Die koerant het verskeie bronne aangehaal wat beweer dat die Libiese leier op hierdie “vriende”, wie se name nie genoem word nie, staatmaak om die internasionale gemeenskap te oortuig om die lugaanvalle te staak en ‘n oplossing te onderhandel.
Volgens die koerant het Gaddafi se seun, Saif Al-Islam, die land verlaat om ‘n “dringende plan” uit te werk om verdere agteruitgang van die politieke en militêre situasie te stuit.
‘n Hoë-vlak Libiese afvaardiging, gelei deur die parlement-speaker Moehamad Abul-Qasim Al-Zawi, het in Tunisië aangekom en is nou op pad na ‘n geheime bestemming vir voortgesette gesprekke, het die koerant berig.
Intussen het die Washington Post berig dat die VSA en ander Westerse lande dit oorweeg om die Libiese rebelle met wapens te voorsien.
