Wat het van Belharskrywer geword?

06:38:43 Ek is lank nie meer lid van die NGK-familie nie maar Calvinisme is my tuiste. In die lig van die feit dat die Afrikaanse pers daagliks die Belharbelydenis onder die lesers se onwillige oë bring en selfs Boesak daarmee assosieer, ontstaan ernstige vrae.

Op Google vind ek in Wikipedia binne 50 sekondes 'n Engelse weergawe van Belhar wat verklaar dat die oorspronklike Afrikaanse weergawe nie vir openbare gebruik is nie en aan sekere beperkings ten opsigte van verspreiding onderhewig is. Dis blykbaar primêr 'n "binnenshuise dokument".

Volledige Bybelverwysings word gegee sover dit die sonde van segregasie volgens die outeur betref. Die hele Belharbelydenis gaan uitsluitlik oor die rassistiese of politieke segregasie van die NGK-familie.

Verder verneem ons dat prof Dirkie Smit as leraar van die kleurlingkerk die outeur van Belhar is – 1986 tot 1988.

Prof Dirkie Smit se webtuiste is aktief en veral godslastering is 'n onderwerp vir blogbespreking.

Vergun my die gepaste rol van duiwelsadvokaat met die volgende vrae rondom die verskynsel van die Belharbelydenis in die Afrikaanse pers.

Wat het van die outeur geword van so 'n dokument wat al twintig jaar aktueel bly? Na my wete het prof Smit hoegenaamd geen erkenning gekry of op sy pennevrug gereageer nie. Is hy miskien al oorlede?  

Was Boesak ‘n medewerker aan die Belharbelydenis terwyl hy gesegregeer het van sy eerste vrou? Nie volgens Wikipedia nie. Is dit 'n sonde om af te stig en polities te segregeer van die ANC? Ek herhinner my dat daar gesê is dat die KP’s  van destyds nie hemel toe sou gaan nie. Is dit dan nie ‘n sonde om te segregeer van sy ampte in die VGK nie?

Die ooreenkomste tussen Boesak en Piet Koornhof is opvallend.

Integrasie, segregasie en egskeiding is so belangrik in die Bybel dat een hele boek aan die vraagstuk gewy word, naamlik Esra. In dié Bybelboek word die volk verplig om van hul volksvreemde vrouens en kinders te skei. Maleagi 2 verteenwoordig 'n opsomming daarvan. Daar bestaan hoegenaamd geen verwysings in die Belharbelydenis na hierdie kernbronne nie. Veral nie na egskeiding nie en ook nie dat die verhoudings van Christene onder mekaar soos die lede van die liggaam van Christus moet wees, maar nie soos 'n huwelik nie – dat God egskeiding haat. Daar is ook geen verwysing na Titus se brief wat juis vals belydenisskrifte en kerklike gedragsreëls behandel nie.

Paulus beskryf myns insiens die rol van die Belharaktiviste baie akkuraat in Titus 1, vers 15: "Alle dinge is rein vir die reines. Vir die besoedeldes en ongelowiges is egter niks rein nie, want hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedeld. 16. Hulle bely dat hulle God ken maar verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk."

Onwillekeurig mag mense dink aan die Kretensers in ons midde, waarop ek eerder nie kommentaar sal lewer nie.

3d одежда купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae