Boer beswyk ná plaasaanval

killboer‘n Bejaarde boer het die naweek aan sy beserings beswyk nadat hy verlede week op sy plaas buite Vanderbijlpark aangeval is.

Die hoofstroommedia probeer die aanval as ‘n “roof” voorhou en die aanvallers as “rowers”.

Aanvallers het die drie-en-sewentigjarige Hennie Bentley Dinsdag in die bors geskiet. Sy seun, George, is in dieselfde aanval beseer, en sterk steeds in die hospitaal aan.

Bentley en ander familielede is vroeër die week aangeval en erg aangerand is op hul plaas in die Lochvaal-gebied buite Vanderbijlpark.

Die gesin het op die plaas gekuier toe hulle Dinsdagaand net na 20:00 aangeval is. Die familieplaas is sowat 25km buite Vanderbijlpark.

Die aanvallers het ʼn elektriese koord gebruik om die familie mee vas te bind wat hulle van die kragtoevoer afgesny het, waarna die krag afgegaan het.

Die swart aanvallers het sowat R500 en wapens gebuit.

Bentley is na die voorval in die hospitaal opgeneem en is Vrydagaand oorlede. ‘n Ander bejaarde familielid is verskeie kere met ʼn voorwerp oor die kop geslaan en word steeds in die hospitaal behandel.

Die aanval het net sowat 20 minute geduur. “Ons glo dit sou ʼn lang uitgerekte proses gewees het indien hulp nie opgedaag het nie.” Die voorman het dadelik gaan hulp soek toe hy die skote gehoor het.

Die aanvallers was gewapen met ʼn pistool, hamer, kettie en ʼn kous vol klippe. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders

dinapuleDie ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi.

Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien nou op verskeie parlementêre komitees.

Mathale is voorheen betrek by ‘n korrupsieskandaal waarin Julius Malema tenders bekom het. Sy sakevennoot is aangekla van korrupsie, geldwassery en omkopery.

Die aankondiging is Dinsdag in die parlement gemaak. Pule en Sexwale wat albei as ministers afgedank is, bly lede van die parlement.

Sexwale dien as lid van die konstitusionele hersieningskomitee terwyl Pule Loretta Jacobus in die vervoerkomitee vervang.

Mathale word lid van die wetenskap en tegnologiekomitee.

Die voormalige hoofsweep van die ANC, Mathole Motshekga wat deur Stone Sizane vervang is, dien op die komitee vir justisie en konstitusionele ontwikkeling.

Polisie in Pretoria slaan toe op onwettige medisyne

onwetmedLyttelton Polisie in Pretoria het ‘n man vasgevat wat vermoedelik onwettig handeldryf met voorgeskrewe medikasie, onder andere steroïedes.

Die Lyttelton polisie het Dinsdagmiddag op ’n verdagte toegeslaan in Pierre van Ryneveld wat vermoedelik onwettig met medikasie, meestal steroïedes, handel gedryf het.

“Ons is deur ’n lid van die publiek ingelig dat ’n verdagte onwettig met skedule drie tot vyf medikasie by ’n gimnasium handel gedryf het. Ons het hom in die gimnasium gekonfronteer en sy voertuig deursoek waar ons medikasie ter waarde van ongeveer R100 000 gevind het,” het Adjudant-offisier Hero Gumbu gesê.

Adjudant Robert Lundall, wat die verdagte in hegtenis geneem het, is op die spoor van ’n tweede verdagte.

“Ons is al vir ’n geruime tyd bewus van hierdie verdagte asook ’n tweede verdagte se modus operandi,” het Lundall gesê.

Die tweede verdagte was egter nie op die toneel toe die polisie toegeslaan het nie.

Die medikasie is gevind in hul oorspronklike verpakking, maar volgens Gumbu is meeste van die produkte moontlik ingevoer.

“Volgens wet mag voorgeskrewe medikasie, soos dié wat ons gekonfiskeer het, nie ingevoer word nie. Meeste van die medikasie was tipes steroïedes wat nie in Suid-Afrika vervaardig word nie,” het Gumbu gesê. – looklocal

SA Swemmers oes medaljes

Chad le Clos
Chad le Clos

Suid-Afrikaanse swemmers het hul eerste medaljes by vanjaar se Wêreldkampioenskappe in Barcelona, Spanje verower.

Chad le Clos het eerste goud gekry toe hy die 200 meter vlinderslag vir mans in een minuut, 54,32 sekondes gewen het.

Minute later het Cameron van der Burgh die 50 meter borsslag-finaal in 26,77 sekondes gewen.

Nog ‘n Suid-Afrikaner, Giulio Zorzi was derde met ‘n bronsmedalje.

‘Grondwethofuitspraak oor grond selfvernietigend’

“Die uitspraak in die konstitusionele hof vandag in die saak tussen Agri-SA en die minister van mineralebronne sal Suid-Afrika op ‘n glybaan van selfvernietiging plaas,” sê mnr. Werner Weber, die VFPlus se nasionale woordvoerder oor landbou en grondhervorming.

Die hof het beslis dat geen onteiening plaasgevind het nie en dat die voormalige houers van minerale regte geen eis om vergoeding teen die regering kan indien nie. Mnr Weber, wat tydens die uitspraak in die hof teenwoordig was, het daarop gewys dat die beginsel van “gebruik dit of verloor dit” ( use it or loose it) wat nou deur die konstitusionele hof as ‘n beginsel gevestig is, ook nou op ander eiendom van toepassing gemaak kan word.

“Dít hou enorme implikasies in. Verwysings in die uitspraak na die verkryging van dié regte deur die houers van minerale-regte in die apartheidstyd en die opweeg van eiendomsreg teenoor openbare belang, het sterk politieke ondertone openbaar, wat niks goeds vir die toekoms van SA voorspel nie,” het mnr. Weber gesê.

Redaksie

Uitgewer: Dan Roodt dan@praag.org

Redaktrise: Karin Roodt redakteur@praag.co.za

Webmeester: Albertus Kleingeld albertus@praag.org

Sportredakteur: Gustav Venter gustav@praag.org

Motors: André Olivier andre@praag.co.za

Bemarking en reklame: reklame@praag.co.za

Briewe: briewe@praag.co.za

Kantoor: Elderstraat 10, Bryanston, Johannesburg

Telefoon: 011 469 0598

Posadres: Posbus 3103, Dainfern, 2055

Privaatheidsbeleid kan hier besigtig word.

free online casino no deposit bonusФильчаков

Privaatheidsbeleid

Besonderhede van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep en ons webwerf

Privaatheidsbeleid

Moderne tegnologie en kommunikasie speel ‘n fundamentele rol in die aktiwiteite van PRAAG.

Hierdie dokument som ons privaatheidsbeleid op en dit dek die webwerf, http://www.praag.org, asook die geselsforum op daardie webwerf.

PRAAG se primêre aktiwiteite sluit die volgende in:

Bevordering van Afrikaans

Kulturele outonomie

Die besonderhede van PRAAG (soos vereis deur die EKT-wet) is soos volg:


Naam van Organisasie

Adres

Stad

Land

Verantwoordelike Persoon

Tipe Organisasie

Land van Inlywing

Datum van Inlywing

Geregistreerde Kantoor

BTW-nommer

Anonieme Toegang

Toegang tot die webwerf is anoniem en items op die werf kan besigtig word sonder dat enige persoonlike data verskaf hoef te word.

Dienste en skakels op die webwerf

Die werf en meer spesifiek die forum stel die gebruiker in staat om met ander gebruikers te kommunikeer en om bydraes tot die werf te maak wat deur ander gebruikers besigtig kan word. Wanneer dit gedoen word, mag gebruikers wel daardie data vergaar sonder PRAAG se tussenkoms.

Ons webwerf bevat ‘n aantal skakels na derde partye se webwerwe waarvan ons nie die akkuraatheid waarborg nie. Ons verskaf ook geen persoonlike inligting van enige gebruikers aan daardie webwerwe of hul eienaars nie. Ons is ook nie in assosiasie met enige van daardie werwe nie tensy uitdruklik so gemeld.

Outomatiese stoor of berg van inligting

Ons stoor geen persoonlike data outomaties nie.

