World Communion of Reformed Churches dreig Hervormde Kerk af

Die World Communion of Reformed Churches stel ‘n politieke toets in sake apartheid as voorwaarde vir die NHK vir lidmaatskap. Die WCRC laat na om te omskryf wat hulle onder apartheid verstaan. Nóg die WCRC nόg die NHK kan apartheid tot die bevrediging van alle partye omskryf.

Beide die WCRC en besluit 54 laat na om te verduidelik welke politieke model Godwelgevalle is. Die apartheidsdebat is in ieder geval deur die nuwe grondwet (1996) agterhaal. ‘n Reaksionêre twis oor apartheid is nie in die belang van die koninkryk nie. Dit is belangriker om vas te stel of die NHK, in die lig van die reeds aanvaarde Godsdiensakte, kan saamleef met die bepalinge van die grondwet van SA, 1969.

God is ‘n God van geregtigheid wat nooit van gelowiges vra om ‘n bepaalde politieke model as uitgangspunt te neem nie. Dit neem nie weg nie dat die geregtigheidsvraag die sinkern van staatspolitiek is. Geregtigheid setel nie in die struktuur van ‘n politieke model nie, maar in die wyse waarop die persoon/persone in die owerheidsampte met gesag omgaan.

Besluit 54 laat na om aan te toon dat die huidige ANC-owerheid nie in die algemene belang regeer nie, maar in die parsiële belang van sy swart kiesers [vgl. die ANC se rassistiese interpretasie van artikel 9(2) van die grondwet in sake wetgewende en ander maatreëls vir die beskerming van agtergeblewendes].

By ontleding van besluit 54 dit blyk dat die skrywers daarvan die liberalisme as ordeningsbeginsel en die liberaal-demokratiese staatsmodel normatief vir die NHK stel. Ook word die oop-vir-almal liberale kerkidee as uitgangspunt geneem.

Die kerk/ecclesia is fundamenteel ‘n aanbiddingsorgaan van gelowiges met ‘n bepaalde visie op God en die Christelike geloof. Die liberale kerkidee roep ‘n kollektivistiese kerkgedrag in aansyn .

Die SkepperGod het midde die eenheid ‘n radikale verskeidenheid in die skepping ingebou. Elke skeppingdaad van God verraai ‘n eiesoortigheid. In teenstelling hiermee oorbeklemtoon besluit 54 die eenheid ten koste van die verskeidenheid.

Ook die onderliggende antropologie tot besluit 54 is ‘n gevaarlike sosiaal-ekonomiese determinisme, wat gebaseer is op die Grieks-dualistiese mensbeskouing (m=s+l). Daar en teen is die konkrete mens net mens in verhoudingsverbande. Die Bybelse antropologie beklemtoon die eenheidsmens (m=sl). Die eenheidsmens leef in gemeenskapsverband en verwerf saam met gemeenskapsgenote ‘n gemeenskaplike genepoel.

Die NHK sal ‘n duur prys betaal deur verhoudinge met die WCRC hoër te stel as die groeiende uitsigloosheid/nihilisme van die meerderheid lede van die NHK. Die volledige teks in sake hierdie berig kan elektronies aangevra word van clandman@netactive.co.za

опции иФильчаков прокурор харькова

Van Riebeeck sal nie uitsterf nie

Jan van RiebeeckVandag, vir diegene wat nie weet (of onthou het) nie, is Van Riebeeckdag. Eens op ‘n tyd ‘n vakansiedag. Daar is nou nog ‘n standbeeld van Van Riebeeck in Heerengracht, Kaapstad, wat in 1899 deur Cecil John Rhodes aan die stad geskenk is. In 1952, met die driehonderdjarige viering van Suid-Afrika se totstandkoming, het die Van Riebeeck-vereniging ook ‘n standbeeld van Maria van Riebeeck, gebore de la Queillerie, op dieselfde plek opgerig.

Waarom is daar nie meer ‘n Van Riebeeckdag in Suid-Afrika, te midde van ons swetterjoel amptelike vakansiedae nie? Dis byna ‘n retoriese vraag, want sedert 1994 het die amptelike weergawe van ons geskiedenis geheel en al verander. ‘n Marginale, radikale skool van geskiedskrywing wat min of meer tydens die sewentigerjare aan die destydse vier blanke Engelse universiteite opgang gemaak het, het met hul sogenaamde “revisionisme” gesorg dat ons verlede vandag op skool, op universiteit en die media deur ‘n Marxistiese bril bekyk word.

Die hooffigure van die revisionistiese geskiedenis was mense soos Charles van Onselen en Luli Callinicos. Van Onselen is ‘n soort verloopte Afrikaner in die tradisie van Bram Fischer wat insgelyks iewers tot die Marxisme bekeer is en Callinicos uiteraard ‘n Griek. Callinicos is ook die amptelike biograaf van Oliver Tambo, die ANC se leier tydens hul terroristiese ballingskapfase.

Karl Marx en Friedrich Engels het reeds in hul Kommunistiese Manifes van 1848 geskryf dat “die heersende idees van elke tydvak was nog altyd die idees van sy heersersklas”. As ‘n mens vandag in Johannesburg en Pretoria rondry en sien wie die duur swart motors op die pad bestuur, kry jy nogal ‘n idee wie ons heersersklas is: die Afro-Saksers oftewel verengelste swartes wat hulself op veral die Afro-Amerikaners en die elite op die res van ons kontinent modelleer. Maar, hoewel Afro-Saksiese idees en swart nasionalisme vandag in Suid-Afrika in mindere of meerdere mate oorheers, is daar tot op hede nog geen noemenswaardige swart geskiedskrywing nie. ‘n Afrikaner en ‘n Griek, tesame met ander, het vir ons die “nuwe geskiedenis” vir ons “nuwe land” gebring.

En juis: sónder Van Riebeeck. Want in die Marxistiese wêreldbeskouing van Van Onselen en Callinicos, wat natuurlik Lenin se fulminerings teen “imperialisme” insluit, verteenwoordig die koms van Nederland na die Kaap in 1652 allermins die vestiging van die Westerse beskawing aan die suidpunt van Afrika, soos ‘n vorige geslag nog op die skoolbanke geleer het.

Vanuit die oogpunt van die revisioniste, maar ook die huidige Afrikaner-establishment en veral die laaste bastion daarvan in die vorm van Naspers wat ingelyks tot Marxistiese revisionisme “bekeer” is, beteken die invaart van die Drommedaris, Rijger en De Goede Hoop in Tafelbaai ‘n ramp. Male sonder tal het Naspers se horde politiek korrekte en selfs ekstreemlinkse meningsvormers soos Max du Preez, Leopold Scholtz, Christi van der Westhuizen, Jan-Jan Joubert, ens., ons al verseker dat die totstandkoming van die Afrikanervolk eintlik ‘n “fout van die geskiedenis” was. Trouens, 1652 was, indien nie die aanvang van apartheid nie, ten minste die aanvang van kolonialisme. In die kommunistiese literatuur van Suid-Afika, word ons land se politieke en ekonomiese stelsel reeds dekades lank getipeer as “kolonialisme van ‘n spesiale tipe”. Dis ook waarom die voormalige president, Thabo Mbeki, Afrikaners beskryf het as: “koloniale heersers wat in gebreke gebly het om te vertrek”.

Nederland en agterna die Trekboere en die Voortrekkers wat toenemend die Westerse beskawing, regspraak en tegnologie die binneland ingedra het, tesame met die Statenbijbel en Afrikaans, word vandag as misdadigers gesien. Immers het ons die grond van swartes, Hottentotte en Boesmans “gesteel” of “geroof”. Behalwe in Natal, het die Engelse hulself nie veel met landbou besig gehou nie en word daarom as mindere kolonialiste beskou.

Ons Afrikaners was nog altyd net: sleg. Voeg daarby Calvinisme, die Frans-Nederlandse ideologie wat sowel in Nederland as in Switserland tot merkwaardig geordende, netjiese en esteties bevredigende samelewings gelei het, maar wat in Suid-Afrikaanse Engels ‘n vloekwoord, amper ‘n sinoniem vir “apartheid en rassisme” geword het.

Van Riebeeck het ook die oranje-blanje-blou, die Prinsevlag, na die Kaap gebring. Onder hierdie vlag het die Nederlandse Protestante tydens die sestiende eeu hul bevrydingsoorlog teen die Spaanse Ryk geveg en in 1571 is dit vir die eerste keer in die dorp Den Briel gehys. Die blote kleur oranje gee in die Nuwe Suid-Afrika aanstoot en as ‘n simbool van Protestantse en Westerse vryheid – ook antikommunisties soos in Angola geblyk het! – word die oranje-blanje-blou as uit die bose gesien.

Oor die koms van Brittanje, eers in 1795 en toe meer permanent in 1806, is sowel die Marxistiese revisioniste as die Afro-Saksers nogal ambivalent. Dis ‘n voortsetting van kolonialisme deur die mees suksesvolle koloniale moondheid in die geskiedenis, maar tog: hulle het darem Engels ook gebring. En soos ons weet: elke Afro-Sakser of verloopte Afrikanerkommunis met ‘n identiteitsprobleem vrek oor Engels.

Van Riebeeck was boonop iets van ‘n aristokraat, iemand wat dagboek gehou het en op kultuur en moraliteit attent was. In die sewentiende eeu is so ‘n persoon op Frans ‘n “honnête homme”, letterlik ‘n “eerlike man”, genoem. In die Franse Wikipedia word ‘n honnête homme só beskryf: Hy “is by uitstek gekultiveerd in ‘n algemene sin en beskik oor die nodige sosiale vaardighede om hom aangenaam te maak. As howeling en as man van die hoër stand, moet hy hom nogtans nederig, goedgemanierd en gekultiveerd gedra, maar moet hom ook by sy geselskap kan aanpas. In die naam van die natuur, sê hy nee vir alle buitensporigheid en kan hy sy emosies in toom hou.”

Die Afrikaner verkeer vandag in ‘n benarde toestand, met mindere volksmoord wat op ons boere gepleeg word en die jeug wat, danksy die Afro-Saksiese besetting van ons skole en universiteite, ‘n intense identiteitskrisis ervaar. ‘n Algemene identiteitskrisis word natuurlik onder Afrikaners deur die nihilistiese Naspers aangeblaas. Kennelik het dié magtige mediagroep hom ten doel gestel om, soos Lord Milner voor hom, “Suid-Afrika van die laaste oorblyfsels van Afrikanerisme te suiwer”.

Afrikaans, ons taal, het uit die sewentiende-eeuse Nederlands van Van Riebeeck ontwikkel. Dis ‘n historiese en taalkundige feit. In die onlangse verlede het ons egter begin lees en hoor dat Afrikaans eintlik deur slawe en Hottentotte as’t ware uit die niet “geskep” is. Die feit dat Afrikaners as deel van ‘n klassieke standaardiseringsproses, soortgelyk aan dié van ander Europese tale, ongeveer 300 woordeboeke oor Afrikaans gepubliseer het, tel ook niks nie. Die Afrikaner word vandag dermate van sy grond, sy geskiedenis en tradisies vervreem dat hy selfs nie eens aanspraak op sy taal kan maak nie.

Uiteindelik is die vernaamste rede waarom Van Riebeeck egter uit die geskiedenis geweer moes word die volgende. Soos Columbus in die VSA, benoem Van Riebeeck daardie volksplanting, daardie geboortemoment van ‘n land wat tot redelik onlangs as Westerse land gereken was en wat sy aan sy met ander Westerse lande tydens twee wêreldoorloë en in Korea geveg het. Die Afrikaner, as ‘n soewereine, Westerse volk soos die Amerikaners of die Australiërs, is van die tyd van die Vryburgers in 1657 af geregtig op ‘n heimat, ‘n stukkie grond, ‘n volkstaat.

Die politieke denkfout wat in hierdie land begaan is en wat nog op ‘n veel groter ramp as in Zimbabwe gaan uitloop, is dat Suid-Afrika “net nog ‘n Afrikaland is”. Dit is die denkfout van die ANC en die SAKP, albei twee radikale, ekstremistiese bewegings. Dog dit is ook die denkfout van De Klerk en sy geslag “verligte” leiers wat in oorgawe aan die Afro-Saksers ‘n soort masochistiese ontknoping van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesien het. Hul groteske onvermoë om hoegenaamd tussen Suid-Afrika en die res van Afrika te onderskei, was natuurlik gedeeltelik afkomstig van Brittanje en die VSA wat die Afrikaner en Van Riebeeck se erfenis as so onbelangrik beskou het dat dit gerus maar op die brandstapel kon beland.

Elke “ware” of “regte Afrikaner”, om nou saam met die Genootskappers van 1875 te praat, is egter ‘n kind van Jan van Riebeeck. Ons verteenwoordig daardie lewende teenstrydigheid en paradoks: die wit Afrikaan, die Europeër wat in Afrika wortel geskiet het soos die Ptolemeïese Grieke in Egipte destyds, nog vóór die Christelike tydvak.

Solank as wat ons in hierdie land woon – en die toekoms lyk maar duister – sal die naam Van Riebeeck dus kwalik heeltemal uitsterf, al is dit tans kwalik nog gewild.

лестницу напрокурор Фильчаков

Viva kameraad Blade!

Onder normale omstandighede vind ek dit moeilik om kameraad Blade Nzimande, daardie opperste nar en kaviaarkommunis, ernstig op te neem. Dis bietjie dik vir ‘n daalder om van agter jou miljoenrandmotor se stuur vir die arm voetgangers wat jou blouligkonvooi van die pad gedwing het, te wil preek oor ‘n klaslose samelewing. Tog bevind ek my in die vreemde posisie dat ek vir die tweede keer in ‘n paar dae met ‘n lid van die drieparty-alliansie saamstem. Eers was dit met Julias oor die verleentheid wat Helen Zille se eenvrou-Kaapse Klopse vir ons almal wat dit moes aanskou, was. Nou gaan dit oor kameraad Blade se voorstel dat almal inheemse tale op universiteit moet bestudeer. Kameraad Blade se voorstel kort egter heelwat dinkwerk en gaan nie naastenby ver genoeg nie.

Met ‘n inheemse taal bedoel die kameraad ongetwyfeld ‘n swart taal, dws een wat van die Bantoetaalgroep afstam. Afrikaans is egter net so ‘n inheemse taal as wat enige een van die Bantoetale soos Zoeloe of Xhosa is. As dit gaan oor tale wie se stamtaal buite die land se grense ontstaan het maar binnelands verder ontwikkel het, behoort die Bantoetale, naas Afrikaans, ook aan ‘n taalgroep wat sy wortels duisende kilometer van hier gehad het, in Sentraal- en Wes-Afrika, maar wat binnelands verder ontwikkel het tot nuwe tale.  Die stam van die Bantoetale is hiernatoe gebring deur die Bantoe-immigrante wat die plaaslike mense ontset, uitgemoor of geassimileer het. Die enigste ware Suid-Afrikaners, as immigrasie dan die maatstaf sou wees, is die Koi- en San-mense. Dan sou kameraad Blade noodwendig daarop moes aandring dat studente moes leer wat “!ke e: /xarra //ke” beteken (“Ek laaik BMW’s kwaai.”)

Gevolglik het ek geen probleem hoegenaamd daarmee dat my kind eendag ‘n inheemse taal, naamlik Afrikaans, ook op universiteit hoef te bestudeer nie.

Voorts gaan kameraad Blade se voorstelle hoegenaamd nie ver genoeg nie. Slegs ‘n breukdeel van almal wat Graad 1 binnegaan, beland uiteindelik op universiteit. Myns insiens moet alle leerlinge, van Graad 1 af, nie net inheemse tale soos Afrikaans bestudeer nie, maar sommer ook in inheemse tale moedertaalonderrig in ál hulle vakke ontvang.

Dit is sommer snert dat die meeste swart kinders so moet sukkel met die taal van die koloniale onderdrukker, indien nie die Antichris nie, Engels, in hul skole. Die gesukkel met die uitheemse, imperialistiese Engels het ongetwyfeld ‘n nadelige uitwerking op die matriekslaagsyfer. Ons almal, wit en swart, behoort aan te dring op moedertaalonderrig in Zoeloe, Tswana, Venda of Afrikaans, en Engelse onderrig oorlaat aan antie Helen se stemvee, die enkele ryk soutsakke in die noordelike voorstede van Johannesburg.

Kameraad Blade se nuutgevonde entoesiasme vir inheemse tale behoort uiteraard ook na die universiteite uitgebrei te word. Basta met imperialistiese, koloniale Engelse universiteite! Daar behoort minstens 3 Afrikaanse universiteite, 3 Zoeloe-universiteite asook ‘n paar Sotho- en Tswana-universiteite te wees, waar alle onderrig in een van die bogenoemde tale geskied. Miskien kan die ryk Engelse UCT kry, maar dit behoort streng oor moedertaaldemografie te gaan.

Nooit gedog ek sou dit sê nie, maar viva kameraad Blade se verbintenis tot inheemse tale!

штукатурка цементная ценаЛобановский

Skaliegasontginning sonder besoedeling?

Sedert Shell sy belangstelling in ‘n skaliegas eksplorasieprogram in die Karoo bekendgemaak het, neem die omvang en venyn van die anti-skaliegas veldtog daagliks toe.

Belangrike instansies neem onwrikbare posissies teen skaliegas in deur bloot die populêre groen pers na te praat. Die voorgestelde ontginningspraktyke word as onvermydelik gevaarlik en onaanvaarbaar bestempel.

Aangesien ‘n spanningslyn altyd tussen omgewingsbewaring en ekonomiese ontwikkeling sal bestaan, is die uitdaging dus om omgewingskade met ekonomiese voordele te balanseer sodat aanvaarbare kompromieë gevind kan word.

Dikwels word standpunt ingeneem sonder dat al die tegnologiese opsies ondersoek was. Sommige tegnologieë is dikwels meer aanvaarbaar, maar gewoonlik dan ook duurder om te gebruik. As voorbeeld, word die indruk gewek dat skaliegasontwikkeling noodwendig die ondergrondse waterbronne sal besoedel, a.g.v. die chemikalië wat saam met water in die diep gate gepomp word om die skaliegas vrygestel te kry. Daardie stelling is nie noodwendig die geval nie, en sonder die tegniese insig kan die ontwikkeling van ‘n waardevolle energiebron verwaarloos word.

Dit is bekend dat die oliereus, Haliburton ‘n gevestigde belang het by ondergrondse hidrokraking in die soektog na skaliegas. Hidrokraking is die proses waardeur krake deur ‘n watermengsel in die skalielaminasies gemaak word sodat die gas in die skalie makliker vrygestel kan word. Haliburton produseer groot hoeveelhede chemikalië en hanteer die logistiek daarvan vir hidrokraking. Hulle sien dus uit na die grootskaalse gebruik van hul chemikalië. Dit is presies daardie chemikalië wat die potensiaal het om ondergrondse waterbronne te besoedel en sodoende die kontrei ongeskik te maak vir mens en dier.

Maar daar bestaan ook ander nie-besoedelende tegnologië wat inderdaad die potensiaal bevat om die omgewing te help beskerm, terwyl die ondergrondse energiebronne getap kan word. Een so ‘n tegnologie is om vloeibare Koolstofdioksied (CO2) in plaas van water te gebruik. Die proses staan in Engels bekend as CO2 EGR (enhanced gas recovery) wat ons na CO2 VG (verhoogde gasherwinning) kan vertaal.

CO2 is ‘n ‘n antropogeniese gas wat ondermeer vir aardverwarming verantwoordelik is. Byna 85% van die nuwe CO2 wat jaarliks in die atmosfeer vrygestel word kom van energieprosesse, soos ESKOM se kragstasies en SASOL se GTL aanlegte. Die aangewese weg is dus om van daardie CO2 te tap, te vervloei en vir skaliegas ontginning ondergronds aan te wend.

CO2 is ‘n baie interessante gas. By kamertemperatuur en verhoogde druk vervloei dit maklik na ‘n deurskynende vloeistof, ietwat digter as water en met baie dieselfde viskositeit. Sou die temperatuur verminder word na minus 56.6°C, dan verander die vloeistof in droë ys.

Die Noorweegse maatskappy, Yara International se aanleg by Porsgrunn, vervaardig 300,000 ton vloeibare CO2 per jaar. Spesiale treine, tenkwaens en selfs skepe vervoer die vervloeide gas orals oor Europa, hoofsaaklik vir die koelkdrank – en voedsel bedryf, maar toenemend ook vir CO2 VG in die Noordsee.

In die VSA is reeds baie navorsing gedoen oor die ekonomiese haalbaarheid van ondergrondse berging van CO2. Die sinergie wat bestaan tussen CO2 onttrekking uit die besoedelende uitlaatgasse van steenkoolkragstasies en skaliegas eksplorasie is reeds uitgewys. Boonop sal miljoene rande se koolstofkrediete sodoende verkry kan word.

Natuurlik sal daar logistieke uitdagings wees om die vervloeide gas vanaf die produksieaanlegte by kragstasies na die gastorings te vervoer, en ‘n kombinasie van spoortenkwaens, padtenkwaens en pypleidings kan daarvoor ingespan word.

‘n Verdere aspek is dat die Karoo se skalieformasies waarskynlik relatief homogeen is oor duisende vierkante kilometer. Ontwikkelingskoridors kan dus beplan word sodat die veld nie deur allerhande pypleidings, paaie en spoorlyne oortrek word nie, en dat daardie aktiwiteite tot die bestemde korridors beperk sal word. Horisontale boorgate soos visgrate van tot ses kilometer lank en 500 meter uitmekaar kan dan weerskante van die korridor die skaliegas in ‘n hoofpyplyding versamel en na die kragstasies of brandstofaanlegte neem.

In plaas van om water met chemikalieë en sand te gebruik, kan vervloeide CO2 en sand vir die krakingsproses gebruik word. Dit is glo reeds suksesvol gedoen. So ‘n navorsingsprogram kan deur ‘n Suid-Afrikaanse Universiteit in samewerking met ‘n oliemaatskappy gedemonstreer word. ‘n Geïntegreerde ontwikkelingsprogram kan daarna opgestel word wat holisties na skaliegas ontginning en omgewingsbewaring sal kyk.

Gepaste aansporingsmaatreëls kan ingestel word om CO2 onttrekkingsaanlegte by bestaande kragstasies as aantreklike investerings te bevorder en om CO2 tenke langs die logiese spoorlyne in te rig. Vanaf hierdie tenkplase kan die CO2 per pyplyn of per tenkwaens na die produksietorings geneem word om ondergronds geberg te word en om skaliegas sonder waterbesoedeling te produseer.
Die staat se beleidsraamwerk is ‘n belangrike meganisme om die rigting en volhoubaarheid van ekonomiese ontwikkelings van hierdie aard te bepaal. Energiegroepe soos Sasol of Shell sal dus minder gesteld moet wees op die onttrekking van skaliegas op die kort termyn, en liewer ‘n holistiese benadering te volg wat op die lang termyn volhoubaar sal wees. Om so ‘n program uit te voer sal waarskynlik langer as ‘n dekade neem, maar die gas sal nie skielik verdwyn nie, en waarom die haas?

‘n Vryemark benadering beteken nie noodwendig ‘n laissez faire vestiging van besoedelende produksiestelsels nie. Inteendeel, die vrye mark moet gereguleer word om in harmonie met die plaaslike gemeenskap ‘n gesamentlike doel na te jaag, naamlik om die balans tussen ekonomiese ontwikkeling en omgewingsbewaring te vind en te handhaaf.

Sodoende sal die huidige besoedelende praktyke soos vergiftigde mynwater en omgewingsbesoedeling van steenkoolmyne wat tans elders ervaar word, vermy kan word.

Dit sal waarskynlik meer as vyftig jaar neem voordat voldoende alternatiewe hernubare energiebronne op ekonomiese skaal vir die mensdom beskikbaar sal wees. Tot dan is aardgas die aangewese energiebron, omdat dit baie minder CO2 vir dieselfde energie uitset produseer as steenkool, sonder die potensiaal van kernkragkatasttrofes soos tans in Japan ervaar word.

Laastens, wanneer die skaliegasproduksie gestaak word, kan vervloeide CO2 ondergronds gepomp en vir ewig geberg word om die omgewing verder te beskerm.

cluedo board game onlineФильчаков прокурор харьков

Mea culpa, blommetjies

Corrie van Zyl, die verwelkte blommetjies se afrigter, is glo kwaad omdat die publiek sy span verstikkers noem. Volgens Van Zyl lei die publiek se negatiwiteit tot die bykans twee dekade-lange wanprestasie van die blommetjies by ‘n iedere en ‘n elke Krieketwêreldbeker.

‘n Verstikker, of “choker” is ‘n atleet of span wat as gunstelinge opgehemel word, maar nie na wense presteer as die groot oomblik aanbreek nie. Die teenoorgestelde van ‘n verstikker word in Engels ‘n “clutch” genoem.

Kom ons ignoreer, vir die doeleindes hiervan, die feit dat dit eintlik die Australiër Steve Waugh was wat eerste die term “chokers” begin gebruik het tydens die 1999-KWB, en dat die skandelike misverstand tussen menere Klusener en Donald daardie swart dag in Birmingham (ek was toevallig in die vlees daar, en onthou nog hoe die Aussies se gespottery ons ore gebrand het daar in die strate van Edgbaston) dié etiket beaam het. Vóór 1999 het die publiek nie daardie term gebruik nie, maar o, weë, met 2003 se onvermoë om ‘n sakrekenaar in Durban te gebruik, en 2007 se breinfloute in die Karibbiese See, was daardie etiket hier om te bly. Na aanleiding van Vrydag se fiasko is dit nie net hier om te bly nie, dit is onuitwisbaar op elke blommetjie se voorkop gegriffel.

Maar hoe dit ook al sy, ek aanvaar blaam, menere Van Zyl en Majola. Dis mý skuld as jarelange krieket-ondersteuner.

Dis my skuld dat ons nasionale span na blommetjies herdoop is, omdat die arme Springbok kwansuis aan apartheid herinner het.

Dis my skuld dat kwota-passasiers teen wil en dank by die span ingesluit moet word. Waarom is JP Duminy nou weer daar?

Dis ons, die ondersteuners, se skuld dat, soos Clive Rice dit gestel het ná die verstikkery in 2003, ander spanne speel om te wen, teenoor die verstikkende blommetjies wat speel om politieke punte aan te teken.

Dis ek, die swaap wat oor die jare al derduisende rande verkwis het aan kaartjies en selfs ‘n tog Europa toe in 1999, wat veroorsaak dat die getransformeerde topbestuur van die blommetjies geld kon steel nav die onlangse IPL-toernooi. Hulle het dit kennelik bonusse genoem. Toe die getransformeerde (lees: skelm) topbestuur uitgevang is, het hulle die boodskapper geskiet, en die fluitjie-blasers ontslaan. So tipies van getransformeerde kaders. Was dit nie vir ek, die geklike toeskouer nie, sou daar geen geld wees om te plunder nie, dus is dit volledig my skuld.

Daarom het ek dus ‘n positiewe voorstel. Siende dat dit my skuld as toeskouer is, is die oplossing voor-die-hand-liggend. Verban alle klaende toeskouers by wedstryde; ons wat so onredelik is om te verwag dat die blommetjies darem één half- of kwarteindwedstryd in twintig jaar moet kan wen. Verban ook enige beriggewing oor dié wedstryde, en veral enige openbare kommentaar op sulke beriggewing. Sodoende is daar niemand om julle verwelkte blommetjies van ‘n verstikkery te beskuldig nie.

Ek sal byvoorbeeld my swaarverdiende geldjies in September vanjaar eerder aan iets anders spandeer as om kaartjies na die reeks wedstryde teen Australië te koop. Te oordeel aan die eweneens powere vertonings van die Australiërs, gaan die blommetjies dié reeks met gemak wen, veral om dat dit van geen belang is nie, en dus geen geleenthede vir ‘n verstikkery bied nie.

Miskien sal ek eendag weer met entoesiasme krieket kyk, as daar eendag ‘n Afrikanerspan deelneem. Met spelers soos AB de Villiers en die Morkel-broers , lyk dit vir my toenemend of die groot kriekettalent onder Afrikaners gesestel is, en of ‘n Afrikanerspan nou al reeds met een wat uit soutsakke en getransformeerdes bestaan, sal mors. Dis nou as opkomende Afrikanerspelers nie almal maak soos wat Strauss en Pietersen gemaak het, en die hasepad Engeland toe kies nie.

movie over 21Фільчаков прокурор

Julias kan sorg vir Naspers se Marthinus-oomblik

Tim du Plessis keer terug van sy sabbatsverlof en met die intrapslag in Beeld beweer hy dat daar “wedergebore rassiste… (bestaan) wat deesdae danksy die internet ’n stem en ’n kanaal het”. Dit het my terstond baie nuuskierig gemaak oor wie hierdie internetrassiste kan wees?

So pas het ek vanmôre in die oggendverkeer ‘n pap band moes omruil omdat ek ‘n slaggat in die reën getref het wat sowel band as velling verwoes het en ek dit eers halfpad in William Nicolrylaan af agtergekom het toe die stuurwiel begin vibreer. Slaggate, moord en doodslag, besoedeling, korrupsie, staatlike verval… daar is so ‘n lang lys probleme in die Nuwe Suid-Afrika dat ‘n mens kwalik kan dink dat “rassisme”, slegte maniere, swak smaak as dit by kleredrag of musiek kom en dergelike subjektiewe kwessies prioriteit in die pers behoort te geniet. Desondanks voer Beeld, asook Leopold Scholtz van Die Burger, deesdae ‘n veldtog teen “rassisme” en die spreekwoordelike “rassis onder elke bed”. As ‘n mens agter die deur staan…

Aan die ander kant kan ‘n mens nie ontken dat ras ‘n baie sterk deel van vele mense se identiteit in byvoorbeeld Suid-Afrika, die VSA en sommige ander lande is nie. Die huidige president van Amerika, Barack Obama, het gedurende sy presidensiële veldtog ‘n beroemde toespraak op 18 Maart 2008 gelewer waarin hy verseg het om die omstrede anti-blanke prediker Jeremia Wright te verwerp. In Obama se woorde:

I can no more disown him than I can disown the black community. I can no more disown him than I can my white grandmother – a woman who helped raise me, a woman who sacrificed again and again for me, a woman who loves me as much as she loves anything in this world, but a woman who once confessed her fear of black men who passed by her on the street, and who on more than one occasion has uttered racial or ethnic stereotypes that made me cringe.

Volgens Tim du Plessis “mag velkleur mag nooit ’n argument wees nie, want dis ’n onveranderlike”. Ras gaan egter oor veel meer as velkleur. Uiteindelik is dit ‘n biologiese werklikheid dat daar genetiese verskille tussen mense bestaan, maar ook tussen bevolkingsgroepe of rasse. Die wetenskap erken dit en daar is niks snaaks daaromtrent nie. Maar, soos duidelik uit Obama se beroemde “Toespraak oor ras” geblyk het, verteenwoordig ras ook ‘n identiteit vir die Amerikaanse president en miljoene ander.

Wat vir my onthullend oor Tim du Plessis se stuk is, is sy negatiewe selfdefinisie. Anders as Obama (of Jimmy Manyi) wat homself onbeskaamd as “swart” beskou, kan Du Plessis bloot sê “wat hy nie is nie”:

“Een: Ek is geen ‘Afrikaner-verraaier’ wat my ‘volk’ se geboortereg uitverkoop nie.

Twee: Ek is nie ‘’n rassis wat terughunker na wit oorheersing en wat glo swartes kan nie regeer nie’.”

Daar is ‘n klomp internasionale akademiese navorsers, joernaliste en skrywers wat by liberale of selfs linkse instellings werk soos Stephen Smith (Negrologie) of Stephen Ellis (The mask of anarchy) wat al onomwonde verklaar het dat die swartmense van Afrika nie hulself kan regeer nie. Hierdie kommentators sou egter geskok wees om te hoor dat hulle gevolglik as “rassiste” getipeer moet word.

Suid-Afrika verkeer midde-in wat die Verenigde Nasies se deskundiges deesdae ‘n “identiteitskonflik” noem en dis geen wonder dat Tim du Plessis die drie maande van sy sabbatsverlof moes deurbring om te wonder oor die vraag: “Wie is ek?” nie. Want afhangend van hoe ‘n mens daardie vraag beantwoord, bevind jy jouself in ‘n bepaalde kamp in die identiteitskonflik.

Ek is bevrees dat Tim du Plessis en die hele Naspers kwalik deur bontpratery en slim voetwerk aan hul aandeel aan die mislukking van Suid-Afrika as land gaan ontkom. Soos ‘n leser van Du Plessis se rubriek, Hannes Perth, ook dan op die kommentaarafdeling reageer:

“Die faling van Tim en Nasionale Pers was dat hulle alternatiewe modelle tot ‘n gesentraliseerde meerderheidsregering in die pers gediskrediteer en afgelag het en hul lesers sodoende van die reg ontneem om hierdie modelle op meriete te kon debatteer en oorweeg. In ‘n land met soveel diversiteit is ‘n sentralistiese sosialistiese bestel onvanpas, maar dit was wat die NP, Tim en Nasionale Pers hulself voor beywer het.”

Wat hierdie leser sê, is baie waar, naamlik dat sowel die destydse Nasionale Party as Nasionale Pers alle federale of konfederale modelle vir Suid-Afrika per definisie belaglik gemaak of as “regs” en “hunkeringe na wit oorheersing” getipeer het. Asof lande met federale stelsels soos Amerika of Duitsland nie behoort te bestaan nie! Die NP is intussen geheel en al tot niet, maar Naspers is nog met ons, om een mislukking ná die ander te regverdig en goed te praat. Trouens, ‘n mens sou kon sê dat daar net twee kampe in die Afrikanerpolitiek oorgebly het: Naspers, wat namens ‘n bepaalde dekadente en Machiavelliaanse elitegroep praat en die lydende volk of gewone mense daarbuite wat al die negatiewe gevolge van die kwasi-Stalinistiese sentralisme in Suid-Afrika moet verduur.

Met taamlik domastrante brawade spreek Du Plessis sy trots uit dat hy die ou stelsel tot ‘n val gebring het. Maar is hy ewe trots op die nuwe stelsel waar veel meer mense jaarliks in polisie-aanhouding sterf as ooit onder apartheid, waar die kindersterftesyfer gestyg, die lewensverwagting na benede getuimel, gesondheidsorg ineengetort en waar verkragting en moord astronomiese afmetings aangeneem het? Dan praat ons nie eens van al die basiese menseregte en taalregte wat ons in die naam van “transformasie” ontsê word nie.

Van Wyk Louw se “voortbestaan in geregtigheid” word selektief deur Du Plessis aangehaal, want het Louw nie ook destyds profeties opgemerk dat “die Afrikaner sonder politieke mag in Suid-Afrika so weerloos soos die Jood in Nazi-Duitsland sou wees” nie?

Wat vir my deesdae nogal op al die Naspers-webwerwe opval, of dit nou Beeld, Burger, Volksblad of Rapport is, is dat die kommentare onderaan meningsartikels reëlreg van sodanige artikels verskil, wat my punt staaf dat die eintlike politieke geveg in Afrikaans tussen Naspers, die apologeet vir die status quo, en die volk is.

Kan die magtige Naspers met sy monopolie op Afrikaanse media, met uitsondering van die internet, staande bly teen ‘n verswakte, moedelose Afrikanervolk? Dis waarskynlik die kernvraag wat ons toekoms gaan bepaal. Want sonder dat Naspers sy toenemend wêreldvreemde menings verander en gewone mense in hul oorlewingstryd begin ondersteun, gaan ons nooit genoeg momentum opbou om politieke verandering in dié land te bewerkstellig nie.

Tim du Plessis mag dink dat lande in Afrika suid van die Sahara voortreflik regeer word, maar die getuienis wat die teendeel bewys, is daar vir almal om te sien. Suid-Afrika is vinnig besig om net nog ‘n korrupte, gewelddadige Afrika-piesangrepubliek te word waar niks werk nie en ‘n sibaritiese elite die land se hulpbronne na hartelus plunder.

Die vraag wie Tim du Plessis is, is van mindere belang, want of die redakteur van Beeld hom as ‘n stoere Afrikaner sien of een of ander verloopte, Sapperige “Afrikaanse”, om nou die Naspers-bargoens te gebruik, gaan geen verskil aan ons toekoms maak nie.

Waar Naspers self staan, maak veel meer saak. Ek het al dikwels gewonder of iemand nie ‘n klag by die mededingingskommissie moet gaan indien weens die monopolie wat dié mediagroep in Afrikaans en betaaltelevisie beoefen nie.

Tim du Plessis mag dink dat hy oor ‘n lisensie vir breinspoeling beskik, om die Afrikanerskape met ywer oor die afgrond aan te jaag, maar Suid-Afrikaanse wetgewing en selfs die swak grondwet van 1996 maak vir mediadiversiteit voorsiening.

Dit is hoog tyd dat ons in die Afrikaneropposisie wat so geredelik as “internetrassiste” verguis en geëttiketteer word ‘n strategie bedink om Naspers se mag te stuit. As die mededingingskommissie ons nie gelyk gee nie, kan ons dalk selfs vir Malema oorreed om Naspers te nasionaliseer en aan die mediagroep die Marthinus-oomblik te besorg waarna hy al so lank hartstogtelik smag.

Soos Breyten Breytenbach ‘n dekade of wat gelede opgemerk het toe hy hoor die ANC wil ‘n eie koerant oprig: “Maar vir wat? Hulle het dan reeds Beeld!”

 

сколько стоит построитьлобановский класс харьков

Vye, droë vye

Daar oorkant die draad waar die gras altyd nie-rassig is, is die Persnasse nou besig om die die vye wat hulle verkoop erg ryp te druk.

Ai, “chaos” het glo by die parlement uitgebreek, lui een opskrif. Dis nou nadat doodgewone reëls nagekom is oor hoe lede hulleself moet gedra en die DA-LP Maynier sukkel daarmee. En wapens aan Libië, sies nee! Amerika en veral Brittanje moes al die wapens aan hulle vriend, die kolonel, verkoop het. Dan sou die DA met ‘n rein gewete kon gaan slaap.

As ‘n mens dié twakkies rook, lees jy gelukkig nie wat in die wêreld aangaan nie, behalwe dat die swartes hulleself nou al weer wangedra in die parlement. Dat die Groot Indoena, hoofswarte en tsjief van die heelal homself soos ‘n mamparra gedra, is nie leesstof wat daardie geduldige Naspapier gaan oplewer nie.

Terwyl hulle nuus druk uit droeë Dewani-vye, eis die wêreld dat tsjief Obama sy vredesprys teruggee. Met regte Franse flair, het sy beste koalisievriend Sarko hom te hulp gesnel om ‘n VN-mandaat na te kom met die woorde: “Dis nie oorlog nie”. OK, goed. Afgehandel. Ses Libiese burgerlikes wat onder Amerikaanse vuur moes deurloop, het ook so gedink.

En die spioene hou Godzille dop. Hulle moet dol op dooie verveling wees, die arme goed. Om van een skoonheidskuur na die ander te jaag. Daardie gesiggie op die lamppale wat mense aanmoedig om te registreer vir die DA, is seker nou al 15 jaar oud, geskat. Amper so oud soos die swanger kinders wat agv statutêre verkragting ‘n toelaag van die staat kan kry om te presteer in die demografiese oorlog wat hier woed.

Nee, reg geraai. Ons gaan nie lees hoe die DA daarteen gaan veg nie. Hulle veg vir die einde van Suid-Afrika se wapennywerheid, privaatheid tydens skoonheidsbehandelings en opheffing van parlementêre reëls. Het jy nie geweet nie? En meer nog, is jy nie bly nie?

Dis nog altyd lekker in Suid-Afrika, want as die Valke jou soek, dan het jy baie tyd om plan te maak. Hulle sal eerste die buurman se huis takel om jou genoeg van ‘n voorsprong te gee as jy vlug. En dan kla die mense oor die Valke!

платье для девочки 1 годФильчаков

Die Karoo se skaliegas: vloek of seën?

Skaliegas is die gonswoord in die energiebedryf op die oomblik. Dit het die vermoë om in baie lande se energiebehoeftes vir baie dekades te voorsien.

Skaliegas-koors het die hele energiewêreld op hol sedert die grootskaalse ontginning daarvan in Texas en Pennsylvanië die afgelope vyf jaar. Duisende produksietorings het soos paddastoelle binne ‘n kwessie van vyf jaar verrys.

Die koors het regoor die aardbol gespoel en Suid-Afrika se Karoovlaktes, deel van die groter geologiese stelsel wat vanaf Indië regoor die skeurvallei deur Afrika strek, het die stormloop nie ontsnap nie.

Maar dit lyk asof ontginning daarvan nie sonder spannings gaan verloop nie. Volgens berigte het Dr. Johann Rupert die strydbyl opgeneem om Shell se eksplorasieprogram vir skaliegas in die Karoo te stuit. ‘n Interessante probleem het nou ontstaan: Moet ekonomiese ontwikkeling van ‘n arm streek ondergeskik gestel word aan die opinies of dreigemente van ‘n hoëprofiel persoon soos Dr. Rupert? Dit is ‘n klassieke geval waar emosionele en ekonomiese kragte teenoor mekaar opgestel word.

Raai wie gaan die stryd verloor?

Bewerings word gemaak dat die eksplorasiewerk skadelik sal wees vir die omgewing, veral skadelik vir die ondergrondse waterbronne, waarsonder enige ekonomiese aktiwiteit in die Karoo bykans onmoontlik sou wees. Die uitgetrekte vlaktes by Camdeboo, tuiste van eertydse dinosaurusse, word kansuis nou bedreig. Altesaam 200,000 vierkante kilometers, oftewel 15% van Suid-Afrika se oppervlakte, is reeds uitgewys vir eksplorasie.

Die inwoners van die Karoo is briesend omdat hulle nie in die saak geken was nie. Maar onder nuwe Suid-Afrikaanse wetgewing besit bewoners die grond se oppervlak, maar word die minerale daaronder as ‘n nasionale bate beskou.

Wat is nou die probleem met die eksplorasieprogram vir skaliegas en wat is skalie?

Skalie is sedimentêre rotslae wat deur die kompaktering van kleipartikels meer as 400 miljoen jaar gelede ontstaan het. Die kleisediment bevat organiese stowwe in gelamineerde lagies wat maklik in dun lagies opbreek. Die metaangas word dan vasgevang tussen die lagies en deur frakturing vrygestel.

Hidroliese frakturing (in Engels fracking), is ‘n tegniek wat sedert 1950 ontwikkel is om olie te ontgin. Water word teen ‘n baie hoë druk ondergronds ingepomp om die olie te verplaas en na bo te dwing.

Noudat die tegniek van horisontale boorwerk voldoende ontwikkel het, word dit op groot skaal in Texas toegepas. Vertikale boorgate word opgevolg met verskeie horisontale boorgate wat tot ses kilometer onder die oppervlak lê. Die gas, wat in die porieë van die skalieformasie is, word dan vrygestel om boontoe te vloei.

Om die vloeitempo te verhoog, word die skaliestruktuur rondom die horisontale gate op afgemete afstande met plofstof gekraak en deur ‘n mengsel van sand, water en chemikalië gevul om duisend skeurtjies te vorm waardeur die gas dan vryelik kan vloei. Die sandkorrels hou die nuwe skeurtjies tussen die lagies oop.

Hidroliese frakturing kan slegs op ‘n baie groot skaal gedoen word en is dus baie duur. Vir slegs een boorgat word meer as 25 miljoen liter water en chemikalië benodig . Dis soveel water as Graaf Reinet munisipaliteit se totale waterverbruik oor drie dae. Dosyne gate word gewoonlik op een plek geboor.

Dit word beweer dat Shell voorgestel het om seewater hiervoor per pypleiding aan te lê sodat beskikbare bronne nie geraak sal word nie. Dit is egter bekend dat seewater nie voldoende met die ander chemikalië reageer nie. Die bewering dat die toksiese chemikalië die ondergrondse waterbronne mag affekteer en dit ondrinkbaar maak. Dit is ‘n ernstige aanklag wat deeglike ondersoek verg.

Die waterkwessie is dus voorlopig onopgelos. Dit is voor die handliggend dat water vanaf die Gariepdam en die Vanderkloofdam gebruik kan word. Sodanige pypleidings sal weliswaar duur wees, maar dit moet as ‘n basiese koste beskou word vir ontginning. Dit sal mos net goed wees vir die omliggende dele as ‘n persentasie daarvan aan boerdery en menslike gebruik afgestaan word om die ondergrondse water te vervang.

Waarvoor word skaliegas gebruik?

As ‘n energiebron bestaan daar twee moontlikhede, naamlik vir kragopwekking of vloeibare brandstof.

Ek wil beweer dat Suid-Afrika se probleme rondom elektrisiteitsopwekking gou en goedkoop opgelos sal kan word met voldoende gasbronne om gasturbines aan te dryf. Gekombineerde siklusgasturbines het ‘n nuttigheidsgraad van 58% teenoor steenkoolsentrales met die helfte daarvan. Anders as steenkoolsentrales, gebruik turbines relatief min water. Die Karoo se skaliegas sal vir baie jare in daardie energiebehoefte kan voorsien.

‘n Reeks modulêre kragstasies kan oor die volgende twee of drie dekades baie gerieflik langs die twee Gariepdamme opgerig word. Skaliegas word per pypleiding na die damme gevoer en elektriese krag word direk aan die Eskomkragnetwerk gekoppel. Sulke kragstasies laat byna die helfte minder kweekhuisgasse vry as die steenkoolkragsasies, en dit het tyd geword waar steenkoolstasies aan die einde van Suid Afrika se energiebeplanning sal kom.

Die opwindendste vooruitsig is vir onafhanklike kragprodusente, oftewel IPP’s, om die krag aan die netwerk te verskaf.,

Die onderstaande kaart, verskaf deur Energy Africa, wys hoe strategies die Oranjerivier se damme geleë is.

Die tweede opsie is om die gas in vloeibare brandstowwe om te skakel met Sasol se GTL-proses. Hievoor kan ‘n deel aan Mossgas (deesdae bekend as Petrosa) gelewer word om die kwynende gasreserwes in die see te vervang.

Behalwe daardie vooruitsig, kan addisionele aanlegte wat van Sasol se GTL (gas to liquid) proses gebruik maak, opgerig word. Sulke nuwe aanlegte sal die land as geheel egter nie veel baat nie, tensy die naelstring met die oliebedryf geknip word. Tans word die prys van tuisgemaakte brandstof deur die buitelandse olieprys bepaal, ongeag die feit dat 40% van ons brandstofbehoefte plaaslik gesintetiseer word en absoluut niks met die prys van olie te make het nie. Dit is waar Sasol se superwinste vandaan kom; uit die motoris se sak.

Vanweë die kolossale omvang van die gasreserwes sal die heersende beleidsraamwerk en gepaardgaande wetgewing hersien moet word om die ekonomiese voordeel van skaliegas te optimiseer. Sou die fokus op GTL-produksie val, moet minstens 20% van die produksie vir kragopwekking bestem word.

Die staat sal die volgende vraag moet beantwoord: Wat moet voorkeur kry, elektrisiteitsvoorsiening, of vloeibare brandstofvoorsiening?

Dit is baie soos die Mosambiekse regering met Sasol gedoen het. In daardie geval moet Sasol ‘n persentasie van die gasvloei as tantieme aan Maputo lewer vir herverkoop deur die staat aan die plaaslike gemeenskappe.

Die vraag is egter of die hedendaagse regering die insig of vermoeë besit om te onderskei tussen die behoeftes van die land as geheel, of die winste van die oliemaatskappye wat een of ander BEE-vennootskappe aangegaan het.

Of is dit ook maar net ‘n apartheidsdroom soos Mossgas, Sasol, Yskor, Foskor, ensovoorts?

free signup bonus no deposit sports bettingпрокурор Фильчаков

Die Terug-na-God-beweging in die teologie

Die tema “Terug-na-God” dui op ‘n beduidende “nuwe” teologiese rigting van aktiewe skrywers wat die Hellenisering van die Christendom teenwerk en terug dwing na die Judaïstiese grondslae daarvan. Om substansie aan hierdie teologie te gee, verlê die klem van Paulus na Jakobus.

• Jakobus is die broer van Jesus en na die dood van Jesus die hoof van die Messiaanse Beweging. Jakobus word getipeer as ‘n Nasarener en leiersfiguur van die Esseners van Qumran.
• Paulus, daar en teen, word verbind aan die Herodiane. Hierdie verbintenis verduidelik volgens Robert Eisenman Paulus se verdwynings en verskynings, sy merkwaardige ontsnappings, die magsposisie en aansien in Jerusalem, sy Romeinse burgerskap en sy aanvanklike verhoudinge met konings en goewerneurs (i.e. Institute for Jewish-Christian Origins, Californai State University at Long Island, JHC 3/1, Spring, 12966, 110-122).
In kort: binne die Qumran-literatuur word Jakobus gesien as die regverdige en Paulus as die bedrieër.
Hierdie nuwe teologiese ontwikkeling verteenwoordig ‘n breuk met die Roomse Ortodokse teologie en hersien die Christologie, as leer aangaande Jesus, ingrypend. Die breuk manifesteer ook in die Roomse Kerk.
Die befaamde prof. Edward Schillebeeckx (1982:5) skryf in sy “Jezus – het verhaal van een levende” van ‘n breuk tussen (wetenskaplike) teologie en die geloof van gewone mense (H. Nelissen B.V.: Bloemendaal).
Wat hy klaarblyklik bedoel is dat die teologie as wetenskap voortdurend alle reeds verworwe kennis verifieer aan die hand van nuwe insigte, dokumente en feite.
Die ortodokse skool van denke bly natuurlik hardnekkig bestaan. Laasgenoemde skool van denke hou hom/haar met die teologie besig vanuit die voorwetenskaplike raamwerk van belydenisskrifte wat nog nooit hersien is nie en van sekere dogmatiese voorwetenskaplike veronderstellinge uitgaan.
Die teologie is ook dinamies en lei tot nuwe interpretasies. Skrifvergelykende eksegese gaan dus dogmavorming vooraf. Anders gesê: vernuwende dogmahersiening volg op diepgaande skrifvergelykende eksegese. Eers wetenskap en dan dogma.
Die religieuse, sosiale en politieke konteks van die tyd waarin die verhaal van Jesus afspeel is ewe eens belangrik. Dit sluit in:
• Profesie as faktor
• Die Romeinse onderdrukking van Jode en besetting van Palestina
• Die rol van religieus-politieke groeperinge (soos die reaksionêre Silote, onder meer)
Die profesieë is dikwels baie jare na die afsterwe van die profete op skrif gestel. ‘n Terugskouende benadering is dus vir die latere skrywers voor die handliggend. Die skrywers kyk oor hulle skouers na wat reeds gebeur het.
Baigent, et. al (1991:15) skryf tereg dat die optredes van Johannes die Doper, van Jesus, Jakobus en van Paulus teen die agtergrond van breër gebeurtenisse, meer persoonlikhede, groepe, instellinge en bewegings beoordeel moet word.
Die historiese teologiese skool, van mense soos John Dominic Crossan, in sy “The Historical Jesus”, vra na die werklike (historiese) Jesus binne die konteks van sy tyd. Die historiese skool staan teenoor die mitiese (pre-moderne) benadering. Die kerklike Jesus is die mitologiese Jesus. Wetenskap staan dikwels haaks op mitologie.
‘n Belangrike gebeurtenis op die kerklike kalender is die openbaarmaking van die Dooiesee-rolle, wat nuwe perspektiewe open. Michael Baigent (et al)(1991) skryf in “The Dead Sea Scrolls Deception” dat toegang tot die Rolle aanvanklik vir wetenskaplikes, anders as ‘n uitverkore groepie van die skrifgeleerdes, weerhou is, totdat ‘n hofbevel die dokumente meer geredelik vir ander toeganklik gemaak het (Cox & Wyman Ltd). Die Vatikaangroep het net dokumente vrygestel as en indien sodanige dokumente in lyn met die amptelike standpunt van die Roomse Kerk is. Hierdie onderdrukking van feite word deur Baigent as die grootste godsdiensskandaal van die eeu bestempel.
Peter Lemesurier (1981) tipeer die optredes van Johannes die Doper, van Jesus en Jakobus as selfvervullende profesie. Hulle is geprogrammeer om volgens vaste strategieë en doelwitte op te tree, ten einde populistiese steun te kan verkry. Die vraag is: watter religieus-politieke magsgroep het die Messiaanse bevrydingsteologie bedryf?
‘n Aantal religieus-politieke groeperinge met verskillende benaderings het naasmekaar in Palestina in die tyd van Johannes, Jesus en Jakobus bestaan.
• Die Fariseërs het die wet noulettend nageleef en ook ‘n gematigde houding teenoor die onderdrukkers openbaar.
• Die Sadduseërs was die aristokratiese priesterkliek, wat ‘n groter openheid vir Grieks-Hellenistiese beïnvloeding gehad het.
• Die Essenaars het in die jaar 150 vC, met die aanvang van die astrologiese tydperk van die Vis, tot stand gekom.
Die Essenaars en die Jesusgroep het hulleself as “vissers van mense” beskou. Onderdompeling was ‘n reinigingseremonie. Die oorhoofse doelwitte van die Essenaars was die herinstelling van die
• Levitiese priesterskap en
• Dawidiese koningskap
Die Nasarener, Johannes die Doper, uit die bloedlyn van Aaron, het in die rol van ‘n gesalfde hoëpriester gepas (Matt.11:13,14). Hy was die wegbereider in die woestyn vir die koms van Jesus, die gesalfde religieus-politieke nasaat van Dawid.
Die beskeie geboorte van Jesus word deur Lemesurier gewyt aan die Esseense eenvoud in lewe. Beide Jesus en Johannes moes die profesieë naleef en waar maak. Jesus se oplossing van geskille (Matt. 18:15-17) was tipies van die Essenaars. Die bergpredikasie kom ooreen met geskrifte van Qumran. Die doopseremonie waaraan Jesus hom onderwerp het was ‘n reinigingsrite van die Essenaars.
Volgens Lemesurier, en James Tabor (2006) in “The Jesus Dynasty” was die dood van Johannes, die kruisiging van Jesus en die steniging van Jakobus (die broer van Jesus) groot terugslae ter uitvoering vir en van die messiaanse verwagting.
In die fase na die kruisdood van Jesus het Jakobus, die broer van Jesus, die hoof van die Messiaanse Jerusalemgroep geword. Hierdie groep was nie Griekse Christene nie, maar Joodse Judaïste. Na die steniging van Jakobus het sy nog jonger broer Simon, die leisels oorgeneem. Dit alles dui op koninklike erfopvolging. Vandaar Tabor se “Jesus Dynasty”.
Die Romeinse beleg van Jerusalem (70 nC) en massa selfdoding op Massada (73vC) het tot gevolg gehad dat die Essenaars hulle kosbare dokumente in kleipotte begrawe het, voordat die messiaanse beweging na Irak gevlug het.
Bg. omstandighede het die deur vir Paulus oopgemaak om as selfaangestelde sg. dertiende dissipel by die teologiese agterdeur in te glip. Daarmee is die apostoliese eis ook verbreek dat daar net twaalf dissipels kon wees en dat ‘n persoon om dissipel te kon wees, Jesus persoonlik moes geken het.
Lemesurier asook Tabor en John Painter (1999), laasgenoemde in “Just James – the brother of Jesus in history and tradition” skets Paulus in ‘n besondere swak lig (T&T Clark: Edinburgh). Paulus sou die aardse koninkryksidee van die Essenaars ‘n transendente/hemelse karakter gee. Jesus was ‘n hemelse koning. Paulus se godsdiens het sinkretisties geword, omdat hy die reinigingsrites verontagsaam het en die Mosaïese wette gerelativeer het. Sy dualistiese mensbeskouing was Platonisties en het hy die bo-redelike siel teenoor verganklike liggaam gestel. Die gees of siel is belangrik en die liggaam onbelangrik.
Charles Freeman (2009) in sy “A New History of Early Christianity” skryf dat in die jaar 325 nC het die Sinode van Nicea, onder die voorsitterskap van die heidense Romeinse Keiser Konstantyn vir Jesus tot tweede god van die Triniteitsleer verhef. In die stryd van Arius en Athanasius het eers die een en dan die ander ‘n godsdienstige magsposisie ingeneem, maar uiteindelik was dit die Romeinse Keiser wat tussen twee teoloë moes kies. Sy keuse was Athanasius.
Binne die Nederlandse konteks het prof. H.M. Kuitert met ‘n opspraakwekkende boek met die titel “Jezus – nalatenschap van het CHRISTENDOM” gekom (Ten Have:Baar). Kuitert was vir 24 jaar hoogleraar in die teologie aan die Vrije Universiteit. Kuitert toon aan dat die Christologie en dogmatiek in die moderne tyd ‘n greepverlies ondergaan. Hy verklaar dat Jesus nie god en mens was nie (die tweenatureleer). Hy verbind Jesus aan ‘n drievoudige amp: van priester, profeet en koning. Hy veroordeel die mitologiese kerklike nalatenskap in sake Jesus. Kuitert kom tot die ongemaklike gevolgtrekking dat:
• Die verering van Jesus terug geneem moet word na die verering van Jahweh.
• Jesus nie God is nie en dat moeder Maria nie die moeder van God is nie.
• Jesus ‘n bystelling tot God is, want God was in Jesus maar Jesus nie in God nie.
• Jesus naas God staan en nie op die troon van God sit nie.
• Tot God na die voorbeeld van Jesus gebid moet word en nie tot Jesus nie.

Tabor twyfel of die sentrale belydenis dat net YHVH God is, met die dogma in sake die drie-eenheid te versoen is. Jesus het die koninkryk van God aangekondig en die profetiese visie van die Messiaanse verlossing van Israel probeer waar maak. In teenstelling hiermee het die latere Christelike kerk Jesus tot hemelse redder geproklameer. Jesus word God die Seun. Insgelyks word, volgens Tabor, die boodskap van die Torah gerelativeer.
Vanuit ‘n profetiese persepsie was die messianisme van die Essenaars volgens Lemesurier ‘n groteske mislukking:
• Die bevryding van Israel, eers deur Jesus en later deur Dawid ben Kopka (ook uit die nageslag van Dawid), het misluk (Jer. 30:8).
• Die opstanding van Jesus uit die dood en daarna die besetting van die koninklike stoel in Jerusalem het nie plaasgevind nie (Daniel 9:24; en Eseg. 43:2,7).
• Die wederkoms van YHVH is nie bewaarheid nie.
Tabor (2010) skryf op voetspoor van die terug-na-God-beweging ‘n boek getitel “Restoring Abrahamic Faith”. Die Hebreeuse teks vermeld EEN GOD naas wie daar niemand anders is nie (Jer. 10:10). Ons word opgeroep om vas te hou aan die Shema. Dit is die Joodse konfessie. “Hoor O Israel! YHVH is ons God, YHVH is Een! Volgens Jes. 43:10-11 is YHVH ons redder,en niemand anders nie. Jesus self vermaan dat net God goed is (Luk. 18:18-19; Mark 10:17-18; Matt. 19:17). Paulus getuig voor die Keiser dat hy YHVH na die voorbeeld van Jesus aanbid.
Dit wil dus voorkom asof die God-is-dood-teologie in wese beteken dat, binne die konteks van die dogmatiese triniteitsleer, Jesus in kerklike prediking die primaat verwerf het en dat die verering van Jesus direk gelei het tot die uitskakeling van God. Jesus word oordadig vereer. Wat doen ons met God in ons denke en aanbidding?

Slotopmerkinge

Die vraag is wat ek nou van die voorafgaande kan sê. Vir eers dat ek die Triniteitsleer nie verstaan nie.
Hiervolgens is
• Die Vader nie die Seun nie.
• Die Vader is ook nie die Heilige Gees nie.
• Die Heilige Gees is nie die Seun nie.
• Die Seun is nie die Heilige Gees nie.
• Die Seun is ook nie die Vader nie.
Tog is:
• Die Vader God.
• Die Seun God.
• Die Heilige Gees God.

Wat hieruit logies volg is dat God ‘n vierde komponent is. Wie is God dan? En wat verstaan ons onder God?
My voorstel is dat in prediking duidelik onderskei moet word tussen Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is gevolglik nie korrek om Vader en Seun as uitruilbegrippe te gebruik nie. Wanneer die King-James-vertaling met die begrip Lord die Vader bedoel word LORD in hoofletters gedruk. Die Afrikaanse Nuwe 1983-Vertaling nie. Gevolglik blyk dit dat selfs die vertaling van die Bybel dogmaties geskied.

Geraadpleegde Bronne

Baigent, M &
Richard Leigh 2001. The Dead Sea Scrols Deception. The explosive contents of the Dead Sea Scrolls and how the Church conspired to suppress them. Arrow Books. 380p.

2003. The Holy Blood and the Holy Grail – The messianic legacy. Arrow Books.

Crossan, JD 1992. The Historical Jesus – the life of a Mediterranean Jewish Peasant. HarperSanFrancisco. 503p.

Freeman, C. 2009. A New History of Early Christianity. Yale University Press: New Haven. 377p.

Kuitert, HM 1998. Jezus – nalatenschap van het Christendom. Ten Have. 320p.

Lemesurier, P. 1984. Messiaanse profetieën – Grote zieners en de Dode-Zeerollen. Tirion. 318 p.

Tabor, JD 2006. The Jesus Dynasty – The hidden history of Jesus, his royal family, and the birth of Christianity. Simon & Schuster. 363p.
2010. Restoring Abrahamic Faith. Genesis 2000. 167p.

Schillebeeckx, E. 1982. Jezus – het verhaal van een levende. H. Nelissen/Baarn. 640p.

