuum geval het. Veral in Nieu-Seeland word identiteit sterk afgekeur. Die blote bestaan van 'n Afrikanerkerk, byvoorbeeld, skep groot ongemaklikheid by die Kiwi's wat dit as 'n soort Nazi-breinspoelkamp beskou. Weereens, sal jy nie wil hê die Kiwi's moet weet jy behoort aan so iets nie. Nieu-Seeland is, soos Australië, 'n land van die middelmatige. Gemiddeldheid is die mantra. Moet nooit wys dat jy anders is of dat jy enige ambisie het nie. Dit is baie belangrik dat jy "nie aandag trek" nie. Terwyl Suid-Afrikaners as "arrogant", "direk", "aggressief" en "rassisties" beskou word, sal jy dikwels vind dat as dit nie agter jou rug gesê word nie, dit wel direk aan jou gerig sal word. Dit is ook om hierdie rede dat hulle ons nie graag in diens neem nie. Aller eerste sal hulle 'n Kiwi soek om 'n pos te vul. Met laasgenoemde het ek empatie, dit is immers hulle land en hulle mense. Wat egter pla, is dat Britte en Aussies 'n soort status, sowel op die arbeidsmark as sosiaal, as "ere-Kiwi's" het. Wanneer hulle egter nie 'n goeie Kiwi, Brit of Aussie kan kry nie, sal hulle die lang lys van swakker Kiwi-kandidate begin deurwerk. Teen die tyd dat hulle na immigrante (Suid-Afrikaners inkluis) begin kyk, is hulle rêrig desperaat.

Te veel Afrikaners vind berusting daarin "dat as dinge so aanhou in SA dan sal ek en my gesin emigreer".  Emigrasie is vir baie soos 'n soort versekeringspolis, wat hulle uit die SA anargie gaan lig. Feit is egter dat, wat die meeste Afrikaners betref, hierdie 'n illusie is.  Die strawwe immigrasievereistes van potensiële gasheerlande maak dit onmoontlik vir by verre die meeste Afrikaners om ooit die land te verlaat. Indien Afrikaners sou ophou om hulself met hierdie illusionêre uitweg te kalmeer, sal hulle dalk iets daaraan probeer doen om hul situasie binne Suid-Afrika te verbeter.

casino games onlineФильчаков прокурор харькова

‘ANC’ reeds deel van spreektaal

07:38:28 In beginsel stem ek saam dat daar na so veel moontlik Afrikaanse woorde gesoek moet word, maar aan die ander kant het die afkorting "ANC" al so deel van die spreektaal geword, dat die skielike verandering effens vreemd op die oor val.  Ons moes dit as't ware jare gelede reeds verander het.

Maar, so van die Hollanders gepraat……dit hinder my dat die Nederlanders en Duitsers na die swartes as "Afrikaners" verwys, en na dinge van Afrika as "Afrikaanse" verwys.

Moet ons nie liewer vir ons 'n nuwe naam uitdink wat minder (of geen) verwarring kan saai nie?
 
Ook die naam "Boer" skep soms verwarring, alhoewel nie soveel as "Afrikaner" nie.

стоматологияДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek

08:43:46 Mnr. Thys Human maak in 'n lesersbrief beswaar teen ons gebruik van die term "Volkskongres" vir die nuwe politieke party wat onder die Engelse naam "Congress of the people" gestig is. Hy meen die woord "volk" kan nie as ekwivalent van "people" gebruik word nie.

Maar die geykte term "people" soos dit in Suid-Afrika gebruik word, het tog duidelik sy oorsprong in die linkse en sosialistiese begrip wat sinoniem met die proletariaat of werkersklas sou wees. Dat die leierskap van die nuwe swart party in die persone van mnre. Shilowa en Lekota allesbehalwe die werkersklas verteenwoordig is nie ter sake nie. Dit gaan tog immers hier om semantiek en die betekenis wat die naamgewers van die party wil oordra, as synde 'n party met 'n breë appèl op die swart massa oftewel die "people".

Wat anders is die "people" as "die volk"? Vroeër jare is daar in Afrikaans ook van "werksvolk" gepraat wanneer na plaaswerkers verwys word. Die woord leen hom dus teen meer as betekenis of nuanse in Afrikaans.

