praag.co.za

Mea culpa, blommetjies

Written by

in

Corrie van Zyl, die verwelkte blommetjies se afrigter, is glo kwaad omdat die publiek sy span verstikkers noem. Volgens Van Zyl lei die publiek se negatiwiteit tot die bykans twee dekade-lange wanprestasie van die blommetjies by ‘n iedere en ‘n elke Krieketwêreldbeker.

‘n Verstikker, of “choker” is ‘n atleet of span wat as gunstelinge opgehemel word, maar nie na wense presteer as die groot oomblik aanbreek nie. Die teenoorgestelde van ‘n verstikker word in Engels ‘n “clutch” genoem.

Kom ons ignoreer, vir die doeleindes hiervan, die feit dat dit eintlik die Australiër Steve Waugh was wat eerste die term “chokers” begin gebruik het tydens die 1999-KWB, en dat die skandelike misverstand tussen menere Klusener en Donald daardie swart dag in Birmingham (ek was toevallig in die vlees daar, en onthou nog hoe die Aussies se gespottery ons ore gebrand het daar in die strate van Edgbaston) dié etiket beaam het. Vóór 1999 het die publiek nie daardie term gebruik nie, maar o, weë, met 2003 se onvermoë om ‘n sakrekenaar in Durban te gebruik, en 2007 se breinfloute in die Karibbiese See, was daardie etiket hier om te bly. Na aanleiding van Vrydag se fiasko is dit nie net hier om te bly nie, dit is onuitwisbaar op elke blommetjie se voorkop gegriffel.

Maar hoe dit ook al sy, ek aanvaar blaam, menere Van Zyl en Majola. Dis mý skuld as jarelange krieket-ondersteuner.

Dis my skuld dat ons nasionale span na blommetjies herdoop is, omdat die arme Springbok kwansuis aan apartheid herinner het.

Dis my skuld dat kwota-passasiers teen wil en dank by die span ingesluit moet word. Waarom is JP Duminy nou weer daar?

Dis ons, die ondersteuners, se skuld dat, soos Clive Rice dit gestel het ná die verstikkery in 2003, ander spanne speel om te wen, teenoor die verstikkende blommetjies wat speel om politieke punte aan te teken.

Dis ek, die swaap wat oor die jare al derduisende rande verkwis het aan kaartjies en selfs ‘n tog Europa toe in 1999, wat veroorsaak dat die getransformeerde topbestuur van die blommetjies geld kon steel nav die onlangse IPL-toernooi. Hulle het dit kennelik bonusse genoem. Toe die getransformeerde (lees: skelm) topbestuur uitgevang is, het hulle die boodskapper geskiet, en die fluitjie-blasers ontslaan. So tipies van getransformeerde kaders. Was dit nie vir ek, die geklike toeskouer nie, sou daar geen geld wees om te plunder nie, dus is dit volledig my skuld.

Daarom het ek dus ‘n positiewe voorstel. Siende dat dit my skuld as toeskouer is, is die oplossing voor-die-hand-liggend. Verban alle klaende toeskouers by wedstryde; ons wat so onredelik is om te verwag dat die blommetjies darem één half- of kwarteindwedstryd in twintig jaar moet kan wen. Verban ook enige beriggewing oor dié wedstryde, en veral enige openbare kommentaar op sulke beriggewing. Sodoende is daar niemand om julle verwelkte blommetjies van ‘n verstikkery te beskuldig nie.

Ek sal byvoorbeeld my swaarverdiende geldjies in September vanjaar eerder aan iets anders spandeer as om kaartjies na die reeks wedstryde teen Australië te koop. Te oordeel aan die eweneens powere vertonings van die Australiërs, gaan die blommetjies dié reeks met gemak wen, veral om dat dit van geen belang is nie, en dus geen geleenthede vir ‘n verstikkery bied nie.

Miskien sal ek eendag weer met entoesiasme krieket kyk, as daar eendag ‘n Afrikanerspan deelneem. Met spelers soos AB de Villiers en die Morkel-broers , lyk dit vir my toenemend of die groot kriekettalent onder Afrikaners gesestel is, en of ‘n Afrikanerspan nou al reeds met een wat uit soutsakke en getransformeerdes bestaan, sal mors. Dis nou as opkomende Afrikanerspelers nie almal maak soos wat Strauss en Pietersen gemaak het, en die hasepad Engeland toe kies nie.

movie over 21Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply