praag.co.za

ANC gaan grootste koerant gratis versprei

Written by

in

Vanaf April vanjaar sal die ANC se tweemaandelikse tydskrif Vuk’uzenzele as ‘n maandelikse koerant uitgegee word.

Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het aan Die Burger gesê die regering moet sy eie koerant die lig laat sien, aangesien hulle Suid-Afrikaners op hoogte moet hou van dienslewering. Hy het gesê dis die regering se plig om mense ingelig te hou.

Die koerant sal uit die begroting van die GCIS, die staat se kommunikasie-en-inligtingstelsel, gefinansier word. Tyrone Seale, ‘n voormalige joernalis van Die Burger se susterskoerant Beeld, sal die redakteur wees. Seale is tans hoofdirekteur van inhoud by GCIS.

Die koerant sal net soveel kos as die huidige tydskrif, sowat R1 miljoen per uitgawe.

Helen Zille, DA-leier, het aan Media24 gesê dis nie die regering se werk om koerante uit te gee nie en dit sal in elk geval pure propaganda wees. Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, meen dié koerant is ‘n “oorwinning vir die SA media” omdat die regering sien “hy kan nie die media manipuleer of beheer nie”.

Manyi het egter volgehou dat die media die ANC dwing om hulle eie publikasie uit te gee, want daar is net te veel inligting waaroor die media nooit berig nie. Hy het ook gesê selektiewe dekking van die regering se werk, gee ‘n skewe beeld van wat die ANC vermag het.

Hy het gesê die media dek “net twee uit elke tien kwessies” en “sensor” dan die inligting wat die regering deurgee. Volgens Manyi word “nie eens die helfte” van kwessies wat hy ná kabinetsvergaderings aan die media deurgee, gedek nie.

Daar sal van die maandelikse koerant twee miljoen afskrifte gedruk word. Vuk’uzenzele sal dus sodoende die publikasie met die grootste sirkulasie in die land word.

Die koerant sal in al 11 amptelike tale beskikbaar wees en gratis versprei word.

из хрусталяАлександр Фильчаков Васильевич

Comments

Leave a Reply