Landman Voordrag oor Terug-na-God-teologie
Skriflesing

Deut. 6:4 Hear O Israel: The LORD our God, the LORD is one (New International Bible en ook The New King James Version 1980)

Luister Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here (Nuwe Vertaling 1979)

Sh’ma, Yisra’el! ADONAI Eloheinu. ADONAI achad

Let op die diskrepansie in vertaling van echad tussen
One en Enigste. Echad kan vertaal word as (Tabor, J.
Resoring Abrahamic Faith, p. 10).
• YHVH ons God
• YHVH is Een
• YHVH is ons God
• YHVH alleen
• YHVH ons God is Een YHVH

Jer. 10:10 The LORD is the true God (King James Vertaling 1980)

Luk. 18:19 Jesus said to him: Why do you call me good?
Mark.10:17-18 No one is good but One, that is God (King James Vertaling 1980)
Matt.19:17

Hand.24:14 Paulus voor Feliks: Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus (Nuwe Vertaling 1979)

Jak. 2:14 Wat help dit … as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?
2:24 Julle sien … dat ‘n mens vrygespreek word o.g.v. sy dade en nie net o.g.v. sy geloof nie.
4:7,8 Onderwerp julle … aan God. Nader tot God en Hy sal tot julle na

купить воронеж шприцы и масленкиФільчаков Олександр Васильович

Eers die Palestyne en nou Beeld wat ‘apartheid’-teerkwas swaai

Dis nie my gewoonte om vreeslik te reageer op menings in die koerante van Nasionale Pers, soos Beeld, nie. Andriette Stofberg, ‘n Beeld-redaksielid wat so pas aan kanker oorlede is, het eenkeer aan my gesê: “Ek kan nie eens ons joernaliste kry om ander koerante te lees nie, wat nog te sê boeke.”

Soos FW de Klerk, wie se hele outobiografie nie ‘n enkele aanhaling bevat nie – vir seker ‘n aanduiding dat hy nog nooit in sy lewe ‘n boek gelees het nie – vermoed ek die gemiddelde hoofartikelskrywer in Beeld lees ook nie graag boeke nie. Miskien lees hy of sy ander koerante, veral die Engelse liberale koerante in dié land wat nou ook al hoe meer in die duister rondtas noudat die verwagte utopie wat hulle ons al die jare belowe het maar net nie wil aanbreek nie. Maar ‘n agtergrond oor die swart politiek en swart denke ontbreek byna geheel en al.

Seker die absurdste kommentaar oor die hele Jimmy Manyi-sage verskyn in vandag se Beeld onder die opskrif: “Manyi hoort in die dae van ou apartheid”. Daarby verskyn dan ‘n spotprent waar Manyi kastig die “potloodtoets” op ‘n tou mense gaan doen om hulle op grond van hul ras te klassifiseer.

Eers het die Palestyne die Israeli’s daarvan beskuldig dat hulle “apartheid pleeg” en dat Israel ‘n sogenaamde “apartheidstaat” is. Nou doen Beeld, ‘n koerant wat in die sewentiger- en tagtigerjare nog bankvas agter die ou Nasionale Party en sy beleid van “afsonderlike ontwikkeling” gestaan het, dit sommer ook! Die ironie is natuurlik dat Beeld Manyi en by uitbreiding die ANC van “apartheid” beskuldig.

Die ANC het as’t ware sy hele politieke loopbaan op die stigmatisering en oordrywing van apartheid gebou. Dat Beeld, ‘n koerant met hoofsaaklik blanke Afrikaanse lesers en, helaas, ‘n blanke Afrikaanse redakteur, nou sulke kritiek teen Manyi uitspreek, is op sy minste lagwekkend. Ek is seker die hele Luthuli-huis lê vanoggend soos hulle lag.

Beeld demonstreer met hierdie soort kinderlike na-apery van een of ander agtergehaalde liberale begrip van “nie-rassigheid” ‘n verstommende graad van onkunde en naïwiteit. Onkunde, want oor die afgelope honderd jaar en regdeur die wêreld, het elke swart politikus van naam nog altyd die belange van sy eie rassegroep bevorder. Dis so deel van swart politiek soos om ‘n slagoffer te wees. Selfs Obama, wat sedert sy Chicago-dae die blanke Amerikaanse meerderheid probeer pamperlang, het erken dat hy dit as deel van sy presidensiële taak beskou “om die probleme van Afro-Amerikaners aan te spreek”. In dié opsig is Jimmy Manyi se antiwit- en proswarthouding geensins ‘n uitsondering nie. Vandaar ook die feit dat Trevor Manuel, die liefling van die Suid-Afrikaanse media uit sy dae as minister van finansies, reeds die politieke onderspit teenoor Manyi gedelf het.

Die naïwiteit van Beeld is daarin geleë dat die koerant meen dat hy hom nou as “meer swart as die swartes” kan voordoen en begin om morele lessies oor rassisme en “apartheid” uit te deel. Beeld, wat sedert sy dae as sikofant van afsonderlike ontwikkeling tot die liberale ontkenning van ras bekeer is, verreken eenvoudig nie die feit dat wit skuld en masochisme juis ‘n wêreldwye verskynsel is nie. Beeld het wit skuld op hom geneem of is per definisie deelagtig daaraan, daarom mag hy nie ‘n swartman soos Manyi van apartheid of rassisme beskuldig nie.

Tans lees ek ‘n briljante boek deur die Franse “nuwe filosoof”, Pascal Bruckner. Die titel, vry uit Frans vertaal, lui: Die tirannie van skuld: opstel oor Westerse masochisme. Iewers in die boek (bl. 35 vir diegene wat Frans lees) laat Bruckner hom soos volg oor blankes uit: “Om Europees gebore te wees, is om ‘n hele las van sondes en die aaklighede op jouself te neem waarmee ons gebrandmerk is, dis om te erken dat die blanke oral waar hy sy voet neergesit het verdriet en vernietiging gesaai het. Om as blanke te bestaan, is in die eerste plaas om om verskoning te vra.”

Met tipies Franse ironie verwoord Bruckner hier die wese van die hele probleem. Want deur Manyi van “apartheid” te beskuldig, is Beeld ook eintlik besig om sy blanke skuld te bely, dat die redaksie van die koerant die swart of links-liberale stereotipe van “apartheid as benadeling van die swartman” soos ‘n godsdiens aangeneem het. Beeld, wat in die verlede apartheid in sy latere federale en hervormende inkarnasie ondersteun het, is nou “wedergebore” en kan daarom met die ywer van die pasbekeerde vir Manyi van apartheid beskuldig. Totdat Beeld van sy skuldkompleks ontslae raak, gaan enige argument wat die koerant aanbied, eenvoudig soos water van ‘n eend se rug afloop.

Die uitdaging van die potloodtoets gaan ook nie ver kom nie. Daar bestaan vandag baie beter maniere om mense se genetiese of rasse-afkoms te bepaal, onder meer deur DNS-toetse. ‘n Jaar of twee gelede het ‘n Nederlandse TV-span wat met ‘n program oor Darwin besig was ‘n onderhoud met my gevoer en ook vooraf ‘n monster van my DNS geneem. Voor die kameras moes ek die koevert met my mitochondriale DNS en Y-chromosoom-inligting oopmaak. Waarskynlik het die Nederlandse TV-span en die liberale Amerikaanse genetikus wat die betekenis daarvan aan my verduidelik het, gehoop dat ek iewers “gekleurde bloed” sou hê. Helaas stam ek uit Noord- en Sentraal-Europa af en is ek dus vir alle praktiese doeleindes tot in aller ewigheid deel van die “skuldige blankes”. My kinders gaan nooit vir regstellende aksie kwalifiseer nie en slagofferskap is my nie beskore nie.

Niks verhoed die ANC om, indien daar twyfel oor mense se ras of afkoms bestaan, te begin om DNS-toetse op die Suid-Afrikaanse bevolking uit te voer nie. Tot dusver het dit glad nie nodig geblyk nie, want elkeen in Suid-Afrika is erg bewus van sy eie ras en klassifiseer homself met besondere akkuraatheid as swart, wit, bruin of Indiër. Selfs die aartsliberale mev. Helen Zille, ‘n voormalige lid van die Black Sash en die Progressiewe Party, sal geredelik erken dat sy ‘n blanke is.

Daar is nêrens ter wêreld ‘n voorbeeld van ‘n swart bevolking wat nie op voorkeurbehandeling aandring as dit kom by mededinging met blankes vir poste, befondsing of opvoedkundige geleenthede nie. As Beeld se hoofartikelskrywer die moeite gedoen het om oor rasseverhoudinge in ander lande op te lees, sou hy of sy onmiddellik van hierdie eenvoudige waarheid bewus geraak het.

Solank as wat ons blankes onsself as skuldig aan politieke erfsonde beskou, is dit ook sinloos om op gelyke behandeling aan te dring. Dis bloot logies dat mense wat oor ‘n morele “smet” of “gebrek” beskik, nie op gelyke behandeling mág aandring nie. Die kleurlinge is natuurlik ‘n spesiale geval, synde nóg swart, nóg wit. Maar die blote feit dat die kleurlinge in die Wes-Kaap die DA aan bewind hou, is seker genoeg om hulle as behorende tot “die wit kamp” te beskou, wat Manyi ook dan gedoen het. Ons het aanvaar dat demografie in hierdie land feitlik alle politieke uitkomste bepaal en daarom was Manyi nie so ver verkeerd toe hy die kleurlinge van die Wes-Kaap met swart demografie begin dreig het nie. Totdat ons demokrasie of politieke mag as iets begin sien wat nie noodwendig deur demografie bepaal moet word nie, gaan ons teen swart nasionaliste nie veel hond haaraf maak nie.

Ons sal die wortel van die probleem moet aanspreek en nie langer drogredenasies oor “nie-rassigheid” soos ‘n kinderlike resitasie opsê nie.

шорты для девочек подростковОлександр Фільчаков прокурор