Verder koppel ons geen inligting of persoonlike data outomaties aan spesifieke individue nie.

Ons gebruik nie koekies (cookies) om persoonlike data te stoor nie en koppel ook geen nie-persoonlike data soos gestoor in koekies aan spesifieke individue nie.

Databerging

Ons berg en vergader persoonlike data slegs waar dit deur die gebruiker vrywillig gelewer is vir die gebruik van ons diens en webwerf.


Ons versamel geen inligting van ons gebruikers uit ander bronne soos openbare rekords van openbare liggame of private organisasies nie.


Die inligting wat ons versamel en die doel vir die berging daarvan word in Tabel 1 hieronder gelys.


Ons berg en samel persoonlike data in vir die doel van lidmaatskap tot PRAAG, vir bydraers tot die gespreksforum en om op nuusbriewe in te teken.


Sou ons persoonlike data vir enige ander doel versamel en gebruik gee ons die gebruiker die opsie om aan te dui of hy/sy daarmee saamstem al dan nie.

Minderjariges se privaatheid

Ons versamel en stoor geen data van minderjariges nie. Indien daar wel sulke data in ons besit is, is dit totaal en al sonder ons kennis.


Indien enige party bewys het dat daar wel sulke data in ons besit is, sal ons dit onverwyld verwyder as ons nie die minderjarige se ouer/voog se toestemming daarvoor kan inwin nie.


Daar is geen opsie op die werf om jou ouderdom aan te dui nie en geen materiaal op die blad is van ‘n obskure aard nie. Indien ‘n item materiaal bevat wat na ons mening ongeskik sal wees vir minderjariges, sal dit as sulks aangedui word.

Blootlegging

Ons sal geen persoonlike data wat ons hou aan enige party blootlê nie. Dit sal slegs gedoen word met die persoon se uitdruklike toestemming of wanneer ‘n hofbevel tot daardie effek ons verplig.

Vertroulikheid en sekuriteit

Daar is geen opsie aan gebruikers om die webwerf in ‘n sekure omgewing te besoek nie (SSL) of om hul besonderhede te verskaf nie.

* Ons het ‘n sekuriteitsbeleid, -reëls en tegniese maatreëls om alle persoonlike data in ons besit te beskerm teen:

  • ongemagtigde toegang

  • ongemagtigde gebruik en blootlegging

  • onregmatige verwoesting of verliese

Almal betrokke by die gebruik, stoor en aanwending van die data is bewus van die riglyne en is verplig om dit vertroulik te hanteer.

Geen persoonlike data sal aan enige staatsdepartement bekend gemaak word sonder ‘n hofbevel wat ons daartoe verplig nie.

Toegang tot inligting wat ons van jou het

Jy kan ons kontak deur óf ‘n e-pos te stuur óf deur ons webwerf te besoek:


E-pos: inlig@praag.org

Bronadres: Kontak ons

om te versoek dat ons aan jou bekend maak watter persoonlike data ons van jou het.


By ontvangs deur hetsy e-pos of deur die webwerf sal ons aan jou bekend maak oor watter data ons van jou beskik.


Ons kan egter vereis dat jy jou identiteit bewys.


Die inligting sal gratis aan jou verskaf word.


Jy kan enige van die data wat ons het beveg en waar van toepassing versoek dat ons dit:

  • wysig
  • regstel
  • Ons behou nie die reg voor om te weier dat jy aansoek doen om ‘n bewys van data wat ons van jou het nie, maar ons kan wel vereis dat jy jou identiteit bewys.

    Privaatheidnakoming

Hierdie beleid is in ooreenstemming met wat in die volgende wetgewing vereis word:

*Die EKT-wet vereis egter net ‘n vrywillige nakoming……..

Kontak

Indien jy enige vrae en kommentaar het aangaande die beleid kontak ons:

Naam :

Webmeester

Departement :

Webspan

Adres :

Johannesburg

Telefoonnommer :

Faksnommer :

E-posadres :

albertus@praag.org

Bronadres:

www.praag.org

Ons versoek jou om e-pos te gebruik indien jy met ons kontak wil maak. Enige e-pos
sal binne 24 uur beantwoord word.

games onlineалександр лобановский харьков класс