Ermelo ? ‘n misdaad teen die mensdom?

ImageDie optrede deur die onderwysdepartement teen Ermelo Hoërskool en sy hoof, mnr. Koos Kruger, verteenwoordig ʼn ernstige skending van die volkereg, spesifiek die internasionale konvensies wat deur die ANC-bewind onderteken en bekragtig is.

Onder andere bepaal die Konvensie oor Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte van 16 Desember 1966 dat “alle volke oor die reg van selfbeskikking beskik. Ooreenkomstig daardie reg bepaal hulle vrylik hul politieke status en streef vrylik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.”

Die beheerliggaam van Ermelo Hoërskool wat uit ouers saamgestel is, oefen daardie internasionaal erkende reg uit, maar dit word deur die onderwysdepartement, asook die regbank wat met etnies vyandige regters gepak is, ontken.

Die proses het reeds onder Kader Asmal begin en word nou onder Naledi Pandor op meer radikale wyse voortgesit. Die Ermelogeval, waar die skool en sy hoof geviktimiseer word weens hul uitvoering van die beheerliggaam se beleid dat die skool se voertaal Afrikaans is, verteenwoordig ʼn klinkklare skending van alle volkeregtelike en morele norme.

Toe ek ʼn (Engelssprekende) Amerikaanse vriend hierop gewys het, was sy spontane reaksie: “Dit is ʼn duidelike poging om julle kultuur te vernietig. Dis ook iets wat geheel en al onbekend is in die Verenige State – en sou ek dink, ook in Europa.”
Elders ter wêreld word taal- en kultuurregte byna universeel erken. Maar in Suid-Afrika het die ANC-bewind nou verval in handelinge wat selfs die oerkolonialiste uit Groot Brittanje met hul maniese verengelsingsbeleid na hul asem sou laat snak. Wat Asmal oor universiteite gesê het, naamlik dat “daar nie meer so iets soos ʼn Afrikaanse universiteit bestaan nie”, geld nou ook vir Afrikaanse hoërskole – en by uitbreiding – laerskole.

Regerings in België het al tot ʼn val gekom weens veel minder as Hoërskool Ermelo. In vele dele van die wêreld sou so ʼn blatante aanval deur die maghebber op die kultuur van die magteloses tot onluste of selfs burgeroorlog lei. Maar Afrikaners is mos ordentlik en maak nie so nie. Toe mev. Gezina Kruger op 25 Januarie 1900 verneem van die honderde dooie Britse soldate wat op Spioenkop gevind is, het sy “in haar hartseer saam met die vyande van haar volk het vryelik geween”, volgens Paul Kruger se biograaf, D.W. Krüger.

Eendag sal hierdie woorde nog op die Afrikaner se grafsteen gegriffel word: “Hier rus ʼn volk wat oor die dood van sy vyande ween.” Hoewel ek nie die skool en die gemeenskap van Ermelo wil kritiseer nie, is die kwaadwillige aanslag van die onderwysdepartement met iets van dieselfde ordentlikheid en meegevoel vir anderstalige kinders benader. Die skool het uit sy pad uit gegaan om die aanvanklike twintigtal anderstaliges wat op hom afgedwing is te akkomodeer.

Maar gegewe die brutale skorsing van die hoof, asook die intimidasie van die kinders en die Afrikanergemeenskap rondom die skool, kan ons nie meer à la Gezina Kruger die belange van ons vyand op die hart dra terwyl ons taal, kultuur en uiteindelik ons voortbestaan in dié land bedreig word nie.

Ná Ermelo sal daar daadkragtige verset teen die ANC-bewind se onderwysbeleid moet kom. Leerlinge, onderwysers, ouers, asook alle Afrikaanse organisasies sal moet saamstaan om Afrikaanse onderwys te red.

In die eerste plek moet die groteske onreg wat ons tans aangedoen word, internasionaal aan die groot klok gehang word. ʼn Verklaring waarin die internasionale gemeenskap gewys word op die misdaad teen die mensdom wat tans jeens Afrikaans en die Afrikaner gepleeg word, moet opgestel word en deur Afrikaanse organisasies, skrywers en openbare persoonlikhede onderteken word.

Hierdie verklaring moet aan die Verenigde Nasies, asook die ambassades van al die Westerse lande en Japan, oorhandig word. Ons moet die wêreld daarop attent maak dat, terwyl die aandag op Kenia, Darfoer en ander dele van Afrika gevestig is waar etniese konflik tans plaasvind, daar insgelyks in Suid-Afrika ʼn kultuurmoord en uiteindelike volksmoord of etnoside gepleeg word.

Indien ons nie nou daadwerklik begin terugveg nie, is dit moontlik reeds te laat om enigiets van Afrikaans en die Afrikanertradisie in ons land te red.

PRAAG sal binnekort ʼn konsepdokument vir ondertekening deur ʼn breë spektrum van organisasies en belanghebbendes begin sirkuleer waarin die verklaring aan lande en internasionale organisasies vervat is.

online casino games no deposit requiredпрокурор Фильчаков

Op pad na die Olduvaikloof

ImageModerne Westerse, en nou ook meermale Oosterse, beskawing, is gebaseer op elektriese tegnologie.  Energie in die vorm elektrisiteit is ondermeer onontbeerlik in vervoer, kommunikasie, en die tegnologiese en ontginningsektore van die ekonomie.  Sonder elektrisiteit is hierdie en ander komponente van ‘n Westerse tegnologiese beskawing onmoontlik.

Dié idees word reeds lank in die Weste erken.  Tegnologiese beskawing soos ons dit ken, het op dreef gekom met die elektrisiteitsomwenteling in die 19de eeu.  Die koms van elektriese distribusielyne (hoëspanningslyne) wat energie in die vorm van elektromagnetiese golwe na verbruikers versprei, het tegnologiese beskawing in die Weste  laat groei om merkwaardige tegniese en kulturele produkte te lewer, vanaf kuns tot kommunikasie, medisyne tot die rewolusie in landbou.  Die ekonomiese opbloei met die gepaardgaande vermoë om teenstaanders militêr uit te wis, het die illusie van beskawingsvooruitgang geskep, beide op morele en etiese gebied.

Westerse denke is dus gebaseer op die idee van vooruitgang, vanaf ‘n primitiewe oorspring tot by mense in die ruimte, met hartoorplantings, selfone en hoë kwaliteit, goedkoop kos wat maklik geproduseer word.
Onderliggend aan dié denke is elektrisiteit, of ten minste die illusie dat elektrisiteit oneindig beskikbaar is deur doodeenvouding by ‘n muurprop in die netwerk in te skakel.  In beginsel en in wese is tegnologiese beskawing elektriese beskawing.  Dat elektriese energie dalk eendag nie meer beskikbaar gaan wees nie, is ‘n skrikwekkende idee.  Sonder elektrisiteit keer ‘n beskawing terug tot by sy kulturele primitiewe oorsprong.  Maar is vooruitgang, en die onbeperkte beskikbaarheid van elektrisiteit die natuurlike toestand van die wêreld waarin ons leef?

Die idee word lank reeds ondersoek.  Die geskiedkundige Henry Adams het reeds in 1907 gespekuleer dat beskawing gebaseer op elektrisiteit waarskynlik op die langer duur daartoe verdoem is om te herprimitiviseer.  Verdere ondersoek is gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu gedoen,  en die geofisikus L. King Hubbert het in die periode 1950 tot 1970 hieroor geskryf.   Hubbert het beweer dat elektriese beskawings een van drie moontlike paaie van ontwikkeling sal volg.  Toekoms I: Die mees optimistiese pad na verdere onbeperkte ontwikkeling en vooruitgang gebaseer op ‘n oneindige beskikbare energiebron.  Toekoms II:  ‘n Geordende afname tot ‘n middelmatige  beskawing in ekwilibrium met die natuur (die sogenaamde volhoubare beskawing), wat tegnologies minder gevorderd is as wat ons vandag in die Weste sien.  Toekoms III:  ‘n Katastrofiese verval tot ‘n primitiewe staat (herprimitivisering).

R.C. Duncan, ‘n Amerikaanse elektriese ingenieur en die direkteur van die Institute on Energy and Man in Seattle skryf in 2005 dat Hubbard se mees optimistiese toekoms I nou reeds buite die kwessie is. Waarom is Duncan, en was Hubbard, so seker van hulle voorspellings?

Die voorsiening van elektriese krag vind plaas in geweldige komplekse masjienerie en verspreidingsnetwerke.  In totaal is die elektrisiteitsvoorsiening in ‘n land soos Suid Afrika ‘n komplekse netwerk van elektriese opwekkingsentrales, hoë spanningslyne, en verbruikers.  In somtotaal is sulke netwerke miskien van die mees komplekse masjiene ooit vervaardig.

Sisteem teoretici wat elektriese netwerke ontleed besef reeds jare lank dat kragonderbrekings ‘n normale toestand in elektriese distribusienetwerke is, wat van nature geweldig sensitief en onstabiel is. Kragonderbrekings word dikwels geblameer op enkele gebeurtenisse, byvoorbeeld ‘n boomtak wat ‘n kraglyn breek, of ‘n transformator wat ontplof, en dies meer.  Maar hierdie effekte is klein rolspelers in ‘n baie groter drama, naamlik dat kragonderbrekings skynbaar nooit heeltemal verhoed kan word nie, maar ‘n inherente eienskap in van die netwerk is.  Netwerke is van nature onstabiel en sensitief.  As ‘n netwerk nog onder verdere druk geplaas word, destabiliseer dit meer en word eindelik onbetroubaar.  Dit verhoog die aantal en duur van onderbrekings.

Duncan merk verder op dat selfs in die gevalle waar ‘n netwerk goed onderhou word, kragonderbrekings ‘n normale verskynsel is, en dat dit ‘n sekere distribusiekurwe volg waaruit die waarskynlikheid van onderbrekings bereken kan word.  Plaas die netwerk onder druk en die waarskynlik van onderbrekings verhoog terwyl die netwerk op sig self baie meer onbetroubaar en onstabiel word tot op die punt waar dit onherstelbaar vernietig word.

Terwyl elektriese netwerke van nature onstabiel is, is die graad van onstabiliteit die gevolg van die beskikbare energiebronne in die netwerk.  Ladings op die netwerk deur gebruikers moet presies met die opwekking van energie gebalanseer word.  Te veel verbruikers en te min opgewekte energie en die netwerk kom onder stres. Die ongelukkige gevolg is dat die natuurlik onstabiliteit van die netwerk na vore tree om kragonderbrekings te veroorsaak.

Soos energiebronne uitgeput word, word dit moeiliker om energie te voorsien om netwerke stabiel te opereer.  Die groei in verbruik, en die onvermoë om bykomstige en nuwe energiebronne te aktiveer, veroorsaak onstabiliteit en onderbrekings wat met tyd meer en meer algemeen word om mettertyd permanent te word.  Uiteindelik gaan die krag af vir die laaste keer, en die gebeurtenis is die teken dat elektriese (en dus tegnologiese) beskawing sy einde bereik het.

Elektrisiteit voorsien 43% van die wêreld se energie, en word opgewek deur 7% van die beskikbare olie, 20% van natuurlike gas, 88% van die steenkool en 100% van beskikbare hydro-elektriese en kernkrag te gebruik.  Terwyl die verbruik van elektriese energie steeds eksponensieel toeneem, is die groei in die beskikbare olie, steenkool, kernkrag en gas reeds sedert die 1970s nie meer eksponensieel nie.  Die gevolg is dat netwerke steeds meer en meer onder druk kom en onstabiel word.

Die energie in ‘n beskawing kan gemeet word as energieverbruik per kapita, wat dikwels uitgedruk word as “e”.  Gedurende die tydperk van 1900 tot ongeveer 1980 het “e” eksponensieel toegeneem.  Vanaf 1980 tot 2008 is dit op ‘n plato, wat beteken dat beskikbare elektriese energie min of meer proporsioneel met die populasie groei.  Daar word nou voorspel dat “e” gaan afneem vanaf ongeveer 2012 om tot by sy 1930 waarde te val teen 2030.  Die vooruitskattings word die “Olduvaikloof-teorie" genoem, en voorspel die einde van elektriese en dus tegnologiese beskawing soos ek en u dit verstaan teen 2030.

Richard Leaky se werk in die Olduvaikloof (in Noord-Tanzanië) het ons vertel dat mense in ‘n steentydperk omgewing ontwikkel het, vandaar oor die aarde versprei het, om eindelik ‘n elektriese beskawing te ontwikkel.  Die vooruitspelling is dat ons met Hubbard se Toekoms III weer tot ‘n steentydperk omgewing gaan primitiviseer oor die volgende dekades soos energievoorsiening afneem en elektriese netwerke hulle stabiliteit verloor.

Die Olduvaikloof-teorie word reeds lank as verregaande en onmoontlik verklaar, maar word onderlê deur die volgende fisiese feit:  Dat sisteme wat nie in ekwilibrium is nie, noodwendig ontwikkel tot ‘n fisiese ekwilibrium met tyd.  Elektriese beskawing is ‘n proses wat uit ekwilibrium (met die omgewing) gebaseer is op ‘n energiebron wat nie hernubaar is nie, en dit sal terugval na ‘n ekwilibrium sodra die energiebron verwyder word.  Dit is so onvermydelik as wat ‘n warm koppie koffie afkoel nadat dit geskink is.

In sy rubriek in Rapport op 27 Januarie 2008 skryf Tim du Plessis dat “so begin ‘n mislukte staat” en gaan voort om die liberale ontnugtering met Suid Afrika se ontwikkeling sedert 1994 te verduidelik.  Du Plessis is natuurlik korrek met sy uiteensetting, al kom dit bietjie laat in die dag.  Die onderliggende opmerking aan sy betoog is dat sonder elektriese energie geen beskawing in die moderne sin moontlik is nie.  Geen elektrisiteit beteken geen vervaardiging, geen myne, geen medisyne, geen kos, geen ontwikkeling, geen vooruitgang, geen ekonomie nie.  Dit beteken herprimitivisering tot by die Olduvaikloof, onvermydelik en onherroeplik.

Die herprimitivisering tot in die Olduvaikloof het ons reeds in ander Afrikastate gesien, en du Plessis erken dat die verval van elektrisisteitsvoorsiening ‘n teken is van die verval.  Maar sy argument is verkeerd.  Die einde van elektrisiteit beteken die einde van beskawing, nie anders om nie.  Kragonderbrekings is nie ‘n simptoom nie, dit is ‘n oorsaak.  Dit veroorsaak ekonomiese en maatskaplike verval, om uiteindelik met kannibalisme in primitiewe omstandighede in die Olduvaikloof te eindig, soos ons nou reeds in die Kongo en Liberië weereens onlangs gesien het.

Met die oorname in 1994 het die ANC regering uitstekende kapasiteit geërf  in die vorm van bates soos kragsentrales, ‘n goed-onderhoude en stabiele netwerk om elektrisiteit te versprei, en kundige (maar baie wit) personeel wat hard gewerk het om die netwerk stabiel en in stand te hou.  Hierby het hulle die toegeneendheid van Afrikaners oor die algemeen gehad. Sedertdien is die kundigheid verwilder, die geld gesteel, die toerusting verwaarloos, en die probleme ontken.

Sedert 1994 was daar ‘n groep Afrikaners wat wou terugveg teen die ANC se onverantwoordelike anti-Afrikaner agenda.  Du Plessis (en ander “liberale” Afrikaners) het hulle spreekbuise gebruik om diegene as onverantwoordelik of as rassisme te verdoem.

In dié verband wonder mens vandag wie verkeerd was in 1994 en sedertdien, en waarom Afrikaanse meningsvormers die (nuwe) status quo tot so ‘n mate ondersteun dat hulle nie die ware toedrag van sake ontken. Tot watter mate kon ‘n ander politieke aanslag die Olduvaikloof vermy het? ‘n Ander ontleding en benadering is nou nodig, een wat verskil van wat ons tot dusver gesien het.

 

10 online casinosФильчаков Александр Васильевич

Geen ‘versoening’ vir Afriforum

ImageNa aanleiding van die skietery op Swartruggens is verskeie beroepe op blankes gedoen om hulle medelye teenoor die slagoffers te getuig.

Kallie Kriel van Afriforum het gehoor gegee aan die oproep. Hy het die ANC en Cosatu se geveinsdheid hieroor uitgedaag deur Saterdag by die begrafnis teenwoordig te wees. Patrick Chauke, ANC-LP, het egter geweier om Kallie toe te laat om op die begrafnis te praat.

Afriforum is tradisioneel ‘n organisasie wat versoenende uitsprake maak. Hulle sal tipies sê dat hulle wel besef regstellende aksie is noodsaaklik, maar verskil met die manier waarop dit toegepas word.

Chauke se verbasende optrede moes egter ‘n les gewees het vir Kallie-hulle. Dit is duidelik dat die beroepe op blankes nie werklik berus het op ‘n bona fide-begeerte om versoening te bewerkstellig nie. Die woorde en uitsprake moet dus nie op sigwaarde aangeneem word nie. Dit is eerder retoriek met die doel om blankes gesamentlik aanspreeklik te hou vir een blanke se optrede. Wat die retoriek eintlik beteken is: "Dáár is julle vyand – hulle met die wit velle. Bring julle masjiengewere." (Op die begrafnis is “Umshini wami” gesing.)

Benewens ‘n menslike tragedie, moet die geval Swartruggens verstaan word as ‘n wonderlike geleentheid vir die regime om anti-blanke gevoelens aan te blaas. Myns insiens is die regime heimlik bly dat dit gebeur het. Die feit dat vir elke vier swart slagoffers wat deur blankes geskiet word, minstens 300 blankes vermoor word deur swartes, beteken in die opswepers se lewens absoluut niks nie. Een blanke wat slegs vier mense afmaai, se propagandawaarde verswelg die derduisende jaarlikse blanke slagoffers van rassegeweld.

Ek sou baie belangstel om te sien hoe en of Afriforum se benadering gaan verander in die toekoms. Hulle kan sekerlik nie anders as om die gevolgtrekking te maak dat samewerking en vreedsame naasbestaan nie op hulle teenstanders se agenda is nie. Gaan ons ‘n verharding van houdings oor byvoorbeeld regstellende aksie aan Afriforum se kant sien?

комплектующие к погружному насосуФильчаков прокуратура харьков

Mbeki-Zumastryd verhewig

ImageNelson Mandela het destyds al vir Mbeki gewaarsku om nie vir Zuma as adjunkpresident aan te stel nie, maar Mbeki het geglo sy vriend koester geen presidensiële ambisies nie. Daarom het hy voortdurend gesorg vir heelwat van die politieke aanstellings van Zuma. Vandag is dit duidelik hoe kortsigtig Mbeki nog al die tyd was.

Zuma het in 1962 op 20-jarige ouderdom by Umkonto weSizwe aangesluit. Een jaar later is hy tot tien jaar tronkstraf gevonnis en na Robbeneiland verban waar ander ANC-lede hom onder hande gekry het.  Nadat hy vrygelaat is, het Zuma in KwaZulu-Natal begin om ondergrondse netwerke vir die ANC te vestig.

Mbeki het Zuma in 1974 in Swaziland ontmoet nadat Zuma daarheen moes vlug om van die veiligheidspolisie te ontkom. Zuma het ʼn kort tydjie in Mosambiek as ANC-hoof gewerk voordat hy met Mbeki se hulp, as hoof van die ANC se intelligensieafdeling aangestel is. Reeds toe het Zuma al die reputasie as straatvegter verkry.

Zuma was van groot waarde vir Mbeki in die 1980’s toe geheime gesprekke met die intelligensiedienste in die apartheidsjare gevoer moes word. Daarom het Mbeki gesorg dat Zuma in 1991 adjunksekretaris-generaal van die ANC word as teenwig van Mbeki se grootste politieke teenstander destyds, Cyril Ramaphosa.

Zuma is net na 1994 se oorname in die KwaZulu-Natalse kabinet aangestel waar hy in opdrag van Mbeki ʼn samesmelting tussen die ANC en die IVP moes bewerkstellig.

Twee jaar nadat Mandela vir Mbeki in 1994 aangestel het as adjunkpresident, het Mbeki by Mandela begin aandring om toe te sien dat Zuma ANC-onderleier word. Mandela en Mbeki het vroeg in 1997 saam vir Zuma gaan vra om sy bande met verdagte vriende te verbreek waartydens Mandela ook R2 miljoen aan Zuma gegee het om “nuut te kan begin”.

Slegs drie maande nadat Mbeki vir Zuma in 1999 as adjunkpresident aangestel het, het hul verhouding begin versuur. Zuma was veral omgekrap omdat Mbeki dit op een tydstip oorweeg het om Nkosazana Dlamini-Zuma, Zuma se vervreemde vrou, as adjunkpresident aan te stel, terwyl Mbeki glo vir Zuma en sommige ander ministers “met minagting behandel het”.

Toe die destydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Bulelani Ngcuka, in Augustus 2003 bekend gemaak het dat Zuma nie van omkopery en korrupsie aangekla sal word nie, was Zuma al twee jaar lank die onderwerp van ʼn ondersoek, met Mbeki se volle medewete.

Sommige ANC-leiers het ontevrede geraak met Mbeki se beleid oor MIV/vigs asook oor Zimbabwe, en planne begin maak om Zuma as ANC-leier te laat verkies op die nasionale kongres in 2002. Mandela self het hierdie revolusie gestuit. Mbeki het Zuma gedwing om in die openbaar te verklaar dat hy nie president wil word nie, en maande lank hierna het die twee nie met mekaar gepraat nie.

Te midde van Mbeki se kortsigtigheid, het Zuma al sedert sy aanstelling as adjunkpresident hard gewerk aan sy beeld as staatsman. Daarom het hy ook in 1999 tydens ʼn uitval tussen Mbeki en Cosatu, namens die ANC met die vakverbond onderhandel, en was hy onder andere ook tussen die SAKP en Mbeki die bemiddelaar toe alliansiegemoedere warm begin raak het. Daarbenewens het Zuma ʼn sleutelrol tussen die ANC en IVP in KwaZulu-Natal gespeel en ook die Nie-Regering-Organisasies te woord gestaan, iets wat Mbeki nie graag wou doen nie.

Dit was nie vir Zuma moeilik om in die nasionale vergadering die rol van ANC-leier oor te neem nie want Mbeki kom nie baie in die parlement nie. So het hy ook as internasionale staatsman heelwat kere vir Mbeki ingestaan.

 

ʼn Brief van Winnie Mandela aan Zuma waarin sy ontken dat sy gerugte oor Mbeki se beweerde rokjagtery versprei het, was een van die sake wat die twee “vriende” vir mekaar laat tande wys het omdat Mbeki geglo het dat Zuma dié brief se inhoud aan die media uitgelap het. Hierna het Mbeki probeer om Zuma in 2004 as adjunkpresident te vervang maar die sekretaris-generaal van die ANC, Kgalema Motlanthe, het gekeer dat dit gebeur.

Mbeki is grootliks self verantwoordelik vir sy val in Pietersburg by die ANC-kongres in Desember. Daar het die afgevaardigdes ook ʼn reeks besluite geneem om hom en toekomstige presidente in toom te hou. Mbeki moet onder andere voortaan die ANC se uitvoerende komitee raadpleeg oor aanstellings en skommelings in sy kabinet. Hy en die premiers van provinsies sal selfs sekere besluite aan die ANC-leierskorps moet voorlê. Hierdie poging deur sy teenstanders in die ANC, sal die stryd tussen Zuma en Mbeki verder laat verhewig.

Die spanning tussen Mbeki en Zuma sal op die korttermyn lei tot desentralisering van die magte wat Mbeki onder hom gehad het, maar uiteindelik sal dit tot totale verlamming van die hele landsbestuur lei. Zuma, wat groot steun geniet onder baie radikale faksies soos Cosatu en die ANC-jeugliga, sal nie probeer om die chaos in die land te voorkom nie. Tans is hy besig om in die openbare oog sogenaamd die opstandigheid van sy aanhangers te kalmeer, maar Cosatu het reeds gedreig om indien die hofsaak in Augustus voortgaan, die hele land onregeerbaar te maak. Zuma is saam met sy ondersteuners woedend omdat hy nou weer vervolg gaan word op aanklagte van swendelary, geldwassery, korrupsie en omkopery, en gee voor dat dit ʼn politieke vete is wat teen hom gevoer word met aantygings dat Mbeki self agter hierdie samesweerdery sit.

Intussen smee Zuma planne teen Mbeki in die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Daar is selfs sprake van ʼn poging om Mbeki en sy vertrouelinge by wyse van ʼn parlementêre mosie van wantroue uit regeringsposisies te forseer.

In ʼn nuwe resolusie wat by Pietersburg in Desember aanvaar is oor die saak dat die ANC-leier ook landspresident moet wees, is die woord “verkieslik” verwyder. Die ou resolusie wat tydens die ANC-beleidskonferensie in Julie as kompromis tussen Zuma en Mbeki aanvaar is, is dus nie meer van toepassing nie. Mbeki gee nou voor dat hy nie met die inhoud van die nuwe resolusie vertroud was nie, maar is baie stellig daaroor dat daar nie so iets bestaan dat die president van die ANC, president van die land kan word nie. Hierdie saak sal die hitte van die stryd tussen Mbeki en Zuma spoedig laat verhewig en dit sal in die volgende maande tot groter konflik met bloedige gevegte lei tussen die aanhangers van beide hierdie populistiese “staatsmanne”.

play free slots casinoФильчаков прокурор харькова

Twee minute oor twaalf: Weereens Pioniers

As ek in die hedendaagse sg. “Gauteng’’ sou woon met ‘n gesin en kinders sou ek sekerlik in ‘n konstante angstoestand wees, te midde die “oorlog” (Pik Botha se woorde) wat op blankes in hierdie streek (e.a.) gevoer word. Andersins moet mens óf heeltemal jou kop in die sand steek óf sekerlik ‘n psigopaat wees met geen morele beginsels en dus geen bekommernisse oor wat met jou geliefdes kan gebeur nie.

Die feit dat so baie blankes uit hierdie streek migreer na die buiteland en die Kaap is sekerlik getuienis daarvan dat darem genoeg van ons mense nie psigopate is of so verblind is deur die materialistiese voordele van die Goudstad en omgewing (insluitende Pretoria) nie.

Bo en behalwe die huidige geweldstoestand, sou die moontlike ontstaan van ‘n swart burgeroorlog, weens die tweestryd in die ANC, wat nou oor twee magsentra beskik, my erg bekommer. As hierdie tweestryd gewelddadig gaan raak sal Gauteng en bykans die hele SA ‘n baie gevaarlike plek wees om in te bly. Ons het so pas gesien wat in Kenia gebeur het, om nie te praat van al die ander Afrikastate wat op die burgeroorlogashoop lê nie.

Baie Transvalers wat Kaap toe vlug, ontdek dat daardie gebied die Transvaal maar net sowat tien jaar agter is en dat dieselfde stel probleme daar aan’t onwikkel is soos wat die swart vloedgolf die Kaap van Goeie Hoop tref. Van die Transvaal na die Kaap is maar net om van die boeg na die agterstewe van die Titanic te skuif.

Die stel probleme wat voornemende emigrante na die buiteland kan verwag het ek reeds in ‘n vorige aflewering gestel. Tog mag dit vir sekere enkelinge en gesinne wel ook die regte uitweg wees, maar moenie te optimisties wees nie, die toelatingsvereistes vir daardie lande is so streng dat ek twyfel of meer as sowat 15% tot 20% van Afrikaners daarvoor sal kwalifiseer. Aanvaar maar die feit dat sekerlik sowat 80% persent in hierdie Afrikascenario, wat al meer soos Nigerié begin lyk, sal sterf of probeer oorleef.

As jy dink dat jou wêreld van DSTV, Supersport, die “Bulls” of  “Lions” en luukse winkelssentrums jou van hierdie sinkgat gaan red dan is jy te bedwelm deur die materialistiese euforie wat eendag wreedaardig van jou ontneem gaan word.

Onwillekeurig moet ek myself die vraag stel of sulke ondenkende mense enigsins verdien om te oorleef. My gevoel is dat daar tye in ‘n volk se bestaan kom waar sy wil om te oorleef getoets word. Soos die Romeine is die Afrikaner verslaaf aan die dekadensie van die lekker lewe. Ons weet wat met die Romeine gebeur het en ek is bereid om daarop te wed dat meeste Afrikaners dieselfde paadjie gaan loop. ‘n Dekadente volk, wat al sy kultuurskatte aan ‘n barbaarse horde oorhandig het, om tog net die lekker materialistiese lewe te lei en hul sportafgode te aanbid, verdien vernietiging.

Vir my gaan dit nie meer oor die oorlewing van die Afrikaner in die breë nie. Dit het vir my reeds duidelik geword dat die meerderheid van veral voorstedelike Arikaners so vasgevang is in die internasionalistiese verbruikerskultuur dat hulle geen opoffering sal maak om daarvan af te sien nie. Slegs die dood sal hulle daarvan skei… Vir my gaan dit oor die behoud van daardie morele of ideologiese elite wat die draers is van die kultuur in die post-Bantoe-Suid-Afrika. Noag het die ark gebou; in die Middeleeue het monnike kloosters op bertoppe gebou, sommige gemeenskappe het veilige burge met stadsmure opgerig. Dit het die oorlewing van beskawing in tye van chaos en verwoesting moontlik gemaak.

In die postmoderne wêreld en in Suid-Afrika spesifiek is die nasionale staat van kleiner belang as ooit. In SA se geval is die situasie so geaksentureerd dat mens die ineenstorting van staatsdepartemente kan waarneem. Soms wonder ek of daar enigsins werklik nog iets soos ‘n SA staat bestaan. Te midde van die pandemiese korrupsie, wanbestuur, totale gebrek aan bestuur in baie gevalle, en ‘n regerende party wat staatsapparaat gebruik om sy eie huishoudelike skeuring te vergroot, dink ek dat ons in ‘n sekere sin reeds ons bevryding tegemoet gaan.

 In die Middeleeue, toe nasionale state nog nie bestaan het nie, kon burgers dit nie te ver waag van die burge nie aangesien struikrowers hulle sou uitwis. In die post-apartheid-Suid-Afrika met sy skimstaat, het die effek van staatkundige bestuur so gedisintegreer dat moderne swart struikrowers ons oral uitwis. Inderdaad is SA ‘n staat wat besig is om in duie te stort. Die swart misdadigers is nou selfs verkies tot die hoogste amp in die “regerende” party. Name soos Winnie Mandela, Tomy Yengeni , Jacob Zuma en ander is so korrup dat hulle vir seker met hul oorname die ineenstorting sal versnel. Dan is daar ekstremiste soos Fikile Mabula e.a. wat die bitterste haat teen die blanke koester. Nogtans dink ek dat die magsentrum in die Uniegebou nie vrywillig die mag gaan afstaan aan die magsentrum in Luthulihuis nie. Dit voorspel uiteindelike wydverspreide chaos en bloedvergieting.

Terwyl ons dun versprei is deur voorstede en plase regoor die land, sal die ideologiese Afrikanerkern (ongeag nuanseverskille) sukkel om hulself in so ‘n krisis te handhaaf of selfs te oorleef.  Dink u werklik as die ANC se stryd met koevoet- en pangaswaaiende hordes deurslag gaan vind tot voetsoolvlak dat hulle ons, die blankes, in ons “veilige” woonbuurtes gaan ontsien? Net onlangs het daardie swart veiligheidswagte van Chubb, ADT e. a. tydens stakings mense vermoor en van treine afgegooi. Sal hulle vir my en u te hulp snel in die uur van nood? Ek wed u dat meeste Afrikaners reeds van hierdie onlangse episode vergeet het, maar dat hulle alle besonderhede van die 1995 wêreldrugbyeindstryd onthou. Nee wat, as die ANC/Bantoe-onderlingestryd handuit ruk gaan ons nie net toeskouers wees nie. Ons voorstede gaan niks meer wees nie as blanke ghetto’s waaruit hulle ons maklik gaan haal om hul frustrasies “uit te druk”. U veiligheid is ‘n illusie.

Oor die sportfanatiese verbruikerskultuurzombies, kan ek my nie die minste bekommer nie. Wat my wel bekommer, is dat die Afrikanerideologiese kern (ongeag onderlinge verskille) behoue bly. Hierdie kern benodig dringend ‘n veilige burg. ‘n Afrikanerterritorium wat geografies relatief geïsoleerd is en tog steeds met die buitewêreld in kontak en handel verkeer. Nee, ek bedoel nie dat ons op bergtoppe gaan sit, of ‘n ark ter water laat nie, maar ‘n realistiese oplossing vir ons eie realitiet. As daar ‘n onbewoonde eiland naby aan SA was, was ek vooraan die koor om te sê “kom ons trek soontoe”.

So kom ons aanvaar vir ‘n oomblik daar bestaan so ‘n denkbeeldige eiland iewers aan ons Weskus. Miskien is dit so groot soos die Kaapse skiereiland of dalk die PWV-gebied. Daar is ‘n klein bevolking van meestal navorsers (weerkundiges, ens.) en ons kan wettiglik toegang daartoe verkry. Wat sou die grootste probleem wees? Ja vir seker, ekonomie is ‘n groot kwessie, maar het ons nie hierdie land van ons juis d.m.v. ons eie voortreflikheid vanuit wildernis opgerig tot een van die mees moderne state ter wêreld nie?  So wat sou dan die tweede probleem wees? O ja…hoe kan ek vergeet… daar is nie winkelsentrums, rugbyvelde en groot villas wat deur swart bediendes skoongemaak kan word nie. Nou hoe gemaak? Wel as ons wil verhuis na villas en winkelsentrums en sportgronde, dan moet ons maar eerder bly in die slagvelde van Gauteng.  Ons plaas dan ons kinders in Engelse skole en hoop dat hulle nie vermoor word voordat hulle eendag in die buiteland kan gaan werk nie. (Nuusbrokkie: Die kans dat die buiteland hulle enigsins op langtermyn gaan inneem is sowat 20%).

U sien wat die probleem is? Behalwe dat my denkbeeldige eiland nie bestaan nie, help dit nie ons probeer ‘n Afrikanerterritorium vestig as ons eie ideologiese kern reeds die tekens van verrotting vertoon nie. Die vraag wat dus noodgedwonge ontstaan is dit: “Wanneer bereik ‘n mens die punt dat jy bereid is om van jou luukse lewenstyl afstand te doen ter wille van ‘n beter, veiliger en niediskriminerende toekoms?” My antwoord hierop is dat dit op twee vlakke lê. Die eerste is dat jy besef dat die situasie so gevaarlik en ongunstig is dat die kool nie meer jou lewe en die diskriminasie werd is nie. Dit is die realiteitsbesef. Die tweede vlak wat volg op die eerste is dat jy aanvaar dat jy ‘n skuif moet maak na ‘n area waar jy ‘n “pioniersmentaliteit” moet aanneem. Waar jy vir eers van sekere materialistiese voordele afstand doen terwille van meer waardevole intrinsieke voordele. Sulke voordele is veiligheid vir jou en jou geliefdes, ‘n niediskriminerende omgewing, afwesigheid van pandemiese korrupsie, terwyl jy kan handel, werk en opvoeding ontvang in jou eie taal, ‘n gemeenskap wat jou verwelkom en wat verskeie vorms van ondersteuning sal bied.  Dit is ‘n plek waar daar ‘n sin van gemeenskap is en waar die kollektiewe emosie van ‘n eendragtige nastrewe van ‘n vrye toekoms heers. Dit is net enkeles en dis al baie.

Wat is die nadele van hierdie pionierspoging? Weg is die luukse materialistiese winkelsentrums, weg is Loftus, weg is daardie goedkoop huishulp wat in die plakkerskamp saam met etlike honderde duisende werksoekers en misdadigers woon, weg is die villa en parktuin wat Sarah en Jonas moes onderhou. Vir eers is jy jou korporatiewe werk waar jy jou blanke plafon bereik het, kwyt. Nou moet jy jou ander vaardighede waarmee jy ‘n lewe kan voer, uitbou. Die meeste immigrante in Australië en Nieu-Seeland woon onder presies hierdie omstandighede, met een groot verskil: Hulle ondersteuningsnetwerk is bitter klein of heeltemal afwesig.

Ons oorlewing as ‘n etniese groep sal sonder twee fundamentele voorvereistes nie slaag nie. Ten eerste is ‘n Afrikanerterritorium ‘n absolute vereiste; sonder geografiese konsolidasie is ons aan hetsy kulturele, hetsy biologiese uitwissing uitgelewer. Ten tweede sal die sukses daarvan slegs bereik word deurdat ons ons verbruikerskultuurwaardesisteem, na deeglike introspeksie vervang met die opwinding van ‘n pionierswaardesisteem. Ons volk in sy geheel het sy bestaan te danke aan ons voorouers se pioenierspogings. Die keuse wat Afrikaners moet maak is tussen lewenstandaard en lewenskwaliteit. Lewenstandaard kan nie lewenskwalitiet verseker nie, maar tog is lewenskwaliteit nie afhanklik van lewenstandaard nie.

Helaas is daar geen onbewoonde leefbare eiland in een van die omringende oseane nie. In elk geval, waarom my obsessie met ‘n eiland. My obsessie is isolasie…isolasie van die swart golf wat ons land binnestroom. Geografiese isolasie is ons vriend, nie ons vyand nie. Met moderne kommunikasiemiddele soos die internet en met verkoelde voertuie is ons op kommunikasie- en handelsgebied met die buitewêreld verbind.

Miskien hang dit net af hoe mens die term eiland definieer. Is ‘n oase in die woestyn nie ook ‘n soort eieland nie? Is droë woestynagtige uitgestreke vlaktes nie ook ‘n soort see wat die nodige isolasie teen die swart golf  bied nie? Is die onlewensvatbaarheid van swart plakkerskampe sonder kundigheid op woestyngrond nie net so onwaarskynlik soos palkkershutte op die see nie?

Die skeptici sal sê dat so ‘n oase nie ekonomies lewensvatbaar is nie. As die swartes nie daar kan oorleef nie, hoe gaan ons dit doen? Aha…maar dit is juis ons Calvinistiese voortreflikheid en intellek wat ons onderskei van hulle. Dan se hulle weer: “Ja, maar dit is te ver van alle ekonomiese sentra, daar is geen minerale nie” en allerlei ander soortgelyke bog. As daardie soort argument enige water gehou het, waarom is Nieu-Seeland dan ekonomies suksesvol? Nieu-Seeland is een van die geografies mees geïsoleerde lande ter wêreld. Dit sit aan die verste punt van die wêreld, weg van alle ekonomiese sentra, daar is geen noemenswaardige hulpbronne nie en die bevolking is maar klein. Tog het Nieu-Seelanders van die hoogste lewensstandaarde ter wêreld en resorteer hulle onder die drie state waar korrupsie die minste voorkom, om nie eens van misdaad te praat nie. ‘n Eilandstaat  in die verre geïsoleerde Suid-Stille Oseaan het ‘n ligtoring van Europese voortreflikheid geraak. Glo my ek was daar, Afrikaners werk baie harder as Nieu-Seelanders. As hulle dit kan doen, kan ons dit net baie beter doen. In Nieu-Seeland doen ‘n grappie die rondte, as mense in die aand deur die stad ry en kantoorblokke se ligte is aan word gesê: “It must be South Africans at work…”

Terwyl die postmoderne SA in duie stort sal ons oasestadstaat ‘n ligtoring raak wat eendag sonder enige weerstand van enige oord sy eie staatskap sal aankondig.

Die ontrekkking van Afrikaners na ‘n eie territorium sal ook die ineenstorting van die SA staat bespoedig. Dit is belangrik dat die territorium in privaat besit bly en ook aanspraak maak op artikel 235 om ‘n mate van self regering te verkry. Voorts maak ook die internasionale volkereg voorsiening vir verskeie vorme van outonomie. Die Afrikanerterritorium kan deur ‘n kombinasie van grondwetlike eise, internasionale reg sowel as die handhawing van ‘n interne beleid van selfwerksaamheid nie deur swart massas verswelg word nie. Ook moet ons aansluit by organisasies soos UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organiasation) wat sal help om ons stryd na die internasionale arena te neem.

Soos die die swart politieke faksies onder mekaar begin veg sal die bestaan van ‘n Afrikaner vesting “ïewers in die woestyn” waarskynlik glad nie op hul radar figureer as van enige belang nie. Die huidige SA skimstaat sal mettertyd so verswak dat dit die Afrikanerterritorium se eensydige onahfhanklikheidsverklaring nie sal kan teenstaan nie.

Ek wil hiermee vir Mnr Carel Boshoff (IV), van die Oraniabeweging uitnooi om ‘n rubriek aan Praag te skryf waarin hy ook sy argumente lug en die gesprek verder uitbou.

бане наФильчаков Александр Васильевич

Malthussiese katastrofes

Die voormalige wit Suid-Afrikaanse regering kon nooit genoeg dienste aan die snel-groeiende swart bevolking gedurende die twintigste eeu verskaf nie. Die eksponensiële toename in die nodige dienste het beskikbare bates ontgroei.

Snelle bevolkingsgroei het vanaf 1980 die politiek van Suid-Afrika radikaal verander. Die meeste mense besef glad nie hoe ʼn eksponensiële toename in bevolking werk nie. Daarom, kom ons veronderstel die volgende:  Neem ʼn leë bottel, en laat ʼn paar bakterieë daarin los, in die teenwoordigheid van baie voedingstowwe wat vrylik beskikbaar is en genoegsaam bygevoeg word om die bakterieë in die bottel voldoende te voed.

Veronderstel dat die bakterieë hulle getalle verdubbel met verdeling (mitose) een keer per minuut (dit is ʼn redelike aanname).  As ons met een bakterium begin, dan is daar twee na een minuut, vier na twee minute, agt na drie minute, ensovoorts.  Die getal bakterieë in die bottel groei soos volg elke minuut:

1,2,4,8,16,32,64,128,256,512,…., 1 073 741 824,….

waar ons opmerk dat daar 1 073 741 824 bakterieë in die bottel is na 30 minute (dit is ongeveer een duisend miljoen).

