Suur appels?

Dis nou ‘n geval van suur appels, nie druiwe nie.

Die Australiese kettingwinkel Woolworths het Dinsdag gesê dat hulle deur die Amerikaanse tegnologiereus, Apple, gekasty word oor die gebruik van ‘n logo wat glo te veel soos die rekenaarmaatskappy s’n lyk.

“Hulle het beswaar aangeteken, maar hulle het nie ‘n saak teen ons gemaak nie,” het Clare Buchanan, woordvoerder vir Woolworths gesê.

Woolworths se swierige groen handelsmerk, wat in Augustus 2008 bekendgestel is, is bedoel om ‘n ‘W’ te wees, het sy gesê.

“Ons sê absoluut dat dit ‘n gestileerde ‘W’ is wat enige tipe vars produk kan voorstel. Sommige mense se dit lyk soos slaai, ander sê dit kan ‘n pampoen wees,” het sy gesê.

Apple, wat ‘n appel is waaruit ‘n hap geneem is vir ‘n logo het, het hul klag by die regering se intellektuele eiendom agentskap, IP Australia, ingedien.

Volgens berigte is Apple bekommerd dat Woolworths aansoek gedoen het vir ‘n oorkoepelende handelsmerk vir die ontwerp.

Dit sal beteken dat Woolworths dit op enige tipe produk sal kan plaas, insluitende elektroniese toerusting, soos rekenaars en musiekspelers.

Apple in Australië het geen kommentaar gelewer nie.

ветровки для подростков девочекФильчаков прокурор харьков

Vang hulle, hang hulle

Die argument uit sekere kringe dat Zuma eers die grondwet moet verander om polisiebeamptes se magte om maksimum geweld te mag gebruik, uit te brei, is loutere onsin. Dis bloot eerder ‘n poging van die elite om die eerste skoot te vuur om verandering aan ons grondwet aan te bring. Sou hulle hierin slaag sal die grondwet daarna wawyd oop wees vir enige verander en binne ‘n kort tydperk totaal verkrag kan word deur politiese opportuniste.

Soos prof. Pierre de Vos, dosent in grondwetlike reg aan die Universiteit van Kaapstad dit stel, het die polisie reeds genoeg vryheid om hul werk te doen. De Vos sê onder andere “Die bepalings wat tans geld, gee die polisie al die skietgoed wat hulle nodig het, maar verhoed terselfdertyd dat beamptes nie soos in die apartheidtyd skietlustig raak nie. Geen wet verbied die polisie of ’n burgerlike om iemand dood te skiet as hy of sy ’n wesenlike gevaar inhou nie.”

Dus, die interpretasie van die wet is wat tans die problem is. Die verandering van artikel 49 van die Strafproses Wet, die sogenaamde “hardloop-skiet-wet”, het bloot verhoed dat enigeen na willekeur net op ander persone kan skiet om te dood. In baie gevalle is mense gedood wat nie eens ‘n misdaad gepleeg het nie maar bloot ‘n verdagte was. Om te wil beweer dat die polisie of enige burgerlike wie se lewe bedreig word, of ander omstanders se lewens, deur ‘n aggressor wat boonop gewapen is, nie mag skiet om te dood nie, is belaglik. Hoe kan ‘n persoon of groep persone wat met wapens op die polisie of landsburgers vuur vir vredeliewendes aangesien word Mnr. Zuma?

Sedert 1995 het die regering die polisiemag en landsburgers geïndoktrineer om te glo dat lewe nie mag beskerm word teen die bose kriminele nie en indien jy hul sou dood dit nie uit selfverdediging was nie. Dis verbasend hoeveel landsburgers oningelig is rakende Wet 51 van 1977, die Strafproses Wet. Ons regters het gehelp met teenstrydige hofbeslissings teen wetsgehoorsame landsburgers om die krimineel meer magte te gee. Tot op die punt waar ons met ‘n totaal onaanvaarbare moordsyfer sit. Nou wil hulle voorgee dat die grondwet bepalend moet wees.

Hierdie regering het die polisie wat die publiek moet beskerm se tande getrek. Tweedens probeer hulle ook om die wetsgehoorsame burger wat wapens uit noodweer moet dra, te ontwapen wat teenstrydig met die grondwet is. Wat stel hulle daar vir ons wat weerloos staan teen die misdadigheid wat hulle self kweek? Die liberaalstes onder die liberales glo steeds dat ons misdaadsyfer nie deur die afskaffing van die doodstraf veroorsaak is nie. Ek daag hulle almal uit om die doostraf terug te bring en vir hul self te sien hoe krimineelvry hierdie land sal word. Ek sê: Vang hulle, en hang hulle!

20 noФильчаков прокуратура харьков

Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef

Die grootste enkele skade wat die Britse kolonialisme en imperialisme in Afrika gedoen het, is om die Westminster-stelsel van een-mens-een-stem op ‘n andersoortige sosiale werklikheid af te forseer. Die resultaat is dat vreemde ideologieë (sosialisme, kapitalisme, ens.) binne ‘n veelpartystelsel die stamgerigte sosiale orde ontwrig en selfs vernietig het. Een van die weinige Afrikalande wat voorlopig die aanslag teen die tradisionele orde oorleef het, is Swaziland.

Swaziland

Swaziland is maar ‘n katspoeg weg van SA. Derhalwe is die aanslag op Swaziland vanuit ‘n ANC- en Kommunisties-beheerde SA heftig en venynig; die laaste ideologiese kanonskote is nog nie afgevuur nie.

Die stryd teen tradisionele leierskap het ‘n lang aanloop. In 1894 het Swaziland onder die voogdyskap van die Transvaalse Republiek gestaan.

  • Tussen 1894 tot 1902 het die Britse administrasie in SA ook heerskappy in Swaziland gevoer.
  • In 1903 het die Britte direkte beheer oor Swaziland uitgeoefen. Op hierdie stadium is ‘n Britse Adviserende Raad in Swaziland tot stand gebring.
  • In 1921 is simboliese erkenning aan koning Sobuza II verleen, maar dan sonder uitvoerende mag.
  • In 1944 is erkenning aan koning Sobuza II verleen en is hy met uitvoerende magte beklee.
  • In 1964 het die Koning ‘n Interne Raad tot stand gebring wat hierdie jaar aan ‘n verkiesing deelgeneem, wat as die Umbokodvo-beweging bekend gestaan het. Genoemde beweging het al die setels van die Parlement ingeoes.
  • In 1966 het die Britte pogings aangewend om ‘n Westerse tipe grondwet, met ‘n grondwetlike monarg aan die stuur, op Swaziland af te dwing.

In 1968 het Swaziland ‘n onafhanklike land geword. ‘n Verkiesing is in 1972 gehou en het die Umbokodvo-beweging vyf en sewentig persent van die stemme op hom getrek. Die opposisieparty het bekend gestaan as die Verenigde Demokratiese Beweging van die Mense (PUDEMO). Koning Sobuza II het toe stappe geneem om van die Britse veelpartybestuurstelsel weg te beweeg en het in 1973 die parlement ontbind. Die rede wat hy aangevoer het, is dat die Britse veelpartystelsel vreemd aan die kultuur van die Swazi’s is en ideologieë ingevoer het wat verdelend op die samelewing ingewerk het. Die koning het volle beheer oorgeneem, partye verbied en vakbonde ontbind.

Swazifisering

Aanvanklik is ‘n Liqoqo as ‘n soort oppergesagdraende adviesraad ingestel, maar ook hier het die politieke ideoloë hulle invloed laat geld en die gesag van die koning ondermyn. Koning Sobuza II is in 1982 dood en hierna het koningin Dzeliwe as regentes opgetree. In 1984 is koningin Dzeliwe deur koningin Ntombi vervang, om daarmee die weg te baan vir haar enigste seun, prins Makhosetive, om die troon oor te neem en wel as Mswati III. Laasgenoemde het in 1986 die troon bestyg.

Dit is interessant dat die monarg in samewerking met die koninginmoeder regeer. Haar raad en advies moet ingewin word. Sy is protokollêr tweede in senioriteitsorde. Die eerste minister is die nommer drie. Klaarblyklik is dit nie sonder meer so dat die seun van die regerende koning ipso facto sy vader sal opvolg nie. Nee, ‘n geheime raad van adviseurs neem ‘n besluit, met inagneming van bevoegdheid, bekwaamheid en wenslikheid.

Wat natuurlik ‘n pluspunt in Swaziland is, is dat dit ‘n min of meer homogene land van verwante Swazistamme is. Derhalwe is dit moontlik om hierdie klein land op ‘n tradisionele wyse te regeer. Die resultaat is positief, ten spyte van armoede (in Westerse terme gemeet):

  • Daar is sosiale wet en orde.
  • Geweldpleging is minimaal.
  • Die bevolking is vriendelik en hulpvaardig.
  • Die sosiale weefsels in die samelewing het behoue gebly.