Al die jare praat ons in Afrikaans boonop van die "Volksrepubliek van China", waarmee kommunistiese China – teenoor die nasionalistiese "Republiek van China" – bedoel word.

Ook in Nederlands word die term "volksrepubliek" vry algmeen gebruik om 'n sosialistiese of kommunistiese land aan te dui. Volgens die Nederlandse Wikipedia: "Een volksrepubliek of volksdemocratie (andere namen Socialistische Republiek, Socialistische Volksrepubliek of Democratische Volksrepubliek) is een term waarmee communistische staten worden aangeduid of zichzelf aanduiden." Ook in 'n ander verwante taal, Duits, word die term "Volksrepublik" op presies dieselfde wyse gebruik.

Ons kan dus min fout vind met die term "Volkskongres" wat dieselfde linkse en kommunistiese konnotasies van "volksrepubliek" getrou weergee.

Die verskynsel dat daar geen Afrikaanse ekwivalente vir sekere politieke partye gebruik word nie, is onses insiens kommerwekkend. Indien ons na die nuwe party slegs op sy Engelse naam behoort te verwys, moet ons dan insgelyks van die "Democratic Alliance" begin praat? Immers beskik die DA ook oor 'n Engelse leier of leidster en bedien die party hom meesal in die parlement van Engels, wat sekerlik 'n argument daarvoor skep dat die DA se naam ook nie "vertaal" behoort te word nie.

En wat van buitelandse politieke bewegings? Is ons veronderstel om na mnr. Barack Obama van die "Democratic Party" te verwys en na sy opposisie as die "Republicans"? Sou Gordon Brown in die VK se party voortaan in Afrikaans die "Labour Party" heet, pleks van die Arbeidersparty?

Wat die ANC en die SAKP betref, heers 'n volslae anomalie. Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty – wat sonder twyfel 'n "Volksrepubliek van Suid-Afrika" nastreef – beskik oor 'n Afrikaanse naam, terwyl sy alliansievennoot, die ANC, slegs 'n Engelse naam het.

Praag het reeds by tye die term ANK, as afkorting van "Afrika-Nasionale Kongres", op ons webblad gebruik. Sommige van ons rubriekskrywers het ook daarvan gehou en wend dit konsekwent in hul kommentaarstukke aan.

Benewens die verlies van feitlik alle kulturele en opvoedkundige instellings – veral universiteite – heers daar vandag feitlik 'n monopolie sover dit die gedrukte Afrikaanse media betref wat deur een, nogal linkse, mediagroep beheer word. Vir alle praktiese doeleindes beheer Nasionale Pers Afrikaans. Omdat Naspers se koerante besluit het dat daar op Engels na die nuwe Volkskongres verwys moet word, is ons veronderstel om hul voorbeeld te volg.

Die Akademie en die Taalkommissie beskik oor weinig invloed oor sulke sake en bemoei hom nie amptelik met "taalpolitiek" nie, volgens navrae wat ons reeds in dié verband aan die Taalkommissie gerig het.

Praag se standpunt is eenvoudig: Ons taal is nie 'n allegaartjie van Engels soos Nederlands waar daar gecomputer en gedownload en gemail word nie. Die sukses van Afrikaans sedert die Patriotbeweging was juis dat ons op soveel terreine skeppend te werk gegaan het en 'n skatkis van eie vakkundige terme geproduseer het. Die gedagte dat Afrikaans nie in staat is om die party van mnre. Lekota en Shilowa te benoem nie, is eenvoudig absurd.

In dié verband behoort die term "Volkskongres" deur die alternatiewe media gepropageer te word, as Afrikaanse ekwivalent vir die Engelse leenwoord wat deur Naspers in ons kele afgedruk word.

Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek wat reeds heers en waar Engels, die staatstaal en taal van die ANK, die SAKP en hul splintergroepe, as de rigueur aan ons voorgehou word. Kom ons gebruik Afrikaanse name en politieke terme, selfs vir die heersende ANK.

Immers toon dié taalkundige rebellie dat ons nie gediend is met alles wat die ANK en die polities korrekte media aan ons opdis nie.

Wat dink u? Gee vir ons u mening by briewe@praag.co.za. Stem ook in ons meningspeiling oor watter naam vir die nuwe swart party gebruik behoort te word (hiernaas aan die regterkant).mobile casino freeлобановский александр компромат