As die bottel ʼn totale volume van een liter het, en die volume van ʼn tipiese bakterium benader word tot ongeveer een femtoliter (ʼn femto is tien tot die mag minus vyftien), dan is die totale aantal bakterieë in ʼn vol bottel ongeveer tien tot die vyftiende mag.  As mens met een bakterium begin, kan mens uitreken dat die bottel na omtrent 50 minute vol gaan wees, as elke bakterium een keer per minuut verdeel.

Wanneer is die bottel halfvol?  Of kwartvol? Of een agste vol?

Op watter stadium dink u dat die bakterieë gaan uitvind dat hulle ruimte opraak, en dat die bottel gaan oorloop met katastrofiese gevolge (vir die bakterieë)?

Die bottel is natuurlik halfvol na 49 minute – dit is een minuut voor dit vol is.  In ʼn halfvol bottel kan ʼn bakterium aanvaar dat daar nog baie ruimte oor is.  Maar dit is verkeerd, daar is net een minuut oor, en dit is letterlik een minuut voor ʼn onvermydelike katastrofe.  Net so is dit bedrieglik om te dink dat daar nog baie ruimte is as die bottel een-sestiende vol is (en vyftien-sestiendes leeg is), maar daar is dan net 4 minute oor voor ʼn katastrofe.

Die belangrike opmerking is dat daar min waarskuwing is dat ʼn katastrofe gaan plaasvind.  Vir meer as 49 minute groei die bakterieë sonder belemmering, net om in die laaste minuut uit te vind dat ruimte opraak, en dat daar min daaraan gedoen kan word.  In die een-en-vyftigste minuut verdeel elke bakterium in die vol bottel, en die bottel loop oor.  Die totale aantal bakterieë wat uitvloei is gelyk aan die totaal in die bottel.  Die gevolg is dat ʼn bottel vol bakterieë vergaan – gelykstaande aan die hele bevolking in die vol bottel.

Die katastrofe stem ooreen met die totale bevolking.

Veronderstel dat ʼn tweede leë bottel beskikbaar gestel word.  Hoe lank voor dit óók vol is?  Dit is vol na 51 minute, net een minuut na die eerste bottel vol is.  Vier bottels is vol na 52 minute, net twee minute na die eerste bottel vol is.  Die eerste bottel is vol na 50 minute, die tweede bottel word gevul in die volgende een minuut, die derde en vierde bottel is vol na nog een minuut.  In die drie-en-vyftigste minuut word vier bottels gevul, in die vier-en-vyftigste minuut agt bottels, en so aan.

Uiteindelik is dit fisies onmoontlik om genoegsaam bottels vinnig genoeg te verskaf om die bakterieë se groei te akkommodeer, en ʼn katastrofe vind plaas.  Dit gebeur selfs as daar ʼn oneindige voorraad bottels beskikbaar is, omdat hulle nie vinnig genoeg geplaas kan word nie.

Die katastrofe stem ooreen met die grote van laastebevolkingsbakterieë.  As daar 16 vol bottels was, dan is daar ʼn katastrofe vir 16 bottels vol bakterieë in die volgende minuut.  Dus, hoe langer daar gewerk word om die katastrofe te verhoed, hoe groter die uiteindelike katastrofe.

Die bostaande voorbeeld word dikwels gebruik om die eksponensiële funksie te verduidelik.  Die belankrikste eienskap van eksponensiële groei is die verdubbelingsperiode, naamlik die tydperk wat iets neem om te verdubbel in massa of in getalle.  Die bakterieë het dit elke minuut gedoen, maar onder normale omstandighede word eksponensiële groei eerder in persentasies uitgedruk.  Ons praat byvoorbeeld van ʼn bankbalans wat teen 3% rente per jaar groei, of ʼn bevolking wat teen 5% per jaar aanwas.

Dit is maklik om die verdubbelingsperiode taamlik akkuraat uit te werk as groei in persentasies gegee word:  Deel 70 deur die persentasie, en jy kry die verdubbelingsperiode taamlik akkuraat.  Byvoorbeeld, as iets teen 5% per jaar groei, dan verdubbel dit in ongeveer 70/5 =14 jaar.  Of as jou bankbalans teen 3% per jaar groei, behoort jou saldo oor 70/3 = 23,3 jaar ongeveer te verdubbel.

Die byt in bostaande word egter duidelik as ons aan bevolkingsgroei dink:  Indien ʼn bevolking teen 5% per jaar groei, verdubbel dit elke 14 jaar.  Dit beteken dat druk op voedselverskaffing, skoon water, gesondheidsorg, skole, en dies meer, elke 14 jaar verdubbel.  Normaalweg groei die hoeveelheid beskikbare voedsel en ander sosiale dienste stadiger as die bevolking, omdat landbougrond met tyd verarm en buitendien nie oneindig is nie, en omdat die vermoë om dienste te lewer net met baie moeite eksponensieel kan groei, of soms beperk word deur fisieke werklikhede.  Dit is byvoorbeeld waarom die voormalige wit Suid-Afrikaanse regering nooit genoeg dienste aan die snel-groeiende swart bevolking gedurende die twintigste eeu kon verskaf nie.  Die eksponensiële toename in die nodige dienste het beskikbare bates ontgroei.

Bostaande is ʼn weergawe van ʼn argument wat ʼn negentiende-eeuse demograaf, Thomas Malthus, gemaak het.  Malthus het besef dat bevolkings eksponensieel groei, maar dat voedselverskaffing nie oneindig kan groei nie, maar beperk word deur klimaat, weer, water en beskikbare vrugbare grond.  Op ʼn stadium sal ʼn bevolking  wat eksponensieel aanwas ʼn groter hoeveelheid voedsel benodig as wat verskaf kan word, en die onvermydelike gevolg is hongersnood, terwyl die skaal van die hongersnood met die grootte van die bevolking ooreenstem.

As ʼn bevolking die helfte van hulle oes eet en teen 5% per jaar groei, hoe lank sal dit neem voor hulle die hele oes opeet, en hongersnood in die gesig staar?  Ons het die antwoord reeds uitgewerk – dit is veertien jaar, nie eers een geslag nie, en dit moet ʼn groot verrassing wees, omdat dit net veertien jaar gelede gelyk het of daar uitbundige voorrade voedsel beskikbaar is.  Soos die bakterieë in die bottel kan ʼn bevolking eeue lank elke veertien jaar in getalle verdubbel, maar hulle sal net in die laaste veertien jaar uitvind dat kosvoorrade onvoldoende gaan word.

Dit is die wese van Malthussiese demografie, en is ʼn siening wat dikwels onder hewige kritiek deurgeloop het.  Tog is daar ʼn knaende onsekerheid wat dit moeilik maak om dit summier te verwerp.  Dit is wel die geval dat Malthussiese demografie nie die verrassende landbourewolusie voorspel het nie.  Mensgemaakte kunsmis en veral gifstowwe wat landbougewasse teen peste beskerm, het voedselverskaffing geweldig laat toeneem oor die laaste eeu, en die wêreld se bevolking het in ooreenstemming hiermee gegroei tot meer as ses miljard.  Dit lyk steeds of voedsel uitbundig beskikbaar is.

Daar is egter ʼn paar donderwolke op die horison:  Eerstens merk ons op dat kunsmis uit aardgas en olie vervaardig word, en hierdie grondstowwe is besig om skaars te raak.  Landboupeste is besig om weerstand teen gifstowwe op te bou.  Die genetiese rewolusie om beter gewasse te teel, bring ten beste marginale verbetering in produksie, vergeleke met die uitstekende resultate wat kunsmis en pesbeheer gebring het.  Verder is vrugbare grond (die boonste paar duim van landbougrond) besig om uitgeput te raak in groot dele van die wêreld, en word baie gewasse gebruik om biodiesel en etanol te vervaardig (eerder as voedsel) om ʼn groeiende olietekort te verlig.

Dit begin dus lyk asof daar ʼn plafon in voedselverskaffing bereik word.  As bevolkings nie stabiliseer nie, is daar ʼn klassieke Malthussiese nagmerrie aan die kom:  ʼn eksponensieel groeiende bevolking wat hulle bottel figuurlik vul en laat oorloop, en wat op die koop toe ook bitter min waarskuwing gaan kry dat iets besig is om verkeerd te loop.

Dit lyk reeds asof politieke en sosiale onrus in sekere wêrelddele terug te voer is na Malthussiese katastrofes – dele van Wes-Afrika (die Ivoorkus) en Suid-Amerika, Haïti, Zimbabwe,  Fiji, en nog ander gevalle, waar eens taamlik vooruitstrewende lande of streke meteens (sonder waarskuwing) in anargie en onluste verval het, en waar die basiese eienskappe van die ellende voedseltekorte, anargie, omgewingsverval, en veral die onvermoë van die regering om genoegsame sosiale dienste te verskaf om ʼn groeiende bevolking te dien, opvallend is.

Daar bestaan deesdae neo-Malthussiese denke wat bevolking en ekonomie met politieke verandering en onluste korreleer.  In dié opsig is Suid-Afrika ʼn voorbeeld waar oneweredige bevolkingsgroei tussen verskillende bevolkingsgroepe politieke gevolge gehad het, en dit is opmerklik dat sterk bevolkingsgroei in die swart bevolking waarskynlik die gevolg is van die wit Suid-Afrikaanse verskaffing van voedsel en mediese dienste.

In die 1980s het James Goldstone en David Lempert ʼn Malthussiese model voorgestel om politieke en ekonomiese toestande in Mauritius te bestudeer, en Lempert het selfs na die Russiese rewolusie en Stalin se regering uit dié oogpunt gekyk.  Politieke onluste in Palestina en die mensemoord in Rwanda en die Kongo (wat die wêreld se snelgroeiendste bevolking het) is soortgelyk skynbaar die gevolg van ʼn Malthussiese spanning tussen bevolkingsgroei en beskikbare hoeveelhede voedsel en vars water.

Malthus is reeds in 1834 oorlede, en van sy idees het polieke denke in veral Engeland en die Weste baie beinvloed.  Charles Darwin, asook die Britse koloniale owerhede, het beide baie aandag aan sy idees gegee, maar ander het sy teorieë erg veroordeel, en veral marxiste het nie veel erg aan hom nie.

Die mees onrusbarende idee wat ons by Malthus vind, is die opmerking dat daar feitlik omtrent nooit genoegsame waarskuwing is dat iets verkeerd loop nie.  Onluste in Kenia is skielik en skynbaar onverhoedbaar, en kon nie voorspel word nie.  Suid-Afrika het 70 jaar lank in relatiewe stabiliteit bestaan tot 1980 voor onluste en ʼn vinnig groeiende swart bevolking die land in net 10 jaar totaal verander het. Min mense het in 1980 geglo dat die land binne net vyftien jaar met ʼn ANC-regering sou sit.