Suid-Afrika

In SA is die politieke toneel dramaties anders. Die Britse kolonialisme het van ‘n veelrassige, veeletniese en veeltalige land een unitêre staat gemaak. Die kolonialisme is ‘n gevoelige slag toegedien toe die Nasionale Party van 1948 die politieke leisels ter hand geneem het. Toe is die Britse kolonialisme in trurat gegooi. Wyle dr. Hendrik Verwoerd het besef dat die enigste oorlewing van ‘n Westerse samelewingsorde in Suid-Afrika geleë was in ‘n federale staat wat vir etnisiteit en tradisionele leierskap voorsiening sou maak. Universiteite is aangemoedig om etnoloë en volkekundiges op te lei. Volkekundiges is ingespan om die administrasie te begelei. Die individu is binne ‘n eie beskawings- en kultuurkonteks geïntegreer.

Die Boer-Brit-geveg

Ongelukkig het die politieke verdelingslyn tussen Boer en Brit onverpoos voortgeduur en is die beleid van afsonderlike ontwikkeling as blakende rassisme geïnternasionaliseer. Die Britse sakesektor het alles in werking gestel om grensnywerhede te ondermyn en die tuislande onwerkbaar te maak. Daarmee het ‘n vloedgolf van swartes na die oorontwikkelde vier provinsies gevloei.

Die dolk wat Hendrik Frensch Verwoerd se dood beteken het, was die doodslag van ‘n Westerse beskawing en so is die weg geskraap vir die politieke glybaan van eerste ministers Vorster en Botha, totdat F.W. de Klerk die land volledig uitverkoop het. Die tragedie van die moderne SA is aan almal bekend en die bloed het sedertdien nooit ophou vloei nie.

Implikasie

Wat Swaziland so interessant maak, is dat die Verwoerd-politieke eksperiment aldaar waargemaak kan word. Miskien is dit in die belang van die Afrikaner om op ‘n georganiseerde wyse in Swaziland betrokke te raak en te bly, ten einde te verhoed dat die linkse politieke ideoloë ook daar die tradisionele orde versteur en ontwrig.

организация освещения в ландшафтной средеданильченко юрій броніславович

Keiserslaai

{jathumbnail off}

Soet slaaiblare smaak die lekkerste in hierdie slaai. Probeer romaine of botterslaai: Een kop, vars en goed afgespoel vir vier mense.

Kook vier eiers, net matig, nie te hard nie, en sny in kwarte. Braai twee snye wit brood wat in blokkies gesny is in olyfolie en ‘n toontjie knoffel tot bros en goudbruin.

Rangskik die gebraaide broodblokkies en eierkwarte oor die slaai. ‘n Paar Parmesaanskaafsels bo-oor, en die slaaibord is gereed vir ‘n romerige sous.

Gebraaide spek of okkerneute is ook ‘n opsie.

Daar is talle variasies op die tema van Keiserslaaisous, soos die klassieke emulsie met suurlemoen, oyfolie, ansjovisfilette en eier. Die maklikste is ‘n sous van suurlemoen en olyfolie met ‘n paar druppels Worcestersous en Tabasco vir smaak daarby. Rangskik ‘n paar ansjovisfilette oor die slaai ipv in die sous.

Geniet!

 

 

 

воронеж техноОлександр Васильович Фільчаков

Oor dronk regters en ‘Boere’

Die voortgesette mediasirkus rondom regter Motata, die beroemdste Jaguar-bestuurder in die land, het ‘n interessante etimologiese feit na vore gebring. Volgens hom bevat Sotho geen onderskeid tussen Engelse en Afrikaanse blankes nie en word daar eenvoudig na hulle as “leburu” verwys.

Te midde van die huidige opwelling in anti-wit gevoelens in Suid-Afrika, is sy verklaring dat “dit normaal is om na ‘n blanke man as ‘leburu’ te verwys” nie sonder betekenis nie. Dit herinner my aan die plakkaat wat daar destyds om die nek van dokter Melville Edelstein se lyk op 16 Junie 1976 gehang is en waarin hy ‘n “Boer” genoem is, al was hy ‘n Joodse, Engelssprekende blanke liberaal.

Natuurlik was dit tot dusver ‘n strategie van vele Engelssprekende blankes om anti-blanke gevoelens na Afrikaners te kaats, wat een rede is waarom Afrikaners gewoonlik as “rassiste” in die Engelse media uitgesonder word. Eugene Terre’Blanche word meesal deur die Afrikaanse media as ‘n marginale figuur geïgnoreer, maar is ontsettend gewild onder Engelse joernaliste wat hom gebruik om swart woede aan te blaas en op Afrikaners te fokus.

Dog na my mening het hierdie strategie totaal geboemerang en het dit bloot die vlak van rassepolarisering in die land verhoog.

Nog ‘n interessante feit is dat die Engelse woord “boor” ook van “Boer” afkomstig is. Volgens die Shorter Oxford Dictionary, beteken “boor” ‘n Nederlandse, Germaanse of ander vreemde boer… ‘n plattelander, ‘n plaasjapie; ‘n growwe of onverfynde persoon”.

Met die verengelsing van Suid-Afrika se swart elite, het figure soos regter Motata en regter Hlope die Britse afkeer van Afrikaners aangeneem, maar beskou plaaslike Engelse blankes, wat grondig van Britte in voorkoms en identiteit verskil, as ‘n subkategorie van “Boer” of “leburu”.

Gegewe die voorliefde van swart Suid-Afrikaners vir alles wat Amerikaans is, verbaas dit my insgelyks dat die skeldnaam wat deur swart Amerikaners vir suidelike blankes gebruik word, “crackers”, nog nie sy weg na hul plaaslike woordeskat gevind het nie, tesame met die oorvloed VS-begrippe soos “regstellende aksie”, “diversiteit” en “bemagtiging”.

Oudpresident Bill Clinton het homself verlede jaar op die Larry King Live-uitsending grappenderwys teen die beskuldiging verdedig dat hy “‘cracker’-stemme vir Barack Obama sou bymekaar jaag”.

Malcolm X en die radikale Black Panther-party in die VSA was ook lief vir die term “cracker” gedurende die Amerikaanse Burgerregtebeweging.

Boere, “crackers”… soos president Robert Mugabe gesê het: hulle is almal net “vervloekste blankes” (bloody whites)!

интернет магазины черкассыДанильченко Юрий Брониславович компромат

Selfsugtige Aussies buit Kampioenskap

Nieu-Seeland, so het dit gister gelyk, het twee kanse gehad om Australië in die eindrondte van die IKR se Kampioenskapstrofee te klop: Óf Daniel Vettori sou die Aussies moes kis boul, óf Brendan McCullum sou hulle moes kis slaan. Gister, voor die eerste aanloop op die Wanderers uitgemeet is, het Vettori weens ‘n besering onttrek. Toe het Nieu-Seeland een kans oor. Brendan McCullum het op sy dag al goeie aanvalle die veld vol geslaan en as hy en sy wilgerlem goed op dreef kon kom en vir Australië ‘n groot genoeg teiken sou stel, dan was dit een van daardie “enige iets kan gebeur”-proposisies.

McCullum het egter na dertien balle geswaai asof hy die politoer daarop wou droogwaai en die veertiende een het hy geraak om agter die stokke uitgevang te word op nul. Nieu-Seeland het nou geen kans gehad nie en dit was net ‘n kwessie van deur die formaliteite gaan sodat die statistieke en feite ingevul kon word.

Met kil swart ink op skeletwit papier sal ingevul word dat Nieu-Seeland die loot gewen het en besluit het om te kolf. Na McCullum se verval, het die res van die kolwers saam gewerk om presies 200 lopies aan te teken. Dit is vir die nageslag opgeteken dat Martin Guptill die beste presteer het met 40 lopies, drie beter as Broom se 37 wat vier beter is as James Franklin se 33.

In dieselfde saaklike styl sal aangedui word dat die Australiërs 206 lopies vir die verlies van vier paaltjies versamel het. Dit is geskryf dat Shane Watson 105 van daardie lopies aangeteken het. Die rekord sal toon dat die Aussies 28 balle ongebruik terug gestuur het.

Daar is regtig nie veel om by te voeg nie. Nieu-Seeland kon nooit die seile reg in die wind gedraai kry nie en daar was nie een oomblik in die wedstryd wat dit gelyk het asof hulle genoeg in die magasyn het om die Australiërs te stuit nie.