Onderliggend aan die skielike omverwerping van die status quo in Suid-Afrika is eksponensiële bevolkingsgroei en die verhouding daarvan tot beskikbare bates.  Dat eersgenoemde laasgenoemde skielik en fataal verbysteek, is Malthus se mees onstellende insig.free slots cleopatra no downloadsданильченко юрий брониславович прокурор

Kenia: Afrika se volgende demokrasie

ImageGedurende die onlangse Keniaanse verkiesings is daar 600 mense dood. In Afrika waar miljoene mense soms omkom in etniese oorloë, volksmoord of hongersnood, is dit nie ʼn getal wat vir ʼn lang tyd onthou gaan word nie. Nogtans bevat die Keniaanse verkiesings wat met groot fanfare aangekondig is en ook deur waarnemers van die EU bygewoon is vir ons vele lesse.

Die eerste les is dat die vasteland van Afrika altyd “ʼn volgende demokrasie” oplewer. Op ʼn stadium was dit die Ivoorkus wat aan almal voorgehou is as “model” vir die res van die kontinent, met ʼn stabiele regering, ekonomiese voorspoed en beduidende getalle blankes wat tegniese poste in die land beklee het. Maar die Ivoriaanse demokrasie het sedert 1998 toenemend in etniese konflik en uiteindelike burgeroorlog verval met Laurent Gbagbo wat tans die septer swaai. Intussen het buitelanders, veral blanke Franse, die land uit gevlug en die ekonomie het grotendeels in duie gestort.

Wat vir die Ivoorkus geld, geld ook vir die sogenaamde Demokratiese Republiek van die Kongo wat omtrent so “demokraties” is soos die voormalige Duitse Demokratiese Republiek. Slegs enkele maande gelede het die EU die eerste verkiesing in 40 jaar in dié land ten bedrae van 500 miljoen euro geborg. Enkele weke lank was die Kongo Afrika se “volgende demokrasie” totdat burgeroorlog in die strate van die hoofstad, Kinshasa, uitgebreek het. Die stamgeweld wat reeds vier miljoen lewens geëis het, duur onverpoos voort.

Dit word dikwels gesê dat Afrikane nie toekomsgerig leef nie. Mense op die kontinent bestaan van dag tot dag, daar vind nie veel beplanning plaas nie, vervoerstelsels word nie onderhou nie, boerdery word verwaarloos en vroeër of later breek daar ʼn krisis uit. Dan is dit tyd vir die VN en Westerse hulporganisasies om in te gryp.

In 1980 was Zimbabwe Afrika se “volgende demokrasie”. Britse kommentators het lofprysinge aan Robert Mugabe geskryf en die historikus Thomas Pakenham het die land in die laat negentigerjare nog as ʼn model vir die wêreld voorgehou deur te verwys na Mugabe se “verdraagsaamheid teenoor etniese en rasseminderhede”. Sedertdien het Mugabe in ʼn diktator ontaard wat etniese minderhede soos die Matabeles (hy behoort self tot die Sjona-stam) vervolg het, alle blankes uit sy land verdryf, hul eiendom gekonfiskeer en sy land se ekonomie vernietig het.

Desnieteenstaande is Mugabe ʼn maand gelede met volle eerbewys deur die EU te Lissabon by ʼn spitsberaad ontvang en word daar deur wyd gespekuleer oor Zimbabwe se “terugkeer na demokrasie” – asof daar ooit werklik demokrasie in daardie land geheers het. Maar in Afrika is daar altyd ʼn volgende demokrasie; hetsy die Ivoorkus, hetsy Kenia, hetsy die Kongo, hetsy Zimbabwe.

Ook Suid-Afrika, die mees ontwikkelde land in Afrika, is in die vroeë negentigerjare voorgehou as die kontinent se volgende demokrasie. Mandela, ʼn eertydse kommunis en ʼn middelmatige prokureur wat tot die Xhosastam behoort, is deur die wêreld opgehemel as die grootste leier sedert John F. Kennedy, Charles de Gaulle of selfs Julius Caesar.

Tans verkeer Suid-Afrika in die vroeë fase van ʼn etniese magstryd tussen die magtige Xhosas en hul historiese mededingers, die Zoeloes, wat angstig deur die Afrikaners en die res van die land se blanke bevolking dopgehou word. Die kanse dat Suid-Afrika binne die afsienbare toekoms dieselfde paadjie as Zimbabwe gaan loop, is meer as vyftig persent.

Stamgebondenheid, asook ʼn tradisionele waardestelsel wat haas onversoenbaar met Westerse demokrasie is, verteenwoordig ʼn gegewe in Afrika. Nogtans sien bemoeisieke Westerse waarnemers, wat op die vasteland met sonbrandroom en muskietweerder toesak, telkens ʼn volgende demokrasie raak en is bereid om miljoene euro daarop te verwed.

Sedert die einde van die Koue Oorlog het demokrasie, asook verkiesings wat met buitelandse geld gefinansier word, een van die vernaamste oorsake van oorloë en stamgeweld in Afrika geword. Niks gaan egter die Westerse safarigangers met hul verkykers en veldgidse keer om demokrasie aan die naturelle te bring nie.

детскии игрушкилобановский александр дочь

Matriekuitslae: kul jou hier, kul jou daar…

ImageIn vandag se Sunday Times verskyn daar ʼn berig oor die matriekuitslae wat so pas vrygestel is. Volgens die koerant sien die topskole in die Gautengprovinsie so daar uit: Holy Trinity Secondary School, Ivory Park Secondary, Hoërskool Vanderbijlpark, Hoërskool Riebeeckrand en Afrikaanse Hoër Meisieskool.

Wag ʼn bietjie: Wie het al van Holy Trinity Secondary School gehoor? ʼn Internetsoektog laat ʼn skool met daardie naam in die Winterveldplakkerskamp uitspring. En ja, Ivory Park is insgelyks ʼn “informele buurt”.

Dus, as mens nou die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, kan glo, skop hoërskole in die plakkerskampe met uitsluitlik swart leerlinge deesdae stof in die oë van die top-Afrikaanse skole soos Afrikaanse Hoër Seuns, Waterkloof, Menlopark, Linden of Randburg in Johannesburg, asook Florida en Monument aan die Wesrand, om maar enkeles te noem. Net in Pretoria bestaan daar 36 groot Afrikaanse hoërskole met byna uitsluitlik middelklas- Afrikanerleerlinge. Aan die Rand en in die Vaaldriehoek moet daar ten minste nog soveel Afrikaanse hoërskole wees; wat het van hulle almal geword? Het hulle matriekslaagsyfers skielik gedaal tot onder 94,9 persent, wat blykbaar Ivory Park se wonderbaarlike slaagsyfer is?

In die goeie ou dae, voordat die ANC op ons losgelaat is met uitkomsgebaseerde onderwys en ander klugtige programme, het ons Afrikaanse skole jaar ʼn gemiddelde slaagsyfer in die matriekeindeksamen van 98% gehandhaaf. Jaar in, jaar uit. Dit was so te sê ʼn wêreldrekord!

In ʼn Eerstewêreldland soos Frankryk is die matriekslaagsyfer (Baccalauréat) maar 80%. In Engeland, die wonderlike Engeland waarvandaan die ANC-narre soos Mary Metcalfe, Kader Asmal en die ewe Britsklinkende Naledi Pandor al hul metodes en foefies invoer, was die matriekslaagsyfer op die sogenaamde “AS-vlak” vanjaar maar 86,5%. Daarteenoor het die Britse slaagsyfer op die A-vlak wat universiteitstoelating verskaf – en dus uit uitgesoekte studente bestaan – vanjaar met ʼn onverwagte 4,5% vanaf 89,8% tot 94,3% gestyg. Vele Britte glo dat die A-vlak se standaard gedaal het, vergeleke met 1990, toe dit maar 77% was.

Maar in Suid-Afrika se plakkerskampe waar onderwysers staak, die boeke dikwels in die middel van die jaar eers uitgedeel word en mens in skooltyd leerlinge in uniform in die strate kan sien ronddwaal, gaan dit klopdisselboom met onderwys! Toe Kader Asmal oorgeneem het en al die vorige onderwysdepartemente tot een saamgesmelt is, was die matriekslaagsyfer 43% wat vir ʼn land soos Suid-Afrika met Derdewêreldtoestande in sogenaamde “agtergeblewe” skole min of meer realisties was. Maar toe begin die goëlery met syfers.

In die eerste instansie het die ANC se rasseideologie bepaal dat daar 5% by die wiskundepunte van alle swartes gevoeg moet word in ʼn kunsmatige poging om die haglike slaagsyfer onder swartes sover dit dié sleutelvak betref, op te pomp. Volgens ʼn berig in Beeld oor die afgelope paar dae, is tot 10% by die matriekgemiddeld van leerlinge gevoeg tydens ʼn proses van “normering” wat glo gedoen word om jaar-tot-jaarvariasies in die punte uit te stryk. In weerwil van vanjaar se langdurige staking en amok by verskeie “agtergeblewe” skole, het die algehele slaagsyfer dus net effens gedaal tot 68,3% van verlede jaar se 70,7%.

Die vraag is uiteindelik of ʼn matrieksertifikaat nog enigiets beteken, in die lig van die feit dat die ANC daarvan ʼn minderwaardige kwalifikasie gemaak het? Universiteitsdosente kla steen en been dat die materiaal wat hulle deesdae vanaf die skoolbanke ontvang, nie behoorlik kan skryf of spel nie. Maar die goëlery met slaagsyfers duur voort.

Onder die omstandighede is dit verblydend dat die meerderheid Afrikaanse skole steeds iets van ons tradisionele standaarde handhaaf. Die hoof van ʼn bekende hoërskool in Pretoria het blykbaar vanjaar voor ʼn vergadering van ouers en leerlinge in die skoolsaal prontuit gesê: “Aan hierdie skool steur ons ons nie veel aan wat die minister van onderwys sê nie.” Dit is die regte gees!

Ongelukkig weet ons dat die ANC in sy maniese nivellering en vernielsug gaan aanhou om Afrikaanse skole te teiken en te probeer afbreek. Die Sunday Times, asook die ANC self, is reeds hoog in hul noppies met die soort onderwys wat in Ivory Park geskied en wil sien dat daardie onderwys ook na die oorblywende Afrikaanse hoër- en laerskole uitgevoer word.

Die honderde duisende funksioneel ongeletterdes en ongesyferdes wat jaarliks danksy Pandor en kie. se kulkunsies matrieksertifikate ontvang, beland op die arbeidsmark waar hulle in die globale ekonomie veral met gedissiplineerde Oosterlinge moet meeding.

Terwyl dit ʼn riem onder die hart is dat soveel Afrikaanse leerlinge aan ons hoërskole steeds pragtige prestasies en ongelooflike getalle onderskeidings aanteken, moet ons besef dat eenoog in die land van die blindes koning is.

Toenemend sal Afrikaanse skole hul eie standaarde moet stel en hul nie te veel moet steur aan die klug wat die verpolitiseerde matriekeindeksamen geword het nie. Strenger interne toetse en eksamens moet deur skole gebruik word om die prestasie van hul leerlinge te meet.

?5 free bet no depositФильчаков прокурор

Die mite van Marinus Wiechers se groot intellek

Die lewe kan net agteraf begryp word, maar moet na vore geleef word.
                                – Søren Kierkegaard.

Image In Beeld se By-rubriek van 14 Desember trek professor Marinus Wiechers Verwoerd se groot intellek in twyfel deur na sy beleid te verwys as ’n uitwas van Britse imperialisme en kolonialisme in ’n nuwe vorm weergegee. Wiechers pleeg ’n soort historiese karaktermoord teen Verwoerd deur te stel dat sy hele beleid puur die resultaat was van sy halsstarrigheid en dat hy nie voldoende rekbaarheid aan die politieke realiteite gehad het nie. Alhoewel daar ’n mate van waarheid skuil in hierdie opvatting, maak dit grotendeels afbreuk aan die politieke kragte waaraan Verwoerd blootgestel was, wat belangriker medebepalers vir sy beleid was.

Die hele konsep van apartheid is nie absoluut tot Verwoerd terug te herlei nie. Apartheid is ’n ingewikkelde beleid wat uit baie interpretasies en komponente bestaan, en is al eerder deur die Hollanders en later die Engelse toegepas. Daar was diskriminerende wette teen swartes in sport en die onderwys in die Kaap en Natal (Britse kolonies) gewees toe hierdie wette nog nie in die Boererepublieke van Steyn en Kruger bestaan het nie. Verwoerd se belangrikste bydrae tot apartheid was die sisteem van tuislande gewees.

Die rede waarom Verwoerd die noodsaak van tuislande ingesien het was juis omdat die stede geen oplossing gebied het vir etniese konflikte nie. Toe Europa sy donkerste uur beleef het in die veertiger jare het afgeleë lande, waaronder Suid-Afrika, ekonomies juis vooruitgegaan om die oorlogsmasjien aan die gang te hou. Daar was genoeg werk in die stede vir almal en mense van alle rigtings het op die groter stede in Suid-Afrika toegesak vir werk. Die oorlog het grotendeels ’n einde gemaak aan die armblankevraagstuk van daardie tydperk, maar sou nie vir ewig voortduur nie.

Toe die vrede in Europa gesluit was, het die stedelinge in Suid-Afrika juis bedreig gevoel deur die gebrek aan werksgeleentheid aldaar en dit het tot sporadiese geweldsinsidente gelei. In 1947 het in Natal ’n groep Indiërs en swartes slaags geraak waarby ’n aansienlike aantal omgekom het, en dit het die regerende partye genoop om ’n sisteem van tuislande te implementeer as ’n oplossing vir etniese konflikte. In Indië in dieselfde periode het ’n soortgelyke proses plaasgevind na onafhanklikheidswording. Die Moslems in Indië het noordwaarts gemigreer en die staat Pakistan gestig terwyl die Hindoes in die noorde suidwaarts gegaan het na groter Indië. Verwoerd se beleid was hoofsaaklik bepaal deur sy wete dat etnisiteit ’n belangrike rede is waarom daar konflikte in die wêreld is…iets wat nog nooit verander het in die geskiedenis nie.

Die stede het egter te veel aantrekkingskrag gehad en na sowat ses jaar in die stede was daar min mense wat bereid was om in enige ander plek as om in die stede te woon. Die tuislande het ook vir die nodige agterdog gesorg by swartes, wat die sisteem nie vertrou het nie. Verwoerd was in sommige gevalle te ambisieus gewees deur te dink dat ’n mens ’n afgeleë slaapdorp kon omtower in ’n wêreldstad, hoewel in die woorde van sy seun Wilhelm Verwoerd was die mislukking van tuisland-apartheid hoofsaaklik deur die swartes self veroorsaak, daar hulle nie die doelstelling van daardie sisteem begryp het nie en swart leiers ook nie met die nodige integriteit gehandel het om daardie plan te verwesenlik nie. As die swart bevolking werklik goed geweet het wat Verwoerd se planne was en hul energie daarop gerig het, sou hulle die tuislandsisteem vreugdevol verwelkom het.

Dis nogal ironies dat Wiechers Verwoerd verwyt dat hy nie veel kennis van die Nederlandse sisteem van konsosiasie gehad het nie, wat ’n protestantse tradisie blyk te wees. ’n Mens wonder of Wiechers besef dat Verwoerd se vader ’n Nederlandse predikant was, en bowendien was die tuislande by uitstek ’n sisteem van konsosiasie gewees – in soverre dit haalbaar is in ’n Afrikaland met ’n koloniale verlede. Die tuislande was juis ingevoer om soveel moontlik gelykheid te skep in een land, maar dan wel met die verskil dat swart nie oor blank sou kon heers nie, juis om die ellende te voorkom wat Suid-Afrika se bevolking tans ondergaan.

Generaal Hertzog het destyds gestel het dat sodra ’n mens ’n sisteem van integrasie in Suid-Afrika sou toepas, sou dit lei tot hiperkapitalisme, met ’n steenryke koterie aan die een kant (ongeag huidskleur) en ’n golf van armoede aan die ander. Deur gelyksoortiges onder ander gelyksoortiges te plaas, skep ’n mens juis ruimte vir ’n meer gelykwaardige opkoms van al Suid-Afrika se volke. Segregasie is juis ’n soort homogenisering gewees van die verskillende groepe in Suid-Afrika. Wiechers versuim om te noem dat as die verskillende swart stamme nie voortdurend teen mekaar baklei het nie, sou so ’n klein groepie blankes nooit aan die mag gekom het nie, en soos prof. Hermann Giliomee gestel het, was dit indertyd byna onmoontlik gewees om nie apartheid in te voer nie. Vandag bestaan apartheid nie meer nie en die hele bevolking is aansienlik armer as tydens die jare van blanke bewind, net soos Hertzog voorspel het.

Die vernederende wetgewings waar apartheid ook bekend om was, was juis ingevoer om te voorkom dat daar geen verdere afbraak kon plaasvind wat die homogenisering van die verskillende gemeenskappe nie. Hierdie wette was egter nie uit die staanspoor bedoel om vernederend  te wees nie, maar met ’n bevolking van ’n tiental miljoene mense kan ’n mens net in terme van meerderheidsbelange werk. Die manier waarop hierdie wette toegepas was, soos die ontugwet, was hoegenaamd nie bewonderingswaardig nie. ’n Mens moet egter rekening hou dat die ontugwet aanvanklik ’n sagte maatreël was met die doel om huwelike oor die kleurslagboom te ontmoedig, maar het die weg gebaan vir agressiewe optredes deur die hoeders van die wet.

Tog moet ’n mens rekening hou met die feit dat na meer as 30 jaar se terreur, intimidasie en propaganda vanuit linkse geledere, nog steeds 40% van die totale bevolking meen dat apartheid ten spyte van sommige vergrype, wel ’n goeie idee was. Ook het geblyk dat politieke verteenwoordigers van verskeie munisipaliteite tydens apartheid deur hul inwoners beskou was as die beste leiers wat hulle gehad het. Dalk was die driekamerparlement tog nie so dom soos wat Wiechers ons probeer voorhou nie.

’n Mens wonder of prof. Wiechers weet van die apartheid-agtige benaderinge wat elders ter wêreld toegepas word. In Nederland is ook al gespekuleer of skole nie meer homogeen gemaak moet word nie sodat buitelanders nie verneder voel as hul prestasies benede blanke leerlinge val nie. In die Verenigde State is Spaanstalige Amerikaners gelukkiger, gesonder en minder seksueel aktief (selfs minder as blanke Amerikaners) as hulle in skole met Spaans as eerste taal les ontvang as die Hispanics in Engelstalige skole.

In Australië is die regering ook besig om in die Northern Territory ’n Verwoerdiaanse soort opheffingstelsel toe te pas deur inboorlinge te moderniseer sonder om hulle van hul kultuur te vervreem. Daarbenewens maak baie lande hulself skuldig aan aspekte wat onder apartheid gekritiseer was. Ek wag nog byvoorbeeld vir iemand om Amerika van nazisme te beskuldig vanweë die Jim Crow – wette wat teen swartes gediskrimineer het. In Saoedie-Arabië word blankes ook nie toegelaat om tussen gewone Arabiere te woon nie, laat staan nog trou, en hierdie land gebruik ook Moslems uit arm lande om as goedkoop arbeid op die oliepompe te werk. Om maar te swyg oor die kastesisteem in Indië, wat tientalle miljoene mense verhoed om hulself op te hef. Blykbaar is hierdie ondeugde slegs misdade teen die mensdom as Jode of Afrikaners hulself hieraan skuldig maak.

Verwoerd en sy volgelinge mag miskien dom wees in Wiechers se oë, maar hopelik is die res van die westerse wêreld slimmer as gevolg hiervan. Om ’n bepaalde poltieke stelsel te kritiseer is goed en wel, en vorm juis deel van die mens se vooruitgang. Egter, tot dusver het die ANC se integrasiebeleid ’n sisteem wat alreeds gewankel het, net verder van die wal in die sloot gehelp. Watter strategie pas die huidige leiers toe om die hoë misdaadsyfer hok te slaan? Wat doen hulle aan die hoë werkloosheidsyfer? Hoekom doen hulle niks om die volksmoord op die landbousektor te keer nie? Sodra hierdie aspekte van ’n samelewing aangetas word, die landbou, werksgeleentheid en ordelike voortbestaan, is die hele samelewing van ’n gewisse dood verseker. Apartheid was ’n primitiewe poging gewees om te sorg dat hierdie aspekte behoue kon bly. Aan verfyning mag dit miskien erg tekortgeskiet het, maar dit het ten minste die verskillende bevolkingsgroepe gevoed en probeer om hulle aan die werk te hou.

’n Onafhanklike volkstaat lyk my is die enigste oplossing teen hierdie terreur wat die land vernietig. Dit is nie die eerste keer in die geskiedenis dat sulke vorme van barbarisme die blankes teiken nie. Dit sal inderdaad ’n wonderwerk wees as die komende nuwe leiers die blankes sal help op die pad na onafhanklikheid.

Dit sal net so ’n wonderwerk wees om van Marinus Wiechers, Christi van der Westhuizen, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Amanda Gouws, Johan Pienaar en ander se pro-ANC intellektuele armoede verlos te wees.  

 
pool onlineЛобановский Харьков

Einde van ANC-hegemonie?