Wat  nie deur die oningeligte in die rekord raakgelees sal word nie, is die bedenklike styl van die Australiërs om hierdie toernooi te wen. Hulle het na alles, toe hulle ‘n span van legendes was, alles waarin en waarvoor hulle gespeel het, gewen… en met reg ook. Maar die span is nou, Ricky Ponting uitgesonder, ontvolk van legendes. Geen Hayden, Gilchrist, Langer, Warne, McGrath, Symonds… nie… Hierdie is die eerste toernooi waarin Ponting-en-Tien-Ander-Ouens deelneem. Mens kan darem nie help om te voel dit is wraggies astrant van hulle om dit te wen nie.

Miskien is dit die Proteas se probleem. Miskien is hulle net te ordentlik om toernooie te wen.

инструмент для автосервисовОлександр Васильович Фільчаков

ANC kap VF+

Die ANC het Maandag teruggekap nadat die VF+ hulle aangemoedig het om dissiplinêre stappe teenoor Julius Malema en die ANC-jeugliga te neem.

Volgens Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, is dissiplinêre optrede teenoor lede van die party ‘n interne saak en kan niemand hulle aansê wat om te doen nie.

“Indien optrede nodig is sal ons self daaroor besluit, nie omdat enigiemand anders ons aansê om dit te doen nie,” het Sokutu gesê.

Hy het ook gesê dat die ANC se standpunt oor ras duidelik was en dat hulle alle rasse verteenwoordig en ondersteun.

Die VF+ het die ANC aangeraai om Malema, asook die liga aan te vat na kontroversiële uitsprake deur Floyd Shivambu, die jeugliga se woordvoerder.

Volgens Rapport het Shivambu glo gesê dat die meeste wit mense rassiste is en dat hulle nie die oorwinning van Caster Semenya vier nie omdat sy nie wit is nie.

 

new young fashonАлександр Фильчаков прокурор

Franse presidentspaar speel op die net

Die presidentsvrou van Frankryk, Carla Bruni-Sarkozy, het Maandag ‘n webwerf geloods waarop sy haar liefdadigheidswerk sal bekendstel asook sal gesels oor haar lewe saam president Nicolas Sarkozy.

Bruni, wat reeds ‘n bekende sangeres was voor sy met die president getrou het, het ook ‘n webwerf waar sy haar sangloopbaan bemark.

Haar nuwe webtuiste fokus op drie spesifieke temas, naamlik haar liefdadigheidsorganisasie in Frankryk, haar werk as ambassadeur vir die Global Fund to Fight Aids, asook haar lewe as presidentsvrou.

Sekondes nadat die webtuiste geaktiveer is, is dit oorval met besoekers en moes dit tydelik gesluit word.

Die bekendstelling van Bruni se webtuiste kom kort nadat haar man bekendgemaak het dat hy sy land by die komende klimaat-konferensie in Denemarke op hoogte sal hou van gebeure, met die hulp van Twitter.

Sarkozy het reeds sy eie Facebook-profiel.

 

купить диагностический адаптерДанильченко Юрий Харьков

Hlope trek appèlsaak terug

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, sal die appèlsaak wat hy in die konstitusionele hof hangende gemaak het, terugtrek.

Die appèl spruit uit ’n klag wat twee regters van die konstitutionele hof, Bess Nkabinde en Chris Jafta, by die Regterlike Dienskommissie (RDK) teen Hlophe gelê het.

Nkabinde en Jafa het Hlophe in Mei verlede jaar daarvan beskuldig dat hy hulle verkeerdelik probeer beïnvloed het in die destydse hangende uitsprake rakende die korrupsiesaak teen pres. Jacob Zuma.

Hlophe het op sy beurt ’n klag van menseregteskending teen die regters gelê. Die regterpresident het gesê die twee het sy regte geskend deur hul klag in die publiek bekend te maak sonder om hom eers kans te gee om homself te verdedig.

Lister Nuku, Hlophe se prokureur in die saak, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Barnabas Xulu, wat die regterpresident ook in die saak verteenwoordig, het egter Maandag bevestig dat Hlophe die appèl gaan terugtrek.

“Hlophe is vrygespreek (van die aanklag teen hom) en meen die saak moet tot ’n einde kom,” het Xulu gesê.

Die saak het reeds voor die appèlhof verskyn en sou op 17 November in die konstitusionele hof voorkom.

 

или поршневойtopcargo кидалы