Die hoofrede hoekom ek Mnr. Zuma geluk sou wens met sy beslissende oorwinning, is nie omdat ek dink hy ʼn goeie president vir die land sal wees nie, ook nie omdat hy die Afrikaner sg. “goedgesind” is nie, maar om ʼn geheel ander rede. Soos ek reeds in my vorige rubriek oor hierdie kwessie, Zuma-Mbeki-tweestryd kan tot konflik lei verduidelik het, hou die Mbeki-Zuma-tweestryd niks goeds in vir die ANC nie.

Vir my was Mbeki se nederlaag so soet soos die Skuimbokke, ag jammer Springbokke, se wêreldbekeroorwinning vir baie Suid-Afrikaners was. Vir ewig is daardie afgerekte depressiewe gesig van Mbeki, asof die planeet se swaartekrag ewe skielik verdriebubbel het, in my verstand ingeëts. Vir Zuma gee ek egter nie ʼn duit om nie en stellig dink ek net so min van hom as van Mbeki. Hy is beslis ʼn korrupte mens  wat  waarskynlik die beginsels van demokrasie nog swakker begryp as Mbeki. Sy poltieke denke volg waarskynlik tradisionele Afrikadenke, in die trant van: die sterkste man vat alles.

Hy is ʼn charismatiese en opportunistiese politikus. Die man het geen beleidsbeginsels nie. Hy praat met almal en elkeen wat bereid is om na hom te luister. Sy bedmaats is kommuniste, die swart vakbondwese en die ekstremistiese ANCYL. Geen van hierdie partye is die Afrikaner goedgesind nie…inteendeel. Behalwe vir sy enorme etniese Zulu magsbasis het Cosatu, ANCYL en die SAKP gesamentlik hom van ʼn ietwat breër etniese magsbasis voorsien.

Selfs die verlinkse prof. Willie Esterhuyse het reeds voor Zuma se verkiesing vermeld dat Suid-Afrika beslis nou ʼn nuwe fase betree. Toegegee Esterhuyse is ʼn Mbeki-sikofant, maar Zuma het implisiet  aan sy vakbond- en kommunistiese vennote belowe om die tweede fase van die rewolusie te voltrek. Die Sowjetplan vir SA was nog altyd die tweefaserewolusie. Dit is waar die SAKP, wat die Zuma kamp se “dinkskrum” is, hul ideologie ontwikkel het.

Ten eerste was daar die Nasionaal Demokratiese Rewolusie (NDR) wat later deur die Sosialistiese Rewolusie (SR) gevolg moet word. Die NDR is dít wat sedert 1994 tot op hede plaasgevind het, naamlik bevryding van die wit “onderdrukker’’ met die gepaardgaande instandhouding van ʼn kapitalistiese ekonomie en die aftakeling van alle magstrukture van die onderdrukker (Afrikaner). Wanneer dit voltrek is (en dit is voltrek), volg die SR. Mbeki het hom onwillig getoon om tot hierdie tweede fase voort te gaan.

Die SAKP, ANCYL en Cosatu, wat Zuma heelwat bearbei en ondersteun het, sien hom as die man wat ons na die tweede fase gaan neem. Die SR is die fase waarin die nasionalisering van die ekonomie veronderstel is om plaas te vind en waar die blankes van die meeste van (of al) hul bates ontneem gaan word. Persoonlik dink ek dat Zuma hoogstens sal probeer om die SR ten dele uit te voer, bloot om sy kommunistiese bedmaats tevrede te hou. Hy sal nie potensiële vennote in Groot Besigheid wil vervreem nie; boonop verstaan hy die voordeel, finansieel en andersins, wat hierdie vennote vir homself en die ekonomie inhou. Die SR sal eerder, so glo ek, gereserveer word vir die blanke middelklas, boere, ens. Vinniger plaasonteienings, verregaande boedelbelastings of selfs boedelonteienings, die onteiening van persoonlike addisionele eiedomme soos ʼn tweede huis, nasionalisering van privaatskole ens., is waarskynlik wat mens kan verwag. Groot Besigheid, wat in so ʼn geval die meeste van hul persoonlike bates buiteland toe sal verskuif, sal hom waarskynlik nie hierin teenstaan nie.

Zuma se agenda is egter geensins ideologies, soos dié van die SAKP of Cosatu nie. Zuma se agenda is sy eie politieke ambisies en aspirasies. Deel daarvan is om RSA-president te word en ʼn aansienlike onderdeel daarvan sal beslis wees om die Mbeki-kamp van alle mag te stroop en selfs op persoonlike vlak te ruïneer.

Zuma se opportunistise en charismatiese aard is wat maak dat hy bereid is om beloftes aan almal vanaf die “regse” Afrikaner tot die SAKP te maak. Nogtans gaan dit oor homself. Hy tree in gesprek met almal wat siek en sat vir Mbeki is. Hy mog onlangs met ʼn  “hand van vriendskap” na die Afrikaner uitgereik het, maar ek sal geen hoop daarop plaas nie. Net ongeveer twee weke gelede het hy in ʼn onderhoud met ʼn Rapportjoernalis homself hierin weerspreek deur te sê dat onder sy administrasie daar nie meer Afrikanerskole of -universiteite sal wees nie. Nee, ek dink nie Zuma is ons hoop op outonomie of een of ander vorm van bevryding nie.

Die hoop wat Zuma aan die Afrikaner verleen, is dat hy die ANC verdeel het en gevolglik vorentoe die organisasie net gaan verswak, al glo hy dat hy die beweging gaan konsolideer en onder homself gaan versterk. Sy oorwinningseuforie en gebrekkige intellek sal hom nie die teendeel laat insien nie.

Met Zuma as ANC-president moet die hooghartige pseudointellektuele Mbeki, wat beleidskepping as sy alleenreg beskou, nou gehoor aan die nuwe partyleier gee. Die ANC-struktuur en grondwet vereis dat Mbeki geen beleid op sy eie meer kan maak nie. Waar Luthulihuis in die verlede Mbeki se instruksies gevolg het, keer die rol nou om. Mbeki se hande is vasgebind en hy kan niks doen as Zuma dit nie goedkeur of selfs as hy direkte instruksies aan Mbeki gee nie. Mbeki bevind homself nou in ʼn onhoudbare dilemma. Ek glo nie Mbeki het die sielkundige samestelling om dit te kan hanteer nie. Konflik tussen die Uniegebou en Luthulihuis is nou onvermydelik.

Kort voor Zuma se verkiesing as ANC-president het Cosatu en die ekstremistiese ANCYL beloof dat hulle geen rede sien waarom Mbeki nie sy oorblywende agtien maande as Republiekspresident kan uitdien nie. Hierdie stelling was egter blote goedkoop politiekery. ʼn Gedeelte van Zuma se ondersteuningsbasis, ʼn groepie Xhosas, die Sotho’s e.a., is swaaistemmers. Baie van hulle het ʼn lojaliteitsgevoel teenoor Mbeki, maar Zuma spreek tot hul basiese politieke behoeftes. Met die “kennis” dat Mbeki beloon word met sy regmatige en wettige uitdiening van sy termyn kon hulle hul gewete sus en dus in onskuld vir Zuma as ANC-president stem. Het hulle enige vooraf bevestiging of vermoede gehad dat daar ʼn kans is dat Mbeki uit die Uniegebou gedruk gaan word, sou hulle waarskynlik vir Mbeki gestem het. Dan was Zuma se kanse om te wen heelwat skraler en sou die SAKP, Cosatu en ANCYL se hoop op die sosialistiese rewolusie (SR) verskraal.

Die verdeling wat egter reeds in die ANC bestaan, is myns insiens onoorkombaar. Met Pietersburg is die paleisrewolusie teen Mbeki bykans voltrek. Die samewerking tussen Luthulihuis en die Uniegebou gaan op sy beste uiters problematies wees. Die radikaliste in die Zuma-kamp (waarvan daar baie is), om nie te praat van sy die nuwe NUK-lede met hul eie kabinetsambisies nie, sal die saak begin opper dat Mbeki en sy kabinet geen politieke mandaat meer het om die land te regeer nie. Druk gaan toeneem om die Uniegebou oor te neem reeds voor Mbeki en sy kabinet se wettige termyn verstryk.

Die ANC-kohesie is tot onlangs deur verekeie faktore in stand gehou. Een so ʼn uiters belangrike samebindingsfaktor tot kort na 1994 was blanke mag in staatstrukture. Die blanke hou egter geen meer bedreiging in nie en is effektief ontmagtig. Daardie kohesiebouende faktor het dus verdwyn. Mens sou dit kon vergelyk met die Gorbatsjoftydvak waarin die Koue Oorlog deur onderhandelinge tot ʼn einde gebring is. Die Weste was nie meer ʼn bedreiging nie. Toe die interne leierskrisis ontstaan, was daar nie meer die gemeenskaplike vyand om Sowjeteenheid te handhaaf nie; die magtigste moondheid ter wêreld het oornag uitmekaar gespat. Etniese faktore het ook vir die eerste maal ʼn rol begin speel. Die ANC-party en staat kan nou ʼn soortgelyke paadjie loop.

ʼn Moontlike scenario is dat hierdie ongeduld gaan deurslag vind by die voetsoolondersteuningsbasis van Zuma. Die Zuma-kamp sou dan met hul ongeduldige meerderheid beide die druk aanvoel en die selfvertroue begin ontwikkel om die Mbeki-regering te vra om te ontbind. Spanning gaan verhoog. Zuma sou selfs kon begin om van Mbeki se ministers met sy eie apparatsjieks te vervang. Dit kan die eerste poging wees om Mbeki reeds binne die regering te isoleer. Mbeki gaan dit beslis probeer teenstaan sou dit ter sprake kom.

In die geval van so ʼn scenario kan konflik verskeie vorme aanneem en Mbeki mog dit nodig ag om homself te wend tot die veiligheidsmagte om sy bewind in plek te hou. (Met die verhoogde spanning is daar die kans dat Mbeki uit vrees vir weerwraak (Afrika-styl) na afhandeling van sy wettige termyn dalk glad nie sy pos sou wou ontruim nie.) Tog dink ek dat die krisis voor die einde van die verstryking van Mbeki se presidensiële terwyn tot so ʼn hoogtepunt gedryf sou kon word dat die ANC in twee sou skeur met sekere faksies wat selfs heeltemal kon wegbreek. Mens praat dan eerder van ʼn verbrokkeling. Die krisis sou ook kon neerslag vind binne die veiligheidsmagte.

Indien so ʼn scenario sou uitspeel, sou die ANC se mag as party gebreek wees en die regering self sal sukkel om orde te handhaaf. Dit sou onvermydelik gewelddadig wees vir Suid-Afrika. ʼn Magsvakuum en wanorde sou noodwendig volg.поршневой компрессорпрокурор харьковской области